Millat al-Islam

Chapter 38 · 88 verses · Imam M. A. Baker

Surah Sad in Afrikaans

Arabic with tafsir Listen to Surah Sad (1183 reciters)
Meccanسورة ص88 verses

بِسۡمِ ٱللَّهِ ٱلرَّحۡمَٰنِ ٱلرَّحِيمِ

صٓۚ وَٱلۡقُرۡءَانِ ذِي ٱلذِّكۡرِ ١Sôd.1 By the Qur’ãn wat voortreflikheid besit بَلِ ٱلَّذِينَ كَفَرُواْ فِي عِزَّةٍ وَشِقَاقٍ ٢Nee, die ongelowiges is valslik trots en opstandig كَمۡ أَهۡلَكۡنَا مِن قَبۡلِهِم مِّن قَرۡنٍ فَنَادَواْ وَّلَاتَ حِينَ مَنَاصٍ ٣Hoeveel geslagte het Ons nie voorheen reeds vernietig nie, en hulle het uitgeroep toe daar geen tyd meer was om te ontsnap nie وَعَجِبُوٓاْ أَن جَآءَهُم مُّنذِرٌ مِّنۡهُمۡۖ وَقَالَ ٱلۡكَٰفِرُونَ هَٰذَا سَٰحِرٌ كَذَّابٌ ٤En hulle is verbaas dat ’n waarskuwer uit hul midde na hulle gekom het, en die ongelowiges sê: Hy is ’n towenaar, ’n leuenaar أَجَعَلَ ٱلۡأٓلِهَةَ إِلَٰهًا وَٰحِدًاۖ إِنَّ هَٰذَا لَشَيۡءٌ عُجَابٌ ٥Het hy van die gode ’n enkele God gemaak? Dit is waarlik eienaardig وَٱنطَلَقَ ٱلۡمَلَأُ مِنۡهُمۡ أَنِ ٱمۡشُواْ وَٱصۡبِرُواْ عَلَىٰٓ ءَالِهَتِكُمۡۖ إِنَّ هَٰذَا لَشَيۡءٌ يُرَادُ ٦En die leiers onder hulle sê: Gaan voort om julle gode aan te hang; dit is sekerlik voortreflik مَا سَمِعۡنَا بِهَٰذَا فِي ٱلۡمِلَّةِ ٱلۡأٓخِرَةِ إِنۡ هَٰذَآ إِلَّا ٱخۡتِلَٰقٌ ٧Ons het nooit in die vorige godsdiens iets hiervan gehoor nie: dit is niks anders nie as ’n versinsel أَءُنزِلَ عَلَيۡهِ ٱلذِّكۡرُ مِنۢ بَيۡنِنَاۚ بَلۡ هُمۡ فِي شَكٍّ مِّن ذِكۡرِيۚ بَل لَّمَّا يَذُوقُواْ عَذَابِ ٨Is die Vermaning aan hóm onder ons geopenbaar? Nee, hulle verkeer in twyfel omtrent My Vermaning. Nee, hulle het nog nie My straf gesmaak nie أَمۡ عِندَهُمۡ خَزَآئِنُ رَحۡمَةِ رَبِّكَ ٱلۡعَزِيزِ ٱلۡوَهَّابِ ٩Of besit húlle die skatte van barmhartigheid van u Heer, die Almagtige, die Barmhartige أَمۡ لَهُم مُّلۡكُ ٱلسَّمَٰوَٰتِ وَٱلۡأَرۡضِ وَمَا بَيۡنَهُمَاۖ فَلۡيَرۡتَقُواْ فِي ٱلۡأَسۡبَٰبِ ١٠Of is die koninkryk van die hemele en die aarde en wat daar- tussen is, húlle s’n? Laat hulle dan hulle middele vermeerder جُندٌ مَّا هُنَالِكَ مَهۡزُومٌ مِّنَ ٱلۡأَحۡزَابِ ١١Wat ’n sterk leër van bondgenote is nie hier op vlug gejaag nie كَذَّبَتۡ قَبۡلَهُمۡ قَوۡمُ نُوحٍ وَعَادٌ وَفِرۡعَوۡنُ ذُو ٱلۡأَوۡتَادِ ١٢Die volk van Noag en Aad en Farao, die heer van die leërskare, het voorheen ook die profete verloën وَثَمُودُ وَقَوۡمُ لُوطٍ وَأَصۡحَٰبُ لۡـَٔيۡكَةِۚ أُوْلَٰٓئِكَ ٱلۡأَحۡزَابُ ١٣en Thamoed en die volk van Lot en die woudbewoners. Hulle was almal gekant teen die Waarheid إِن كُلٌّ إِلَّا كَذَّبَ ٱلرُّسُلَ فَحَقَّ عِقَابِ ١٤En hulle almal het niks anders gedoen nie as om hulle bood- skappers te verloën; daarom was My vergelding regverdig وَمَا يَنظُرُ هَٰٓؤُلَآءِ إِلَّا صَيۡحَةً وَٰحِدَةً مَّا لَهَا مِن فَوَاقٍ ١٥En hulle wag slegs op ’n enkele roep waarvoor daar geen uistel sal wees nie وَقَالُواْ رَبَّنَا عَجِّل لَّنَا قِطَّنَا قَبۡلَ يَوۡمِ ٱلۡحِسَابِ ١٦En hulle sê: Ons Heer! Gee ons spoedig ons deel vóór die Dag van Afrekening ٱصۡبِرۡ عَلَىٰ مَا يَقُولُونَ وَٱذۡكُرۡ عَبۡدَنَا دَاوُۥدَ ذَا ٱلۡأَيۡدِۖ إِنَّهُۥٓ أَوَّابٌ ١٧Verdra geduldig wat hulle sê, en dink aan Ons dienaar Dawid, besitter van mag. Hy het hom dikwels tot Allah gewend إِنَّا سَخَّرۡنَا ٱلۡجِبَالَ مَعَهُۥ يُسَبِّحۡنَ بِٱلۡعَشِيِّ وَٱلۡإِشۡرَاقِ ١٨Waarklik, Ons het die berge onderwerp om saam met hom Allah in die aand en in die oggend te verheerlik وَٱلطَّيۡرَ مَحۡشُورَةًۖ كُلٌّ لَّهُۥٓ أَوَّابٌ ١٩en die voëls bymekaar laat kom. Almal was hom onderdanig وَشَدَدۡنَا مُلۡكَهُۥ وَءَاتَيۡنَٰهُ ٱلۡحِكۡمَةَ وَفَصۡلَ ٱلۡخِطَابِ ٢٠En Ons het sy koninkryk versterk, en Ons het hom wysheid en ’n beslissende oordeel gegee ۞ وَهَلۡ أَتَىٰكَ نَبَؤُاْ ٱلۡخَصۡمِ إِذۡ تَسَوَّرُواْ ٱلۡمِحۡرَابَ ٢١En het u die verhaal van die Teenstanders gehoor? Toe hulle oor die muur geklim en die binnekamer ingegaan het إِذۡ دَخَلُواْ عَلَىٰ دَاوُۥدَ فَفَزِعَ مِنۡهُمۡۖ قَالُواْ لَا تَخَفۡۖ خَصۡمَانِ بَغَىٰ بَعۡضُنَا عَلَىٰ بَعۡضٍ فَٱحۡكُم بَيۡنَنَا بِٱلۡحَقِّ وَلَا تُشۡطِطۡ وَٱهۡدِنَآ إِلَىٰ سَوَآءِ ٱلصِّرَٰطِ ٢٢en hulle by Dawid gekom het, het hy hulle gevrees. Hulle het gesê: Moenie bang wees nie! Ons is twee prosedeerders, waar- van die een die ander onreg aangedoen het; spreek daarom reg tussen ons in waarheid, en handel nie onregverdig nie, en lei ons na die regte pad إِنَّ هَٰذَآ أَخِي لَهُۥ تِسۡعٌ وَتِسۡعُونَ نَعۡجَةً وَلِيَ نَعۡجَةٌ وَٰحِدَةٌ فَقَالَ أَكۡفِلۡنِيهَا وَعَزَّنِي فِي ٱلۡخِطَابِ ٢٣Dít is my broer; hy het nege-en-neëntig