ملة الإسلام

السورة 72 · 28 آية · Imam M. A. Baker

سورة الجن باللغة الأفريكانية

السورة بالعربية مع التفسير استمع إلى سورة الجن (1,235 قارئاً)
مكيةسورة الجن٢٨ آية

بِسۡمِ ٱللَّهِ ٱلرَّحۡمَٰنِ ٱلرَّحِيمِ

قُلۡ أُوحِيَ إِلَيَّ أَنَّهُ ٱسۡتَمَعَ نَفَرٌ مِّنَ ٱلۡجِنِّ فَقَالُوٓاْ إِنَّا سَمِعۡنَا قُرۡءَانًا عَجَبًا ١Sê: Dit is aan my geopenbaar dat ’n groep van die djien geluister en gesê het: Waarlik, ons het ’n wonderlike Qur’ãn gehoor يَهۡدِيٓ إِلَى ٱلرُّشۡدِ فَـَٔامَنَّا بِهِۦۖ وَلَن نُّشۡرِكَ بِرَبِّنَآ أَحَدًا ٢wat tot die regte weg lei; daarom glo ons daarin. En ons sal stellig niemand met ons Heer vereenselwig nie وَأَنَّهُۥ تَعَٰلَىٰ جَدُّ رَبِّنَا مَا ٱتَّخَذَ صَٰحِبَةً وَلَا وَلَدًا ٣En Hy ~ verhewe is die Majesteit van ons Heer ~ het nóg eggenote nóg seun وَأَنَّهُۥ كَانَ يَقُولُ سَفِيهُنَا عَلَى ٱللَّهِ شَطَطًا ٤en die dwase onder ons het oordrewe leuens teen Allah versin وَأَنَّا ظَنَنَّآ أَن لَّن تَقُولَ ٱلۡإِنسُ وَٱلۡجِنُّ عَلَى ٱللَّهِ كَذِبًا ٥dog ons het gemeen dat mens en djien nooit ’n leuen oor Allah sou uiter nie وَأَنَّهُۥ كَانَ رِجَالٌ مِّنَ ٱلۡإِنسِ يَعُوذُونَ بِرِجَالٍ مِّنَ ٱلۡجِنِّ فَزَادُوهُمۡ رَهَقًا ٦En sommige onder die mense het toevlug geneem by sommige van die djien, maar dié het hulle net verder in die sonde laat toeneem وَأَنَّهُمۡ ظَنُّواْ كَمَا ظَنَنتُمۡ أَن لَّن يَبۡعَثَ ٱللَّهُ أَحَدًا ٧en hulle het gedink, soos julle dink, dat Allah nooit ’n boodskapper sou opwek nie وَأَنَّا لَمَسۡنَا ٱلسَّمَآءَ فَوَجَدۡنَٰهَا مُلِئَتۡ حَرَسًا شَدِيدًا وَشُهُبًا ٨en ons het probeer om die hemel te bereik, maar ons het dit vol sterk wagters en vlamme gevind وَأَنَّا كُنَّا نَقۡعُدُ مِنۡهَا مَقَٰعِدَ لِلسَّمۡعِۖ فَمَن يَسۡتَمِعِ ٱلۡأٓنَ يَجِدۡ لَهُۥ شِهَابًا رَّصَدًا ٩en ons was daaraan gewoond om op plekke te sit en gesprekke af te luister. Maar wie nou luister, vind ’n vlam wat op hom wag وَأَنَّا لَا نَدۡرِيٓ أَشَرٌّ أُرِيدَ بِمَن فِي ٱلۡأَرۡضِ أَمۡ أَرَادَ بِهِمۡ رَبُّهُمۡ رَشَدًا ١٠en ons weet nie of ’n ramp vir die inwoners van die aarde bedoel word en of hulle Heer voornemens is om hulle reg te lei nie وَأَنَّا مِنَّا ٱلصَّٰلِحُونَ وَمِنَّا دُونَ ذَٰلِكَۖ كُنَّا طَرَآئِقَ قِدَدًا ١١en onder ons is diegene wat goeddoen, en onder ons is diegene wat anders is, en ons volg verskillende weë وَأَنَّا ظَنَنَّآ أَن لَّن نُّعۡجِزَ ٱللَّهَ فِي ٱلۡأَرۡضِ وَلَن نُّعۡجِزَهُۥ هَرَبًا ١٢en ons besef dat ons nie van Allah op die aarde kan ontsnap nie, nóg kan ons Hom ~ deur te vlug ~ ontsnap وَأَنَّا لَمَّا سَمِعۡنَا ٱلۡهُدَىٰٓ ءَامَنَّا بِهِۦۖ فَمَن يُؤۡمِنۢ بِرَبِّهِۦ فَلَا يَخَافُ بَخۡسًا وَلَا رَهَقًا ١٣en toe ons die leiding gehoor het, het ons daarin geglo. Wie dan in sy Heer glo, het geen vrees vir verlies of onreg nie وَأَنَّا مِنَّا ٱلۡمُسۡلِمُونَ وَمِنَّا ٱلۡقَٰسِطُونَۖ فَمَنۡ أَسۡلَمَ فَأُوْلَٰٓئِكَ تَحَرَّوۡاْ رَشَدًا ١٤en daar is