بِسۡمِ ٱللَّهِ ٱلرَّحۡمَٰنِ ٱلرَّحِيمِ
يَٰٓأَيُّهَا ٱلۡمُدَّثِّرُ ١O, u wat omgehul is قُمۡ فَأَنذِرۡ ٢Staan op en waarsku وَرَبَّكَ فَكَبِّرۡ ٣en verkondig die Grootheid van u Heer وَثِيَابَكَ فَطَهِّرۡ ٤en reinig u kledingstukke وَٱلرُّجۡزَ فَٱهۡجُرۡ ٥en vermy die onreinheid وَلَا تَمۡنُن تَسۡتَكۡثِرُ ٦en bewys geen guns waarmee u winste soek nie وَلِرَبِّكَ فَٱصۡبِرۡ ٧en wees geduldig ter wille van Allah فَإِذَا نُقِرَ فِي ٱلنَّاقُورِ ٨Want as die basuin geblaas word فَذَٰلِكَ يَوۡمَئِذٍ يَوۡمٌ عَسِيرٌ ٩sal die Dag ’n moeilike dag wees عَلَى ٱلۡكَٰفِرِينَ غَيۡرُ يَسِيرٍ ١٠glad nie aangenaam vir die ongelowiges nie ذَرۡنِي وَمَنۡ خَلَقۡتُ وَحِيدًا ١١Laat My alleen met hom wat Ek geskape het وَجَعَلۡتُ لَهُۥ مَالًا مَّمۡدُودًا ١٢en Ek het hom oorvloedige rykdom gegee وَبَنِينَ شُهُودًا ١٣en seuns wat in sy aanwesigheid is وَمَهَّدتُّ لَهُۥ تَمۡهِيدًا ١٤en vir hom sy saak vergemaklik ثُمَّ يَطۡمَعُ أَنۡ أَزِيدَ ١٥en tog verlang hy dat Ek hom nog meer moet gee كـَلَّآۖ إِنَّهُۥ كَانَ لِأٓيَٰتِنَا عَنِيدًا ١٦Geensins! Hy was waarlik vyandiggesind teen Ons tekens سَأُرۡهِقُهُۥ صَعُودًا ١٧Ek sal hom ’n swaar straf oplê إِنَّهُۥ فَكَّرَ وَقَدَّرَ ١٨Sekerlik het hy nagedink en beslis فَقُتِلَ كَيۡفَ قَدَّرَ ١٩maar mag hy vernietig word volgens die aard van sy besluit ثُمَّ قُتِلَ كَيۡفَ قَدَّرَ ٢٠Nogmaals, mag hy vernietig word volgens die aard van sy besluit ثُمَّ نَظَرَ ٢١Toe het hy gekyk ثُمَّ عَبَسَ وَبَسَرَ ٢٢toe gefrons en suur gelyk ثُمَّ أَدۡبَرَ وَٱسۡتَكۡبَرَ ٢٣daarna het hy omgedraai en in hoogmoed verkeer فَقَالَ إِنۡ هَٰذَآ إِلَّا سِحۡرٌ يُؤۡثَرُ ٢٤en toe gesê: Dit is niks anders as towery soos van ouds nie إِنۡ هَٰذَآ إِلَّا قَوۡلُ ٱلۡبَشَرِ ٢٥Dit is niks anders as die woord van ’n sterfling nie سَأُصۡلِيهِ سَقَرَ ٢٦Ek sal hom in die Hel indompel وَمَآ أَدۡرَىٰكَ مَا سَقَرُ ٢٧En hoe sal u besef wat die Hel is لَا تُبۡقِي وَلَا تَذَرُ ٢٨Dit ontsien niks nie, nóg laat dit iets gespaar bly لَوَّاحَةٌ لِّلۡبَشَرِ ٢٩dit verskroei die sterfling عَلَيۡهَا تِسۡعَةَ عَشَرَ ٣٠Negentien engele waak daaroor وَمَا جَعَلۡنَآ أَصۡحَٰبَ ٱلنَّارِ إِلَّا مَلَٰٓئِكَةًۖ وَمَا جَعَلۡنَا عِدَّتَهُمۡ إِلَّا فِتۡنَةً لِّلَّذِينَ كَفَرُواْ لِيَسۡتَيۡقِنَ ٱلَّذِينَ أُوتُواْ ٱلۡكِتَٰبَ وَيَزۡدَادَ ٱلَّذِينَ ءَامَنُوٓاْ إِيمَٰنًا وَلَا يَرۡتَابَ ٱلَّذِينَ أُوتُواْ ٱلۡكِتَٰبَ وَٱلۡمُؤۡمِنُونَ وَلِيَقُولَ ٱلَّذِينَ فِي قُلُوبِهِم مَّرَضٌ وَٱلۡكَٰفِرُونَ مَاذَآ أَرَادَ ٱللَّهُ بِهَٰذَا مَثَلًاۚ كَذَٰلِكَ يُضِلُّ ٱللَّهُ مَن يَشَآءُ وَيَهۡدِي مَن يَشَآءُۚ وَمَا يَعۡلَمُ جُنُودَ رَبِّكَ إِلَّا هُوَۚ وَمَا هِيَ إِلَّا ذِكۡرَىٰ لِلۡبَشَرِ ٣١En niemand buiten engele het Ons as wagters van die Vuur aangestel nie. En Ons het hulle getal