Millat al-Islam

Chapter 36 · 83 verses · Imam M. A. Baker

Surah Ya-Sin in Afrikaans

Arabic with tafsir Listen to Surah Ya-Sin (1353 reciters)
Meccanسورة يس83 verses

بِسۡمِ ٱللَّهِ ٱلرَّحۡمَٰنِ ٱلرَّحِيمِ

يسٓ ١Jaasien وَٱلۡقُرۡءَانِ ٱلۡحَكِيمِ ٢By die Qur’ãn, vol van wysheid إِنَّكَ لَمِنَ ٱلۡمُرۡسَلِينَ ٣U is inderdaad een van die boodskappers عَلَىٰ صِرَٰطٍ مُّسۡتَقِيمٍ ٤en op die regte pad تَنزِيلَ ٱلۡعَزِيزِ ٱلرَّحِيمِ ٥’n Openbaring van die Almagtige, die Genadevolle لِتُنذِرَ قَوۡمًا مَّآ أُنذِرَ ءَابَآؤُهُمۡ فَهُمۡ غَٰفِلُونَ ٦dat ’n volk daarmee mag waarsku, wie se vaders nie gewaarsku is nie, en wat dus agtelosig is لَقَدۡ حَقَّ ٱلۡقَوۡلُ عَلَىٰٓ أَكۡثَرِهِمۡ فَهُمۡ لَا يُؤۡمِنُونَ ٧Die woord is reeds bewaarheid ten opsigte van die meeste van hulle; dus glo hulle nie إِنَّا جَعَلۡنَا فِيٓ أَعۡنَٰقِهِمۡ أَغۡلَٰلًا فَهِيَ إِلَى ٱلۡأَذۡقَانِ فَهُم مُّقۡمَحُونَ ٨Ons het sekerlik kettings om hulle nekke gesit wat tot aan hulle ken reik, sodat hulle hoofde omhoog gehef bly وَجَعَلۡنَا مِنۢ بَيۡنِ أَيۡدِيهِمۡ سَدًّا وَمِنۡ خَلۡفِهِمۡ سَدًّا فَأَغۡشَيۡنَٰهُمۡ فَهُمۡ لَا يُبۡصِرُونَ ٩en Ons het ’n verskansing voor hulle en ’n verskansing agter hulle geplaas; so het Ons hulle dan omsluier, sodat hulle nie kan sien nie وَسَوَآءٌ عَلَيۡهِمۡ ءَأَنذَرۡتَهُمۡ أَمۡ لَمۡ تُنذِرۡهُمۡ لَا يُؤۡمِنُونَ ١٠Dit is vir hulle om‘t ewe of u hulle waarsku of nie waarsku nie; hulle wíl nie glo nie إِنَّمَا تُنذِرُ مَنِ ٱتَّبَعَ ٱلذِّكۡرَ وَخَشِيَ ٱلرَّحۡمَٰنَ بِٱلۡغَيۡبِۖ فَبَشِّرۡهُ بِمَغۡفِرَةٍ وَأَجۡرٍ كَرِيمٍ ١١U kan slegs hóm waarsku wat die Vermaning volg en die Barmhartige in die verborgene vrees; bring hom dan ’n blye tyding van vergifnis en ’n eervolle beloning إِنَّا نَحۡنُ نُحۡيِ ٱلۡمَوۡتَىٰ وَنَكۡتُبُ مَا قَدَّمُواْ وَءَاثَٰرَهُمۡۚ وَكُلَّ شَيۡءٍ أَحۡصَيۡنَٰهُ فِيٓ إِمَامٍ مُّبِينٍ ١٢Voorwaar, dit is Ons wat die dooies laat herlewe, en Ons laat opteken wat hulle vooruitstuur, en ook hulle voetspore; en Ons boekstaaf alles in ’n duidelike verslagboek وَٱضۡرِبۡ لَهُم مَّثَلًا أَصۡحَٰبَ ٱلۡقَرۡيَةِ إِذۡ جَآءَهَا ٱلۡمُرۡسَلُونَ ١٣Gee aan hulle die gelykenis van die Bewoners van die Stad toe die apostels