sommige onder ons wat hulself onderwerp, en som- mige onder ons het van die regte weg afgewyk. En wie homself onderwerp, het die regte weg opgesoek وَأَمَّا ٱلۡقَٰسِطُونَ فَكَانُواْ لِجَهَنَّمَ حَطَبًا ١٥En hulle wat van die regte weg afwyk, sal die brandstof van die Hel wees وَأَلَّوِ ٱسۡتَقَٰمُواْ عَلَى ٱلطَّرِيقَةِ لَأَسۡقَيۡنَٰهُم مَّآءً غَدَقًا ١٦Indien hulle op die regte weg bly, sal Ons hulle sekerlik drink- water in oorvloed gee لِّنَفۡتِنَهُمۡ فِيهِۚ وَمَن يُعۡرِضۡ عَن ذِكۡرِ رَبِّهِۦ يَسۡلُكۡهُ عَذَابًا صَعَدًا ١٧om hulle daarmee op die proef te stel. En wie homself van die oordenkinge van sy Heer weerhou, Hy sal hom ’n kwellende straf laat binnegaan وَأَنَّ ٱلۡمَسَٰجِدَ لِلَّهِ فَلَا تَدۡعُواْ مَعَ ٱللَّهِ أَحَدًا ١٨en die moskees behoort aan Allah; roep daarom niemand buiten Allah aan nie وَأَنَّهُۥ لَمَّا قَامَ عَبۡدُ ٱللَّهِ يَدۡعُوهُ كَادُواْ يَكُونُونَ عَلَيۡهِ لِبَدًا ١٩en toe die dienaar1 van Allah opgestaan het om Hom te aanbid, het hulle hom byna doodgedruk قُلۡ إِنَّمَآ أَدۡعُواْ رَبِّي وَلَآ أُشۡرِكُ بِهِۦٓ أَحَدًا ٢٠Sê: Ek roep my Heer alleen aan, en vereenselwig niemand met Hom nie قُلۡ إِنِّي لَآ أَمۡلِكُ لَكُمۡ ضَرًّا وَلَا رَشَدًا ٢١Sê: Ek beheer nóg kwaad nóg goed vir julle قُلۡ إِنِّي لَن يُجِيرَنِي مِنَ ٱللَّهِ أَحَدٌ وَلَنۡ أَجِدَ مِن دُونِهِۦ مُلۡتَحَدًا ٢٢Sê: Niemand kan my teen Allah beskerm nie, nóg kan ek ’n toevlugsoord buiten Hom vind إِلَّا بَلَٰغًا مِّنَ ٱللَّهِ وَرِسَٰلَٰتِهِۦۚ وَمَن يَعۡصِ ٱللَّهَ وَرَسُولَهُۥ فَإِنَّ لَهُۥ نَارَ جَهَنَّمَ خَٰلِدِينَ فِيهَآ أَبَدًا ٢٣dit is slegs my plig om die verkondiging van Allah en Sy tekens oor te dra. En vir diegene wat Allah en Sy Boodskapper nie gehoorsaam nie, is daar die Vuur van die Hel, waarin hulle ’n lang tyd sal vertoef حَتَّىٰٓ إِذَا رَأَوۡاْ مَا يُوعَدُونَ فَسَيَعۡلَمُونَ مَنۡ أَضۡعَفُ نَاصِرًا وَأَقَلُّ عَدَدًا ٢٤tot wanneer hulle die straf sien waarmee hulle gedreig is, dan sal hulle weet wie se helpers die swakste, die geringste in getal is قُلۡ إِنۡ أَدۡرِيٓ أَقَرِيبٌ مَّا تُوعَدُونَ أَمۡ يَجۡعَلُ لَهُۥ رَبِّيٓ أَمَدًا ٢٥Sê: Ek weet nie of dít waarmee julle bedreig word, naby is en of my Heer dit vir ’n lang tyd sal uitstel nie عَٰلِمُ ٱلۡغَيۡبِ فَلَا يُظۡهِرُ عَلَىٰ غَيۡبِهِۦٓ أَحَدًا ٢٦Hy is die Kenner van die Onsigbare, en Hy gee niemand oorvloedig kennis van Sy geheime nie إِلَّا مَنِ ٱرۡتَضَىٰ مِن رَّسُولٍ فَإِنَّهُۥ يَسۡلُكُ مِنۢ بَيۡنِ يَدَيۡهِ وَمِنۡ خَلۡفِهِۦ رَصَدًا ٢٧behalwe vir hom wat Hy as boodskapper kies. Dan stuur Hy sekerlik ’n wag voor hom en agter hom لِّيَعۡلَمَ أَن قَدۡ أَبۡلَغُواْ رِسَٰلَٰتِ رَبِّهِمۡ وَأَحَاطَ بِمَا لَدَيۡهِمۡ وَأَحۡصَىٰ كُلَّ شَيۡءٍ عَدَدَۢا ٢٨sodat Hy kan weet dat hulle die tekens van hulle Heer waarlik afgelewer het; en Hy omvat alles wat met hulle gebeur, en Hy hou rekening van alle dinge

الترجمة: Imam M. A. Baker.