vir geen ander rede vas- gestel nie, as ’n beproewing vir die ongelowiges, sodat hulle aan wie die Boek gegee is, seker kan wees, en dat die gelowiges in geloof mag toeneem, en sodat diegene aan wie die boek gegee is, en die gelowiges, nie mag twyfel nie; en sodat diegene in wie se harte ’n siekte is, en die ongelowiges, mag sê: Wat bedoel Allah met hierdie gelykenis? So laat Allah dwaal wie Hy wil, en Hy lei wie Hy wil. En niemand ken die leërskare van u Heer nie, behalwe Hy Self. En dít is niks anders as ’n Vermaning vir die mensdom nie كـَلَّا وَٱلۡقَمَرِ ٣٢Nee, by die maan وَٱلَّيۡلِ إِذۡ أَدۡبَرَ ٣٣En die nag as dit heengaan وَٱلصُّبۡحِ إِذَآ أَسۡفَرَ ٣٤En die daeraad wanneer dit aanbreek إِنَّهَا لَإِحۡدَى ٱلۡكُبَرِ ٣٥Voorwaar, dit is slegs een van die grootste tydings نَذِيرًا لِّلۡبَشَرِ ٣٦’n waarskuwing vir die mensdom لِمَن شَآءَ مِنكُمۡ أَن يَتَقَدَّمَ أَوۡ يَتَأَخَّرَ ٣٧vir diegene onder julle wat vooruit wil strewe, of agteruit wil deins كُلُّ نَفۡسِۭ بِمَا كَسَبَتۡ رَهِينَةٌ ٣٨Elke siel word in pand gehou volgens sy vedienste إِلَّآ أَصۡحَٰبَ ٱلۡيَمِينِ ٣٩behalwe dié van die volk aan die regterhand فِي جَنَّٰتٍ يَتَسَآءَلُونَ ٤٠In Tuine sal hulle wees, en mekaar uitvra عَنِ ٱلۡمُجۡرِمِينَ ٤١aangaande misdadigers مَا سَلَكَكُمۡ فِي سَقَرَ ٤٢Wat het julle in die Hel gebring قَالُواْ لَمۡ نَكُ مِنَ ٱلۡمُصَلِّينَ ٤٣Hulle sal antwoord: Ons was nie bidders nie وَلَمۡ نَكُ نُطۡعِمُ ٱلۡمِسۡكِينَ ٤٤ook het ons die armes nie gevoed nie وَكُنَّا نَخُوضُ مَعَ ٱلۡخَآئِضِينَ ٤٥en ons het ydele gesprekke gevoer saam met diegene wat ydele gesprekke voer وَكُنَّا نُكَذِّبُ بِيَوۡمِ ٱلدِّينِ ٤٦en ons het die Oordeelsdag verloën حَتَّىٰٓ أَتَىٰنَا ٱلۡيَقِينُ ٤٧totdat die onvermydelike ons ingehaal het فَمَا تَنفَعُهُمۡ شَفَٰعَةُ ٱلشَّٰفِعِينَ ٤٨Daarom sal die tussenkoms van bemiddelaars hulle nie baat nie فَمَا لَهُمۡ عَنِ ٱلتَّذۡكِرَةِ مُعۡرِضِينَ ٤٩Wat makeer hulle dan, dat hulle van die Vermaning wegdraai كَأَنَّهُمۡ حُمُرٌ مُّسۡتَنفِرَةٌ ٥٠asof hulle verskrikte esels is فَرَّتۡ مِن قَسۡوَرَةِۭ ٥١wat voor ’n leeu uitvlug بَلۡ يُرِيدُ كُلُّ ٱمۡرِيٍٕ مِّنۡهُمۡ أَن يُؤۡتَىٰ صُحُفًا مُّنَشَّرَةً ٥٢Nee, elkeen van hulle begeer dat oopgeslane bladsye aan hom gewys moet word كـَلَّاۖ بَل لَّا يَخَافُونَ ٱلۡأٓخِرَةَ ٥٣Geensins! Maar hulle vrees nie die Hiernamaals nie كـَلَّآ إِنَّهُۥ تَذۡكِرَةٌ ٥٤Nee, waarlik, dit is ’n Vermaning فَمَن شَآءَ ذَكَرَهُۥ ٥٥wie wil, sal dit oordink وَمَا يَذۡكُرُونَ إِلَّآ أَن يَشَآءَ ٱللَّهُۚ هُوَ أَهۡلُ ٱلتَّقۡوَىٰ وَأَهۡلُ ٱلۡمَغۡفِرَةِ ٥٦Maar hulle sal nie indagtig wees nie, tensy Allah dit so wil. Hy is Waardig dat die plig teenoor Hom nagekom sal word, en Waardig om te vergewe