ooie, en ek het maar een ooi. Tog sê hy: Gee haar aan my; en hy het my in die argument oorweldig قَالَ لَقَدۡ ظَلَمَكَ بِسُؤَالِ نَعۡجَتِكَ إِلَىٰ نِعَاجِهِۦۖ وَإِنَّ كَثِيرًا مِّنَ ٱلۡخُلَطَآءِ لَيَبۡغِي بَعۡضُهُمۡ عَلَىٰ بَعۡضٍ إِلَّا ٱلَّذِينَ ءَامَنُواْ وَعَمِلُواْ ٱلصَّٰلِحَٰتِ وَقَلِيلٌ مَّا هُمۡۗ وَظَنَّ دَاوُۥدُ أَنَّمَا فَتَنَّٰهُ فَٱسۡتَغۡفَرَ رَبَّهُۥ وَخَرَّۤ رَاكِعًاۤ وَأَنَابَ ۩ ٢٤Dawid het gesê: Waarlik, hy het u onreg aangedoen deur u ooi op te eis, terwyl hy reeds baie ooie het. En voorwaar, vele vennote doen mekaar onreg aan, behalwe diegene wat glo en goeddoen; en hulle is maar min! En Dawid het geweet dat Ons hom beproef het, en daarom het hy sy Heer om beskerming gevra, en hy het biddend neergesak en hom tot Allah gewend فَغَفَرۡنَا لَهُۥ ذَٰلِكَۖ وَإِنَّ لَهُۥ عِندَنَا لَزُلۡفَىٰ وَحُسۡنَ مَـَٔابٍ ٢٥Daarom het Ons hom beskerm en hy het by Ons toenadering gesoek en by Ons ’n voortreflike toevlugsoord gehad يَٰدَاوُۥدُ إِنَّا جَعَلۡنَٰكَ خَلِيفَةً فِي ٱلۡأَرۡضِ فَٱحۡكُم بَيۡنَ ٱلنَّاسِ بِٱلۡحَقِّ وَلَا تَتَّبِعِ ٱلۡهَوَىٰ فَيُضِلَّكَ عَن سَبِيلِ ٱللَّهِۚ إِنَّ ٱلَّذِينَ يَضِلُّونَ عَن سَبِيلِ ٱللَّهِ لَهُمۡ عَذَابٌ شَدِيدُۢ بِمَا نَسُواْ يَوۡمَ ٱلۡحِسَابِ ٢٦O Dawid! het Ons gesê, Ons het u as regeerder oor die land aan- gestel; oordeel dus tussen die mense in waarheid, en volg nie hul begeertes nie, anders sal hulle u van die weg van Allah aflei. Hulle wat van die weg van Allah afdwaal, sal gewis ’n hewige straf ontvang, omdat hulle die Dag van Afrekening vergeet وَمَا خَلَقۡنَا ٱلسَّمَآءَ وَٱلۡأَرۡضَ وَمَا بَيۡنَهُمَا بَٰطِلًاۚ ذَٰلِكَ ظَنُّ ٱلَّذِينَ كَفَرُواْۚ فَوَيۡلٌ لِّلَّذِينَ كَفَرُواْ مِنَ ٱلنَّارِ ٢٧En Ons het nie die hemel en die aarde en wat tussen hulle is, tevergeefs gemaak nie. Maar dit is die mening van die onge- lowiges. Wee daarom die ongelowiges, vanweë die Vuur أَمۡ نَجۡعَلُ ٱلَّذِينَ ءَامَنُواْ وَعَمِلُواْ ٱلصَّٰلِحَٰتِ كَٱلۡمُفۡسِدِينَ فِي ٱلۡأَرۡضِ أَمۡ نَجۡعَلُ ٱلۡمُتَّقِينَ كَٱلۡفُجَّارِ ٢٨Sal Ons húlle wat goeddoen, op dieselfde wyse behandel as die korruptes? Of sal Ons die godvresendes met die onheilstigters gelykstel كِتَٰبٌ أَنزَلۡنَٰهُ إِلَيۡكَ مُبَٰرَكٌ لِّيَدَّبَّرُوٓاْ ءَايَٰتِهِۦ وَلِيَتَذَكَّرَ أُوْلُواْ ٱلۡأَلۡبَٰبِ ٢٩Dit is ’n Boek wat Ons aan u geopenbaar het, vol seënwense, dat hulle oor Sy verse mag nadink en dat die verstandige mense kan onthou وَوَهَبۡنَا لِدَاوُۥدَ سُلَيۡمَٰنَۚ نِعۡمَ ٱلۡعَبۡدُ إِنَّهُۥٓ أَوَّابٌ ٣٠En aan Dawid het Ons Salomo geskenk: ’n voortreflike dienaar. Voorwaar, hy het hom dikwels tot Allah gewend إِذۡ عُرِضَ عَلَيۡهِ بِٱلۡعَشِيِّ ٱلصَّٰفِنَٰتُ ٱلۡجِيَادُ ٣١Toe vinnige volbloedperde in die aand na hom gebring is فَقَالَ إِنِّيٓ أَحۡبَبۡتُ حُبَّ ٱلۡخَيۡرِ عَن ذِكۡرِ رَبِّي حَتَّىٰ تَوَارَتۡ بِٱلۡحِجَابِ ٣٢toe het hy gesê: Ek hou van goeie dinge vanweë die gedagtenis aan my Heer ~ totdat hulle agter ’n skerm verborge was رُدُّوهَا عَلَيَّۖ فَطَفِقَ مَسۡحَۢا بِٱلسُّوقِ وَٱلۡأَعۡنَاقِ ٣٣toe het hy gesê: Bring hulle terug. Toe het hy hulle bene en nekke begin streel وَلَقَدۡ فَتَنَّا سُلَيۡمَٰنَ وَأَلۡقَيۡنَا عَلَىٰ كُرۡسِيِّهِۦ جَسَدًا ثُمَّ أَنَابَ ٣٤En waarlik, Ons het Salomo beproef en op sy troon ’n blote liggaam gesit; daarom het hy hom tot Allah gewend قَالَ رَبِّ ٱغۡفِرۡ لِي وَهَبۡ لِي مُلۡكًا لَّا يَنۢبَغِي لِأَحَدٍ مِّنۢ بَعۡدِيٓۖ إِنَّكَ أَنتَ ٱلۡوَهَّابُ ٣٥Hy het gesê: My Heer! Vergewe my; en skenk my ’n koninkryk wat vir niemand ná my geskik sal wees nie; waarlik, U is die Barmhartigste van alle Gewers فَسَخَّرۡنَا لَهُ ٱلرِّيحَ تَجۡرِي بِأَمۡرِهِۦ رُخَآءً حَيۡثُ أَصَابَ ٣٦Daarom het Ons die wind aan hom onderdanig gemaak, om volgens sý bevel saggies te waai waarheen hy sê وَٱلشَّيَٰطِينَ كُلَّ بَنَّآءٍ وَغَوَّاصٍ ٣٧en net so ook die duiwels, elke bouer en duiker وَءَاخَرِينَ مُقَرَّنِينَ فِي ٱلۡأَصۡفَادِ ٣٨en nog ander, wat met kettings geboei was هَٰذَا عَطَآؤُنَا فَٱمۡنُنۡ أَوۡ أَمۡسِكۡ بِغَيۡرِ حِسَابٍ ٣٩Dít is Ons gawe; wees daarom vrygewig óf spaarsaam, sonder om rekening te hou وَإِنَّ لَهُۥ عِندَنَا لَزُلۡفَىٰ وَحُسۡنَ مَـَٔابٍ ٤٠En waarlik, hy was ná aan Ons, en het in Ons ’n voortreflike toevlug gehad وَٱذۡكُرۡ عَبۡدَنَآ أَيُّوبَ إِذۡ نَادَىٰ رَبَّهُۥٓ أَنِّي مَسَّنِيَ ٱلشَّيۡطَٰنُ بِنُصۡبٍ وَعَذَابٍ ٤١En dink aan Ons dienaar Job, hoe hy na sy Heer geroep het: Die duiwel het my met kommer en smart aangetas ٱرۡكُضۡ بِرِجۡلِكَۖ هَٰذَا مُغۡتَسَلُۢ بَارِدٌ وَشَرَابٌ ٤٢Toe het Ons