بِسۡمِ ٱللَّهِ ٱلرَّحۡمَٰنِ ٱلرَّحِيمِ
قَدۡ أَفۡلَحَ ٱلۡمُؤۡمِنُونَ ١Voorspoeding inderdaad is die gelowiges ٱلَّذِينَ هُمۡ فِي صَلَاتِهِمۡ خَٰشِعُونَ ٢wat ootmoedig in hulle gebede is وَٱلَّذِينَ هُمۡ عَنِ ٱللَّغۡوِ مُعۡرِضُونَ ٣en wat ydelhede vermy وَٱلَّذِينَ هُمۡ لِلزَّكَوٰةِ فَٰعِلُونَ ٤en wat na reinheid strewe وَٱلَّذِينَ هُمۡ لِفُرُوجِهِمۡ حَٰفِظُونَ ٥en hulle geslagsdrifte beteuel إِلَّا عَلَىٰٓ أَزۡوَٰجِهِمۡ أَوۡ مَا مَلَكَتۡ أَيۡمَٰنُهُمۡ فَإِنَّهُمۡ غَيۡرُ مَلُومِينَ ٦behalwe in die aanwesigheid van hulle vroue of dié wat hulle regterhande besit, want dan sal hulle sekerlik nie verwyt kan word nie فَمَنِ ٱبۡتَغَىٰ وَرَآءَ ذَٰلِكَ فَأُوْلَٰٓئِكَ هُمُ ٱلۡعَادُونَ ٧Maar diegene wat die perke oorskry, is oortreders وَٱلَّذِينَ هُمۡ لِأَمَٰنَٰتِهِمۡ وَعَهۡدِهِمۡ رَٰعُونَ ٨En wie sorgsaam is met wat aan hulle toevertrou word, en so ook met hul verbond وَٱلَّذِينَ هُمۡ عَلَىٰ صَلَوَٰتِهِمۡ يُحَافِظُونَ ٩en wat hulle gebede in ag neem أُوْلَٰٓئِكَ هُمُ ٱلۡوَٰرِثُونَ ١٠hulle is die erfgename ٱلَّذِينَ يَرِثُونَ ٱلۡفِرۡدَوۡسَ هُمۡ فِيهَا خَٰلِدُونَ ١١wat die Paradys sal erwe. Daarin sal hulle bly وَلَقَدۡ خَلَقۡنَا ٱلۡإِنسَٰنَ مِن سُلَٰلَةٍ مِّن طِينٍ ١٢Voorwaar, Ons het die mens geskape uit ’n ekstrak van klei ثُمَّ جَعَلۡنَٰهُ نُطۡفَةً فِي قَرَارٍ مَّكِينٍ ١٣daarna het Ons hom as ’n klein sperm in ’n veilige plek besorg ثُمَّ خَلَقۡنَا ٱلنُّطۡفَةَ عَلَقَةً فَخَلَقۡنَا ٱلۡعَلَقَةَ مُضۡغَةً فَخَلَقۡنَا ٱلۡمُضۡغَةَ عِظَٰمًا فَكَسَوۡنَا ٱلۡعِظَٰمَ لَحۡمًا ثُمَّ أَنشَأۡنَٰهُ خَلۡقًا ءَاخَرَۚ فَتَبَارَكَ ٱللَّهُ أَحۡسَنُ ٱلۡخَٰلِقِينَ ١٤Vervolgens vorm Ons die sperm tot ’n bloedstolsel; daarna vorm Ons die gestolde bloed tot ’n stuk vleis; dan vorm Ons in die stuk vleis beendere; dan beklee Ons die beendere met vleis; en so ontwikkel Ons dit tot ’n nuwe skepping. Geseënd is Allah, die Beste skepper ثُمَّ إِنَّكُم بَعۡدَ ذَٰلِكَ لَمَيِّتُونَ ١٥Daarna sal julle sekerlik sterf ثُمَّ إِنَّكُمۡ يَوۡمَ ٱلۡقِيَٰمَةِ تُبۡعَثُونَ ١٦en op die Dag van Herrysenis weer opgewek word وَلَقَدۡ خَلَقۡنَا فَوۡقَكُمۡ سَبۡعَ طَرَآئِقَ وَمَا كُنَّا عَنِ ٱلۡخَلۡقِ غَٰفِلِينَ ١٧En bo julle het Ons sewe hemele gemaak ~ en nooit verontag- saam Ons die skepping nie وَأَنزَلۡنَا مِنَ ٱلسَّمَآءِ مَآءَۢ بِقَدَرٍ فَأَسۡكَنَّٰهُ فِي ٱلۡأَرۡضِۖ وَإِنَّا عَلَىٰ ذَهَابِۭ بِهِۦ لَقَٰدِرُونَ ١٨En Ons stuur water uit die wolk in bepaalde hoeveelheid, en Ons laat dit in die aarde insink, en Ons is sekerlik in staat om dit weer weg te neem فَأَنشَأۡنَا لَكُم بِهِۦ جَنَّٰتٍ مِّن نَّخِيلٍ وَأَعۡنَٰبٍ لَّكُمۡ فِيهَا فَوَٰكِهُ كَثِيرَةٌ وَمِنۡهَا تَأۡكُلُونَ ١٩Ons laat tuine van dadelpalms en wingerde vir julle daarmee groei. Daarin het julle baie vrugte, en daarvan eet julle وَشَجَرَةً تَخۡرُجُ مِن طُورِ سَيۡنَآءَ تَنۢبُتُ بِٱلدُّهۡنِ وَصِبۡغٍ لِّلۡأٓكِلِينَ ٢٠en ’n boom wat uit die berg Sinai groei, wat olie en voedsel vir die eters verskaf وَإِنَّ لَكُمۡ فِي ٱلۡأَنۡعَٰمِ لَعِبۡرَةًۖ نُّسۡقِيكُم مِّمَّا فِي بُطُونِهَا وَلَكُمۡ فِيهَا مَنَٰفِعُ كَثِيرَةٌ وَمِنۡهَا تَأۡكُلُونَ ٢١En waarlik, in die vee is daar ’n les vir julle: Ons laat julle drink van wat uit hulle buik kom, en talryke voordele kry julle uit hulle, en van hulle eet julle وَعَلَيۡهَا وَعَلَى ٱلۡفُلۡكِ تُحۡمَلُونَ ٢٢En op hulle, en op die skepe, word julle vervoer وَلَقَدۡ أَرۡسَلۡنَا نُوحًا إِلَىٰ قَوۡمِهِۦ فَقَالَ يَٰقَوۡمِ ٱعۡبُدُواْ ٱللَّهَ مَا لَكُم مِّنۡ إِلَٰهٍ غَيۡرُهُۥٓۚ أَفَلَا تَتَّقُونَ ٢٣En Ons het Noag na sy volk gestuur, waar hy gesê het: O my volk! Aanbid Allah. Julle het geen ander God as Hom nie. Sal julle dan nie teen die kwaad waak nie فَقَالَ ٱلۡمَلَؤُاْ ٱلَّذِينَ كَفَرُواْ مِن قَوۡمِهِۦ مَا هَٰذَآ إِلَّا بَشَرٌ مِّثۡلُكُمۡ يُرِيدُ أَن يَتَفَضَّلَ عَلَيۡكُمۡ وَلَوۡ شَآءَ ٱللَّهُ لَأَنزَلَ مَلَٰٓئِكَةً مَّا سَمِعۡنَا بِهَٰذَا فِيٓ ءَابَآئِنَا ٱلۡأَوَّلِينَ ٢٤En die ongelowige hoofmanne van sy volk het gesê: Hy is maar net ’n sterfling soos julle, maar hy verlang voortreflikheid bó julle. En as Allah dit wou, kon Hy engele gestuur het. Van so ’n boodskapper het ons ons vaders nooit hoor praat nie إِنۡ هُوَ إِلَّا رَجُلُۢ بِهِۦ جِنَّةٌ فَتَرَبَّصُواْ بِهِۦ حَتَّىٰ حِينٍ ٢٥Hy is slegs ’n kranksinnige; duld hom maar vir ’n tydjie قَالَ رَبِّ ٱنصُرۡنِي بِمَا كَذَّبُونِ ٢٦Hy het gesê: O my Heer! Help my omdat hulle my verloën فَأَوۡحَيۡنَآ إِلَيۡهِ أَنِ ٱصۡنَعِ ٱلۡفُلۡكَ بِأَعۡيُنِنَا وَوَحۡيِنَا فَإِذَا جَآءَ أَمۡرُنَا وَفَارَ ٱلتَّنُّورُ فَٱسۡلُكۡ فِيهَا مِن كُلٍّ زَوۡجَيۡنِ ٱثۡنَيۡنِ وَأَهۡلَكَ إِلَّا مَن سَبَقَ عَلَيۡهِ ٱلۡقَوۡلُ مِنۡهُمۡۖ وَلَا تُخَٰطِبۡنِي فِي ٱلَّذِينَ ظَلَمُوٓاْ إِنَّهُم مُّغۡرَقُونَ ٢٧Toe het Ons aan hom geopenbaar: Bou die Ark onder Ons oë en in ooreenstemming met Ons openbaring. Wanneer Ons bevel dan kom, en die water stromende uit die vallei kom, neem dan van elke soort ’n paar aan boord, en ook u volk, behalwe diegene onder hulle teen wie die woord reeds uitgevaardig is; en praat nie met My oor die onregverdiges nie; waarlik, hulle sal verdrink word فَإِذَا ٱسۡتَوَيۡتَ أَنتَ وَمَن مَّعَكَ عَلَى ٱلۡفُلۡكِ فَقُلِ ٱلۡحَمۡدُ لِلَّهِ ٱلَّذِي نَجَّىٰنَا مِنَ ٱلۡقَوۡمِ ٱلظَّٰلِمِينَ ٢٨Wanneer u veilig in die Ark sit ~ u en diegene saam met u ~ sê dan: Alle lof behoort aan Allah, wat ons van ’n bose volk verlos het وَقُل رَّبِّ أَنزِلۡنِي مُنزَلًا مُّبَارَكًا وَأَنتَ خَيۡرُ ٱلۡمُنزِلِينَ ٢٩En sê: My Heer, laat my landing geseënd wees; u is die Beste Landingshulp إِنَّ فِي ذَٰلِكَ لَأٓيَٰتٍ وَإِن كُنَّا لَمُبۡتَلِينَ ٣٠Voorwaar, hierin is tekens; en waarlik, Ons stel die mense op die proef ثُمَّ أَنشَأۡنَا مِنۢ بَعۡدِهِمۡ قَرۡنًا ءَاخَرِينَ ٣١Toe het Ons ’n ander geslag ná hulle verwek فَأَرۡسَلۡنَا فِيهِمۡ رَسُولًا مِّنۡهُمۡ أَنِ ٱعۡبُدُواْ ٱللَّهَ مَا لَكُم مِّنۡ إِلَٰهٍ غَيۡرُهُۥٓۚ أَفَلَا تَتَّقُونَ ٣٢En Ons het ’n boodskapper uit hulle midde gestuur, wat gesê het: Dien Allah ~ julle het geen ander God as Hom nie. Sal julle dan nie teen die kwaad waak nie وَقَالَ ٱلۡمَلَأُ مِن قَوۡمِهِ ٱلَّذِينَ كَفَرُواْ وَكَذَّبُواْ بِلِقَآءِ ٱلۡأٓخِرَةِ وَأَتۡرَفۡنَٰهُمۡ فِي ٱلۡحَيَوٰةِ ٱلدُّنۡيَا مَا هَٰذَآ إِلَّا بَشَرٌ مِّثۡلُكُمۡ يَأۡكُلُ مِمَّا تَأۡكُلُونَ مِنۡهُ وَيَشۡرَبُ مِمَّا تَشۡرَبُونَ ٣٣En die ongelowige hoofde van sy volk, wat die