daar aangekom het إِذۡ أَرۡسَلۡنَآ إِلَيۡهِمُ ٱثۡنَيۡنِ فَكَذَّبُوهُمَا فَعَزَّزۡنَا بِثَالِثٍ فَقَالُوٓاْ إِنَّآ إِلَيۡكُم مُّرۡسَلُونَ ١٤Toe Ons twee apostels na hulle gestuur het, het hulle albei verloën; daarna het Ons hulle met ’n derde versterk en hulle het gesê: Waarlik, ons is na julle gestuur قَالُواْ مَآ أَنتُمۡ إِلَّا بَشَرٌ مِّثۡلُنَا وَمَآ أَنزَلَ ٱلرَّحۡمَٰنُ مِن شَيۡءٍ إِنۡ أَنتُمۡ إِلَّا تَكۡذِبُونَ ١٥Hulle het geantwoord: Julle is maar net sulke sterflinge soos ons, en die Barmhartige het niks aan julle geopenbaar nie; julle lieg net قَالُواْ رَبُّنَا يَعۡلَمُ إِنَّآ إِلَيۡكُمۡ لَمُرۡسَلُونَ ١٦Hulle het gesê: Ons Heer weet dat ons waarlik na julle gestuur is وَمَا عَلَيۡنَآ إِلَّا ٱلۡبَلَٰغُ ٱلۡمُبِينُ ١٧En dit is slegs ons plig om die boodskap duidelik af te lewer قَالُوٓاْ إِنَّا تَطَيَّرۡنَا بِكُمۡۖ لَئِن لَّمۡ تَنتَهُواْ لَنَرۡجُمَنَّكُمۡ وَلَيَمَسَّنَّكُم مِّنَّا عَذَابٌ أَلِيمٌ ١٨Die volk het gesê: Waarlik, ons voorspel kwaad van julle. As julle nie ophou nie, sal ons julle gewis stenig, en ’n pynlike straf van ons sal julle sekerlik tref قَالُواْ طَٰٓئِرُكُم مَّعَكُمۡ أَئِن ذُكِّرۡتُمۚ بَلۡ أَنتُمۡ قَوۡمٌ مُّسۡرِفُونَ ١٩Hulle het gesê: Julle teenspoed is met julle. Is dit omdat julle vermaan word? Nee julle is ’n volk wat oortree وَجَآءَ مِنۡ أَقۡصَا ٱلۡمَدِينَةِ رَجُلٌ يَسۡعَىٰ قَالَ يَٰقَوۡمِ ٱتَّبِعُواْ ٱلۡمُرۡسَلِينَ ٢٠En van die verste uithoek van die stad het ’n man aangehardloop gekom. Hy het gesê: O my volk! Volg die apostels ٱتَّبِعُواْ مَن لَّا يَسۡـَٔلُكُمۡ أَجۡرًا وَهُم مُّهۡتَدُونَ ٢١volg hom wat geen beloning van julle vra nie. Hulle is op die regte pad وَمَالِيَ لَآ أَعۡبُدُ ٱلَّذِي فَطَرَنِي وَإِلَيۡهِ تُرۡجَعُونَ ٢٢En watter rede het ek om Hom wat my geskape het en tot wie julle teruggebring sal word, nie te aanbid nie ءَأَتَّخِذُ مِن دُونِهِۦٓ ءَالِهَةً إِن يُرِدۡنِ ٱلرَّحۡمَٰنُ بِضُرٍّ لَّا تُغۡنِ عَنِّي شَفَٰعَتُهُمۡ شَيۡـًٔا وَلَا يُنقِذُونِ ٢٣Sal ek dan buiten Hom gode aanneem wie se bemiddeling, indien die Barmhartige sou wens om my te benadeel, my niks sal baat nie, en wat my nie sal kan verlos nie إِنِّيٓ إِذًا لَّفِي ضَلَٰلٍ مُّبِينٍ ٢٤Dan sal