gesê: Spoor u rydier aan; hier is ’n koel wasplek en drinkwater وَوَهَبۡنَا لَهُۥٓ أَهۡلَهُۥ وَمِثۡلَهُم مَّعَهُمۡ رَحۡمَةً مِّنَّا وَذِكۡرَىٰ لِأُوْلِي ٱلۡأَلۡبَٰبِ ٤٣En Ons het aan hom sy volk gegee, en nóg ’n keer soveel, as ’n genadegawe van Ons, en as ’n les vir mense wat begryp وَخُذۡ بِيَدِكَ ضِغۡثًا فَٱضۡرِب بِّهِۦ وَلَا تَحۡنَثۡۗ إِنَّا وَجَدۡنَٰهُ صَابِرًاۚ نِّعۡمَ ٱلۡعَبۡدُ إِنَّهُۥٓ أَوَّابٌ ٤٤En Ons het gesê: Neem ’n klompie wêreldse besittings in u hand, en doen goed daarmee, en neig nie tot valsheid nie. Voorwaar, Ons het hom geduldig gevind. ’n Voortreflike dienaar! Waarlik, hy het hom dikwels tot Ons gewend وَٱذۡكُرۡ عِبَٰدَنَآ إِبۡرَٰهِيمَ وَإِسۡحَٰقَ وَيَعۡقُوبَ أُوْلِي ٱلۡأَيۡدِي وَٱلۡأَبۡصَٰرِ ٤٥En dink aan Ons dienaars Abraham en Isak en Jakob: mense van mag en insig إِنَّآ أَخۡلَصۡنَٰهُم بِخَالِصَةٍ ذِكۡرَى ٱلدَّارِ ٤٦En Ons het hulle gesuiwer met ’n suiwerende middel, en met kennis van die uiteindelike Tuiste وَإِنَّهُمۡ عِندَنَا لَمِنَ ٱلۡمُصۡطَفَيۡنَ ٱلۡأَخۡيَارِ ٤٧En waarlik, vir Ons was hulle uitverkorenes وَٱذۡكُرۡ إِسۡمَٰعِيلَ وَٱلۡيَسَعَ وَذَا ٱلۡكِفۡلِۖ وَكُلٌّ مِّنَ ٱلۡأَخۡيَارِ ٤٨En dink aan Ismaël en Elisa en Zoel-Kiefel; en hulle was almal uitnemend هَٰذَا ذِكۡرٌۚ وَإِنَّ لِلۡمُتَّقِينَ لَحُسۡنَ مَـَٔابٍ ٤٩Dit is ’n aanmaning. En gewis, daar is ’n voortreflike toevlug vir die godvresendes جَنَّٰتِ عَدۡنٍ مُّفَتَّحَةً لَّهُمُ ٱلۡأَبۡوَٰبُ ٥٠Tuine van Ewigheid waarvan die deure vir hulle wyd oop is مُتَّكِـِٔينَ فِيهَا يَدۡعُونَ فِيهَا بِفَٰكِهَةٍ كَثِيرَةٍ وَشَرَابٍ ٥١en waarin hulle hul sal neervly en aanroep, en waarin oorvloedig vrugte en drank is ۞ وَعِندَهُمۡ قَٰصِرَٰتُ ٱلطَّرۡفِ أَتۡرَابٌ ٥٢En saam met hulle sal daar kuise vroue wees, metgeselle van gelyke leeftyd هَٰذَا مَا تُوعَدُونَ لِيَوۡمِ ٱلۡحِسَابِ ٥٣Dít is wat julle belowe word vir die Dag van Oordeel إِنَّ هَٰذَا لَرِزۡقُنَا مَا لَهُۥ مِن نَّفَادٍ ٥٤Voorwaar, dit is ’n voorsiening van Ons wat nooit uitgeput sal raak nie هَٰذَاۚ وَإِنَّ لِلطَّٰغِينَ لَشَرَّ مَـَٔابٍ ٥٥en dít is vir die gelowiges! En vir die opstandiges sal daar sekerlik ’n bose plek wees om na terug te keer جَهَنَّمَ يَصۡلَوۡنَهَا فَبِئۡسَ ٱلۡمِهَادُ ٥٦die Hel! Húlle sal dit