Millat al-Islam

Chapter 62 · 11 verses · Imam M. A. Baker

Surah Al-Jumua in Afrikaans

Arabic with tafsir Listen to Surah Al-Jumua (1216 reciters)
Medinanسورة الجمعة11 verses

بِسۡمِ ٱللَّهِ ٱلرَّحۡمَٰنِ ٱلرَّحِيمِ

يُسَبِّحُ لِلَّهِ مَا فِي ٱلسَّمَٰوَٰتِ وَمَا فِي ٱلۡأَرۡضِ ٱلۡمَلِكِ ٱلۡقُدُّوسِ ٱلۡعَزِيزِ ٱلۡحَكِيمِ ١Wat ook al in die hemele is, en wat ook al op die aarde is, verheerlik Allah, die Koning, die Heilige, die Allermagtige, die Allerwyse هُوَ ٱلَّذِي بَعَثَ فِي ٱلۡأُمِّيِّـۧنَ رَسُولًا مِّنۡهُمۡ يَتۡلُواْ عَلَيۡهِمۡ ءَايَٰتِهِۦ وَيُزَكِّيهِمۡ وَيُعَلِّمُهُمُ ٱلۡكِتَٰبَ وَٱلۡحِكۡمَةَ وَإِن كَانُواْ مِن قَبۡلُ لَفِي ضَلَٰلٍ مُّبِينٍ ٢Dit is Hy wat vir die ongeletterdes ’n Boodskapper verwek het, wat Sy tekens aan hulle voordra en hulle louter en hulle in die Boek en die Wysheid onderwys, ofskoon hulle voorheen in openlike dwaling verkeer het وَءَاخَرِينَ مِنۡهُمۡ لَمَّا يَلۡحَقُواْ بِهِمۡۚ وَهُوَ ٱلۡعَزِيزُ ٱلۡحَكِيمُ ٣en so ook ander onder hulle wat nog nie by hulle aangesluit het nie. En Hy is die Allermagtige, die Allerwyse ذَٰلِكَ فَضۡلُ ٱللَّهِ يُؤۡتِيهِ مَن يَشَآءُۚ وَٱللَّهُ ذُو ٱلۡفَضۡلِ ٱلۡعَظِيمِ ٤Dít is Allah se goedertierenheid; Hy skenk dit aan wie Hy wil. En Allah is die Heer van magtige goedertierenheid مَثَلُ ٱلَّذِينَ حُمِّلُواْ ٱلتَّوۡرَىٰةَ ثُمَّ لَمۡ يَحۡمِلُوهَا كَمَثَلِ ٱلۡحِمَارِ يَحۡمِلُ أَسۡفَارَۢاۚ بِئۡسَ مَثَلُ ٱلۡقَوۡمِ ٱلَّذِينَ كَذَّبُواْ بِـَٔايَٰتِ ٱللَّهِۚ وَٱللَّهُ لَا يَهۡدِي ٱلۡقَوۡمَ ٱلظَّٰلِمِينَ ٥Diegene wat met die Tora belas was, en dit nie nagelewe het nie, is soos ’n esel wat boeke dra. Boos is die volk wat die bood- skappers van Allah verwerp. En Allah lei nie die onregverdige volk nie قُلۡ يَٰٓأَيُّهَا ٱلَّذِينَ هَادُوٓاْ إِن زَعَمۡتُمۡ أَنَّكُمۡ أَوۡلِيَآءُ لِلَّهِ مِن دُونِ ٱلنَّاسِ فَتَمَنَّوُاْ ٱلۡمَوۡتَ إِن كُنتُمۡ صَٰدِقِينَ ٦Sê: O julle Jode! As julle dink dat julle, met uitsluiting van ander mense, die gunstelinge van Allah is, begeer dan die dood as julle die waarheid spreek وَلَا يَتَمَنَّوۡنَهُۥٓ أَبَدَۢا بِمَا قَدَّمَتۡ أَيۡدِيهِمۡۚ وَٱللَّهُ عَلِيمُۢ بِٱلظَّٰلِمِينَ ٧Maar hulle sal dit nooit begeer nie, vanweë dít wat hulle hande vooruitgestuur het. En Allah ken die kwaaddoeners goed قُلۡ إِنَّ ٱلۡمَوۡتَ ٱلَّذِي تَفِرُّونَ مِنۡهُ فَإِنَّهُۥ مُلَٰقِيكُمۡۖ ثُمَّ تُرَدُّونَ إِلَىٰ عَٰلِمِ ٱلۡغَيۡبِ وَٱلشَّهَٰدَةِ فَيُنَبِّئُكُم بِمَا كُنتُمۡ تَعۡمَلُونَ ٨Sê: Die dood waarvoor julle probeer vlug, sal julle sekerlik inhaal; dan sal julle tot die Kenner van die Onsigbare en Sigbare teruggestuur word, en Hy sal julle inlig oor julle dade يَٰٓأَيُّهَا ٱلَّذِينَ ءَامَنُوٓاْ إِذَا نُودِيَ لِلصَّلَوٰةِ مِن يَوۡمِ ٱلۡجُمُعَةِ فَٱسۡعَوۡاْ إِلَىٰ ذِكۡرِ ٱللَّهِ وَذَرُواْ ٱلۡبَيۡعَۚ ذَٰلِكُمۡ خَيۡرٌ لَّكُمۡ إِن كُنتُمۡ تَعۡلَمُونَ ٩O julle gelowiges! Wanneer julle tot die Vrydaggebed opge- roep word, gee dan gehoor, en oordink Allah, en verlaat julle sakebedrywe. Dit is vir julle beter indien julle dit weet فَإِذَا قُضِيَتِ ٱلصَّلَوٰةُ فَٱنتَشِرُواْ فِي ٱلۡأَرۡضِ وَٱبۡتَغُواْ مِن فَضۡلِ ٱللَّهِ وَٱذۡكُرُواْ ٱللَّهَ كَثِيرًا لَّعَلَّكُمۡ تُفۡلِحُونَ ١٠Maar wanneer die gebed geëindig het, versprei dan deur die land en soek na Allah se oorvloed, en dink baie aan Allah sodat julle suksesvol mag wees وَإِذَا رَأَوۡاْ تِجَٰرَةً أَوۡ لَهۡوًا ٱنفَضُّوٓاْ إِلَيۡهَا وَتَرَكُوكَ قَآئِمًاۚ قُلۡ مَا عِندَ ٱللَّهِ خَيۡرٌ مِّنَ ٱللَّهۡوِ وَمِنَ ٱلتِّجَٰرَةِۚ وَٱللَّهُ خَيۡرُ ٱلرَّٰزِقِينَ ١١Maar as hulle koopware of enige vermaaklikheid sien, gaan hulle haastig daarheen, en laat u staan. Sê: Wat by Allah is, is verkiesliker as vermaaklikheid en handel, en Allah is die Beste Voorsiener

Translation: Imam M. A. Baker.