Millat al-Islam

Chapter 26 · 227 verses · Imam M. A. Baker

Surah Ash-Shu'araa in Afrikaans

Arabic with tafsir Listen to Surah Ash-Shu'araa (1194 reciters)
Meccanسورة الشعراء227 verses

بِسۡمِ ٱللَّهِ ٱلرَّحۡمَٰنِ ٱلرَّحِيمِ

طسٓمٓ ١Tô-Sien-Miem تِلۡكَ ءَايَٰتُ ٱلۡكِتَٰبِ ٱلۡمُبِينِ ٢Dit is die verse van ’n Boek wat verduidelik لَعَلَّكَ بَٰخِعٌ نَّفۡسَكَ أَلَّا يَكُونُواْ مُؤۡمِنِينَ ٣Miskien sal u tot die dood toe treur omdat hulle ongelowig is إِن نَّشَأۡ نُنَزِّلۡ عَلَيۡهِم مِّنَ ٱلسَّمَآءِ ءَايَةً فَظَلَّتۡ أَعۡنَٰقُهُمۡ لَهَا خَٰضِعِينَ ٤As Ons wou, kon Ons ’n teken uit die hemel gestuur het, waar- voor hulle hul nekke sou buig وَمَا يَأۡتِيهِم مِّن ذِكۡرٍ مِّنَ ٱلرَّحۡمَٰنِ مُحۡدَثٍ إِلَّا كَانُواْ عَنۡهُ مُعۡرِضِينَ ٥En daar kom geen nuwe Vermaning van die Barmhartige tot hulle nie, of hulle keer hulle daarvan weg فَقَدۡ كَذَّبُواْ فَسَيَأۡتِيهِمۡ أَنۢبَٰٓؤُاْ مَا كَانُواْ بِهِۦ يَسۡتَهۡزِءُونَ ٦Hulle het dit waarlik verloën, maar weldra sal hulle weet wat hulle bespot het أَوَلَمۡ يَرَوۡاْ إِلَى ٱلۡأَرۡضِ كَمۡ أَنۢبَتۡنَا فِيهَا مِن كُلِّ زَوۡجٍ كَرِيمٍ ٧Kyk hulle nie na die aarde, hoeveel voortreflike soorte Ons daarop laat groei nie إِنَّ فِي ذَٰلِكَ لَأٓيَةًۖ وَمَا كَانَ أَكۡثَرُهُم مُّؤۡمِنِينَ ٨Sekerlik is daar ’n teken hierin; maar die meeste van hulle glo nie وَإِنَّ رَبَّكَ لَهُوَ ٱلۡعَزِيزُ ٱلرَّحِيمُ ٩En waarlik, u Heer is die Almagtige, die Genadige وَإِذۡ نَادَىٰ رَبُّكَ مُوسَىٰٓ أَنِ ٱئۡتِ ٱلۡقَوۡمَ ٱلظَّٰلِمِينَ ١٠En toe u Heer Moses geroep het, het Hy gesê: Gaan na die on- regverdige volk قَوۡمَ فِرۡعَوۡنَۚ أَلَا يَتَّقُونَ ١١die volk van Farao. Sal hulle dan nie teen die kwaad waak nie قَالَ رَبِّ إِنِّيٓ أَخَافُ أَن يُكَذِّبُونِ ١٢Toe het hy gesê: My Heer! Ek vrees dat hulle my sal verstoot وَيَضِيقُ صَدۡرِي وَلَا يَنطَلِقُ لِسَانِي فَأَرۡسِلۡ إِلَىٰ هَٰرُونَ ١٣en my bors is vereng, en my tong is nie welsprekend nie; laat kom daarom vir Aäron ook وَلَهُمۡ عَلَيَّ ذَنۢبٌ فَأَخَافُ أَن يَقۡتُلُونِ ١٤En bowendien het hulle ’n aanklag van misdaad teen my; daarom vrees ek dat hulle my sal doodmaak قَالَ كـَلَّاۖ فَٱذۡهَبَا بِـَٔايَٰتِنَآۖ إِنَّا مَعَكُم مُّسۡتَمِعُونَ ١٥Hy het gesê: Geensins! Gaan julle albei dan met ons tekens; waarlik, Ons is saam met julle, Luisterend فَأۡتِيَا فِرۡعَوۡنَ فَقُولَآ إِنَّا رَسُولُ رَبِّ ٱلۡعَٰلَمِينَ ١٦Kom dan na Farao, en sê: Ons bring ’n boodskap van die Heer van die Wêrelde أَنۡ أَرۡسِلۡ مَعَنَا بَنِيٓ إِسۡرَٰٓءِيلَ ١٧Stuur die Kinders van Israel saam met ons قَالَ أَلَمۡ نُرَبِّكَ فِينَا وَلِيدًا وَلَبِثۡتَ فِينَا مِنۡ عُمُرِكَ سِنِينَ ١٨Farao het gesê: Het ons u nie as ’n kind onder ons opgevoed nie? En u het baie jare van u lewe saam met ons gewoon وَفَعَلۡتَ فَعۡلَتَكَ ٱلَّتِي فَعَلۡتَ وَأَنتَ مِنَ ٱلۡكَٰفِرِينَ ١٩En u het daardie daad van u gepleeg, en u is nog ondankbaar قَالَ فَعَلۡتُهَآ إِذًا وَأَنَا۠ مِنَ ٱلضَّآلِّينَ ٢٠Moses het gesê: Ek het dit gedoen toe ek nog tot die dwalendes behoort het فَفَرَرۡتُ مِنكُمۡ لَمَّا خِفۡتُكُمۡ فَوَهَبَ لِي رَبِّي حُكۡمًا وَجَعَلَنِي مِنَ ٱلۡمُرۡسَلِينَ ٢١Daarom het ek van julle gevlug toe ek julle gevrees het; maar my Heer het aan my wysheid verleen en my een van die boodskappers gemaak وَتِلۡكَ نِعۡمَةٌ تَمُنُّهَا عَلَيَّ أَنۡ عَبَّدتَّ بَنِيٓ إِسۡرَٰٓءِيلَ ٢٢En is dit ’n guns waaraan u my herinner: dat u die Kinders van Israel tot slawe gemaak het قَالَ فِرۡعَوۡنُ وَمَا رَبُّ ٱلۡعَٰلَمِينَ ٢٣Farao het gesê: En wát is die Heer van die Wêrelde قَالَ رَبُّ ٱلسَّمَٰوَٰتِ وَٱلۡأَرۡضِ وَمَا بَيۡنَهُمَآۖ إِن كُنتُم مُّوقِنِينَ ٢٤Hy het gantwoord: Die Heer van die hemele en die aarde en wat daartussen is, indien julle seker wil wees قَالَ لِمَنۡ حَوۡلَهُۥٓ أَلَا تَسۡتَمِعُونَ ٢٥Farao het aan diegene wat rondom hom was, gesê: Hoor julle nie قَالَ رَبُّكُمۡ وَرَبُّ ءَابَآئِكُمُ ٱلۡأَوَّلِينَ ٢٦Hy het gesê: Julle Heer en die Heer van julle voorvaders قَالَ إِنَّ رَسُولَكُمُ ٱلَّذِيٓ أُرۡسِلَ إِلَيۡكُمۡ لَمَجۡنُونٌ ٢٧Farao het toe geantwoord: Waarlik, die boodskapper wat julle gestuur het, is kranksinnig قَالَ رَبُّ ٱلۡمَشۡرِقِ وَٱلۡمَغۡرِبِ وَمَا بَيۡنَهُمَآۖ إِن كُنتُمۡ تَعۡقِلُونَ ٢٨Moses het gesê: Hy is die Heer van die Ooste en die Weste en wat tussen hulle is, indien julle kan begryp قَالَ لَئِنِ ٱتَّخَذۡتَ إِلَٰهًا غَيۡرِي لَأَجۡعَلَنَّكَ مِنَ ٱلۡمَسۡجُونِينَ ٢٩Farao het gesê: As u ’n ander god buiten mý aanneem, sal ek u sekerlik in die gevangenis werp قَالَ أَوَلَوۡ جِئۡتُكَ بِشَيۡءٍ مُّبِينٍ ٣٠Toe het Moses gesê: Selfs al sou ek u ’n duidelike teken toon قَالَ فَأۡتِ بِهِۦٓ إِن كُنتَ مِنَ ٱلصَّٰدِقِينَ ٣١Farao het gesê: Bewys dit dan, indien u een van die opregtes is فَأَلۡقَىٰ عَصَاهُ فَإِذَا هِيَ ثُعۡبَانٌ مُّبِينٌ ٣٢Daarop het hy sy staf neergewerp, en kyk! dit was ’n slang وَنَزَعَ يَدَهُۥ فَإِذَا هِيَ بَيۡضَآءُ لِلنَّٰظِرِينَ ٣٣en hy het sy hand uitgestrek, en kyk! dit het vir die toeskouers deurskynend gelyk قَالَ لِلۡمَلَإِ حَوۡلَهُۥٓ إِنَّ هَٰذَا لَسَٰحِرٌ عَلِيمٌ ٣٤Farao het aan die owerstes rondom hom gesê: Hy is inderdaad ’n bedrewe towenaar يُرِيدُ أَن يُخۡرِجَكُم مِّنۡ أَرۡضِكُم بِسِحۡرِهِۦ فَمَاذَا تَأۡمُرُونَ ٣٥wat verlang om met sy towerkuns julle uit jul land te verdryf. Watter raad doen julle nou aan die hand قَالُوٓاْ أَرۡجِهۡ وَأَخَاهُ وَٱبۡعَثۡ فِي ٱلۡمَدَآئِنِ حَٰشِرِينَ ٣٦Hulle het gesê: Verleen aan hom en sy broer uitstel, en stuur aankondigers na die stede يَأۡتُوكَ بِكُلِّ سَحَّارٍ عَلِيمٍ ٣٧dat hulle elke bedrewe towenaar na u kan bring فَجُمِعَ ٱلسَّحَرَةُ لِمِيقَٰتِ يَوۡمٍ مَّعۡلُومٍ ٣٨Daarop is die towenaars byeenversamel vir die afspraak op ’n vasgestelde dag وَقِيلَ لِلنَّاسِ هَلۡ أَنتُم مُّجۡتَمِعُونَ ٣٩en dit is aan die volk gesê: Sal julle ook bymekaarkom لَعَلَّنَا نَتَّبِعُ ٱلسَّحَرَةَ إِن كَانُواْ هُمُ ٱلۡغَٰلِبِينَ ٤٠Moontlik kan ons die towenaars volg, as hulle die oorwinnaars is فَلَمَّا جَآءَ ٱلسَّحَرَةُ قَالُواْ لِفِرۡعَوۡنَ أَئِنَّ لَنَا لَأَجۡرًا إِن كُنَّا نَحۡنُ ٱلۡغَٰلِبِينَ ٤١Toe die towenaars dus gekom het, het hulle aan Farao gesê: Sal daar ’n beloning vir ons wees as ons die oorwinnaars is قَالَ نَعَمۡ وَإِنَّكُمۡ إِذًا لَّمِنَ ٱلۡمُقَرَّبِينَ ٤٢Hy het gesê: Ja, seker, bowendien sal julle van diegene wees wat baie na aan my is قَالَ لَهُم مُّوسَىٰٓ أَلۡقُواْ مَآ أَنتُم مُّلۡقُونَ ٤٣Moses het aan hulle gesê: Werp neer wat julle te werpe het فَأَلۡقَوۡاْ حِبَالَهُمۡ وَعِصِيَّهُمۡ وَقَالُواْ بِعِزَّةِ فِرۡعَوۡنَ إِنَّا لَنَحۡنُ ٱلۡغَٰلِبُونَ ٤٤Toe het hulle hul toue en stokke neergegooi, en gesê: By die mag van Farao, ons sál die oorhand kry فَأَلۡقَىٰ مُوسَىٰ عَصَاهُ فَإِذَا هِيَ تَلۡقَفُ مَا يَأۡفِكُونَ ٤٥Daarna het Moses sy staf neergewerp, en kyk! dit het hulle versinsels verorber فَأُلۡقِيَ ٱلسَّحَرَةُ سَٰجِدِينَ ٤٦Daarna het die towenaars hul op die grond neergewerp قَالُوٓاْ ءَامَنَّا بِرَبِّ ٱلۡعَٰلَمِينَ ٤٧hulle het gesê: Ons glo in die Heer van die Wêrelde رَبِّ مُوسَىٰ وَهَٰرُونَ ٤٨die Heer van Moses en Aäron قَالَ ءَامَنتُمۡ لَهُۥ قَبۡلَ أَنۡ ءَاذَنَ لَكُمۡۖ إِنَّهُۥ لَكَبِيرُكُمُ ٱلَّذِي عَلَّمَكُمُ ٱلسِّحۡرَ فَلَسَوۡفَ تَعۡلَمُونَۚ لَأُقَطِّعَنَّ أَيۡدِيَكُمۡ وَأَرۡجُلَكُم مِّنۡ خِلَٰفٍ وَلَأُصَلِّبَنَّكُمۡ أَجۡمَعِينَ ٤٩Farao het gesê: Julle glo in hom voordat ék julle verlof gee? Hy is seker julle leier, die persoon wat julle in die toorkuns onderrig het. Maar julle sal dit weldra te wete kom. Ek sal sekerlik julle hande en julle voete aan teenoorgestelde kante afsny, en ek sal julle almal kruisig قَالُواْ لَا ضَيۡرَۖ إِنَّآ إِلَىٰ رَبِّنَا مُنقَلِبُونَ ٥٠Hulle het gesê: Dis niks; ons sal waarlik na ons Heer terugkeer إِنَّا نَطۡمَعُ أَن يَغۡفِرَ لَنَا رَبُّنَا خَطَٰيَٰنَآ أَن كُنَّآ أَوَّلَ ٱلۡمُؤۡمِنِينَ ٥١Ons hoop dat ons Heer ons sondes sal vergewe, want ons is die eerste gelowiges ۞ وَأَوۡحَيۡنَآ إِلَىٰ مُوسَىٰٓ أَنۡ أَسۡرِ بِعِبَادِيٓ إِنَّكُم مُّتَّبَعُونَ ٥٢En Ons het aan Moses geopenbaar, en gesê: Vertrek met My dienaars gedurende die nag, want julle sal agtervolg word فَأَرۡسَلَ فِرۡعَوۡنُ فِي ٱلۡمَدَآئِنِ حَٰشِرِينَ ٥٣En Farao het bodes na die stede gestuur wat moes sê إِنَّ هَٰٓؤُلَآءِ لَشِرۡذِمَةٌ قَلِيلُونَ ٥٤Dit is slegs ’n klein groepie وَإِنَّهُمۡ لَنَا لَغَآئِظُونَ ٥٥maar hulle het ons sekerlik vertoorn وَإِنَّا لَجَمِيعٌ حَٰذِرُونَ ٥٦en ons is ’n goedgewapende menigte فَأَخۡرَجۡنَٰهُم مِّن جَنَّٰتٍ وَعُيُونٍ ٥٧Om hierdie rede het Ons hulle uit hul tuine en van die fonteine verdrywe وَكُنُوزٍ وَمَقَامٍ كَرِيمٍ ٥٨en van hul skatte en voortreflike wonings كَذَٰلِكَۖ وَأَوۡرَثۡنَٰهَا بَنِيٓ إِسۡرَٰٓءِيلَ ٥٩So het dit gebeur. En Ons het dit as ’n erfenis aan die Kinders van Israel gegee فَأَتۡبَعُوهُم مُّشۡرِقِينَ ٦٠En toe het hulle by sonopkoms hul agternagesit فَلَمَّا تَرَٰٓءَا ٱلۡجَمۡعَانِ قَالَ أَصۡحَٰبُ مُوسَىٰٓ إِنَّا لَمُدۡرَكُونَ ٦١En toe die twee skares mekaar raaksien, het die metgeselle van Moses uitgeroep: Ons sal sekerlik ingehaal word قَالَ كـَلَّآۖ إِنَّ مَعِيَ رَبِّي سَيَهۡدِينِ ٦٢Hy het gesê: Geensins! Waarlik, my Heer is met my. Hy sal my lei فَأَوۡحَيۡنَآ إِلَىٰ مُوسَىٰٓ أَنِ ٱضۡرِب بِّعَصَاكَ ٱلۡبَحۡرَۖ فَٱنفَلَقَ فَكَانَ كُلُّ فِرۡقٍ كَٱلطَّوۡدِ ٱلۡعَظِيمِ ٦٣Toe het Ons aan Moses geopenbaar: Slaan op die see met u staf. En die see het in twee verdeel, en elke deel was soos ’n berg وَأَزۡلَفۡنَا ثَمَّ ٱلۡأٓخَرِينَ ٦٤En daar het Ons die ander laat nader kom وَأَنجَيۡنَا مُوسَىٰ وَمَن مَّعَهُۥٓ أَجۡمَعِينَ ٦٥En Ons het Moses gered, en almal wat saam met hom was ثُمَّ أَغۡرَقۡنَا ٱلۡأٓخَرِينَ ٦٦Toe het Ons die ander laat verdrink إِنَّ فِي ذَٰلِكَ لَأٓيَةًۖ وَمَا كَانَ أَكۡثَرُهُم مُّؤۡمِنِينَ ٦٧Sekerlik is daar ’n teken hierin; tog glo die meeste van hulle nie وَإِنَّ رَبَّكَ لَهُوَ ٱلۡعَزِيزُ ٱلرَّحِيمُ ٦٨En voorwaar, u Heer is die Almagtige, die Genadige وَٱتۡلُ عَلَيۡهِمۡ نَبَأَ إِبۡرَٰهِيمَ ٦٩En verkondig aan hulle die verhaal van Abraham إِذۡ قَالَ لِأَبِيهِ وَقَوۡمِهِۦ مَا تَعۡبُدُونَ ٧٠Hoe hy aan sy vader en aan sy volk gesê het: Wat aanbid julle قَالُواْ نَعۡبُدُ أَصۡنَامًا فَنَظَلُّ لَهَا عَٰكِفِينَ ٧١En hulle antwoord was: Ons aanbid beelde en ons sal aan hulle toegewyd bly قَالَ هَلۡ يَسۡمَعُونَكُمۡ إِذۡ تَدۡعُونَ ٧٢Toe het hy gesê: Hóór hulle as julle hul aanroep أَوۡ يَنفَعُونَكُمۡ أَوۡ يَضُرُّونَ ٧٣Of bring hulle ’n voor- of nadeel vir julle قَالُواْ بَلۡ وَجَدۡنَآ ءَابَآءَنَا كَذَٰلِكَ يَفۡعَلُونَ ٧٤Hulle het geantwoord: Nee, ons het gevind dat ons vaders so doen قَالَ أَفَرَءَيۡتُم مَّا كُنتُمۡ تَعۡبُدُونَ ٧٥Toe sê hy: Sien julle dan wat julle aanbid أَنتُمۡ وَءَابَآؤُكُمُ ٱلۡأَقۡدَمُونَ ٧٦julle en julle voorvaders فَإِنَّهُمۡ عَدُوٌّ لِّيٓ إِلَّا رَبَّ ٱلۡعَٰلَمِينَ ٧٧Waarlik, hulle is my vyande, maar nie die Heer van die Wêrelde nie ٱلَّذِي خَلَقَنِي فَهُوَ يَهۡدِينِ ٧٨wat my geskape het, en daarna vir my die weg aangewys het وَٱلَّذِي هُوَ يُطۡعِمُنِي وَيَسۡقِينِ ٧٩en wat aan my voedsel en drank gee وَإِذَا مَرِضۡتُ فَهُوَ يَشۡفِينِ ٨٠en my genees wanneer ek siek is وَٱلَّذِي يُمِيتُنِي ثُمَّ يُحۡيِينِ ٨١en my sal laat sterf en my daarna tot die lewe sal terugbring وَٱلَّذِيٓ أَطۡمَعُ أَن يَغۡفِرَ لِي خَطِيٓـَٔتِي يَوۡمَ ٱلدِّينِ ٨٢en wat, hoop ek, my tekortkominge sal vergewe op die Dag van Oordeel رَبِّ هَبۡ لِي حُكۡمًا وَأَلۡحِقۡنِي بِٱلصَّٰلِحِينَ ٨٣My Heer! Skenk my wysheid, en plaas my by die opregtes وَٱجۡعَل لِّي لِسَانَ صِدۡقٍ فِي ٱلۡأٓخِرِينَ ٨٤en verorden vir my ’n goeie nagedagtenis onder die toekomstige geslagte وَٱجۡعَلۡنِي مِن وَرَثَةِ جَنَّةِ ٱلنَّعِيمِ ٨٥en maak my ’n erfgenaam van die Tuin van Saligheid وَٱغۡفِرۡ لِأَبِيٓ إِنَّهُۥ كَانَ مِنَ ٱلضَّآلِّينَ ٨٦en vergewe my vader, want hy is sekerlik een van die verdwaaldes وَلَا تُخۡزِنِي يَوۡمَ يُبۡعَثُونَ ٨٧en verneder my nie op die Dag wanneer die mense opgewek sal word nie يَوۡمَ لَا يَنفَعُ مَالٌ وَلَا بَنُونَ ٨٨die Dag waarop kinders of skatte niemand sal baat nie إِلَّا مَنۡ أَتَى ٱللَّهَ بِقَلۡبٍ سَلِيمٍ ٨٩maar wanneer slegs hy wat met toegewyde hart aan Allah be- hoort, guns sal vind وَأُزۡلِفَتِ ٱلۡجَنَّةُ لِلۡمُتَّقِينَ ٩٠En die Paradys sal vir die godvresendes naby gebring word وَبُرِّزَتِ ٱلۡجَحِيمُ لِلۡغَاوِينَ ٩١en die Hel sal vir die goddeloses onthul word وَقِيلَ لَهُمۡ أَيۡنَ مَا كُنتُمۡ تَعۡبُدُونَ ٩٢en dit sal aan hulle gesê word: Waar is diegene wat julle aanbid het مِن دُونِ ٱللَّهِ هَلۡ يَنصُرُونَكُمۡ أَوۡ يَنتَصِرُونَ ٩٣buiten Allah? Kan hulle julle help, of hulself help فَكُبۡكِبُواْ فِيهَا هُمۡ وَٱلۡغَاوُۥنَ ٩٤So sal hulle halsoorkop in die Hel gedompel word, hulle en die goddeloses وَجُنُودُ إِبۡلِيسَ أَجۡمَعُونَ ٩٥en die skare van die duiwel, almal tesame قَالُواْ وَهُمۡ فِيهَا يَخۡتَصِمُونَ ٩٦Hulle sal sê, terwyl hulle daarin twis تَٱللَّهِ إِن كُنَّا لَفِي ضَلَٰلٍ مُّبِينٍ ٩٧By Allah! Ons het waarlik gedwaal إِذۡ نُسَوِّيكُم بِرَبِّ ٱلۡعَٰلَمِينَ ٩٨toe ons julle aan die Heer van die Wêrelde gelykgestel het وَمَآ أَضَلَّنَآ إِلَّا ٱلۡمُجۡرِمُونَ ٩٩En niemand behalwe die misdadigers het ons verlei nie فَمَا لَنَا مِن شَٰفِعِينَ ١٠٠Daarom het ons geen bemiddelaars وَلَا صَدِيقٍ حَمِيمٍ ١٠١ook nie ’n boesemvriend nie فَلَوۡ أَنَّ لَنَا كَرَّةً فَنَكُونَ مِنَ ٱلۡمُؤۡمِنِينَ ١٠٢As ons maar net kon terugkeer, sou ons ook gelowiges wees إِنَّ فِي ذَٰلِكَ لَأٓيَةًۖ وَمَا كَانَ أَكۡثَرُهُم مُّؤۡمِنِينَ ١٠٣Hierin is waarlik ’n teken, maar die meeste van hulle glo nie وَإِنَّ رَبَّكَ لَهُوَ ٱلۡعَزِيزُ ٱلرَّحِيمُ ١٠٤En vorwaar, u Heer is die Magtige, die Genadige كَذَّبَتۡ قَوۡمُ نُوحٍ ٱلۡمُرۡسَلِينَ ١٠٥Die volk van Noag het die boodskappers verloën إِذۡ قَالَ لَهُمۡ أَخُوهُمۡ نُوحٌ أَلَا تَتَّقُونَ ١٠٦Toe hulle broer Noag aan hulle gesê het: Sal julle dan nie teen die kwaad waak nie إِنِّي لَكُمۡ رَسُولٌ أَمِينٌ ١٠٧Waarlik, ek is ’n getroue boodskapper vir julle فَٱتَّقُواْ ٱللَّهَ وَأَطِيعُونِ ١٠٨Wees bewus van Allah en gehoorsaam my وَمَآ أَسۡـَٔلُكُمۡ عَلَيۡهِ مِنۡ أَجۡرٍۖ إِنۡ أَجۡرِيَ إِلَّا عَلَىٰ رَبِّ ٱلۡعَٰلَمِينَ ١٠٩En ek vra julle geen beloning daarvoor nie; my loon is slegs by die Heer van die Wêrelde فَٱتَّقُواْ ٱللَّهَ وَأَطِيعُونِ ١١٠Kom daarom julle plig teenoor Allah na, en gehoorsaam my ۞ قَالُوٓاْ أَنُؤۡمِنُ لَكَ وَٱتَّبَعَكَ ٱلۡأَرۡذَلُونَ ١١١Hulle het geantwoord: Sal ons in u glo terwyl slegs die onaan- sienlikes u volg قَالَ وَمَا عِلۡمِي بِمَا كَانُواْ يَعۡمَلُونَ ١١٢Hy het gesê: En wat weet ek van hulle dade af إِنۡ حِسَابُهُمۡ إِلَّا عَلَىٰ رَبِّيۖ لَوۡ تَشۡعُرُونَ ١١٣Hulle rekening is alleen by my Heer, as julle dit maar besef وَمَآ أَنَا۠ بِطَارِدِ ٱلۡمُؤۡمِنِينَ ١١٤En ek gaan die gelowiges nie verdryf nie إِنۡ أَنَا۠ إِلَّا نَذِيرٌ مُّبِينٌ ١١٥ek is slegs ’n duidelike waarskuwer قَالُواْ لَئِن لَّمۡ تَنتَهِ يَٰنُوحُ لَتَكُونَنَّ مِنَ ٱلۡمَرۡجُومِينَ ١١٦Hulle het gesê: As u nie ophou nie, o Noag, sal ons u sekerlik stenig قَالَ رَبِّ إِنَّ قَوۡمِي كَذَّبُونِ ١١٧Hy het gesê: My Heer! My volk het my verloën فَٱفۡتَحۡ بَيۡنِي وَبَيۡنَهُمۡ فَتۡحًا وَنَجِّنِي وَمَن مَّعِيَ مِنَ ٱلۡمُؤۡمِنِينَ ١١٨Oordeel daarom regverdig tussen hulle en my; en red my en die gelowiges wat saam met my is فَأَنجَيۡنَٰهُ وَمَن مَّعَهُۥ فِي ٱلۡفُلۡكِ ٱلۡمَشۡحُونِ ١١٩Daarom het Ons hom gered en diegene wat met hom in die ark was ثُمَّ أَغۡرَقۡنَا بَعۡدُ ٱلۡبَاقِينَ ١٢٠Daarna het Ons die res laat verdrink إِنَّ فِي ذَٰلِكَ لَأٓيَةًۖ وَمَا كَانَ أَكۡثَرُهُم مُّؤۡمِنِينَ ١٢١Hierin is waarlik ’n teken, maar die meeste van hulle glo nie وَإِنَّ رَبَّكَ لَهُوَ ٱلۡعَزِيزُ ٱلرَّحِيمُ ١٢٢Voorwaar, u Heer is die Magtige, die Genadige كَذَّبَتۡ عَادٌ ٱلۡمُرۡسَلِينَ ١٢٣Aad het die boodskappers verloën إِذۡ قَالَ لَهُمۡ أَخُوهُمۡ هُودٌ أَلَا تَتَّقُونَ ١٢٤Toe hulle broer Hüd aan hulle gesê het: Sal julle dan nie teen die kwaad waak nie إِنِّي لَكُمۡ رَسُولٌ أَمِينٌ ١٢٥Waarlik, ek is ’n getroue boodskapper vir julle فَٱتَّقُواْ ٱللَّهَ وَأَطِيعُونِ ١٢٦Wees bewus van Allah, en gehoorsaam my وَمَآ أَسۡـَٔلُكُمۡ عَلَيۡهِ مِنۡ أَجۡرٍۖ إِنۡ أَجۡرِيَ إِلَّا عَلَىٰ رَبِّ ٱلۡعَٰلَمِينَ ١٢٧En ek vra julle geen beloning daarvoor nie; my loon is slegs by die Heer van die Wêrelde أَتَبۡنُونَ بِكُلِّ رِيعٍ ءَايَةً تَعۡبَثُونَ ١٢٨Bou julle ’n monument op elke hoogte vir ydele vermaak وَتَتَّخِذُونَ مَصَانِعَ لَعَلَّكُمۡ تَخۡلُدُونَ ١٢٩En bou julle kastele sodat julle vir ewig kan lewe وَإِذَا بَطَشۡتُم بَطَشۡتُمۡ جَبَّارِينَ ١٣٠En wanneer julle gryp, gryp julle soos verdrukkers فَٱتَّقُواْ ٱللَّهَ وَأَطِيعُونِ ١٣١Wees bewus van Allah, en gehoorsaam my وَٱتَّقُواْ ٱلَّذِيٓ أَمَدَّكُم بِمَا تَعۡلَمُونَ ١٣٢Kom julle plig na teenoor Hom wat alles wat julle weet aan jul geskenk het أَمَدَّكُم بِأَنۡعَٰمٍ وَبَنِينَ ١٣٣Hy skenk aan julle vee en kinders وَجَنَّٰتٍ وَعُيُونٍ ١٣٤en tuine en fonteine إِنِّيٓ أَخَافُ عَلَيۡكُمۡ عَذَابَ يَوۡمٍ عَظِيمٍ ١٣٥Ek vrees namens julle inderdaad die straf van ’n smartlike Dag قَالُواْ سَوَآءٌ عَلَيۡنَآ أَوَعَظۡتَ أَمۡ لَمۡ تَكُن مِّنَ ٱلۡوَٰعِظِينَ ١٣٦Hulle het geantwoord: Dit is vir ons dieselfde of u vermaan en of u nie een van die vermaners is nie إِنۡ هَٰذَآ إِلَّا خُلُقُ ٱلۡأَوَّلِينَ ١٣٧Dit is niks anders as versinsels van die vorige volke nie وَمَا نَحۡنُ بِمُعَذَّبِينَ ١٣٨En ons sal nie gestraf word nie فَكَذَّبُوهُ فَأَهۡلَكۡنَٰهُمۡۚ إِنَّ فِي ذَٰلِكَ لَأٓيَةًۖ وَمَا كَانَ أَكۡثَرُهُم مُّؤۡمِنِينَ ١٣٩Daarom het hulle hom veloën, en Ons het hulle verdelg. Daarin is waaarlik ’n teken, maar die meeste van hulle glo nie وَإِنَّ رَبَّكَ لَهُوَ ٱلۡعَزِيزُ ٱلرَّحِيمُ ١٤٠En voorwaar, u Heer is die Magtige, die Genadige كَذَّبَتۡ ثَمُودُ ٱلۡمُرۡسَلِينَ ١٤١Thamoed het die boodskappers verloën إِذۡ قَالَ لَهُمۡ أَخُوهُمۡ صَٰلِحٌ أَلَا تَتَّقُونَ ١٤٢Toe hulle broer Salieg aan hulle gesê het: Sal julle dan nie teen die kwaad waak nie إِنِّي لَكُمۡ رَسُولٌ أَمِينٌ ١٤٣Waarlik, ek is ’n getroue boodskapper vir julle فَٱتَّقُواْ ٱللَّهَ وَأَطِيعُونِ ١٤٤Wees bewus van Allah, en gehoorsaam my وَمَآ أَسۡـَٔلُكُمۡ عَلَيۡهِ مِنۡ أَجۡرٍۖ إِنۡ أَجۡرِيَ إِلَّا عَلَىٰ رَبِّ ٱلۡعَٰلَمِينَ ١٤٥En ek vra julle geen beloning daarvoor nie; my loon is slegs by die Heer van die Wêrelde أَتُتۡرَكُونَ فِي مَا هَٰهُنَآ ءَامِنِينَ ١٤٦Sal julle dan veilig gelaat word in wat hier is فِي جَنَّٰتٍ وَعُيُونٍ ١٤٧in tuine en fonteine وَزُرُوعٍ وَنَخۡلٍ طَلۡعُهَا هَضِيمٌ ١٤٨en koringvelde en dadelpalms vol pragtige blomskedes وَتَنۡحِتُونَ مِنَ ٱلۡجِبَالِ بُيُوتًا فَٰرِهِينَ ١٤٩En met knaphandigheid hol julle huise in die berge uit فَٱتَّقُواْ ٱللَّهَ وَأَطِيعُونِ ١٥٠Wees bewus van Allah, en gehoorsaam my وَلَا تُطِيعُوٓاْ أَمۡرَ ٱلۡمُسۡرِفِينَ ١٥١En gehoorsaam nie die bevel van die verkwisters nie ٱلَّذِينَ يُفۡسِدُونَ فِي ٱلۡأَرۡضِ وَلَا يُصۡلِحُونَ ١٥٢wat onheil op die aarde saai en hulself nie verbeter nie قَالُوٓاْ إِنَّمَآ أَنتَ مِنَ ٱلۡمُسَحَّرِينَ ١٥٣Hulle het gesê: U is betower مَآ أَنتَ إِلَّا بَشَرٌ مِّثۡلُنَا فَأۡتِ بِـَٔايَةٍ إِن كُنتَ مِنَ ٱلصَّٰدِقِينَ ١٥٤U is slegs ’n sterfling soos ons ~ bring ons dan ’n teken, indien u opreg is قَالَ هَٰذِهِۦ نَاقَةٌ لَّهَا شِرۡبٌ وَلَكُمۡ شِرۡبُ يَوۡمٍ مَّعۡلُومٍ ١٥٥Hy het gesê: Hier is ’n kamelin; sy het haar beurt om te drink, en julle het julle beurt om te drink, op ’n vasgestelde tyd وَلَا تَمَسُّوهَا بِسُوٓءٍ فَيَأۡخُذَكُمۡ عَذَابُ يَوۡمٍ عَظِيمٍ ١٥٦En doen haar geen kwaad aan nie, anders sal die straf van ’n smartlike Dag julle inhaal فَعَقَرُوهَا فَأَصۡبَحُواْ نَٰدِمِينَ ١٥٧Maar hulle het haar kniesening afgekap, en daarna het hulle spyt gehad فَأَخَذَهُمُ ٱلۡعَذَابُۚ إِنَّ فِي ذَٰلِكَ لَأٓيَةًۖ وَمَا كَانَ أَكۡثَرُهُم مُّؤۡمِنِينَ ١٥٨maar die straf het hulle ingehaal. Voorwaar, daarin is ’n teken, maar die meeste van hulle glo nie وَإِنَّ رَبَّكَ لَهُوَ ٱلۡعَزِيزُ ٱلرَّحِيمُ ١٥٩En waarlik, u Heer is die Magtige, die Genadige كَذَّبَتۡ قَوۡمُ لُوطٍ ٱلۡمُرۡسَلِينَ ١٦٠Die volk van Lot het die boodskappers verloën إِذۡ قَالَ لَهُمۡ أَخُوهُمۡ لُوطٌ أَلَا تَتَّقُونَ ١٦١Toe hulle broer Lot aan hulle gesê het: Sal julle nie teen die kwaad waak nie إِنِّي لَكُمۡ رَسُولٌ أَمِينٌ ١٦٢Waarlik, ek is ’n getroue boodskapper vir julle فَٱتَّقُواْ ٱللَّهَ وَأَطِيعُونِ ١٦٣Wees bewus van Allah, en gehoorsaam my وَمَآ أَسۡـَٔلُكُمۡ عَلَيۡهِ مِنۡ أَجۡرٍۖ إِنۡ أَجۡرِيَ إِلَّا عَلَىٰ رَبِّ ٱلۡعَٰلَمِينَ ١٦٤Ek vra julle geen beloning daarvoor nie; my loon is slegs by die Heer van die Wêrelde أَتَأۡتُونَ ٱلذُّكۡرَانَ مِنَ ٱلۡعَٰلَمِينَ ١٦٥Gaan julle in by mans van alle skepsels وَتَذَرُونَ مَا خَلَقَ لَكُمۡ رَبُّكُم مِّنۡ أَزۡوَٰجِكُمۚ بَلۡ أَنتُمۡ قَوۡمٌ عَادُونَ ١٦٦en verlaat julle jul vrouens wat julle Heer vir jul geskape het? Nee, julle is ’n volk wat die perke oorskry قَالُواْ لَئِن لَّمۡ تَنتَهِ يَٰلُوطُ لَتَكُونَنَّ مِنَ ٱلۡمُخۡرَجِينَ ١٦٧Hulle het gesê: As u nie ophou nie, o Lot, sal u sekerlik verban word قَالَ إِنِّي لِعَمَلِكُم مِّنَ ٱلۡقَالِينَ ١٦٨Hy het gesê: Waarlik, ek vind julle dade veragtelik رَبِّ نَجِّنِي وَأَهۡلِي مِمَّا يَعۡمَلُونَ ١٦٩My Heer! Red my en my volgelinge van wat hulle doen فَنَجَّيۡنَٰهُ وَأَهۡلَهُۥٓ أَجۡمَعِينَ ١٧٠Daarom het Ons hom en al sy volgelinge gered إِلَّا عَجُوزًا فِي ٱلۡغَٰبِرِينَ ١٧١behalwe ’n ou vrou wat agter gebly het ثُمَّ دَمَّرۡنَا ٱلۡأٓخَرِينَ ١٧٢Toe het Ons die ander verdelg وَأَمۡطَرۡنَا عَلَيۡهِم مَّطَرًاۖ فَسَآءَ مَطَرُ ٱلۡمُنذَرِينَ ١٧٣En Ons het ’n reën op hulle laat giet; en boos was die reën op húlle wat gewaarsku was إِنَّ فِي ذَٰلِكَ لَأٓيَةًۖ وَمَا كَانَ أَكۡثَرُهُم مُّؤۡمِنِينَ ١٧٤Daarin is waarlik ’n teken, maar die meeste mense glo nie وَإِنَّ رَبَّكَ لَهُوَ ٱلۡعَزِيزُ ٱلرَّحِيمُ ١٧٥En voorwaar, u Heer is die Magtige, die Genadige كَذَّبَ أَصۡحَٰبُ لۡـَٔيۡكَةِ ٱلۡمُرۡسَلِينَ ١٧٦Die Bewoners van die Woud het die boodskappers verloën إِذۡ قَالَ لَهُمۡ شُعَيۡبٌ أَلَا تَتَّقُونَ ١٧٧Toe Sjoe-eib tot hulle gespreek het: Sal julle dan nie teen die kwaad waak nie إِنِّي لَكُمۡ رَسُولٌ أَمِينٌ ١٧٨Waarlik, ek is ’n getroue boodskapper vir julle فَٱتَّقُواْ ٱللَّهَ وَأَطِيعُونِ ١٧٩Wees bewus van Allah, en gehoorsaam my وَمَآ أَسۡـَٔلُكُمۡ عَلَيۡهِ مِنۡ أَجۡرٍۖ إِنۡ أَجۡرِيَ إِلَّا عَلَىٰ رَبِّ ٱلۡعَٰلَمِينَ ١٨٠En ek vra julle geen beloning daarvoor nie; my loon is slegs by die Heer van die Wêrelde ۞ أَوۡفُواْ ٱلۡكَيۡلَ وَلَا تَكُونُواْ مِنَ ٱلۡمُخۡسِرِينَ ١٨١Gee die volle maat, en behoort nie tot die bedrieërs nie وَزِنُواْ بِٱلۡقِسۡطَاسِ ٱلۡمُسۡتَقِيمِ ١٨٢En weeg met ’n behoorlike skaal وَلَا تَبۡخَسُواْ ٱلنَّاسَ أَشۡيَآءَهُمۡ وَلَا تَعۡثَوۡاْ فِي ٱلۡأَرۡضِ مُفۡسِدِينَ ١٨٣En doen die mense nie te kort in wat hulle toekom nie, en verrig geen onheil op die aarde nie وَٱتَّقُواْ ٱلَّذِي خَلَقَكُمۡ وَٱلۡجِبِلَّةَ ٱلۡأَوَّلِينَ ١٨٤En wees bewus van Hom wat julle en ook die vorige geslagte geskape het قَالُوٓاْ إِنَّمَآ أَنتَ مِنَ ٱلۡمُسَحَّرِينَ ١٨٥Hulle het gesê: U is betower وَمَآ أَنتَ إِلَّا بَشَرٌ مِّثۡلُنَا وَإِن نَّظُنُّكَ لَمِنَ ٱلۡكَٰذِبِينَ ١٨٦u is maar net ’n sterfling soos ons, en ons beskou u as ’n leuenaar فَأَسۡقِطۡ عَلَيۡنَا كِسَفًا مِّنَ ٱلسَّمَآءِ إِن كُنتَ مِنَ ٱلصَّٰدِقِينَ ١٨٧Laat dus ’n deel van die hemel op ons val, as u opreg is قَالَ رَبِّيٓ أَعۡلَمُ بِمَا تَعۡمَلُونَ ١٨٨Hy het gesê: My Heer weet goed wat julle doen فَكَذَّبُوهُ فَأَخَذَهُمۡ عَذَابُ يَوۡمِ ٱلظُّلَّةِۚ إِنَّهُۥ كَانَ عَذَابَ يَوۡمٍ عَظِيمٍ ١٨٩En hulle het hom verloën. Toe het die straf van die Dag van Bedekking hulle ingehaal. Dit was waarlik die straf van ’n smartlike dag إِنَّ فِي ذَٰلِكَ لَأٓيَةًۖ وَمَا كَانَ أَكۡثَرُهُم مُّؤۡمِنِينَ ١٩٠Voorwaar, daarin is ’n teken, maar die meeste van hulle glo nie وَإِنَّ رَبَّكَ لَهُوَ ٱلۡعَزِيزُ ٱلرَّحِيمُ ١٩١En waarlik, u Heer is die Magtige, die Genadige وَإِنَّهُۥ لَتَنزِيلُ رَبِّ ٱلۡعَٰلَمِينَ ١٩٢En waarlik, hierdie Boek is ’n openbaring van die Heer van die Wêrelde نَزَلَ بِهِ ٱلرُّوحُ ٱلۡأَمِينُ ١٩٣Die Getroue Siel het dit gebring عَلَىٰ قَلۡبِكَ لِتَكُونَ مِنَ ٱلۡمُنذِرِينَ ١٩٤na u hart, sodat u ’n waarskuwer kan wees بِلِسَانٍ عَرَبِيٍّ مُّبِينٍ ١٩٥in duidelike Arabies وَإِنَّهُۥ لَفِي زُبُرِ ٱلۡأَوَّلِينَ ١٩٦En dieselfde is sekerlik in die geskrifte van die volke wat julle voorafgegaan het أَوَلَمۡ يَكُن لَّهُمۡ ءَايَةً أَن يَعۡلَمَهُۥ عُلَمَٰٓؤُاْ بَنِيٓ إِسۡرَٰٓءِيلَ ١٩٧Is dit nie ’n teken vir hulle dat die geleerdes onder die Kinders van Israel dit weet nie وَلَوۡ نَزَّلۡنَٰهُ عَلَىٰ بَعۡضِ ٱلۡأَعۡجَمِينَ ١٩٨En indien Ons dit aan ’n vreemdeling geopenbaar het فَقَرَأَهُۥ عَلَيۡهِم مَّا كَانُواْ بِهِۦ مُؤۡمِنِينَ ١٩٩en hy dit aan hulle voorgelees het, sou hulle nooit daarin geglo het nie كَذَٰلِكَ سَلَكۡنَٰهُ فِي قُلُوبِ ٱلۡمُجۡرِمِينَ ٢٠٠Só laat Ons dit die harte van die skuldiges binnedring لَا يُؤۡمِنُونَ بِهِۦ حَتَّىٰ يَرَوُاْ ٱلۡعَذَابَ ٱلۡأَلِيمَ ٢٠١Hulle sal nie daarin glo voordat hulle die smartlike straf nie sien nie فَيَأۡتِيَهُم بَغۡتَةً وَهُمۡ لَا يَشۡعُرُونَ ٢٠٢Maar dit sal plotseling oor hulle kom terwyl hulle dit nie verwag nie فَيَقُولُواْ هَلۡ نَحۡنُ مُنظَرُونَ ٢٠٣Dan sal hulle sê: Sal daar aan ons uitstel verleen word أَفَبِعَذَابِنَا يَسۡتَعۡجِلُونَ ٢٠٤Wens hulle nog dat Ons straf verhaas moet word أَفَرَءَيۡتَ إِن مَّتَّعۡنَٰهُمۡ سِنِينَ ٢٠٥Sien u, as Ons hulle dit gun om die jare te geniet ثُمَّ جَآءَهُم مَّا كَانُواْ يُوعَدُونَ ٢٠٦en daar kom tot hulle wat aan hul belowe is مَآ أَغۡنَىٰ عَنۡهُم مَّا كَانُواْ يُمَتَّعُونَ ٢٠٧sal dít wat hul geniet het, hulle niks baat nie وَمَآ أَهۡلَكۡنَا مِن قَرۡيَةٍ إِلَّا لَهَا مُنذِرُونَ ٢٠٨En nooit het Ons ’n stad vernietig nie, of sy het haar waarskuwers gehad ذِكۡرَىٰ وَمَا كُنَّا ظَٰلِمِينَ ٢٠٩wat vermaan het. En Ons is nooit onregverdig nie وَمَا تَنَزَّلَتۡ بِهِ ٱلشَّيَٰطِينُ ٢١٠En die duiwels het dit nie gebring nie وَمَا يَنۢبَغِي لَهُمۡ وَمَا يَسۡتَطِيعُونَ ٢١١En dit kom hulle nie toe nie, nóg het hulle die mag om dit te doen إِنَّهُمۡ عَنِ ٱلسَّمۡعِ لَمَعۡزُولُونَ ٢١٢Waarlik, selfs om dit te hoor, word hulle nie gegun nie فَلَا تَدۡعُ مَعَ ٱللَّهِ إِلَٰهًا ءَاخَرَ فَتَكُونَ مِنَ ٱلۡمُعَذَّبِينَ ٢١٣En roep geen ander god buiten Allah aan nie, anders sal u een van die gestrafdes word وَأَنذِرۡ عَشِيرَتَكَ ٱلۡأَقۡرَبِينَ ٢١٤En waarsku u naaste familie وَٱخۡفِضۡ جَنَاحَكَ لِمَنِ ٱتَّبَعَكَ مِنَ ٱلۡمُؤۡمِنِينَ ٢١٥en wend u met sagmoedigheid tot die gelowiges wat u volg فَإِنۡ عَصَوۡكَ فَقُلۡ إِنِّي بَرِيٓءٌ مِّمَّا تَعۡمَلُونَ ٢١٦Maar indien hulle u nie gehoorsaam nie, sê: Ek aanvaar geen skuld vir u dade nie وَتَوَكَّلۡ عَلَى ٱلۡعَزِيزِ ٱلرَّحِيمِ ٢١٧En stel u vertroue in die Magtige, die Genadige ٱلَّذِي يَرَىٰكَ حِينَ تَقُومُ ٢١٨wat u sien wanneer u opstaan وَتَقَلُّبَكَ فِي ٱلسَّٰجِدِينَ ٢١٩en wat u bewegings merk wanneer u saam met ander prostreer إِنَّهُۥ هُوَ ٱلسَّمِيعُ ٱلۡعَلِيمُ ٢٢٠Waarlik, Hy is die Alleshorende, die Alleswetende هَلۡ أُنَبِّئُكُمۡ عَلَىٰ مَن تَنَزَّلُ ٱلشَّيَٰطِينُ ٢٢١Sal ek u meedeel op wie die duiwels neerdaal تَنَزَّلُ عَلَىٰ كُلِّ أَفَّاكٍ أَثِيمٍ ٢٢٢Hulle daal op elke verstokte leuenaar en sondaar neer يُلۡقُونَ ٱلسَّمۡعَ وَأَكۡثَرُهُمۡ كَٰذِبُونَ ٢٢٣en hulle leen hulle ore uit, en die meeste van hulle is leuenaars وَٱلشُّعَرَآءُ يَتَّبِعُهُمُ ٱلۡغَاوُۥنَ ٢٢٤En die digters! Die afgedwaaldes volg hulle أَلَمۡ تَرَ أَنَّهُمۡ فِي كُلِّ وَادٍ يَهِيمُونَ ٢٢٥Sien u nie dat hulle in elke vallei ronddwaal nie وَأَنَّهُمۡ يَقُولُونَ مَا لَا يَفۡعَلُونَ ٢٢٦en dat wat hulle sê, hulle nie doen nie إِلَّا ٱلَّذِينَ ءَامَنُواْ وَعَمِلُواْ ٱلصَّٰلِحَٰتِ وَذَكَرُواْ ٱللَّهَ كَثِيرًا وَٱنتَصَرُواْ مِنۢ بَعۡدِ مَا ظُلِمُواْۗ وَسَيَعۡلَمُ ٱلَّذِينَ ظَلَمُوٓاْ أَيَّ مُنقَلَبٍ يَنقَلِبُونَ ٢٢٧Behalwe die gelowiges, wat glo en goeie werke doen en Allah altyd onthou, en hulself verdedig as hulle verdruk word. Maar die kwaaddoeners sal weldra weet watter wending hul saak sal neem

Translation: Imam M. A. Baker.