بِسۡمِ ٱللَّهِ ٱلرَّحۡمَٰنِ ٱلرَّحِيمِ
كٓهيعٓصٓ ١Kaaf, Haa, Jaa, Ein, Sôd ذِكۡرُ رَحۡمَتِ رَبِّكَ عَبۡدَهُۥ زَكَرِيَّآ ٢’n Vermelding van die barmhartigheid van u Heer aan Sagaria إِذۡ نَادَىٰ رَبَّهُۥ نِدَآءً خَفِيًّا ٣Toe hy sy Heer in die geheim aangeroep het قَالَ رَبِّ إِنِّي وَهَنَ ٱلۡعَظۡمُ مِنِّي وَٱشۡتَعَلَ ٱلرَّأۡسُ شَيۡبًا وَلَمۡ أَكُنۢ بِدُعَآئِكَ رَبِّ شَقِيًّا ٤Hy het gesê: My Heer! My gebeente het swak geword en my hoof glans met grys hare, en my gebed tot U, o my Heer, was nooit vergeefs nie وَإِنِّي خِفۡتُ ٱلۡمَوَٰلِيَ مِن وَرَآءِي وَكَانَتِ ٱمۡرَأَتِي عَاقِرًا فَهَبۡ لِي مِن لَّدُنكَ وَلِيًّا ٥Maar ek vrees my bloedverwante ná my; en my vrou is onvrugbaar; skenk my ’n opvolger van Uself يَرِثُنِي وَيَرِثُ مِنۡ ءَالِ يَعۡقُوبَۖ وَٱجۡعَلۡهُ رَبِّ رَضِيًّا ٦sodat hy my en die huis van Jakob tot erfgenaam mag wees. En maak hom, my Heer, U welgevallig يَٰزَكَرِيَّآ إِنَّا نُبَشِّرُكَ بِغُلَٰمٍ ٱسۡمُهُۥ يَحۡيَىٰ لَمۡ نَجۡعَل لَّهُۥ مِن قَبۡلُ سَمِيًّا ٧Allah het geantwoord: Sagaria, Ons bring u die goeie nuus van ’n seun wie se naam Johannes sal wees: Sy gelyke het Ons nog nooit voorheen gemaak nie قَالَ رَبِّ أَنَّىٰ يَكُونُ لِي غُلَٰمٌ وَكَانَتِ ٱمۡرَأَتِي عَاقِرًا وَقَدۡ بَلَغۡتُ مِنَ ٱلۡكِبَرِ عِتِيًّا ٨Hy het gesê: My Heer, hoe kan daar aan my ’n seun gegee word terwyl my vrou onvrugbaar is en ek reeds die laaste grens van die ouderdom bereik het قَالَ كَذَٰلِكَ قَالَ رَبُّكَ هُوَ عَلَيَّ هَيِّنٌ وَقَدۡ خَلَقۡتُكَ مِن قَبۡلُ وَلَمۡ تَكُ شَيۡـًٔا ٩Hy het gesê: So sal dit wees. U Heer sê: Dit is maklik vir My; Ek het u voorheen geskape toe u niks was nie قَالَ رَبِّ ٱجۡعَل لِّيٓ ءَايَةًۖ قَالَ ءَايَتُكَ أَلَّا تُكَلِّمَ ٱلنَّاسَ ثَلَٰثَ لَيَالٍ سَوِيًّا ١٠Hy het gesê: My Heer! Gee my ’n teken. Hy het gesê: U teken is dat u vir drie agtereenvolgende dae en nagte met niemand sal praat nie, terwyl u tog blakende gesondheid sal geniet فَخَرَجَ عَلَىٰ قَوۡمِهِۦ مِنَ ٱلۡمِحۡرَابِ فَأَوۡحَىٰٓ إِلَيۡهِمۡ أَن سَبِّحُواْ بُكۡرَةً وَعَشِيًّا ١١So het hy dan uit die allerheiligste vertrek na sy volk gegaan en aan hulle verkondig: Verheerlik Allah soggens en saans يَٰيَحۡيَىٰ خُذِ ٱلۡكِتَٰبَ بِقُوَّةٍۖ وَءَاتَيۡنَٰهُ ٱلۡحُكۡمَ صَبِيًّا ١٢O Johannes! Hou vas aan die Boek met krag. En Ons het aan hom wysheid verleen terwyl hy nog ’n kind was وَحَنَانًا مِّن لَّدُنَّا وَزَكَوٰةًۖ وَكَانَ تَقِيًّا ١٣en sagmoedigheid van Ons, en reinheid. En hy was opreg وَبَرَّۢا بِوَٰلِدَيۡهِ وَلَمۡ يَكُن