binnegaan. Boos is daardie rusplek هَٰذَا فَلۡيَذُوقُوهُ حَمِيمٌ وَغَسَّاقٌ ٥٧laat hulle dit smaak, ’n kokende en ’n yskoue drank وَءَاخَرُ مِن شَكۡلِهِۦٓ أَزۡوَٰجٌ ٥٨en nog meer derglike strawwe van verskillende soorte هَٰذَا فَوۡجٌ مُّقۡتَحِمٌ مَّعَكُمۡ لَا مَرۡحَبَۢا بِهِمۡۚ إِنَّهُمۡ صَالُواْ ٱلنَّارِ ٥٩Hulle is ’n groep wat blindelings saam met julle stormloop ~ geen verwelkoming vir hulle nie! Gewis, hulle sal in die Vuur brand قَالُواْ بَلۡ أَنتُمۡ لَا مَرۡحَبَۢا بِكُمۡۖ أَنتُمۡ قَدَّمۡتُمُوهُ لَنَاۖ فَبِئۡسَ ٱلۡقَرَارُ ٦٠Hulle sal sê: Wee julle! Daar is geen verwelkoming vir julle nie! Julle het dit vir ons voorberei, en dit is ’n bose rusplek قَالُواْ رَبَّنَا مَن قَدَّمَ لَنَا هَٰذَا فَزِدۡهُ عَذَابًا ضِعۡفًا فِي ٱلنَّارِ ٦١Hulle sal sê: Ons Here! Wie dit ook al vir ons voorberei het, vermeerder vir hom ’n dubbele straf in die Vuur وَقَالُواْ مَا لَنَا لَا نَرَىٰ رِجَالًا كُنَّا نَعُدُّهُم مِّنَ ٱلۡأَشۡرَارِ ٦٢En hulle sal sê: Wat makeer ons? ~ ons sien glad nie die mense vir wie ons onder die bose gereken het nie أَتَّخَذۡنَٰهُمۡ سِخۡرِيًّا أَمۡ زَاغَتۡ عَنۡهُمُ ٱلۡأَبۡصَٰرُ ٦٣Het ons dan nie die spot met hulle gedryf nie, of sien ons oë hulle nie إِنَّ ذَٰلِكَ لَحَقٌّ تَخَاصُمُ أَهۡلِ ٱلنَّارِ ٦٤Dit is sekerlik die waarheid ~ die onderlinge twis van die bewoners van die Vuur قُلۡ إِنَّمَآ أَنَا۠ مُنذِرٌۖ وَمَا مِنۡ إِلَٰهٍ إِلَّا ٱللَّهُ ٱلۡوَٰحِدُ ٱلۡقَهَّارُ ٦٥Sê: Ek is slegs ’n waarskuwer; en daar is geen god buiten Allah nie, die Een, die Onweerstaanbare رَبُّ ٱلسَّمَٰوَٰتِ وَٱلۡأَرۡضِ وَمَا بَيۡنَهُمَا ٱلۡعَزِيزُ ٱلۡغَفَّٰرُ ٦٦die Heer van die hemele en die aarde en wat tussen hulle is, die Almagtige, die Vergewensgesinde قُلۡ هُوَ نَبَؤٌاْ عَظِيمٌ ٦٧Sê: Dit is ’n belangrike boodskap أَنتُمۡ عَنۡهُ مُعۡرِضُونَ ٦٨en julle probeer daarvan wegskram مَا كَانَ لِيَ مِنۡ عِلۡمِۭ بِٱلۡمَلَإِ ٱلۡأَعۡلَىٰٓ إِذۡ يَخۡتَصِمُونَ ٦٩Ek dra geen kennis van ’n getwis onder die verhewe vergadering nie إِن يُوحَىٰٓ إِلَيَّ إِلَّآ أَنَّمَآ أَنَا۠ نَذِيرٌ مُّبِينٌ ٧٠Slegs dít is aan my geopenbaar: dat ek ’n duidelike waarskuwer is إِذۡ قَالَ رَبُّكَ لِلۡمَلَٰٓئِكَةِ إِنِّي خَٰلِقُۢ بَشَرًا مِّن طِينٍ ٧١Toe u Heer aan die engele gesê het: Waarlik, Ek