بِسۡمِ ٱللَّهِ ٱلرَّحۡمَٰنِ ٱلرَّحِيمِ
حمٓ ١Gaa-Miem عٓسٓقٓ ٢Ein-Sien-Kôf كَذَٰلِكَ يُوحِيٓ إِلَيۡكَ وَإِلَى ٱلَّذِينَ مِن قَبۡلِكَ ٱللَّهُ ٱلۡعَزِيزُ ٱلۡحَكِيمُ ٣Net so openbaar Allah, die Almagtige, die Allerwyse, aan u; en aan hulle vóór u het Hy reeds openbaar لَهُۥ مَا فِي ٱلسَّمَٰوَٰتِ وَمَا فِي ٱلۡأَرۡضِۖ وَهُوَ ٱلۡعَلِيُّ ٱلۡعَظِيمُ ٤Aan Hom behoort alles wat in die hemele en op die aarde is; Hy is die Allerhoogste, die Allergrootste تَكَادُ ٱلسَّمَٰوَٰتُ يَتَفَطَّرۡنَ مِن فَوۡقِهِنَّۚ وَٱلۡمَلَٰٓئِكَةُ يُسَبِّحُونَ بِحَمۡدِ رَبِّهِمۡ وَيَسۡتَغۡفِرُونَ لِمَن فِي ٱلۡأَرۡضِۗ أَلَآ إِنَّ ٱللَّهَ هُوَ ٱلۡغَفُورُ ٱلرَّحِيمُ ٥Die hemele mag byna uitmekaarbars bo-oor hulle, maar die engele verheerlik die lof van hulle Heer en vra vergifnis vir diegene wat op die aarde is. Waarlik, Allah is die Vergewensgesinde, die Genadige وَٱلَّذِينَ ٱتَّخَذُواْ مِن دُونِهِۦٓ أَوۡلِيَآءَ ٱللَّهُ حَفِيظٌ عَلَيۡهِمۡ وَمَآ أَنتَ عَلَيۡهِم بِوَكِيلٍ ٦En hulle wat beskermers buiten Hom neem ~ Allah waak oor hulle; en u is nie ’n voog oor hulle nie وَكَذَٰلِكَ أَوۡحَيۡنَآ إِلَيۡكَ قُرۡءَانًا عَرَبِيًّا لِّتُنذِرَ أُمَّ ٱلۡقُرَىٰ وَمَنۡ حَوۡلَهَا وَتُنذِرَ يَوۡمَ ٱلۡجَمۡعِ لَا رَيۡبَ فِيهِۚ فَرِيقٌ فِي ٱلۡجَنَّةِ وَفَرِيقٌ فِي ٱلسَّعِيرِ ٧En Ons het ’n Arabiese Qur’ãn aan u geopenbaar, sodat u die Moeder van Stede3 en wie in haar omstreke is, kan waarsku, en verdere waarskuwings kan uitreik omtrent die Dag van Versameling waaroor daar geen twyfel kan wees nie. Sommige sal in die Paradys wees en sommige sal in die Brandende Vuur wees وَلَوۡ شَآءَ ٱللَّهُ لَجَعَلَهُمۡ أُمَّةً وَٰحِدَةً وَلَٰكِن يُدۡخِلُ مَن يَشَآءُ فِي رَحۡمَتِهِۦۚ وَٱلظَّٰلِمُونَ مَا لَهُم مِّن وَلِيٍّ وَلَا نَصِيرٍ ٨En as Allah wou, kon Hy van hulle een enkele volk gemaak het, maar Hy laat in Sy barmhartigheid toe wie Hy wil. En die kwaaddoeners sal nóg beskermer nóg helper hê أَمِ ٱتَّخَذُواْ مِن دُونِهِۦٓ أَوۡلِيَآءَۖ فَٱللَّهُ هُوَ ٱلۡوَلِيُّ وَهُوَ يُحۡيِ ٱلۡمَوۡتَىٰ وَهُوَ عَلَىٰ كُلِّ شَيۡءٍ قَدِيرٌ ٩Of het hulle beskermers buiten Hom geneem? Maar Allah is die enigste Beskermer, en Hy wek die dooies op, en Hy het mag oor alle dinge وَمَا ٱخۡتَلَفۡتُمۡ فِيهِ مِن شَيۡءٍ فَحُكۡمُهُۥٓ إِلَى ٱللَّهِۚ ذَٰلِكُمُ ٱللَّهُ رَبِّي عَلَيۡهِ تَوَكَّلۡتُ وَإِلَيۡهِ أُنِيبُ ١٠En waaroor julle ook al mag verskil, die beslissing daarvan berus by Allah. Daarom is Allah my Heer; in Hom stel ek my vertroue, en tot Hom bekeer ek my فَاطِرُ ٱلسَّمَٰوَٰتِ وَٱلۡأَرۡضِۚ جَعَلَ لَكُم مِّنۡ أَنفُسِكُمۡ أَزۡوَٰجًا وَمِنَ ٱلۡأَنۡعَٰمِ أَزۡوَٰجًا يَذۡرَؤُكُمۡ فِيهِۚ لَيۡسَ كَمِثۡلِهِۦ شَيۡءٌۖ وَهُوَ ٱلسَّمِيعُ ٱلۡبَصِيرُ ١١Die Skepper van die hemele en die aarde. Hy het julle in pare geskape, net soos Hy die vee ook in pare geskape het, en Hy laat julle daardeur vermenigvuldig. Niks is soos Hy nie; en hy is die Alleshorende, die Allessiende لَهُۥ مَقَالِيدُ ٱلسَّمَٰوَٰتِ وَٱلۡأَرۡضِۖ يَبۡسُطُ ٱلرِّزۡقَ لِمَن يَشَآءُ وَيَقۡدِرُۚ إِنَّهُۥ بِكُلِّ شَيۡءٍ عَلِيمٌ ١٢Aan Hom behoort die skatte van die hemele en die aarde; ~ Hy vergroot en verkort die voorsiening in vir wie Hy wil. Voorwaar, Hy het kennis van alle dinge ۞ شَرَعَ لَكُم مِّنَ ٱلدِّينِ مَا وَصَّىٰ بِهِۦ نُوحًا وَٱلَّذِيٓ أَوۡحَيۡنَآ إِلَيۡكَ وَمَا وَصَّيۡنَا بِهِۦٓ إِبۡرَٰهِيمَ وَمُوسَىٰ وَعِيسَىٰٓۖ أَنۡ أَقِيمُواْ ٱلدِّينَ وَلَا تَتَفَرَّقُواْ فِيهِۚ كَبُرَ عَلَى ٱلۡمُشۡرِكِينَ مَا تَدۡعُوهُمۡ إِلَيۡهِۚ ٱللَّهُ يَجۡتَبِيٓ إِلَيۡهِ مَن يَشَآءُ وَيَهۡدِيٓ إِلَيۡهِ مَن يُنِيبُ ١٣Hy het aan julle die godsdiens verduidelik wat Hy Noag opgelê het, en wat Ons aan u geopenbaar het, en wat Ons Abraham en Moses en Jesus opgelê het ~ om die godsdiens in ere te hou en nie verdeeld daaroor te wees nie. Vir die heidene is dit ’n moeilike weg waarnatoe u hulle roep. Allah kies vir Hom wie Hy wil en lei tot Hom wie in berou na Hom kom وَمَا تَفَرَّقُوٓاْ إِلَّا مِنۢ بَعۡدِ مَا جَآءَهُمُ ٱلۡعِلۡمُ بَغۡيَۢا بَيۡنَهُمۡۚ وَلَوۡلَا كَلِمَةٌ سَبَقَتۡ مِن رَّبِّكَ إِلَىٰٓ أَجَلٍ مُّسَمًّى لَّقُضِيَ بَيۡنَهُمۡۚ وَإِنَّ ٱلَّذِينَ أُورِثُواْ ٱلۡكِتَٰبَ مِنۢ بَعۡدِهِمۡ لَفِي شَكٍّ مِّنۡهُ مُرِيبٍ ١٤En hulle was nie verdeeld nie behalwe nadat die kennis tot hulle gekom het, en slegs deur selfsugtige afguns onder mekaar. En was dit nie dat ’n woord van u Heer dit voorafgegaan het vir ’n vasgestelde tyd nie, dan was die saak tussen hulle sekerlik al beslis. En diegene wat die Boek ná hulle geërf het, verkeer seker- lik in ’n verontrustende twyfel daaroor فَلِذَٰلِكَ فَٱدۡعُۖ وَٱسۡتَقِمۡ كَمَآ أُمِرۡتَۖ وَلَا تَتَّبِعۡ أَهۡوَآءَهُمۡۖ وَقُلۡ ءَامَنتُ بِمَآ أَنزَلَ ٱللَّهُ مِن كِتَٰبٍۖ وَأُمِرۡتُ لِأَعۡدِلَ بَيۡنَكُمُۖ ٱللَّهُ رَبُّنَا وَرَبُّكُمۡۖ لَنَآ أَعۡمَٰلُنَا وَلَكُمۡ أَعۡمَٰلُكُمۡۖ لَا حُجَّةَ بَيۡنَنَا وَبَيۡنَكُمُۖ ٱللَّهُ يَجۡمَعُ بَيۡنَنَاۖ وَإِلَيۡهِ ٱلۡمَصِيرُ ١٥Nooi hulle dan hiernatoe uit, en wees standvastig soos u beveel is en volg nie hulle slegte begeertes na nie, en sê: Ek glo in dit wat Allah in die Boek geopenbaar het, en ek is beveel om regverdig tussen julle te oordeel. Allah is ons Heer en julle Heer. Vir ons ons werke; en vir julle julle werke. Daar bestaan geen argument tussen ons en julle nie. Allah sal ons bymekaar versamel en tot Hom is die terugkeer وَٱلَّذِينَ يُحَآجُّونَ فِي ٱللَّهِ مِنۢ بَعۡدِ مَا ٱسۡتُجِيبَ لَهُۥ حُجَّتُهُمۡ دَاحِضَةٌ عِندَ رَبِّهِمۡ وَعَلَيۡهِمۡ غَضَبٌ وَلَهُمۡ عَذَابٌ شَدِيدٌ ١٦En hulle wat oor Allah argumenteer nadat hulle Hom onderdanig was, hulle smekinge dra by hulle Heer geen krag nie; daar is toorn oor hulle en daar sal ’n streng straf vir hulle wees ٱللَّهُ ٱلَّذِيٓ أَنزَلَ ٱلۡكِتَٰبَ بِٱلۡحَقِّ وَٱلۡمِيزَانَۗ وَمَا يُدۡرِيكَ لَعَلَّ ٱلسَّاعَةَ قَرِيبٌ ١٧Dit is Allah wat die Boek met waarheid geopenbaar het, en ook die Weegskaal; wat sal u laat begryp dat die Uur dalk naby is يَسۡتَعۡجِلُ بِهَا ٱلَّذِينَ لَا يُؤۡمِنُونَ بِهَاۖ وَٱلَّذِينَ ءَامَنُواْ مُشۡفِقُونَ مِنۡهَا وَيَعۡلَمُونَ أَنَّهَا ٱلۡحَقُّۗ أَلَآ إِنَّ ٱلَّذِينَ يُمَارُونَ فِي ٱلسَّاعَةِ لَفِي ضَلَٰلِۭ بَعِيدٍ ١٨Diegene wat nie daarin glo nie wil dit verhaas, en die gelowiges vrees dit, en hulle weet dat dit die Waarheid is. Waarlik, diegene wat redekawel oor die Uur, het reeds ver afgedwaal ٱللَّهُ لَطِيفُۢ بِعِبَادِهِۦ يَرۡزُقُ مَن يَشَآءُۖ وَهُوَ ٱلۡقَوِيُّ ٱلۡعَزِيزُ ١٩Allah is Genadig teenoor Sy dienaars; Hy gee lewensmiddele aan wie Hy wil; en Hy