جَبَّارًا عَصِيًّا ١٤en goed vir sy ouers, en nie parmantig en ongehoorsam nie وَسَلَٰمٌ عَلَيۡهِ يَوۡمَ وُلِدَ وَيَوۡمَ يَمُوتُ وَيَوۡمَ يُبۡعَثُ حَيًّا ١٥Vrede was met hom op die dag van sy geboorte, en op sy sterf- dag, en dit sal so wees op die Dag waarop hy weer opgewek sal word وَٱذۡكُرۡ فِي ٱلۡكِتَٰبِ مَرۡيَمَ إِذِ ٱنتَبَذَتۡ مِنۡ أَهۡلِهَا مَكَانًا شَرۡقِيًّا ١٦En vermeld Maria in die Boek. Hoe sy haarself van haar familie onttrek het en na ’n afgeleë plek in die Ooste vertrek het فَٱتَّخَذَتۡ مِن دُونِهِمۡ حِجَابًا فَأَرۡسَلۡنَآ إِلَيۡهَا رُوحَنَا فَتَمَثَّلَ لَهَا بَشَرًا سَوِيًّا ١٧en sy het haar van hulle afgesluier. Toe het Ons Ons gees tot haar gestuur en hy het aan haar verskyn in die gestalte van ’n volmaakte man قَالَتۡ إِنِّيٓ أَعُوذُ بِٱلرَّحۡمَٰنِ مِنكَ إِن كُنتَ تَقِيًّا ١٨Sy het gesê: Ek neem my toevlug tot die Barmhartige teen u, indien u iemand is wat teen die kwaad waak قَالَ إِنَّمَآ أَنَا۠ رَسُولُ رَبِّكِ لِأَهَبَ لَكِ غُلَٰمًا زَكِيًّا ١٩Hy het geantwoord: Ek is maar net ’n boodskapper van u Heer wat sê: Ek sal haar ’n rein seun gee قَالَتۡ أَنَّىٰ يَكُونُ لِي غُلَٰمٌ وَلَمۡ يَمۡسَسۡنِي بَشَرٌ وَلَمۡ أَكُ بَغِيًّا ٢٠Sy het geantwoord: Hoe kan ek ’n seun baar terwyl geen man my aangeraak het nie, en ek ook nie ontugtig was nie قَالَ كَذَٰلِكِ قَالَ رَبُّكِ هُوَ عَلَيَّ هَيِّنٌۖ وَلِنَجۡعَلَهُۥٓ ءَايَةً لِّلنَّاسِ وَرَحۡمَةً مِّنَّاۚ وَكَانَ أَمۡرًا مَّقۡضِيًّا ٢١Hy het gesê: So sal dit wees. U Heer sê: Dit is maklik vir My; Ons sal hom ’n teken vir die mense maak, en ’n genade van Ons. En dit is ’n beslote saak ۞ فَحَمَلَتۡهُ فَٱنتَبَذَتۡ بِهِۦ مَكَانًا قَصِيًّا ٢٢En sy het hom ontvang en met hom na ’n afgeleë plek vertrek فَأَجَآءَهَا ٱلۡمَخَاضُ إِلَىٰ جِذۡعِ ٱلنَّخۡلَةِ قَالَتۡ يَٰلَيۡتَنِي مِتُّ قَبۡلَ هَٰذَا وَكُنتُ نَسۡيًا مَّنسِيًّا ٢٣En die smarte van die bevalling het haar na die stam van ’n palmboom gedryf. Sy het gesê: Het ek maar liewer voorheen gesterf en vergete geraak فَنَادَىٰهَا مِن تَحۡتِهَآ أَلَّا تَحۡزَنِي قَدۡ جَعَلَ رَبُّكِ تَحۡتَكِ سَرِيًّا ٢٤Maar ’n stem van benede het na haar geroep: Moenie treur nie; waarlik, u Heer het ’n stroompie vir u laat ontspring وَهُزِّيٓ إِلَيۡكِ بِجِذۡعِ ٱلنَّخۡلَةِ تُسَٰقِطۡ عَلَيۡكِ رُطَبًا جَنِيًّا ٢٥en trek die stam van die palmboom na u toe; dit sal vars, ryp dadels vir u laat afval فَكُلِي وَٱشۡرَبِي وَقَرِّي عَيۡنًاۖ فَإِمَّا تَرَيِنَّ مِنَ ٱلۡبَشَرِ أَحَدًا فَقُولِيٓ إِنِّي نَذَرۡتُ لِلرَّحۡمَٰنِ صَوۡمًا