ek inderdaad in openlike dwaling verkeer إِنِّيٓ ءَامَنتُ بِرَبِّكُمۡ فَٱسۡمَعُونِ ٢٥Waarlik, ek glo in julle Heer; luister daarom na my قِيلَ ٱدۡخُلِ ٱلۡجَنَّةَۖ قَالَ يَٰلَيۡتَ قَوۡمِي يَعۡلَمُونَ ٢٦Daar is gesê: Gaan die Paradys binne. Hy het gesê: Het my volk maar geweet بِمَا غَفَرَ لِي رَبِّي وَجَعَلَنِي مِنَ ٱلۡمُكۡرَمِينَ ٢٧hoe my Heer my vergewe en my een van die geëerdes gemaak het

Juz 23

۞ وَمَآ أَنزَلۡنَا عَلَىٰ قَوۡمِهِۦ مِنۢ بَعۡدِهِۦ مِن جُندٍ مِّنَ ٱلسَّمَآءِ وَمَا كُنَّا مُنزِلِينَ ٢٨En Ons het ná hom nie ’n leërskare uit die hemel na sy volk gestuur nie; Ons stuur dit trouens nooit إِن كَانَتۡ إِلَّا صَيۡحَةً وَٰحِدَةً فَإِذَا هُمۡ خَٰمِدُونَ ٢٩Dit was slegs een enkele kreet, en kyk! hulle was stil يَٰحَسۡرَةً عَلَى ٱلۡعِبَادِۚ مَا يَأۡتِيهِم مِّن رَّسُولٍ إِلَّا كَانُواْ بِهِۦ يَسۡتَهۡزِءُونَ ٣٠Wee die dienaars! Nooit kom daar ’n boodskapper nie, of hulle tart hom uit أَلَمۡ يَرَوۡاْ كَمۡ أَهۡلَكۡنَا قَبۡلَهُم مِّنَ ٱلۡقُرُونِ أَنَّهُمۡ إِلَيۡهِمۡ لَا يَرۡجِعُونَ ٣١Merk hulle dan nie hoeveel geslagte Ons reeds vóór hulle vernietig het nie, geslagte wat nie tot hulle teruggekeer het nie وَإِن كُلٌّ لَّمَّا جَمِيعٌ لَّدَيۡنَا مُحۡضَرُونَ ٣٢En almal ~ ja, waarlik, álmal ~ sal voor Ons gebring word وَءَايَةٌ لَّهُمُ ٱلۡأَرۡضُ ٱلۡمَيۡتَةُ أَحۡيَيۡنَٰهَا وَأَخۡرَجۡنَا مِنۡهَا حَبًّا فَمِنۡهُ يَأۡكُلُونَ ٣٣En die dorre aarde is vir hulle ’n teken: Ons laat dit herlewe en bring graan daaruit voort, sodat hulle daarvan kan eet وَجَعَلۡنَا فِيهَا جَنَّٰتٍ مِّن نَّخِيلٍ وَأَعۡنَٰبٍ وَفَجَّرۡنَا فِيهَا مِنَ ٱلۡعُيُونِ ٣٤En Ons het tuine met dadelpalms en druiwe daarin aangelê, en Ons laat fonteine daarin ontspring لِيَأۡكُلُواْ مِن ثَمَرِهِۦ وَمَا عَمِلَتۡهُ أَيۡدِيهِمۡۚ أَفَلَا يَشۡكُرُونَ ٣٥sodat hulle van die vrugte daarvan kan eet. Húlle hande het dit nie gemaak nie. Sal hulle dan nie dank betuig nie سُبۡحَٰنَ ٱلَّذِي خَلَقَ ٱلۡأَزۡوَٰجَ كُلَّهَا مِمَّا تُنۢبِتُ ٱلۡأَرۡضُ وَمِنۡ أَنفُسِهِمۡ وَمِمَّا لَا يَعۡلَمُونَ ٣٦Eer kom Hom toe wat alles wat op die aarde groei, in pare geskape het, en húlle ook; en selfs ook dít waarvan hulle nie weet nie وَءَايَةٌ لَّهُمُ ٱلَّيۡلُ نَسۡلَخُ مِنۡهُ ٱلنَّهَارَ فَإِذَا هُم مُّظۡلِمُونَ ٣٧En die nag is vir hulle ’n teken: Ons neem die dag daarvan weg, en kyk! hulle verkeer in duisternis وَٱلشَّمۡسُ تَجۡرِي لِمُسۡتَقَرٍّ لَّهَاۚ ذَٰلِكَ تَقۡدِيرُ ٱلۡعَزِيزِ ٱلۡعَلِيمِ ٣٨en die son beweeg voort na haar bestemming. Hierdie dinge is die verordeninge van die Allermagtige, die Alleswetende وَٱلۡقَمَرَ قَدَّرۡنَٰهُ مَنَازِلَ حَتَّىٰ عَادَ كَٱلۡعُرۡجُونِ ٱلۡقَدِيمِ ٣٩En vir die maan het Ons kwartiere bepaal, totdat sy soos ’n verdorde palmboomtak sal word لَا ٱلشَّمۡسُ يَنۢبَغِي لَهَآ أَن تُدۡرِكَ ٱلۡقَمَرَ وَلَا ٱلَّيۡلُ سَابِقُ ٱلنَّهَارِۚ وَكُلٌّ فِي فَلَكٍ يَسۡبَحُونَ ٤٠Die son mag die maan nie inhaal nie, en ook kan die nag die dag nie verbystrewe nie. En almal sweef in ’n bepaalde baan وَءَايَةٌ لَّهُمۡ أَنَّا حَمَلۡنَا ذُرِّيَّتَهُمۡ فِي ٱلۡفُلۡكِ ٱلۡمَشۡحُونِ ٤١En ’n teken vir hulle is dat Ons hulle nageslag in die belaaide skip laat klim وَخَلَقۡنَا لَهُم مِّن مِّثۡلِهِۦ مَا يَرۡكَبُونَ ٤٢En Ons het vir hulle nog meer soortgelyke skepe gegee, waarop hulle sal vaar وَإِن نَّشَأۡ نُغۡرِقۡهُمۡ فَلَا صَرِيخَ لَهُمۡ وَلَا هُمۡ يُنقَذُونَ ٤٣En as Ons wil, kan Ons hulle laat verdrink; dan sal daar geen helper vir hulle wees nie, ook sal hulle nie gered word nie إِلَّا رَحۡمَةً مِّنَّا وَمَتَٰعًا إِلَىٰ حِينٍ ٤٤behalwe deur Ons genade, en as vermaak vir ’n bepaalde tyd وَإِذَا قِيلَ لَهُمُ ٱتَّقُواْ مَا بَيۡنَ أَيۡدِيكُمۡ وَمَا خَلۡفَكُمۡ لَعَلَّكُمۡ تُرۡحَمُونَ ٤٥En wanneer dit aan hulle gesê word: Waak teen dít wat vóór julle is en teen dít wat agter julle is, sodat barmhartigheid aan julle betoon kan word وَمَا تَأۡتِيهِم مِّنۡ ءَايَةٍ مِّنۡ ءَايَٰتِ رَبِّهِمۡ إِلَّا كَانُواْ عَنۡهَا مُعۡرِضِينَ ٤٦Maar geen teken van hul Heer bereik hulle nie, of hulle draai hulle daarvan weg وَإِذَا قِيلَ لَهُمۡ أَنفِقُواْ مِمَّا رَزَقَكُمُ ٱللَّهُ قَالَ ٱلَّذِينَ كَفَرُواْ لِلَّذِينَ ءَامَنُوٓاْ أَنُطۡعِمُ مَن لَّوۡ يَشَآءُ ٱللَّهُ أَطۡعَمَهُۥٓ إِنۡ أَنتُمۡ إِلَّا فِي ضَلَٰلٍ مُّبِينٍ ٤٧En wanneer aan hulle gesê word: Bestee van wat Allah aan julle geskenk het, dan sê die ongelowiges aan die gelowiges: Sal ons hom voed wat, indien Allah wou, homself kon