is die Sterke, die Allermagtige مَن كَانَ يُرِيدُ حَرۡثَ ٱلۡأٓخِرَةِ نَزِدۡ لَهُۥ فِي حَرۡثِهِۦۖ وَمَن كَانَ يُرِيدُ حَرۡثَ ٱلدُّنۡيَا نُؤۡتِهِۦ مِنۡهَا وَمَا لَهُۥ فِي ٱلۡأٓخِرَةِ مِن نَّصِيبٍ ٢٠Wie die oes van die Hiernamaals begeer, sy oes sal Ons vir hom laat toeneem; maar hy wat na die oes van hierdie wêreld verlang, vir hom gee Ons daarvan; maar in die Hiernamaals sal hy geen aandeel hê nie أَمۡ لَهُمۡ شُرَكَٰٓؤُاْ شَرَعُواْ لَهُم مِّنَ ٱلدِّينِ مَا لَمۡ يَأۡذَنۢ بِهِ ٱللَّهُۚ وَلَوۡلَا كَلِمَةُ ٱلۡفَصۡلِ لَقُضِيَ بَيۡنَهُمۡۗ وَإِنَّ ٱلظَّٰلِمِينَ لَهُمۡ عَذَابٌ أَلِيمٌ ٢١Of het hulle dan afgode wat vir hulle ’n godsdiens voorgeskryf het waartoe Allah geen toestemming verleen het nie? En was dit nie dat die woord van oordeel reeds uitgevaardig is nie, dan sou daar sekerlik nou tussen hulle geoordeel word. En vir die kwaaddoeners is daar gewis ’n pynlike straf تَرَى ٱلظَّٰلِمِينَ مُشۡفِقِينَ مِمَّا كَسَبُواْ وَهُوَ وَاقِعُۢ بِهِمۡۗ وَٱلَّذِينَ ءَامَنُواْ وَعَمِلُواْ ٱلصَّٰلِحَٰتِ فِي رَوۡضَاتِ ٱلۡجَنَّاتِۖ لَهُم مَّا يَشَآءُونَ عِندَ رَبِّهِمۡۚ ذَٰلِكَ هُوَ ٱلۡفَضۡلُ ٱلۡكَبِيرُ ٢٢U sal die onregverdiges sien vrees as gevolg van wat hulle verdien het, en dit sal hulle sekerlik tref. En hulle wat glo en goeddoen, sal in die Tuine van die Paradys wees. Hulle sal by hulle Heer vind alles wat hulle begeer . Dít is die groot goedertierenheid ذَٰلِكَ ٱلَّذِي يُبَشِّرُ ٱللَّهُ عِبَادَهُ ٱلَّذِينَ ءَامَنُواْ وَعَمِلُواْ ٱلصَّٰلِحَٰتِۗ قُل لَّآ أَسۡـَٔلُكُمۡ عَلَيۡهِ أَجۡرًا إِلَّا ٱلۡمَوَدَّةَ فِي ٱلۡقُرۡبَىٰۗ وَمَن يَقۡتَرِفۡ حَسَنَةً نَّزِدۡ لَهُۥ فِيهَا حُسۡنًاۚ إِنَّ ٱللَّهَ غَفُورٌ شَكُورٌ ٢٣Aangaande hierdie dinge bring Allah ’n blye tyding aan Sy dienaars wat glo en goeddoen. Sê: Ek vra julle geen beloning hiervoor nie, behalwe dat julle mekaar moet liefhê. En wie goeie dade doen, Ons sal dit vir hom laat toeneem. Waarlik, Allah is Vergewensgesind, Erkentlik أَمۡ يَقُولُونَ ٱفۡتَرَىٰ عَلَى ٱللَّهِ كَذِبًاۖ فَإِن يَشَإِ ٱللَّهُ يَخۡتِمۡ عَلَىٰ قَلۡبِكَۗ وَيَمۡحُ ٱللَّهُ ٱلۡبَٰطِلَ وَيُحِقُّ ٱلۡحَقَّ بِكَلِمَٰتِهِۦٓۚ إِنَّهُۥ عَلِيمُۢ بِذَاتِ ٱلصُّدُورِ ٢٤Of sê hulle: Hy het ’n leuen teen Allah versin? As Allah dit wou hê, kon Hy u hart teen hulle verseël het. En Allah wis die valsheid uit en bevestig die waarheid met Sy woorde. Voorwaar, Hy weet wat in die harte van mense is وَهُوَ ٱلَّذِي يَقۡبَلُ ٱلتَّوۡبَةَ عَنۡ عِبَادِهِۦ وَيَعۡفُواْ عَنِ ٱلسَّيِّـَٔاتِ وَيَعۡلَمُ مَا تَفۡعَلُونَ ٢٥En dit is Hy wat berou van Sy dienaars aanvaar en hulle bose dade uitwis, en Hy weet wat julle doen وَيَسۡتَجِيبُ ٱلَّذِينَ ءَامَنُواْ وَعَمِلُواْ ٱلصَّٰلِحَٰتِ وَيَزِيدُهُم مِّن فَضۡلِهِۦۚ وَٱلۡكَٰفِرُونَ لَهُمۡ عَذَابٌ شَدِيدٌ ٢٦en Hy beantwoord die gelowiges wat goeie werke doen, en gee hulle nog meer uit Sy oorvloed. En op die ongelowiges wag daar ’n streng straf ۞ وَلَوۡ بَسَطَ ٱللَّهُ ٱلرِّزۡقَ لِعِبَادِهِۦ لَبَغَوۡاْ فِي ٱلۡأَرۡضِ وَلَٰكِن يُنَزِّلُ بِقَدَرٍ مَّا يَشَآءُۚ إِنَّهُۥ بِعِبَادِهِۦ خَبِيرُۢ بَصِيرٌ ٢٧En as Allah die voorsiening vir Sy dienaars vergroot het, sou hulle sekerlik op aarde in opstand gekom het; maar Hy stuur dit af met mate soos Hy dit goedvind. Waarlik, Hy is die Allerbewuste, die Siener van Sy dienaars وَهُوَ ٱلَّذِي يُنَزِّلُ ٱلۡغَيۡثَ مِنۢ بَعۡدِ مَا قَنَطُواْ وَيَنشُرُ رَحۡمَتَهُۥۚ وَهُوَ ٱلۡوَلِيُّ ٱلۡحَمِيدُ ٢٨En dit is Hy wat die reën afstuur nadat hulle daaraan gewanhoop het, en Hy versprei Sy barmhartigheid. En Hy is die Vriend, die Lofwaardige وَمِنۡ ءَايَٰتِهِۦ خَلۡقُ ٱلسَّمَٰوَٰتِ وَٱلۡأَرۡضِ وَمَا بَثَّ فِيهِمَا مِن دَآبَّةٍۚ وَهُوَ عَلَىٰ جَمۡعِهِمۡ إِذَا يَشَآءُ قَدِيرٌ ٢٩Een van Sy tekens is die skepping van die hemele en die aarde, en die lewende wesens wat Hy in hulle albei geplaas het. En Hy is Magtig genoeg om hulle bymekaar te versamel wanneer Hy wil وَمَآ أَصَٰبَكُم مِّن مُّصِيبَةٍ فَبِمَا كَسَبَتۡ أَيۡدِيكُمۡ وَيَعۡفُواْ عَن كَثِيرٍ ٣٠En watter ongeluk julle ook mag oorkom, dit is wat julle hande bewerk het; maar Hy vergewe baie dinge وَمَآ أَنتُم بِمُعۡجِزِينَ فِي ٱلۡأَرۡضِۖ وَمَا لَكُم مِّن دُونِ ٱللَّهِ مِن وَلِيٍّ وَلَا نَصِيرٍ ٣١En julle kan nie op die aarde ontsnap nie, nóg het julle ’n enkele vriend of helper buiten Allah وَمِنۡ ءَايَٰتِهِ ٱلۡجَوَارِ فِي ٱلۡبَحۡرِ كَٱلۡأَعۡلَٰمِ ٣٢En een van Sy tekens is die skepe wat soos berge op die see vaar إِن يَشَأۡ يُسۡكِنِ ٱلرِّيحَ فَيَظۡلَلۡنَ رَوَاكِدَ عَلَىٰ ظَهۡرِهِۦٓۚ إِنَّ فِي ذَٰلِكَ لَأٓيَٰتٍ لِّكُلِّ صَبَّارٍ شَكُورٍ ٣٣As Hy wil, kan Hy die wind stil maak sodat die skepe beweging- loos op die see lê. Hierin is waarlik tekens vir elke geduldige en dankbare persoon أَوۡ يُوبِقۡهُنَّ بِمَا كَسَبُواْ وَيَعۡفُ عَن كَثِيرٍ ٣٤Of Hy kan hulle laat vernietig omdat hulle dit verdien het, maar Hy vergewe dikwels وَيَعۡلَمَ ٱلَّذِينَ يُجَٰدِلُونَ فِيٓ ءَايَٰتِنَا مَا لَهُم مِّن مَّحِيصٍ ٣٥sodat hulle wat oor Ons tekens redekawel, tot insig kan kom. Vir hulle is daar geen toevlug nie فَمَآ أُوتِيتُم مِّن شَيۡءٍ فَمَتَٰعُ ٱلۡحَيَوٰةِ ٱلدُّنۡيَاۚ وَمَا عِندَ ٱللَّهِ خَيۡرٌ وَأَبۡقَىٰ لِلَّذِينَ ءَامَنُواْ وَعَلَىٰ رَبِّهِمۡ يَتَوَكَّلُونَ ٣٦Wat aan julle gegee is, is slegs ’n voorsiening vir die lewe van hierdie wêreld, en wat by Allah is, is beter en van langer duur vir diegene wat glo en hulle vertroue in hul Heer stel وَٱلَّذِينَ يَجۡتَنِبُونَ كَبَٰٓئِرَ ٱلۡإِثۡمِ وَٱلۡفَوَٰحِشَ وَإِذَا مَا غَضِبُواْ هُمۡ يَغۡفِرُونَ ٣٧en diegene wat die groot sondes en die onwelvoeglikhede vermy, en hulle wat vergewe wanneer hulle kwaad aangedoen word وَٱلَّذِينَ ٱسۡتَجَابُواْ لِرَبِّهِمۡ وَأَقَامُواْ ٱلصَّلَوٰةَ وَأَمۡرُهُمۡ شُورَىٰ بَيۡنَهُمۡ وَمِمَّا رَزَقۡنَٰهُمۡ يُنفِقُونَ ٣٨en diegene wat na hulle Heer luister en die gebed onderhou, en wie se sake deur wedersydse beraadslaging beslis word, en wat bestee van wat Ons aan hulle gegee het وَٱلَّذِينَ إِذَآ أَصَابَهُمُ ٱلۡبَغۡيُ هُمۡ يَنتَصِرُونَ ٣٩en diegene wat hulself verdedig wanneer ’n groot onreg hulle aangedoen word وَجَزَٰٓؤُاْ سَيِّئَةٍ سَيِّئَةٌ مِّثۡلُهَاۖ فَمَنۡ عَفَا وَأَصۡلَحَ فَأَجۡرُهُۥ عَلَى ٱللَّهِۚ إِنَّهُۥ لَا يُحِبُّ ٱلظَّٰلِمِينَ ٤٠En die kwaad sal met die gelyke daarvan vergeld word, maar wie vergewe en versoening begeer, sy beloning is by Allah. Voorwaar Hy het die kwaaddoeners nie lief nie وَلَمَنِ ٱنتَصَرَ بَعۡدَ ظُلۡمِهِۦ فَأُوْلَٰٓئِكَ مَا عَلَيۡهِم مِّن سَبِيلٍ ٤١En wie homself