gaan die mens uit stof skape فَإِذَا سَوَّيۡتُهُۥ وَنَفَخۡتُ فِيهِ مِن رُّوحِي فَقَعُواْ لَهُۥ سَٰجِدِينَ ٧٢Wanneer Ek hom dan voltooi en van My gees in hom ingeblaas het, prostreer dan in gehoorsaamheid voor hom neer فَسَجَدَ ٱلۡمَلَٰٓئِكَةُ كُلُّهُمۡ أَجۡمَعُونَ ٧٣Daarom het al die engele geprostreer إِلَّآ إِبۡلِيسَ ٱسۡتَكۡبَرَ وَكَانَ مِنَ ٱلۡكَٰفِرِينَ ٧٤maar nie Iblies nie. Hy was hoogmoedig en een van die ongelowiges قَالَ يَٰٓإِبۡلِيسُ مَا مَنَعَكَ أَن تَسۡجُدَ لِمَا خَلَقۡتُ بِيَدَيَّۖ أَسۡتَكۡبَرۡتَ أَمۡ كُنتَ مِنَ ٱلۡعَالِينَ ٧٥Allah het gesê: O Iblies! Wat het u verhinder om voor hóm neer te buig wat Ek met albei My hande geskape het? Is u te trots, of is u te hoog daarvoor قَالَ أَنَا۠ خَيۡرٌ مِّنۡهُ خَلَقۡتَنِي مِن نَّارٍ وَخَلَقۡتَهُۥ مِن طِينٍ ٧٦Hy het gesê: Ek is beter as hy; U het my uit vuur geskape en vir hom het U uit stof geskape قَالَ فَٱخۡرُجۡ مِنۡهَا فَإِنَّكَ رَجِيمٌ ٧٧Allah het gesê: Gaan weg hiervandaan! Voorwaar, u is verdryf وَإِنَّ عَلَيۡكَ لَعۡنَتِيٓ إِلَىٰ يَوۡمِ ٱلدِّينِ ٧٨en My vloek sal op u rus tot op die Oordeelsdag قَالَ رَبِّ فَأَنظِرۡنِيٓ إِلَىٰ يَوۡمِ يُبۡعَثُونَ ٧٩Hy het gesê: O my Heer! Vergun my dan uitstel tot die Dag wanneer hulle opgewek sal word قَالَ فَإِنَّكَ مِنَ ٱلۡمُنظَرِينَ ٨٠Allah het gesê: Uitstel word aan u verleen إِلَىٰ يَوۡمِ ٱلۡوَقۡتِ ٱلۡمَعۡلُومِ ٨١tot op die Dag van die bepaalde tyd قَالَ فَبِعِزَّتِكَ لَأُغۡوِيَنَّهُمۡ أَجۡمَعِينَ ٨٢Hy het gesê: By U mag, dan sal ek hulle almal sekerlik verlei إِلَّا عِبَادَكَ مِنۡهُمُ ٱلۡمُخۡلَصِينَ ٨٣behalwe U dienaars onder hulle, die gesuiwerdes قَالَ فَٱلۡحَقُّ وَٱلۡحَقَّ أَقُولُ ٨٤Allah het gesê: Die Waarheid is ~ en die Waarheid spreek Ek لَأَمۡلَأَنَّ جَهَنَّمَ مِنكَ وَمِمَّن تَبِعَكَ مِنۡهُمۡ أَجۡمَعِينَ ٨٥dat Ek die Hel met u en met almal van hulle wat u volg, sal volmaak قُلۡ مَآ أَسۡـَٔلُكُمۡ عَلَيۡهِ مِنۡ أَجۡرٍ وَمَآ أَنَا۠ مِنَ ٱلۡمُتَكَلِّفِينَ ٨٦Sê: Ek vra julle geen beloning daarvoor nie; nóg is ek ’n bedrieër إِنۡ هُوَ إِلَّا ذِكۡرٌ لِّلۡعَٰلَمِينَ ٨٧Dit is niks anders nie as ’n Vermaning vir die volke وَلَتَعۡلَمُنَّ نَبَأَهُۥ بَعۡدَ حِينِۭ ٨٨En sekerlik sal julle ná ’n tyd daarvan te wete kom

Translation: Imam M. A. Baker.