بِسۡمِ ٱللَّهِ ٱلرَّحۡمَٰنِ ٱلرَّحِيمِ
الٓرۚ تِلۡكَ ءَايَٰتُ ٱلۡكِتَٰبِ وَقُرۡءَانٍ مُّبِينٍ ١Alief, Laam, Raa.1 Dít is die verse van die Boek, en van ’n Qur’ãn wat verduidelik رُّبَمَا يَوَدُّ ٱلَّذِينَ كَفَرُواْ لَوۡ كَانُواْ مُسۡلِمِينَ ٢Dikwels sal die ongelowiges wens dat hulle Moesliems was ذَرۡهُمۡ يَأۡكُلُواْ وَيَتَمَتَّعُواْ وَيُلۡهِهِمُ ٱلۡأَمَلُۖ فَسَوۡفَ يَعۡلَمُونَ ٣Laat hulle eet en hulself vermaak, en laat valse hoop hulle bedrieg, want hulle sal weldra beter weet وَمَآ أَهۡلَكۡنَا مِن قَرۡيَةٍ إِلَّا وَلَهَا كِتَابٌ مَّعۡلُومٌ ٤En nooit het Ons ’n stad verwoes nie, of die besluit daartoe is eers bekend gemaak مَّا تَسۡبِقُ مِنۡ أُمَّةٍ أَجَلَهَا وَمَا يَسۡتَـٔۡخِرُونَ ٥Geen volk kan hulle lot bespoedig nie, ook kan hulle dit nie vertraag nie وَقَالُواْ يَٰٓأَيُّهَا ٱلَّذِي نُزِّلَ عَلَيۡهِ ٱلذِّكۡرُ إِنَّكَ لَمَجۡنُونٌ ٦En hulle sê: O, jy aan wie die vermaning geopenbaar is! Jy is voorwaar besete لَّوۡمَا تَأۡتِينَا بِٱلۡمَلَٰٓئِكَةِ إِن كُنتَ مِنَ ٱلصَّٰدِقِينَ ٧Waarom bring u ons nie die engele nie, as u opreg is مَا نُنَزِّلُ ٱلۡمَلَٰٓئِكَةَ إِلَّا بِٱلۡحَقِّ وَمَا كَانُوٓاْ إِذًا مُّنظَرِينَ ٨Ons stuur geen engele nie behalwe met die waarheid, en dan sou geen uitstel aan hulle verleen word nie إِنَّا نَحۡنُ نَزَّلۡنَا ٱلذِّكۡرَ وَإِنَّا لَهُۥ لَحَٰفِظُونَ ٩Voorwaar, Ons het die Vermaning geopenbaar, en Ons is gewis die Bewaker daarvan وَلَقَدۡ أَرۡسَلۡنَا مِن قَبۡلِكَ فِي شِيَعِ ٱلۡأَوَّلِينَ ١٠En vóór u het Ons reeds boodskappers na die volkstamme van die ou tyd gestuur وَمَا يَأۡتِيهِم مِّن رَّسُولٍ إِلَّا كَانُواْ بِهِۦ يَسۡتَهۡزِءُونَ ١١En daar het nooit ’n boodskapper na hulle gekom nie, of hulle het hom bespot كَذَٰلِكَ نَسۡلُكُهُۥ فِي قُلُوبِ ٱلۡمُجۡرِمِينَ ١٢So laat Ons dit die harte van die misdadigers binnedring لَا يُؤۡمِنُونَ بِهِۦ وَقَدۡ خَلَتۡ سُنَّةُ ٱلۡأَوَّلِينَ ١٣hulle glo nie daarin nie, hoewel hulle weet wat met die ou volkere gebeur het وَلَوۡ فَتَحۡنَا عَلَيۡهِم بَابًا مِّنَ ٱلسَّمَآءِ فَظَلُّواْ فِيهِ يَعۡرُجُونَ ١٤En al sou Ons ook ’n deur na die hemel vir hulle oopmaak, en hulle styg aanhoudend daarin op لَقَالُوٓاْ إِنَّمَا سُكِّرَتۡ أَبۡصَٰرُنَا بَلۡ نَحۡنُ قَوۡمٌ مَّسۡحُورُونَ ١٥sou hulle sê: Ons oë was slegs beneweld, of liewers: Ons was betower وَلَقَدۡ جَعَلۡنَا فِي ٱلسَّمَآءِ بُرُوجًا وَزَيَّنَّٰهَا لِلنَّٰظِرِينَ ١٦En voorwaar, Ons het groot sterre in die hemel geplaas, en Ons het dit is aanloklik gemaak vir wie dit aanskou وَحَفِظۡنَٰهَا مِن كُلِّ شَيۡطَٰنٍ رَّجِيمٍ ١٧En Ons beskerm dit teen elke vervloekte duiwel إِلَّا مَنِ ٱسۡتَرَقَ ٱلسَّمۡعَ فَأَتۡبَعَهُۥ شِهَابٌ مُّبِينٌ ١٨Maar indien iemand steelsgewys luister, sal ’n helder vlam hom navolg وَٱلۡأَرۡضَ مَدَدۡنَٰهَا وَأَلۡقَيۡنَا فِيهَا رَوَٰسِيَ وَأَنۢبَتۡنَا فِيهَا مِن كُلِّ شَيۡءٍ مَّوۡزُونٍ ١٩En Ons het die aarde uitgesprei en magtige berge daarop geplaas, en Ons laat geskikte plante daarop groei وَجَعَلۡنَا لَكُمۡ فِيهَا مَعَٰيِشَ وَمَن لَّسۡتُمۡ لَهُۥ بِرَٰزِقِينَ ٢٠En Ons het daar lewensmiddele geplaas vir julle en vir diegene wie julle nie onderhou nie وَإِن مِّن شَيۡءٍ إِلَّا عِندَنَا خَزَآئِنُهُۥ وَمَا نُنَزِّلُهُۥٓ إِلَّا بِقَدَرٍ مَّعۡلُومٍ ٢١En daar is niks waarvan die seëninge nie by Ons berus nie, en Ons stuur dit slegs in bekende mate af وَأَرۡسَلۡنَا ٱلرِّيَٰحَ لَوَٰقِحَ فَأَنزَلۡنَا مِنَ ٱلسَّمَآءِ مَآءً فَأَسۡقَيۡنَٰكُمُوهُ وَمَآ أَنتُمۡ لَهُۥ بِخَٰزِنِينَ ٢٢En Ons stuur bevrugtende winde, en daarna stuur Ons water neer uit die wolke, en gee dit vir julle om te drink, en dit is nie julle wat dit opgaar nie وَإِنَّا لَنَحۡنُ نُحۡيِۦ وَنُمِيتُ وَنَحۡنُ ٱلۡوَٰرِثُونَ ٢٣En voorwaar, dit is Ons wat die lewe gee en die dood veroorsaak, en Ons is die Erfgename وَلَقَدۡ عَلِمۡنَا ٱلۡمُسۡتَقۡدِمِينَ مِنكُمۡ وَلَقَدۡ عَلِمۡنَا ٱلۡمُسۡتَـٔۡخِرِينَ ٢٤En sekerlik weet Ons wie van julle vooruitgaan en nie agterbly nie وَإِنَّ رَبَّكَ هُوَ يَحۡشُرُهُمۡۚ إِنَّهُۥ حَكِيمٌ عَلِيمٌ ٢٥Voorwaar, sy Heer sal hulle almal bymekaar bring. Waarlik, Hy is Allerwys, Alleswetend وَلَقَدۡ خَلَقۡنَا ٱلۡإِنسَٰنَ مِن صَلۡصَٰلٍ مِّنۡ حَمَإٍ مَّسۡنُونٍ ٢٦En gewis het Ons die mens uit klei geskape, uit veranderde modder in ’n patroon gevorm وَٱلۡجَآنَّ خَلَقۡنَٰهُ مِن قَبۡلُ مِن نَّارِ ٱلسَّمُومِ ٢٧En die djien het Ons voorheen uit rooklose, vlammende vuur geskape وَإِذۡ قَالَ رَبُّكَ لِلۡمَلَٰٓئِكَةِ إِنِّي خَٰلِقُۢ بَشَرًا مِّن صَلۡصَٰلٍ مِّنۡ حَمَإٍ مَّسۡنُونٍ ٢٨En toe u Heer die engele toegespreek het: Ek gaan die mens uit klei skep, uit veranderde modder in ’n patroon vorm فَإِذَا سَوَّيۡتُهُۥ وَنَفَخۡتُ فِيهِ مِن رُّوحِي فَقَعُواْ لَهُۥ سَٰجِدِينَ ٢٩Wanneer ek hom daaruit gevorm en My gees in hom geblaas het, prostreer dan voor hom فَسَجَدَ ٱلۡمَلَٰٓئِكَةُ كُلُّهُمۡ أَجۡمَعُونَ ٣٠Die engele het almal saam geprostreer إِلَّآ إِبۡلِيسَ أَبَىٰٓ أَن يَكُونَ مَعَ ٱلسَّٰجِدِينَ ٣١maar net Iblies nie; Hy het geweier om saam met die onderdaniges te wees قَالَ يَٰٓإِبۡلِيسُ مَا لَكَ أَلَّا تَكُونَ مَعَ ٱلسَّٰجِدِينَ ٣٢Hy het gesê: O Iblies! Waarom is jy nie saam met die onderdaniges nie قَالَ لَمۡ أَكُن لِّأَسۡجُدَ لِبَشَرٍ خَلَقۡتَهُۥ مِن صَلۡصَٰلٍ مِّنۡ حَمَإٍ مَّسۡنُونٍ ٣٣Hy het geantwoord: Ek gaan my nie aan die mens wat U uit klei geskape het, en uit veranderde modder in ’n patroon gevorm het, prostreer nie قَالَ فَٱخۡرُجۡ مِنۡهَا فَإِنَّكَ رَجِيمٌ ٣٤Hy het gesê: Gaan dan weg hiervandaan; u is vervloek وَإِنَّ عَلَيۡكَ ٱللَّعۡنَةَ إِلَىٰ يَوۡمِ ٱلدِّينِ ٣٥En voorwaar, My vloek sal op u rus tot op die Oordeelsdag قَالَ رَبِّ فَأَنظِرۡنِيٓ إِلَىٰ يَوۡمِ يُبۡعَثُونَ ٣٦Hy het gesê: My Heer! Skenk my dan uitstel tot op die Dag wanneer hulle opgewek sal word قَالَ فَإِنَّكَ مِنَ ٱلۡمُنظَرِينَ ٣٧Hy het gesê: Aan u word uitstel verleen إِلَىٰ يَوۡمِ ٱلۡوَقۡتِ ٱلۡمَعۡلُومِ ٣٨tot die Dag van die aangewese tyd قَالَ رَبِّ بِمَآ أَغۡوَيۡتَنِي لَأُزَيِّنَنَّ لَهُمۡ فِي ٱلۡأَرۡضِ وَلَأُغۡوِيَنَّهُمۡ أَجۡمَعِينَ ٣٩Hy het gesê: My Heer! Aangesien U my as dwalende veroordeel het, sal ek die bose aantreklik aan hulle voorstel, en ek sal veroorsaak dat hulle afdwaal إِلَّا عِبَادَكَ مِنۡهُمُ ٱلۡمُخۡلَصِينَ ٤٠behalwe U dienaars tussen hulle, die gesuiwerdes قَالَ هَٰذَا صِرَٰطٌ عَلَيَّ مُسۡتَقِيمٌ ٤١Hy het gesê: Dit is die regte weg wat na My lei إِنَّ عِبَادِي لَيۡسَ لَكَ عَلَيۡهِمۡ سُلۡطَٰنٌ إِلَّا مَنِ ٱتَّبَعَكَ مِنَ ٱلۡغَاوِينَ ٤٢Wat my dienaars betref, u het geen gesag oor hulle nie, behalwe die dwalendes wat u volg وَإِنَّ جَهَنَّمَ لَمَوۡعِدُهُمۡ أَجۡمَعِينَ ٤٣En die Hel is voorwaar die beloofde plek vir hulle almal لَهَا سَبۡعَةُ أَبۡوَٰبٍ لِّكُلِّ بَابٍ مِّنۡهُمۡ جُزۡءٌ مَّقۡسُومٌ ٤٤Dit het sewe deure. Vir elke deur is ’n vasgestelde klas (sondaar) إِنَّ ٱلۡمُتَّقِينَ فِي جَنَّٰتٍ وَعُيُونٍ ٤٥Voorwaar, hulle wat bewus is van Allah, sal middein tuine en fonteine wees ٱدۡخُلُوهَا بِسَلَٰمٍ ءَامِنِينَ ٤٦Betree dit in vrede en veiligheid وَنَزَعۡنَا مَا فِي صُدُورِهِم مِّنۡ غِلٍّ إِخۡوَٰنًا عَلَىٰ سُرُرٍ مُّتَقَٰبِلِينَ ٤٧En Ons sal alle bitterheid en wraak uit hulle harte uitroei, en as broers op verhewe trone sal hulle teenoor mekaar sit لَا يَمَسُّهُمۡ فِيهَا نَصَبٌ وَمَا هُم مِّنۡهَا بِمُخۡرَجِينَ ٤٨Vermoeidheid sal hulle daarin nie aantas nie, ook sal hulle nie daaruit verdryf word nie ۞ نَبِّئۡ عِبَادِيٓ أَنِّيٓ أَنَا ٱلۡغَفُورُ ٱلرَّحِيمُ ٤٩Stel My dienaars in kennis dat Ek die Vergewensgesinde, die Barmhartige, is ۞ وَأَنَّ عَذَابِي هُوَ ٱلۡعَذَابُ ٱلۡأَلِيمُ ٥٠en dat My straf ’n pynlike straf is وَنَبِّئۡهُمۡ عَن ضَيۡفِ إِبۡرَٰهِيمَ ٥١En stel hulle in kennis van die gaste van Abraham إِذۡ دَخَلُواْ عَلَيۡهِ فَقَالُواْ سَلَٰمًا قَالَ إِنَّا مِنكُمۡ وَجِلُونَ ٥٢Toe hulle by hom binnegetree het, het hulle gesê: Vrede! Hy het geantwoord: Ons vrees julle قَالُواْ لَا تَوۡجَلۡ إِنَّا نُبَشِّرُكَ بِغُلَٰمٍ عَلِيمٍ ٥٣Hulle het geantwoord: Moenie vrees nie; ons bring u die goeie tyding van ’n seun wat baie kennis en wysheid sal besit قَالَ أَبَشَّرۡتُمُونِي عَلَىٰٓ أَن مَّسَّنِيَ ٱلۡكِبَرُ فَبِمَ تُبَشِّرُونَ ٥٤Hy het gesê: Bring julle my goeie nuus terwyl die ouderdom my reeds ingehaal het? Waarom gee julle my dan dié nuus قَالُواْ بَشَّرۡنَٰكَ بِٱلۡحَقِّ فَلَا تَكُن مِّنَ ٱلۡقَٰنِطِينَ ٥٥Hulle het gesê: Ons bring ’n blye tyding met waarheid; wees u dan nie een van die wanhopiges nie قَالَ وَمَن يَقۡنَطُ مِن رَّحۡمَةِ رَبِّهِۦٓ إِلَّا ٱلضَّآلُّونَ ٥٦Hy het gesê: Wie anders wanhoop aan die genade van Sy Heer, behalwe die dwalendes قَالَ فَمَا خَطۡبُكُمۡ أَيُّهَا ٱلۡمُرۡسَلُونَ ٥٧Hy het gsê: Wat is julle taak dan, o boodskappers قَالُوٓاْ إِنَّآ أُرۡسِلۡنَآ إِلَىٰ قَوۡمٍ مُّجۡرِمِينَ ٥٨Hulle het geantwoord: Ons is na ’n misdadige volk gestuur إِلَّآ ءَالَ لُوطٍ إِنَّا لَمُنَجُّوهُمۡ أَجۡمَعِينَ ٥٩Behalwe die volk van Lot. Ons sal hulle almal red, met die uitsondering إِلَّا ٱمۡرَأَتَهُۥ قَدَّرۡنَآ إِنَّهَا لَمِنَ ٱلۡغَٰبِرِينَ ٦٠van sy vrou. Ons het verorden dat sy voorwaar met die agtergeblewenes sal wees فَلَمَّا جَآءَ ءَالَ لُوطٍ ٱلۡمُرۡسَلُونَ ٦١En toe die boodskappers by die volgelinge van Lot gekom het قَالَ إِنَّكُمۡ قَوۡمٌ مُّنكَرُونَ ٦٢en hy gesê het: Waarlik, julle is onbekendes قَالُواْ بَلۡ جِئۡنَٰكَ بِمَا كَانُواْ فِيهِ يَمۡتَرُونَ ٦٣het hulle geantwoord: Nee, ons kom na u met dít waaroor hulle twyfel وَأَتَيۡنَٰكَ بِٱلۡحَقِّ وَإِنَّا لَصَٰدِقُونَ ٦٤en ons bring aan u die waarheid. U kan ons glo فَأَسۡرِ بِأَهۡلِكَ بِقِطۡعٍ مِّنَ ٱلَّيۡلِ وَٱتَّبِعۡ أَدۡبَٰرَهُمۡ وَلَا يَلۡتَفِتۡ مِنكُمۡ أَحَدٌ وَٱمۡضُواْ حَيۡثُ تُؤۡمَرُونَ ٦٥Vertrek daarom met u volgelinge gedurende die nag, en bly altyd in hul agterhoede. En moenie dat iemand omkyk nie, en gaan waarheen julle beveel word وَقَضَيۡنَآ إِلَيۡهِ ذَٰلِكَ ٱلۡأَمۡرَ أَنَّ دَابِرَ هَٰٓؤُلَآءِ مَقۡطُوعٌ مُّصۡبِحِينَ ٦٦En Ons het dit aan hom bekend gemaak dat die wortels hiervan in die oggend afgesny sal word وَجَآءَ أَهۡلُ ٱلۡمَدِينَةِ يَسۡتَبۡشِرُونَ ٦٧En toe die inwoners van die stad jubelend nader gekom het قَالَ إِنَّ هَٰٓؤُلَآءِ ضَيۡفِي فَلَا تَفۡضَحُونِ ٦٨het hy gesê: Hulle is my gaste; moenie my in die skande steek nie وَٱتَّقُواْ ٱللَّهَ وَلَا تُخۡزُونِ ٦٩en vrees Allah, en moet my nie in die skande steek nie قَالُوٓاْ أَوَلَمۡ نَنۡهَكَ عَنِ ٱلۡعَٰلَمِينَ ٧٠Maar hulle het geantwoord: Het ons julle nie belet om iemand te herberg nie قَالَ هَٰٓؤُلَآءِ بَنَاتِيٓ إِن كُنتُمۡ فَٰعِلِينَ ٧١Toe het hy gesê: Hier is my dogters, as julle dan iets wil doen لَعَمۡرُكَ إِنَّهُمۡ لَفِي سَكۡرَتِهِمۡ يَعۡمَهُونَ ٧٢Waarlik, hulle het blindelings gedwaal فَأَخَذَتۡهُمُ ٱلصَّيۡحَةُ مُشۡرِقِينَ ٧٣En teen sonop het die straf hulle oorval فَجَعَلۡنَا عَٰلِيَهَا سَافِلَهَا وَأَمۡطَرۡنَا عَلَيۡهِمۡ حِجَارَةً مِّن سِجِّيلٍ ٧٤Ons het die stad omgekeer en harde klippe daarop laat reën إِنَّ فِي ذَٰلِكَ لَأٓيَٰتٍ لِّلۡمُتَوَسِّمِينَ ٧٥Waarlik, hierin is tekens vir hulle wat uit die lot van ander ’n les wil leer وَإِنَّهَا لَبِسَبِيلٍ مُّقِيمٍ ٧٦En dit is ’n weg wat nog begaanbaar is إِنَّ فِي ذَٰلِكَ لَأٓيَةً لِّلۡمُؤۡمِنِينَ ٧٧Voorwaar, hierin is ’n teken vir die gelowiges وَإِن كَانَ أَصۡحَٰبُ ٱلۡأَيۡكَةِ لَظَٰلِمِينَ ٧٨En die Bewoners van die Woud was net so sondig فَٱنتَقَمۡنَا مِنۡهُمۡ وَإِنَّهُمَا لَبِإِمَامٍ مُّبِينٍ ٧٩Daarom het Ons ook húlle getref ~ En hierdie plekke lê albei aan die grootpad وَلَقَدۡ كَذَّبَ أَصۡحَٰبُ ٱلۡحِجۡرِ ٱلۡمُرۡسَلِينَ ٨٠En die Bewoners van die Rots3 het waarlik die boodskappers verloën وَءَاتَيۡنَٰهُمۡ ءَايَٰتِنَا فَكَانُواْ عَنۡهَا مُعۡرِضِينَ ٨١En Ons het Ons tekens aan hulle oorgedra, maar hulle het die rug daarop gedraai وَكَانُواْ يَنۡحِتُونَ مِنَ ٱلۡجِبَالِ بُيُوتًا ءَامِنِينَ ٨٢En hulle het wonings van veiligheid in die berge uitgekap فَأَخَذَتۡهُمُ ٱلصَّيۡحَةُ مُصۡبِحِينَ ٨٣en tog het die straf hulle in die môre oorval فَمَآ أَغۡنَىٰ عَنۡهُم مَّا كَانُواْ يَكۡسِبُونَ ٨٤En wat hulle verwerf het, het hul niks gebaat nie وَمَا خَلَقۡنَا ٱلسَّمَٰوَٰتِ وَٱلۡأَرۡضَ وَمَا بَيۡنَهُمَآ إِلَّا بِٱلۡحَقِّۗ وَإِنَّ ٱلسَّاعَةَ لَأٓتِيَةٌۖ فَٱصۡفَحِ ٱلصَّفۡحَ ٱلۡجَمِيلَ ٨٥En Ons het die hemele en die aarde en alles wat daartussen is, met die waarheid geskape. En die Uur sal gewis kom; wees daarom sagmoedig إِنَّ رَبَّكَ هُوَ ٱلۡخَلَّٰقُ ٱلۡعَلِيمُ ٨٦Voorwaar, u Heer ~ Hy is die Skepper, die Alleswetende وَلَقَدۡ ءَاتَيۡنَٰكَ سَبۡعًا مِّنَ ٱلۡمَثَانِي وَٱلۡقُرۡءَانَ ٱلۡعَظِيمَ ٨٧En Ons het waarlik aan u die sewe herhaalde verse en die verhewe Qur’ãn gegee لَا تَمُدَّنَّ عَيۡنَيۡكَ إِلَىٰ مَا مَتَّعۡنَا بِهِۦٓ أَزۡوَٰجًا مِّنۡهُمۡ وَلَا تَحۡزَنۡ عَلَيۡهِمۡ وَٱخۡفِضۡ جَنَاحَكَ لِلۡمُؤۡمِنِينَ ٨٨Staar u oë nie moeg na wat Ons aan sommige groepe gegee het om van te geniet nie, en treur ook nie oor hulle nie, en wees sagmoedig teenoor die gelowiges وَقُلۡ إِنِّيٓ أَنَا ٱلنَّذِيرُ ٱلۡمُبِينُ ٨٩En sê: Voorwaar, ek is die waarskuwer كَمَآ أَنزَلۡنَا عَلَى ٱلۡمُقۡتَسِمِينَ ٩٠Ons het ook boodskappers gestuur na hulle wat die eed afgelê het ٱلَّذِينَ جَعَلُواْ ٱلۡقُرۡءَانَ عِضِينَ ٩١en na hulle wat die Qur’ãn wou opdeel فَوَرَبِّكَ لَنَسۡـَٔلَنَّهُمۡ أَجۡمَعِينَ ٩٢By u Heer! Ons sal hulle almal gewis ondervra عَمَّا كَانُواْ يَعۡمَلُونَ ٩٣oor wat hulle gedoen het فَٱصۡدَعۡ بِمَا تُؤۡمَرُ وَأَعۡرِضۡ عَنِ ٱلۡمُشۡرِكِينَ ٩٤Verkondig daarom openlik wat u beveel word, en draai weg van die heidene af إِنَّا كَفَيۡنَٰكَ ٱلۡمُسۡتَهۡزِءِينَ ٩٥Ons bied u voldoende beskerming teen die spotters ٱلَّذِينَ يَجۡعَلُونَ مَعَ ٱللَّهِ إِلَٰهًا ءَاخَرَۚ فَسَوۡفَ يَعۡلَمُونَ ٩٦wat ander gode met Allah vereenselwig ~ Maar weldra sal hulle dit te wete kom وَلَقَدۡ نَعۡلَمُ أَنَّكَ يَضِيقُ صَدۡرُكَ بِمَا يَقُولُونَ ٩٧En Ons weet ook dat u hart benoud word oor wat hulle sê فَسَبِّحۡ بِحَمۡدِ رَبِّكَ وَكُن مِّنَ ٱلسَّٰجِدِينَ ٩٨Verheerlik u Heer met die lof wat Hom toekom, en wees saam met hulle (wat voor hul Heer) prostreer وَٱعۡبُدۡ رَبَّكَ حَتَّىٰ يَأۡتِيَكَ ٱلۡيَقِينُ ٩٩En dien u Heer tot op die tyd van u afsterwe