وَٱلضُّحَىٰ ١By die glansrykheid van die dagوَٱلَّيۡلِ إِذَا سَجَىٰ ٢En die nag wanneer dit stil isمَا وَدَّعَكَ رَبُّكَ وَمَا قَلَىٰ ٣U Heer het u nie verlaat nie, en is ook nie ontevrede met u nieوَلَلۡأٓخِرَةُ خَيۡرٌ لَّكَ مِنَ ٱلۡأُولَىٰ ٤Voorwaar, die toekoms sal vir u beter wees as dít wat verby isوَلَسَوۡفَ يُعۡطِيكَ رَبُّكَ فَتَرۡضَىٰٓ ٥En waarlik, u Heer sal vir u baie gee, en u sal weltevrede weesأَلَمۡ يَجِدۡكَ يَتِيمًا فَـَٔاوَىٰ ٦Het Hy u nie as weeskind gevind, en vir u herberg gegee nieوَوَجَدَكَ ضَآلًّا فَهَدَىٰ ٧En het Hy u nie dwalend gevind en u gelei nieوَوَجَدَكَ عَآئِلًا فَأَغۡنَىٰ ٨En het Hy u nie in armoede gevind en u verryk nieفَأَمَّا ٱلۡيَتِيمَ فَلَا تَقۡهَرۡ ٩Daarom: onderdruk die weeskind nieوَأَمَّا ٱلسَّآئِلَ فَلَا تَنۡهَرۡ ١٠en snou die bedelaar nie toe nieوَأَمَّا بِنِعۡمَةِ رَبِّكَ فَحَدِّثۡ ١١maar maak die guns van u Heer bekend