verdedig nadat hy onderdruk is, teen hulle dan is daar geen verwyte nie إِنَّمَا ٱلسَّبِيلُ عَلَى ٱلَّذِينَ يَظۡلِمُونَ ٱلنَّاسَ وَيَبۡغُونَ فِي ٱلۡأَرۡضِ بِغَيۡرِ ٱلۡحَقِّۚ أُوْلَٰٓئِكَ لَهُمۡ عَذَابٌ أَلِيمٌ ٤٢Verwyte is slegs teen die verdrukkers en wie ten onregte op die aarde wanorde stig. Vir hulle is daar ’n smartlike straf وَلَمَن صَبَرَ وَغَفَرَ إِنَّ ذَٰلِكَ لَمِنۡ عَزۡمِ ٱلۡأُمُورِ ٤٣En wie dan geduldig is en vergewe ~ dit is sekerlik ’n saak van groot beslissing وَمَن يُضۡلِلِ ٱللَّهُ فَمَا لَهُۥ مِن وَلِيٍّ مِّنۢ بَعۡدِهِۦۗ وَتَرَى ٱلظَّٰلِمِينَ لَمَّا رَأَوُاْ ٱلۡعَذَابَ يَقُولُونَ هَلۡ إِلَىٰ مَرَدٍّ مِّن سَبِيلٍ ٤٤Hy vir wie Allah laat dwaal, sal geen beskermer hê buiten Hom nie. En u sal die kwaaddoeners sien wanneer hulle die straf aanskou, en wanneer hulle sal sê: Is daar dan geen uitkoms nie وَتَرَىٰهُمۡ يُعۡرَضُونَ عَلَيۡهَا خَٰشِعِينَ مِنَ ٱلذُّلِّ يَنظُرُونَ مِن طَرۡفٍ خَفِيٍّۗ وَقَالَ ٱلَّذِينَ ءَامَنُوٓاْ إِنَّ ٱلۡخَٰسِرِينَ ٱلَّذِينَ خَسِرُوٓاْ أَنفُسَهُمۡ وَأَهۡلِيهِمۡ يَوۡمَ ٱلۡقِيَٰمَةِۗ أَلَآ إِنَّ ٱلظَّٰلِمِينَ فِي عَذَابٍ مُّقِيمٍ ٤٥En u sal hulle sien as hulle na die Vuur gebring word: veroot- moedig omdat hulle verneder is, terwyl hulle oë neergeslaan is. En die gelowiges sal sê: Die verloorders is húlle wat hul persoon en hul volgelinge op die Opstandingsdag sal verlooor. Kyk! die kwaaddoeners sal ’n blywende straf ontvang وَمَا كَانَ لَهُم مِّنۡ أَوۡلِيَآءَ يَنصُرُونَهُم مِّن دُونِ ٱللَّهِۗ وَمَن يُضۡلِلِ ٱللَّهُ فَمَا لَهُۥ مِن سَبِيلٍ ٤٦En hulle sal buiten Allah geen helpende vriend hê nie. En vir hom wat Allah laat dwaal, sal niemand ’n weg kan vind nie ٱسۡتَجِيبُواْ لِرَبِّكُم مِّن قَبۡلِ أَن يَأۡتِيَ يَوۡمٌ لَّا مَرَدَّ لَهُۥ مِنَ ٱللَّهِۚ مَا لَكُم مِّن مَّلۡجَإٍ يَوۡمَئِذٍ وَمَا لَكُم مِّن نَّكِيرٍ ٤٧Luister na julle Heer voordat die Dag van Allah kom wat niemand kan afweer nie. Julle sal geen toevlug op daardie Dag hê nie, nóg enige kans om te ontken فَإِنۡ أَعۡرَضُواْ فَمَآ أَرۡسَلۡنَٰكَ عَلَيۡهِمۡ حَفِيظًاۖ إِنۡ عَلَيۡكَ إِلَّا ٱلۡبَلَٰغُۗ وَإِنَّآ إِذَآ أَذَقۡنَا ٱلۡإِنسَٰنَ مِنَّا رَحۡمَةً فَرِحَ بِهَاۖ وَإِن تُصِبۡهُمۡ سَيِّئَةُۢ بِمَا قَدَّمَتۡ أَيۡدِيهِمۡ فَإِنَّ ٱلۡإِنسَٰنَ كَفُورٌ ٤٨Maar as hulle weg draai, dan het Ons u nie as oppasser oor hulle aangestel nie. U plig is slegs om die boodskap af te lewer. En waarlik, wanneer Ons die mens Ons barmhartigheid laat smaak, dan verheug hy hom daarin; maar indien ’n kwaad hulle tref as gevolg van wat hulle eie hande vooruitgestuur het, dan is die mens waarlik ondankbaar لِّلَّهِ مُلۡكُ ٱلسَّمَٰوَٰتِ وَٱلۡأَرۡضِۚ يَخۡلُقُ مَا يَشَآءُۚ يَهَبُ لِمَن يَشَآءُ إِنَٰثًا وَيَهَبُ لِمَن يَشَآءُ ٱلذُّكُورَ ٤٩Aan Allah behoort die koninkryk van die hemele en die aarde. Hy skep wat Hy wil. Hy skenk dogters aan wie Hy wil en seuns aan wie Hy wil أَوۡ يُزَوِّجُهُمۡ ذُكۡرَانًا وَإِنَٰثًاۖ وَيَجۡعَلُ مَن يَشَآءُ عَقِيمًاۚ إِنَّهُۥ عَلِيمٌ قَدِيرٌ ٥٠of Hy skenk hulle sowel seuns as dogters; en Hy maak onvrug- baar wie Hy wil. Voorwaar, Hy is Alleswetend, Allermagtig ۞ وَمَا كَانَ لِبَشَرٍ أَن يُكَلِّمَهُ ٱللَّهُ إِلَّا وَحۡيًا أَوۡ مِن وَرَآيِٕ حِجَابٍ أَوۡ يُرۡسِلَ رَسُولًا فَيُوحِيَ بِإِذۡنِهِۦ مَا يَشَآءُۚ إِنَّهُۥ عَلِيٌّ حَكِيمٌ ٥١Dit is nie aan die mens toegestaan dat Allah met hom sal praat nie, behalwe deur openbaringe, of van agter ’n sluier, of deur ’n boodskapper te stuur om deur Sy gebod te openbaar wat Hy wil. Voorwaar, Hy is Verhewe, die Allerwyse وَكَذَٰلِكَ أَوۡحَيۡنَآ إِلَيۡكَ رُوحًا مِّنۡ أَمۡرِنَاۚ مَا كُنتَ تَدۡرِي مَا ٱلۡكِتَٰبُ وَلَا ٱلۡإِيمَٰنُ وَلَٰكِن جَعَلۡنَٰهُ نُورًا نَّهۡدِي بِهِۦ مَن نَّشَآءُ مِنۡ عِبَادِنَاۚ وَإِنَّكَ لَتَهۡدِيٓ إِلَىٰ صِرَٰطٍ مُّسۡتَقِيمٍ ٥٢En Ons het aan u deur Ons gebod ’n besielende Boek geopenbaar. U het nie geweet wat die Boek was, of wat geloof was nie, maar Ons het dit tot ’n lig gemaak waardeur Ons leiding verleen aan diegene van Ons dienaars soos Ons wil. En voorwaar u lei na die regte pad صِرَٰطِ ٱللَّهِ ٱلَّذِي لَهُۥ مَا فِي ٱلسَّمَٰوَٰتِ وَمَا فِي ٱلۡأَرۡضِۗ أَلَآ إِلَى ٱللَّهِ تَصِيرُ ٱلۡأُمُورُ ٥٣die pad van Allah, aan Wie alles behoort wat in die hemele en op die aarde is. Nou waarlik, tot Allah is die uiteindelike terug- keer van alle dinge