gevoed het? Julle verkeer slegs in dwaling وَيَقُولُونَ مَتَىٰ هَٰذَا ٱلۡوَعۡدُ إِن كُنتُمۡ صَٰدِقِينَ ٤٨En hulle sê: Wanneer sal hierdie belofte vervul word, indien julle opreg is مَا يَنظُرُونَ إِلَّا صَيۡحَةً وَٰحِدَةً تَأۡخُذُهُمۡ وَهُمۡ يَخِصِّمُونَ ٤٩Hulle wag slegs op ’n plotselinge straf wat oor hulle sal kom terwyl hulle nog aan die stry is فَلَا يَسۡتَطِيعُونَ تَوۡصِيَةً وَلَآ إِلَىٰٓ أَهۡلِهِمۡ يَرۡجِعُونَ ٥٠Daarom sal hulle nie in staat wees om nog ’n testament te maak nie, ook sal hulle na hul families nie terugkeer nie وَنُفِخَ فِي ٱلصُّورِ فَإِذَا هُم مِّنَ ٱلۡأَجۡدَاثِ إِلَىٰ رَبِّهِمۡ يَنسِلُونَ ٥١En die basuin sal geblaas word, en kyk! vanuit hul grafte sal hulle na hul Heer aangesnel kom قَالُواْ يَٰوَيۡلَنَا مَنۢ بَعَثَنَا مِن مَّرۡقَدِنَاۜۗ هَٰذَا مَا وَعَدَ ٱلرَّحۡمَٰنُ وَصَدَقَ ٱلۡمُرۡسَلُونَ ٥٢Hulle sal sê: Wee ons! Wie het ons uit ons slaap gewek? Dít is wat die Barmhartige belowe het, en die boodskappers het die waarheid gespreek إِن كَانَتۡ إِلَّا صَيۡحَةً وَٰحِدَةً فَإِذَا هُمۡ جَمِيعٌ لَّدَيۡنَا مُحۡضَرُونَ ٥٣Daar sal slegs ’n enkele kreet wees, en kyk! hulle sal voor Ons gebring word فَٱلۡيَوۡمَ لَا تُظۡلَمُ نَفۡسٌ شَيۡـًٔا وَلَا تُجۡزَوۡنَ إِلَّا مَا كُنتُمۡ تَعۡمَلُونَ ٥٤Op hierdie Dag dan sal geen siel enige onreg aangedoen word nie; en julle sal vir niks beloon word nie, behalwe vir jul dade إِنَّ أَصۡحَٰبَ ٱلۡجَنَّةِ ٱلۡيَوۡمَ فِي شُغُلٍ فَٰكِهُونَ ٥٥Voorwaar, op dié Dag sal die bewoners van die Hemel gelukkig aan die werk wees هُمۡ وَأَزۡوَٰجُهُمۡ فِي ظِلَٰلٍ عَلَى ٱلۡأَرَآئِكِ مُتَّكِـُٔونَ ٥٦Hulle en hul eggenotes sal hul in die skadu op verhoogde sofa’s neervly لَهُمۡ فِيهَا فَٰكِهَةٌ وَلَهُم مَّا يَدَّعُونَ ٥٧Hulle sal vrugte daarin hê, en wat hulle ook al verlang, hulle sal dit ontvang سَلَٰمٌ قَوۡلًا مِّن رَّبٍّ رَّحِيمٍ ٥٨Vrede! ’n Woord van die Genadevolle Heer وَٱمۡتَٰزُواْ ٱلۡيَوۡمَ أَيُّهَا ٱلۡمُجۡرِمُونَ ٥٩En hou julle eenkant op hierdie Dag, o julle misdadigers ۞ أَلَمۡ أَعۡهَدۡ إِلَيۡكُمۡ يَٰبَنِيٓ ءَادَمَ أَن لَّا تَعۡبُدُواْ ٱلشَّيۡطَٰنَۖ إِنَّهُۥ لَكُمۡ عَدُوٌّ مُّبِينٌ ٦٠Het Ek julle nie gelas nie, o Kinders van Adam, dat julle die duiwel nie moet dien nie? ~ waarlik, hy is jul openlike vyand وَأَنِ ٱعۡبُدُونِيۚ هَٰذَا صِرَٰطٌ مُّسۡتَقِيمٌ ٦١en dat julle My moet dien? Dit was die regte weg وَلَقَدۡ أَضَلَّ مِنكُمۡ جِبِلًّا كَثِيرًاۖ أَفَلَمۡ تَكُونُواْ تَعۡقِلُونَ ٦٢En tog het hy ’n groot gedeelte van julle laat verdwaal. Kon julle dit dan nie verstaan nie هَٰذِهِۦ جَهَنَّمُ ٱلَّتِي كُنتُمۡ تُوعَدُونَ ٦٣Dít is die Hel wat aan julle belowe is ٱصۡلَوۡهَا ٱلۡيَوۡمَ بِمَا كُنتُمۡ تَكۡفُرُونَ ٦٤Gaan dit Vandag binne, omdat julle ongelowig was ٱلۡيَوۡمَ نَخۡتِمُ عَلَىٰٓ أَفۡوَٰهِهِمۡ وَتُكَلِّمُنَآ أَيۡدِيهِمۡ وَتَشۡهَدُ أَرۡجُلُهُم بِمَا كَانُواْ يَكۡسِبُونَ ٦٥Op dié Dag sal Ons hulle monde verseël, maar hulle hande sal met ons praat, en hulle voete sal getuienis aflê van alles wat hulle verdien het وَلَوۡ نَشَآءُ لَطَمَسۡنَا عَلَىٰٓ أَعۡيُنِهِمۡ فَٱسۡتَبَقُواْ ٱلصِّرَٰطَ فَأَنَّىٰ يُبۡصِرُونَ ٦٦En as Ons wou, sou Ons hulle oë uitgehaal het, dan sou hulle strewe om eerste oor die weg te kom, maar hoe sou hulle sien وَلَوۡ نَشَآءُ لَمَسَخۡنَٰهُمۡ عَلَىٰ مَكَانَتِهِمۡ فَمَا ٱسۡتَطَٰعُواْ مُضِيًّا وَلَا يَرۡجِعُونَ ٦٧En as Ons wou, sou Ons hulle in hul plekke van gedaante laat verwissel het, dan sou hulle nie in staat wees om vorentoe of agtertoe te gaan nie وَمَن نُّعَمِّرۡهُ نُنَكِّسۡهُ فِي ٱلۡخَلۡقِۚ أَفَلَا يَعۡقِلُونَ ٦٨En hy aan wie Ons ook ’n lang lewe gee, hom laat Ons ook afneem aan lewenskrag. Wil hulle dan nie verstaan nie وَمَا عَلَّمۡنَٰهُ ٱلشِّعۡرَ وَمَا يَنۢبَغِي لَهُۥٓۚ إِنۡ هُوَ إِلَّا ذِكۡرٌ وَقُرۡءَانٌ مُّبِينٌ ٦٩En Ons het hom2 nie in die digkuns onderrig nie; dit pas hom ook nie. Dit is niks anders nie as ’n vermaning, en ’n duidelike Qur’ãn لِّيُنذِرَ مَن كَانَ حَيًّا وَيَحِقَّ ٱلۡقَوۡلُ عَلَى ٱلۡكَٰفِرِينَ ٧٠om die lewendes te waarsku en sodat die woord teen die ongelowiges bewaarheid kan word أَوَلَمۡ يَرَوۡاْ أَنَّا خَلَقۡنَا لَهُم مِّمَّا عَمِلَتۡ أَيۡدِينَآ أَنۡعَٰمًا فَهُمۡ لَهَا مَٰلِكُونَ ٧١Sien hulle dan nie dat ons met Ons hande vir hulle vee geskape het nie, waaroor hulle baas is وَذَلَّلۡنَٰهَا لَهُمۡ فَمِنۡهَا رَكُوبُهُمۡ وَمِنۡهَا يَأۡكُلُونَ ٧٢En Ons het dit aan hulle diensbaar gemaak, sodat hulle op