فَلَنۡ أُكَلِّمَ ٱلۡيَوۡمَ إِنسِيًّا ٢٦Eet, drink en spoel u oë uit. En indien u iemand sien, sê dan: Waarlik, ek het aan die Barmhartige ’n gelofte afgelê om te vas; daarom sal ek vandag met niemand praat nie فَأَتَتۡ بِهِۦ قَوۡمَهَا تَحۡمِلُهُۥۖ قَالُواْ يَٰمَرۡيَمُ لَقَدۡ جِئۡتِ شَيۡـًٔا فَرِيًّا ٢٧En sy het haar kind na haar volk teruggedra. Hulle antwoord was: O Maria, u het iets vreemds gedoen يَٰٓأُخۡتَ هَٰرُونَ مَا كَانَ أَبُوكِ ٱمۡرَأَ سَوۡءٍ وَمَا كَانَتۡ أُمُّكِ بَغِيًّا ٢٨O suster van Aäron! U vader was geen verdorwe man en u moeder nie ’n onkuise vrou nie فَأَشَارَتۡ إِلَيۡهِۖ قَالُواْ كَيۡفَ نُكَلِّمُ مَن كَانَ فِي ٱلۡمَهۡدِ صَبِيًّا ٢٩Maar sy het na hom gewys. Hulle het gesê: Hoe kan ons praat met ’n kind wat nog in die wieg lê قَالَ إِنِّي عَبۡدُ ٱللَّهِ ءَاتَىٰنِيَ ٱلۡكِتَٰبَ وَجَعَلَنِي نَبِيًّا ٣٠En hy het gesê: Ek is waarlik ’n dienaar van Allah. Hy het my die Boek gegee en van my ’n profeet gemaak وَجَعَلَنِي مُبَارَكًا أَيۡنَ مَا كُنتُ وَأَوۡصَٰنِي بِٱلصَّلَوٰةِ وَٱلزَّكَوٰةِ مَا دُمۡتُ حَيًّا ٣١en Hy sal my geseënd laat wees, waar ek my ook al mag bevind; en Hy het my die gebed en die gee van gunste opgelê solank as wat ek lewe وَبَرَّۢا بِوَٰلِدَتِي وَلَمۡ يَجۡعَلۡنِي جَبَّارًا شَقِيًّا ٣٢en ook dat ek my moeder gehoorsaam moet wees; en Hy het nie van my ’n weerspannige en ongeseënde gemaak nie وَٱلسَّلَٰمُ عَلَيَّ يَوۡمَ وُلِدتُّ وَيَوۡمَ أَمُوتُ وَيَوۡمَ أُبۡعَثُ حَيًّا ٣٣En vrede was met my op die dag van my geboorte en sal met my wees op die dag van my afsterwe, en so ook weer op die Dag wanneer ek opgewek sal word ذَٰلِكَ عِيسَى ٱبۡنُ مَرۡيَمَۖ قَوۡلَ ٱلۡحَقِّ ٱلَّذِي فِيهِ يَمۡتَرُونَ ٣٤So was Jesus, die seun van Maria. En dit is oor hierdie ware verklaring dat hulle argumenteer مَا كَانَ لِلَّهِ أَن يَتَّخِذَ مِن وَلَدٍۖ سُبۡحَٰنَهُۥٓۚ إِذَا قَضَىٰٓ أَمۡرًا فَإِنَّمَا يَقُولُ لَهُۥ كُن فَيَكُونُ ٣٥Dit pas nie by Allah dat Hy ’n seun vir Homself moet neem nie. Heilig is Hy! Wanneer Hy ’n beslissing vel, sê Hy slegs: Wees! en dit word وَإِنَّ ٱللَّهَ رَبِّي وَرَبُّكُمۡ فَٱعۡبُدُوهُۚ هَٰذَا صِرَٰطٌ مُّسۡتَقِيمٌ ٣٦Voorwaar, Allah is my Heer en julle Heer; daarom moet julle Hom dien. Dít is die regte weg فَٱخۡتَلَفَ ٱلۡأَحۡزَابُ مِنۢ بَيۡنِهِمۡۖ فَوَيۡلٌ لِّلَّذِينَ كَفَرُواْ مِن مَّشۡهَدِ يَوۡمٍ عَظِيمٍ ٣٧Maar sektes onder hulle het met mekaar van mening verskil. Wee dan die ongelowiges, omdat hulle aanwesig sal wees op ’n smartlike dag أَسۡمِعۡ بِهِمۡ وَأَبۡصِرۡ يَوۡمَ يَأۡتُونَنَا لَٰكِنِ ٱلظَّٰلِمُونَ ٱلۡيَوۡمَ فِي ضَلَٰلٍ مُّبِينٍ ٣٨Hoe helder sal hulle hoor en sien op die Dag wanneer hulle tot Ons sal terugkeer; waarlik, die kwaaddoeners verkeer vandag in duidelike dwaling وَأَنذِرۡهُمۡ يَوۡمَ ٱلۡحَسۡرَةِ إِذۡ قُضِيَ ٱلۡأَمۡرُ وَهُمۡ فِي غَفۡلَةٍ وَهُمۡ لَا يُؤۡمِنُونَ ٣٩En waarsku hulle teen die Dag van Spyt, wanneer die oordeel gevel sal word. Tans is hulle agteloos en ongelowig إِنَّا نَحۡنُ نَرِثُ ٱلۡأَرۡضَ وَمَنۡ عَلَيۡهَا وَإِلَيۡنَا يُرۡجَعُونَ ٤٠Voorwaar, Ons sal die aarde en wie daarop is, beërwe, en tot Ons sal hulle terugkeer وَٱذۡكُرۡ فِي ٱلۡكِتَٰبِ إِبۡرَٰهِيمَۚ إِنَّهُۥ كَانَ صِدِّيقًا نَّبِيًّا ٤١En vermeld Abraham in die Boek. Voorwaar, hy was waar- heidliewend, ’n profeet إِذۡ قَالَ لِأَبِيهِ يَٰٓأَبَتِ لِمَ تَعۡبُدُ مَا لَا يَسۡمَعُ وَلَا يُبۡصِرُ وَلَا يُغۡنِي عَنكَ شَيۡـًٔا ٤٢Toe hy aan sy vader gesê het: O my vader! Waarom aanbid u dinge wat nie hoor nie, ook nie sien of u op enige wyse van nut kan wees nie يَٰٓأَبَتِ إِنِّي قَدۡ جَآءَنِي مِنَ ٱلۡعِلۡمِ مَا لَمۡ يَأۡتِكَ فَٱتَّبِعۡنِيٓ أَهۡدِكَ صِرَٰطًا سَوِيًّا ٤٣O my vader! Aan my is daar kennis geskenk wat aan u nie geskenk is nie. Volg daarom vir my en ek sal u op die regte pad lei يَٰٓأَبَتِ لَا تَعۡبُدِ ٱلشَّيۡطَٰنَۖ إِنَّ ٱلشَّيۡطَٰنَ كَانَ لِلرَّحۡمَٰنِ عَصِيًّا ٤٤O my vader! Moenie die duiwel dien nie. Voorwaar, die duiwel is die Barmhartige ongehoorsaam يَٰٓأَبَتِ إِنِّيٓ أَخَافُ أَن يَمَسَّكَ عَذَابٌ مِّنَ ٱلرَّحۡمَٰنِ فَتَكُونَ لِلشَّيۡطَٰنِ وَلِيًّا ٤٥O my vader! Ek vrees dat die straf van die Barmhartige u sal tref en dat u ’n vriend van die duiwel sal word قَالَ أَرَاغِبٌ أَنتَ عَنۡ ءَالِهَتِي يَٰٓإِبۡرَٰهِيمُۖ لَئِن لَّمۡ تَنتَهِ لَأَرۡجُمَنَّكَۖ وَٱهۡجُرۡنِي مَلِيًّا ٤٦Sy antwoord was: Versaak u my gode, o Abraham? As u nie nou ophou nie, sal ek u moet verdryf. Laat my dan ’n tyd lank met rus قَالَ سَلَٰمٌ عَلَيۡكَۖ سَأَسۡتَغۡفِرُ لَكَ رَبِّيٓۖ إِنَّهُۥ كَانَ بِي حَفِيًّا ٤٧Hy het gesê: Vrede vir u! Ek sal by my Heer om vergifnis vir u smeek. Waarlik, Hy is altyd Goed vir my وَأَعۡتَزِلُكُمۡ وَمَا تَدۡعُونَ مِن دُونِ ٱللَّهِ وَأَدۡعُواْ رَبِّي عَسَىٰٓ أَلَّآ أَكُونَ بِدُعَآءِ رَبِّي شَقِيًّا ٤٨En ek sal my ver hou van u en van die dinge wat u buiten Allah aanroep; en ek sal my Heer aanroep. Miskien sal my gebede nie ongeseënd wees nie فَلَمَّا ٱعۡتَزَلَهُمۡ وَمَا يَعۡبُدُونَ مِن دُونِ ٱللَّهِ وَهَبۡنَا لَهُۥٓ إِسۡحَٰقَ وَيَعۡقُوبَۖ وَكُلًّا جَعَلۡنَا نَبِيًّا ٤٩Daarom dat Ons ~ toe hy van hulle en die dinge wat hul aanbid het, afskeid geneem het ~ Isak en Jakob aan hom geskenk het. En van elkeen van hulle het Ons ’n profeet gemaak وَوَهَبۡنَا لَهُم مِّن رَّحۡمَتِنَا وَجَعَلۡنَا لَهُمۡ لِسَانَ صِدۡقٍ عَلِيًّا ٥٠En Ons het hulle van Ons barmhartigheid geskenk, en Ons het hulle ’n ware en verhewe erenaam geskenk وَٱذۡكُرۡ فِي ٱلۡكِتَٰبِ مُوسَىٰٓۚ إِنَّهُۥ كَانَ مُخۡلَصًا وَكَانَ رَسُولًا نَّبِيًّا ٥١En vermeld Moses in die Boek. Voorwaar, hy was ’n opregte persoon, ’n boodskapper en ’n profeet وَنَٰدَيۡنَٰهُ مِن جَانِبِ ٱلطُّورِ ٱلۡأَيۡمَنِ وَقَرَّبۡنَٰهُ نَجِيًّا ٥٢En Ons het hom van die geseënde kant van die berg af geroep, en Ons het hom nader laat tree vir ’n gesprek وَوَهَبۡنَا لَهُۥ مِن رَّحۡمَتِنَآ أَخَاهُ هَٰرُونَ نَبِيًّا ٥٣En deur Ons genade het Ons aan hom sy broer Aäron gegee, ’n profeet وَٱذۡكُرۡ فِي ٱلۡكِتَٰبِ إِسۡمَٰعِيلَۚ إِنَّهُۥ كَانَ صَادِقَ ٱلۡوَعۡدِ وَكَانَ رَسُولًا نَّبِيًّا ٥٤En vermeld Isma-eel in die Boek. Voorwaar, hy het sy belofte gestand gedoen, en hy was ’n boodskapper, ’n profeet وَكَانَ يَأۡمُرُ أَهۡلَهُۥ بِٱلصَّلَوٰةِ وَٱلزَّكَوٰةِ وَكَانَ عِندَ رَبِّهِۦ مَرۡضِيًّا ٥٥En hy het sy volk die gebed en die gee van gunste opgelê; en sy Heer het welbehae gehad in hom وَٱذۡكُرۡ فِي ٱلۡكِتَٰبِ إِدۡرِيسَۚ إِنَّهُۥ كَانَ صِدِّيقًا نَّبِيًّا ٥٦En vermeld Iederies2 in die Boek. Voorwaar, hy was ’n waarheidliewende man, ’n profeet وَرَفَعۡنَٰهُ مَكَانًا عَلِيًّا ٥٧En Ons het vir hom ’n hoë aansien gegee أُوْلَٰٓئِكَ ٱلَّذِينَ أَنۡعَمَ ٱللَّهُ عَلَيۡهِم مِّنَ ٱلنَّبِيِّـۧنَ مِن ذُرِّيَّةِ ءَادَمَ وَمِمَّنۡ حَمَلۡنَا مَعَ نُوحٍ وَمِن ذُرِّيَّةِ إِبۡرَٰهِيمَ وَإِسۡرَٰٓءِيلَ وَمِمَّنۡ هَدَيۡنَا وَٱجۡتَبَيۡنَآۚ إِذَا تُتۡلَىٰ عَلَيۡهِمۡ ءَايَٰتُ ٱلرَّحۡمَٰنِ خَرُّواْۤ سُجَّدًاۤ وَبُكِيًّا ۩ ٥٨Húlle is dit oor wie Allah Sy seëninge uitgestort het onder die profete van die nageslag van Adam, en van diegene wat Ons saam met Noag vervoer het, en van die nageslag van Abraham en Israel, en van diegene wat deur Ons gelei en uitverkies is. Toe die tekens van die Barmhartige aan hulle voorgedra is, het hulle hul in onderdanigheid wenend neergewerp ۞ فَخَلَفَ مِنۢ بَعۡدِهِمۡ خَلۡفٌ أَضَاعُواْ ٱلصَّلَوٰةَ وَٱتَّبَعُواْ ٱلشَّهَوَٰتِۖ فَسَوۡفَ يَلۡقَوۡنَ غَيًّا ٥٩Maar ná hulle het daar ’n slegte nageslag gekom, wat gebede verspil en aan hulle lae begeertes gehoor gegee het. Hulle sal weldra hul verdoemenis tegemoetgaan إِلَّا مَن تَابَ وَءَامَنَ وَعَمِلَ صَٰلِحًا فَأُوْلَٰٓئِكَ يَدۡخُلُونَ ٱلۡجَنَّةَ وَلَا يُظۡلَمُونَ شَيۡـًٔا ٦٠behalwe diegene wat berou toon, glo en goeie werke verrig ~ hulle sal die Tuin binnegaan, en hulle sal geen onreg aangedoen word nie جَنَّٰتِ عَدۡنٍ ٱلَّتِي وَعَدَ ٱلرَّحۡمَٰنُ عِبَادَهُۥ بِٱلۡغَيۡبِۚ إِنَّهُۥ كَانَ وَعۡدُهُۥ مَأۡتِيًّا ٦١Tuine van Ewigheid wat die Barmhartige in die Onsigbare aan Sy dienaars beloof het. Voorwaar, Sy belofte sal geskied لَّا يَسۡمَعُونَ فِيهَا لَغۡوًا إِلَّا سَلَٰمًاۖ وَلَهُمۡ رِزۡقُهُمۡ فِيهَا بُكۡرَةً وَعَشِيًّا ٦٢Hulle sal geen ydele gesprek daarin hoor nie, net: Vrede! En soggens en saans sal hulle hul lewensonderhoud ontvang تِلۡكَ ٱلۡجَنَّةُ ٱلَّتِي نُورِثُ مِنۡ عِبَادِنَا مَن كَانَ تَقِيًّا ٦٣Dít is die Paradys wat Ons as erfenis aan Ons dienaars wat godvresend is, sal skenk وَمَا نَتَنَزَّلُ إِلَّا بِأَمۡرِ رَبِّكَۖ لَهُۥ مَا بَيۡنَ أَيۡدِينَا وَمَا خَلۡفَنَا وَمَا بَيۡنَ ذَٰلِكَۚ وَمَا كَانَ رَبُّكَ نَسِيًّا ٦٤En Ons engele daal nie af nie, behalwe op die bevel van u Heer. Aan Hom behoort alles wat voor en alles wat agter ons is, en wat daartussen is; en u Heer vergeet nooit رَّبُّ ٱلسَّمَٰوَٰتِ وَٱلۡأَرۡضِ وَمَا بَيۡنَهُمَا فَٱعۡبُدۡهُ وَٱصۡطَبِرۡ لِعِبَٰدَتِهِۦۚ هَلۡ تَعۡلَمُ لَهُۥ سَمِيًّا ٦٥Heer van die hemele en die aarde en wat tussen hulle is! Dien Hom daarom en wees geduldig in Sy diens. Ken u enigeen wat aan Hom gelyk is وَيَقُولُ ٱلۡإِنسَٰنُ أَءِذَا مَا مِتُّ لَسَوۡفَ أُخۡرَجُ حَيًّا ٦٦En die mens sê: Wanneer ek dood is, sal ek dan werklik weer tot die lewe teruggebring word أَوَلَا يَذۡكُرُ ٱلۡإِنسَٰنُ أَنَّا خَلَقۡنَٰهُ مِن قَبۡلُ وَلَمۡ يَكُ شَيۡـًٔا ٦٧Onthou die mens dan nie dat Ons hom voorheen geskape het toe hy niks was nie فَوَرَبِّكَ لَنَحۡشُرَنَّهُمۡ وَٱلشَّيَٰطِينَ ثُمَّ لَنُحۡضِرَنَّهُمۡ حَوۡلَ جَهَنَّمَ جِثِيًّا ٦٨By u Heer dan! Ons sal hulle sekerlik almal tesame, en net so ook die duiwels, bymekaarbring; dan sal Ons hulle op hulle knieë rondom die Hel versamel ثُمَّ لَنَنزِعَنَّ مِن كُلِّ شِيعَةٍ أَيُّهُمۡ أَشَدُّ عَلَى ٱلرَّحۡمَٰنِ عِتِيًّا ٦٩Dan sal Ons sekerlik uit elke sekte diegene onder hulle uitkies wat die opstandigste teen die Barmhartige was ثُمَّ لَنَحۡنُ أَعۡلَمُ بِٱلَّذِينَ هُمۡ أَوۡلَىٰ بِهَا صِلِيًّا ٧٠Ons weet goed wie die verbranding daarin die meeste verdien وَإِن مِّنكُمۡ إِلَّا وَارِدُهَاۚ كَانَ عَلَىٰ رَبِّكَ حَتۡمًا مَّقۡضِيًّا ٧١Daar is niemand onder julle wat nie daarnatoe sal kom nie. Dit is ’n onvermydelike gebod van u Heer ثُمَّ نُنَجِّي ٱلَّذِينَ ٱتَّقَواْ وَّنَذَرُ ٱلظَّٰلِمِينَ فِيهَا جِثِيًّا ٧٢En Ons sal diegene red wat teen kwaad waak; en die kwaad- doeners sal Ons op hulle knieë daarin verlaat وَإِذَا تُتۡلَىٰ عَلَيۡهِمۡ ءَايَٰتُنَا بَيِّنَٰتٍ قَالَ ٱلَّذِينَ كَفَرُواْ لِلَّذِينَ ءَامَنُوٓاْ أَيُّ ٱلۡفَرِيقَيۡنِ خَيۡرٌ مَّقَامًا وَأَحۡسَنُ نَدِيًّا ٧٣En wanneer Ons duidelike tekens aan hulle voorgedra word, dan sê die ongelowiges aan hulle wat glo: Wie van die twee partye verkeer in die gunstigste posisie, en wie se samekomste is die grootste وَكَمۡ أَهۡلَكۡنَا قَبۡلَهُم مِّن قَرۡنٍ هُمۡ أَحۡسَنُ أَثَٰثًا وَرِءۡيًا ٧٤En hoeveel geslagte vóór hulle het Ons nie vernietig nie, geslagte wat méér besittings en aansien gehad het قُلۡ مَن كَانَ فِي ٱلضَّلَٰلَةِ فَلۡيَمۡدُدۡ لَهُ ٱلرَّحۡمَٰنُ مَدًّاۚ حَتَّىٰٓ إِذَا رَأَوۡاْ مَا يُوعَدُونَ إِمَّا ٱلۡعَذَابَ وَإِمَّا ٱلسَّاعَةَ فَسَيَعۡلَمُونَ مَنۡ هُوَ شَرٌّ مَّكَانًا وَأَضۡعَفُ جُندًا ٧٥Sê: Die Barmhartige verleen uitstel aan hulle wat in dwaling verkeer, totdat hulle die bedreiging sal sien: óf die straf óf die Uur. Dan sal hulle weet wie se posisie die haglikste en wie se strydkragte die swakste is وَيَزِيدُ ٱللَّهُ ٱلَّذِينَ ٱهۡتَدَوۡاْ هُدًىۗ وَٱلۡبَٰقِيَٰتُ ٱلصَّٰلِحَٰتُ خَيۡرٌ عِندَ رَبِّكَ ثَوَابًا وَخَيۡرٌ مَّرَدًّا ٧٦En Allah laat hulle wat bereid is om leiding te volg, in navolging toeneem. En dade wat sal bly staan ~ die goeie dade ~ sal by u Heer die grootste beloning kry en die meeste winste afwerp أَفَرَءَيۡتَ ٱلَّذِي كَفَرَ بِـَٔايَٰتِنَا وَقَالَ لَأُوتَيَنَّ مَالًا وَوَلَدًا ٧٧Het u hom gesien wat weier om in Ons tekens te glo, en wat sê: Aan my sal seker tog ook rykdom en kinders geskenk word أَطَّلَعَ ٱلۡغَيۡبَ أَمِ ٱتَّخَذَ عِندَ ٱلرَّحۡمَٰنِ عَهۡدًا ٧٨Het hy toegang tot die Onsigbare gehad, of het hy ’n verbond met die Barmhartige aangegaan كـَلَّاۚ سَنَكۡتُبُ مَا يَقُولُ وَنَمُدُّ لَهُۥ مِنَ ٱلۡعَذَابِ مَدًّا ٧٩Geensins! Ons verwerp wat hy sê; en Ons sal die duur van die kastyding vir hom verder verleng وَنَرِثُهُۥ مَا يَقُولُ وَيَأۡتِينَا فَرۡدًا ٨٠en Ons sal van hom erf wat hy sê; en hy sal alleen tot Ons terugkeer وَٱتَّخَذُواْ مِن دُونِ ٱللَّهِ ءَالِهَةً لِّيَكُونُواْ لَهُمۡ عِزًّا ٨١En hulle het gode buiten Allah geneem, sodat dit ’n bron van mag vir hulle kon wees كـَلَّاۚ سَيَكۡفُرُونَ بِعِبَادَتِهِمۡ وَيَكُونُونَ عَلَيۡهِمۡ ضِدًّا ٨٢geensins! Hulle sal inteendeel ontken dat hulle aanbid is, en ook hulle teenstanders wees أَلَمۡ تَرَ أَنَّآ أَرۡسَلۡنَا ٱلشَّيَٰطِينَ عَلَى ٱلۡكَٰفِرِينَ تَؤُزُّهُمۡ أَزًّا ٨٣Merk u dan nie dat Ons die duiwels tussen hulle, aanhits om hulle op te sweep nie فَلَا تَعۡجَلۡ عَلَيۡهِمۡۖ إِنَّمَا نَعُدُّ لَهُمۡ عَدًّا ٨٤Wees daarom nie haastig teen hulle nie. Ons sal hulle slegs ’n bepaalde aantal dae uitstel verleen يَوۡمَ نَحۡشُرُ ٱلۡمُتَّقِينَ إِلَى ٱلرَّحۡمَٰنِ وَفۡدًا ٨٥Die Dag waarop Ons die godvresendes tot die Barmhartige sal bymekaar bring om eerbewyse te ontvang وَنَسُوقُ ٱلۡمُجۡرِمِينَ إِلَىٰ جَهَنَّمَ وِرۡدًا ٨٦sal Ons ook die skuldiges soos dorstige kuddes na die Hel aandryf لَّا يَمۡلِكُونَ ٱلشَّفَٰعَةَ إِلَّا مَنِ ٱتَّخَذَ عِندَ ٱلرَّحۡمَٰنِ عَهۡدًا ٨٧Vir hulle sal daar geen bemiddeling wees nie, behalwe vir hom wat ’n verbond met die Barmhartige gesluit het وَقَالُواْ ٱتَّخَذَ ٱلرَّحۡمَٰنُ وَلَدًا ٨٨En hulle sê: Die Barmhartige het vir Homself ’n seun geneem لَّقَدۡ جِئۡتُمۡ شَيۡـًٔا إِدًّا ٨٩Voorwaar, julle maak bose bewerings تَكَادُ ٱلسَّمَٰوَٰتُ يَتَفَطَّرۡنَ مِنۡهُ وَتَنشَقُّ ٱلۡأَرۡضُ وَتَخِرُّ ٱلۡجِبَالُ هَدًّا ٩٠Dis om die hemele vanmekaar te laat skeur en die aarde te kloof en die berge in stukkies te laat val أَن دَعَوۡاْ لِلرَّحۡمَٰنِ وَلَدًا ٩١omdat hulle ’n seun aan die Barmhartige kon toeken وَمَا يَنۢبَغِي لِلرَّحۡمَٰنِ أَن يَتَّخِذَ وَلَدًا ٩٢En dit is die Barmhartige onwaardig dat Hy vir Hom ’n seun sou neem إِن كُلُّ مَن فِي ٱلسَّمَٰوَٰتِ وَٱلۡأَرۡضِ إِلَّآ ءَاتِي ٱلرَّحۡمَٰنِ عَبۡدًا ٩٣En daar is niemand in die hemele en die aarde nie, of hy kom tot die Barmhartige as ’n dienaar لَّقَدۡ أَحۡصَىٰهُمۡ وَعَدَّهُمۡ عَدًّا ٩٤Voorwaar, Hy ken hulle, en Hy het hulle almal getel وَكُلُّهُمۡ ءَاتِيهِ يَوۡمَ ٱلۡقِيَٰمَةِ فَرۡدًا ٩٥En elkeen van hulle sal op die Dag van Opstanding na Hom kom, alleen إِنَّ ٱلَّذِينَ ءَامَنُواْ وَعَمِلُواْ ٱلصَّٰلِحَٰتِ سَيَجۡعَلُ لَهُمُ ٱلرَّحۡمَٰنُ وُدًّا ٩٦Hulle wat glo en goeie dade doen ~ aan hulle sal die Barm- hartige voorwaar liefde betoon فَإِنَّمَا يَسَّرۡنَٰهُ بِلِسَانِكَ لِتُبَشِّرَ بِهِ ٱلۡمُتَّقِينَ وَتُنذِرَ بِهِۦ قَوۡمًا لُّدًّا ٩٧Daarom het Ons dit vir u tong maklik gemaak, sodat u daarmee ’n blye tyding kon bring aan almal wat teen die kwaad waak, en sodat u ’n twissieke volk kon waarsku وَكَمۡ أَهۡلَكۡنَا قَبۡلَهُم مِّن قَرۡنٍ هَلۡ تُحِسُّ مِنۡهُم مِّنۡ أَحَدٍ أَوۡ تَسۡمَعُ لَهُمۡ رِكۡزَۢا ٩٨En hoeveel geslagte vóór hulle het Ons nie vernietig nie! Kan u nog enigeen van hulle sien of ’n geluid van hulle hoor