party kan ry en van sommige kan eet وَلَهُمۡ فِيهَا مَنَٰفِعُ وَمَشَارِبُۚ أَفَلَا يَشۡكُرُونَ ٧٣Hulle trek voordeel daaruit en dit gee hulle ook iets om te drink. Sal hulle dan nie dank betuig nie وَٱتَّخَذُواْ مِن دُونِ ٱللَّهِ ءَالِهَةً لَّعَلَّهُمۡ يُنصَرُونَ ٧٤Hulle aanbid gode buiten Allah en hoop dat dit hulle sal help لَا يَسۡتَطِيعُونَ نَصۡرَهُمۡ وَهُمۡ لَهُمۡ جُندٌ مُّحۡضَرُونَ ٧٥Hierdie dinge kan hulle nie help nie, en hulle sal as ’n skare teen hulle ingeroep word فَلَا يَحۡزُنكَ قَوۡلُهُمۡۘ إِنَّا نَعۡلَمُ مَا يُسِرُّونَ وَمَا يُعۡلِنُونَ ٧٦Moenie dat hulle praatjies u verontrus nie. Voorwaar, Ons weet wat hulle in die geheim doen, en wat hulle openlik doen أَوَلَمۡ يَرَ ٱلۡإِنسَٰنُ أَنَّا خَلَقۡنَٰهُ مِن نُّطۡفَةٍ فَإِذَا هُوَ خَصِيمٌ مُّبِينٌ ٧٧Sien die mens nie dat Ons hom uit ’n sperm geskape het nie? Maar kyk! hy is ’n openlike twissoeker وَضَرَبَ لَنَا مَثَلًا وَنَسِيَ خَلۡقَهُۥۖ قَالَ مَن يُحۡيِ ٱلۡعِظَٰمَ وَهِيَ رَمِيمٌ ٧٨En hy stel ’n gelykenis teenoor Ons, en vergeet sy eie ontstaan. Hy sê: Wie kan die beendere laat herlewe as hulle vergaan het قُلۡ يُحۡيِيهَا ٱلَّذِيٓ أَنشَأَهَآ أَوَّلَ مَرَّةٍۖ وَهُوَ بِكُلِّ خَلۡقٍ عَلِيمٌ ٧٩Sê: Hy wat die eerste maal lewe aan hulle gegee het, sal hulle laat herlewe; en Hy is die Kenner van die hele skepping ٱلَّذِي جَعَلَ لَكُم مِّنَ ٱلشَّجَرِ ٱلۡأَخۡضَرِ نَارًا فَإِذَآ أَنتُم مِّنۡهُ تُوقِدُونَ ٨٠Hy wat vir julle uit die groen boom vuur verwek, sodat julle dit kan aanwend أَوَلَيۡسَ ٱلَّذِي خَلَقَ ٱلسَّمَٰوَٰتِ وَٱلۡأَرۡضَ بِقَٰدِرٍ عَلَىٰٓ أَن يَخۡلُقَ مِثۡلَهُمۚ بَلَىٰ وَهُوَ ٱلۡخَلَّٰقُ ٱلۡعَلِيمُ ٨١Is Hy wat die hemele en die aarde geskape het, dan nie in staat om die gelyke daarvan te skep nie? Ja! En Hy is die Skepper van alles, die Alleswetende إِنَّمَآ أَمۡرُهُۥٓ إِذَآ أَرَادَ شَيۡـًٔا أَن يَقُولَ لَهُۥ كُن فَيَكُونُ ٨٢Voorwaar, wanneer Hy Hom iets voorneem, is Sy gebod slegs: Wees! En dit word فَسُبۡحَٰنَ ٱلَّذِي بِيَدِهِۦ مَلَكُوتُ كُلِّ شَيۡءٍ وَإِلَيۡهِ تُرۡجَعُونَ ٨٣Eer Hom dus, in Wie se hand die Koninkryk van alle dinge is! Tot Hom sal julle teruggebring word. Hulle Wie In Rye Georden Is

Translation: Imam M. A. Baker.