ontmoeting in die Hiernamaals verloën en aan wie Ons ’n oorvloed geskenk het om in hierdie lewe te geniet, het gesê: Hy is net so ’n sterfling soos julle. Hy eet waarvan julle eet, en drink waarvan julle drink وَلَئِنۡ أَطَعۡتُم بَشَرًا مِّثۡلَكُمۡ إِنَّكُمۡ إِذًا لَّخَٰسِرُونَ ٣٤As julle iemand gehoorsaam wat net so ’n sterfling is soos julle, sal julle sekerlik veloorders wees أَيَعِدُكُمۡ أَنَّكُمۡ إِذَا مِتُّمۡ وَكُنتُمۡ تُرَابًا وَعِظَٰمًا أَنَّكُم مُّخۡرَجُونَ ٣٥Belowe hy dat wanneer julle dood is en stof en beendere geword het, julle weer opgewek sal word ۞ هَيۡهَاتَ هَيۡهَاتَ لِمَا تُوعَدُونَ ٣٦Ver, baie ver, is dít wat julle beloof word إِنۡ هِيَ إِلَّا حَيَاتُنَا ٱلدُّنۡيَا نَمُوتُ وَنَحۡيَا وَمَا نَحۡنُ بِمَبۡعُوثِينَ ٣٧Daar is geen ander lewe buiten hierdie lewe nie; ons sterf en ons lewe, en ons sal nie weer opgewek word nie إِنۡ هُوَ إِلَّا رَجُلٌ ٱفۡتَرَىٰ عَلَى ٱللَّهِ كَذِبًا وَمَا نَحۡنُ لَهُۥ بِمُؤۡمِنِينَ ٣٨Hy is niemand anders nie as ’n man wat ’n leuen teen Allah versin het; ons sal in hom nie glo nie قَالَ رَبِّ ٱنصُرۡنِي بِمَا كَذَّبُونِ ٣٩Hy het gesê: O my Heer! Help my; hulle verloën my قَالَ عَمَّا قَلِيلٍ لَّيُصۡبِحُنَّ نَٰدِمِينَ ٤٠Hy, Allah, het gesê: Binnekort sal hulle sekerlik spyt wees فَأَخَذَتۡهُمُ ٱلصَّيۡحَةُ بِٱلۡحَقِّ فَجَعَلۡنَٰهُمۡ غُثَآءًۚ فَبُعۡدًا لِّلۡقَوۡمِ ٱلظَّٰلِمِينَ ٤١Toe het ’n regverdige straf hulle ingehaal, en Ons het opdrifsels van hulle gemaak. Weg dan met die onregverdige volk ثُمَّ أَنشَأۡنَا مِنۢ بَعۡدِهِمۡ قُرُونًا ءَاخَرِينَ ٤٢Toe het Ons ander geslagte ná hul opgewek مَا تَسۡبِقُ مِنۡ أُمَّةٍ أَجَلَهَا وَمَا يَسۡتَـٔۡخِرُونَ ٤٣Geen volk kan sy verdoemenis verhaas nie, nog minder kan hulle dit uitstel ثُمَّ أَرۡسَلۡنَا رُسُلَنَا تَتۡرَاۖ كُلَّ مَا جَآءَ أُمَّةً رَّسُولُهَا كَذَّبُوهُۖ فَأَتۡبَعۡنَا بَعۡضَهُم بَعۡضًا وَجَعَلۡنَٰهُمۡ أَحَادِيثَۚ فَبُعۡدًا لِّقَوۡمٍ لَّا يُؤۡمِنُونَ ٤٤Toe het Ons Ons boodskappers die een na die ander gestuur. Telkens wanneer ’n boodskapper by ’n volk kom, het hulle hom verloën. So het Ons hulle die een na die ander laat opvolg, en hulle legendes gemaak. Weg dan met ’n volk wat nie glo nie ثُمَّ أَرۡسَلۡنَا مُوسَىٰ وَأَخَاهُ هَٰرُونَ بِـَٔايَٰتِنَا وَسُلۡطَٰنٍ مُّبِينٍ ٤٥Daarna het Ons Moses en sy broer Aäron met Ons tekens en duidelike gesag gestuur إِلَىٰ فِرۡعَوۡنَ وَمَلَإِيْهِۦ فَٱسۡتَكۡبَرُواْ وَكَانُواْ قَوۡمًا عَالِينَ ٤٦na Farao en sy owerstes, maar hulle was hoogmoedig en ’n aanmatigende volk فَقَالُوٓاْ أَنُؤۡمِنُ لِبَشَرَيۡنِ مِثۡلِنَا وَقَوۡمُهُمَا لَنَا عَٰبِدُونَ ٤٧Hulle het gesê: Moet ons in twee sterflinge soos onsself glo, terwyl hulle volk ons dien فَكَذَّبُوهُمَا فَكَانُواْ مِنَ ٱلۡمُهۡلَكِينَ ٤٨Derhalwe het hulle die twee ook verloën, en daarom het hulle later tot die vernietigdes behoort وَلَقَدۡ ءَاتَيۡنَا مُوسَى ٱلۡكِتَٰبَ لَعَلَّهُمۡ يَهۡتَدُونَ ٤٩En Ons het Moses die Boek geskenk sodat hulle die leiding kon volg وَجَعَلۡنَا ٱبۡنَ مَرۡيَمَ وَأُمَّهُۥٓ ءَايَةً وَءَاوَيۡنَٰهُمَآ إِلَىٰ رَبۡوَةٍ ذَاتِ قَرَارٍ وَمَعِينٍ ٥٠En Ons het die seun van Maria, en sy moeder, tot ’n teken gemaak, en Ons het albei van hulle toevlug verleen op ’n hoë plato met weivelde en vloeiende strome يَٰٓأَيُّهَا ٱلرُّسُلُ كُلُواْ مِنَ ٱلطَّيِّبَٰتِ وَٱعۡمَلُواْ صَٰلِحًاۖ إِنِّي بِمَا تَعۡمَلُونَ عَلِيمٌ ٥١O boodskappers! Eet van die heilsame voedsel, en verrig goeie dade. Voorwaar, Ek weet wat julle doen وَإِنَّ هَٰذِهِۦٓ أُمَّتُكُمۡ أُمَّةً وَٰحِدَةً وَأَنَا۠ رَبُّكُمۡ فَٱتَّقُونِ ٥٢En waarlik, hierdie gemeenskap van julle is één gemeenskap, en Ek is julle Heer; so vrees my فَتَقَطَّعُوٓاْ أَمۡرَهُم بَيۡنَهُمۡ زُبُرًاۖ كُلُّ حِزۡبِۭ بِمَا لَدَيۡهِمۡ فَرِحُونَ ٥٣Maar hulle het in sektes verdeel; elke party is verheug oor dít wat hulle besit فَذَرۡهُمۡ فِي غَمۡرَتِهِمۡ حَتَّىٰ حِينٍ ٥٤Laat hulle daarom ’n tyd lank aan hulle onkunde oor أَيَحۡسَبُونَ أَنَّمَا نُمِدُّهُم بِهِۦ مِن مَّالٍ وَبَنِينَ ٥٥Dink hulle, vanweë die rykdom en kinders waarmee Ons hulle bedeel نُسَارِعُ لَهُمۡ فِي ٱلۡخَيۡرَٰتِۚ بَل لَّا يَشۡعُرُونَ ٥٦dat Ons Ons haas om aan hulle goed te doen? Nee, hulle begryp nie إِنَّ ٱلَّذِينَ هُم مِّنۡ خَشۡيَةِ رَبِّهِم مُّشۡفِقُونَ ٥٧Voorwaar, diegene wat uit vrees ontsag koester vir hulle Heer وَٱلَّذِينَ هُم بِـَٔايَٰتِ رَبِّهِمۡ يُؤۡمِنُونَ ٥٨en diegene wat in die tekens van hulle Heer glo وَٱلَّذِينَ هُم بِرَبِّهِمۡ لَا يُشۡرِكُونَ ٥٩en hulle wat niemand anders met hulle Heer vereenselwig nie وَٱلَّذِينَ يُؤۡتُونَ مَآ ءَاتَواْ وَّقُلُوبُهُمۡ وَجِلَةٌ أَنَّهُمۡ إِلَىٰ رَبِّهِمۡ رَٰجِعُونَ ٦٠en diegene wat bestee wat hulle kan afstaan, terwyl hulle harte met vrees vervul is, omdat hulle tot hul Heer moet terugkeer أُوْلَٰٓئِكَ يُسَٰرِعُونَ فِي ٱلۡخَيۡرَٰتِ وَهُمۡ لَهَا سَٰبِقُونَ ٦١dit is húlle wat hul inspan om goed te doen, en hierin neem hulle ook altyd die voortou وَلَا نُكَلِّفُ نَفۡسًا إِلَّا وُسۡعَهَاۚ وَلَدَيۡنَا كِتَٰبٌ يَنطِقُ بِٱلۡحَقِّ وَهُمۡ لَا يُظۡلَمُونَ ٦٢Ons belas geen siel bo haar vermoë nie; en by Ons is ’n boek wat die waarheid spreek, daarom sal hulle geen onreg aangedoen word nie بَلۡ قُلُوبُهُمۡ فِي غَمۡرَةٍ مِّنۡ هَٰذَا وَلَهُمۡ أَعۡمَٰلٌ مِّن دُونِ ذَٰلِكَ هُمۡ لَهَا عَٰمِلُونَ ٦٣Nee, hulle harte is onverskillig teenoor die Boek en buitendien het hulle ander take wat hulle aandag aflei حَتَّىٰٓ إِذَآ أَخَذۡنَا مُتۡرَفِيهِم بِٱلۡعَذَابِ إِذَا هُمۡ يَجۡـَٔرُونَ ٦٤Totdat Ons diegene wat luilekker lewe met straf vergeld, Kyk! dan skree hulle om hulp لَا تَجۡـَٔرُواْ ٱلۡيَوۡمَۖ إِنَّكُم مِّنَّا لَا تُنصَرُونَ ٦٥Skreeu nie om hulp op daardie Dag nie, want Ons sal julle tog nie bystaan nie قَدۡ كَانَتۡ ءَايَٰتِي تُتۡلَىٰ عَلَيۡكُمۡ فَكُنتُمۡ عَلَىٰٓ أَعۡقَٰبِكُمۡ تَنكِصُونَ ٦٦My tekens is inderdaad aan julle voorgedra, dog julle het op die plek omgedraai مُسۡتَكۡبِرِينَ بِهِۦ سَٰمِرًا تَهۡجُرُونَ ٦٧met hoogmoed, en snags daarmee gespot أَفَلَمۡ يَدَّبَّرُواْ ٱلۡقَوۡلَ أَمۡ جَآءَهُم مَّا لَمۡ يَأۡتِ ءَابَآءَهُمُ ٱلۡأَوَّلِينَ ٦٨Het hulle dan nie oor die Woord nagedink nie? Of het daar iets na hulle gekom wat nie aan hulle voorvaders gestuur is nie أَمۡ لَمۡ يَعۡرِفُواْ رَسُولَهُمۡ فَهُمۡ لَهُۥ مُنكِرُونَ ٦٩Of erken hulle nie hul boodskapper, sodat hulle hom nie aanvaar nie أَمۡ يَقُولُونَ بِهِۦ جِنَّةُۢۚ بَلۡ جَآءَهُم بِٱلۡحَقِّ وَأَكۡثَرُهُمۡ لِلۡحَقِّ كَٰرِهُونَ ٧٠Of sê hulle: Hy is kranksinnig? Nee, hy het hulle die Waarheid gebring, en die meeste van hulle haat die Waarheid وَلَوِ ٱتَّبَعَ ٱلۡحَقُّ أَهۡوَآءَهُمۡ لَفَسَدَتِ ٱلسَّمَٰوَٰتُ وَٱلۡأَرۡضُ وَمَن فِيهِنَّۚ بَلۡ أَتَيۡنَٰهُم بِذِكۡرِهِمۡ فَهُمۡ عَن ذِكۡرِهِم مُّعۡرِضُونَ ٧١En indien die Waarheid hom na húlle wens moes skik, sou die hemele en die aarde en alles wat daarin is, in wanorde verval het. Nee, Ons het hulle vermaning vir hulle gebring, maar hulle minag die vermaning أَمۡ تَسۡـَٔلُهُمۡ خَرۡجًا فَخَرَاجُ رَبِّكَ خَيۡرٌۖ وَهُوَ خَيۡرُ ٱلرَّٰزِقِينَ ٧٢Of vra u enige beloning van hulle? Die beloning van u Heer is beter, en Hy is die beste Voorsiener وَإِنَّكَ لَتَدۡعُوهُمۡ إِلَىٰ صِرَٰطٍ مُّسۡتَقِيمٍ ٧٣En u roep hulle waarlik tot die regte weg وَإِنَّ ٱلَّذِينَ لَا يُؤۡمِنُونَ بِٱلۡأٓخِرَةِ عَنِ ٱلصِّرَٰطِ لَنَٰكِبُونَ ٧٤Maar hulle wat nie in die Hiernamaals glo nie, dwaal inderdaad van die weg af ۞ وَلَوۡ رَحِمۡنَٰهُمۡ وَكَشَفۡنَا مَا بِهِم مِّن ضُرٍّ لَّلَجُّواْ فِي طُغۡيَٰنِهِمۡ يَعۡمَهُونَ ٧٥En as Ons Ons oor hulle ontferm en hule kwelling verlig, sal hulle tog maar blindelings in hulle oortredinge volhard وَلَقَدۡ أَخَذۡنَٰهُم بِٱلۡعَذَابِ فَمَا ٱسۡتَكَانُواْ لِرَبِّهِمۡ وَمَا يَتَضَرَّعُونَ ٧٦En Ons het hulle alreeds met straf besoek, maar hulle was hulle Heer nie onderdanig nie; en ook was hulle nie ootmoedig nie حَتَّىٰٓ إِذَا فَتَحۡنَا عَلَيۡهِم بَابًا ذَا عَذَابٍ شَدِيدٍ إِذَا هُمۡ فِيهِ مُبۡلِسُونَ ٧٧Totdat Ons vir hulle die deur tot streng straf oopmaak; kyk! dan verkeer hulle in wanhoop وَهُوَ ٱلَّذِيٓ أَنشَأَ لَكُمُ ٱلسَّمۡعَ وَٱلۡأَبۡصَٰرَ وَٱلۡأَفۡـِٔدَةَۚ قَلِيلًا مَّا تَشۡكُرُونَ ٧٨En dit is Hy wat die ore en die oë en die harte vir julle gemaak het, maar julle dank is maar min وَهُوَ ٱلَّذِي ذَرَأَكُمۡ فِي ٱلۡأَرۡضِ وَإِلَيۡهِ تُحۡشَرُونَ ٧٩En dit is Hy wat julle op die aarde laat vermenigvuldig het, en tot wie julle versamel sal word وَهُوَ ٱلَّذِي يُحۡيِۦ وَيُمِيتُ وَلَهُ ٱخۡتِلَٰفُ ٱلَّيۡلِ وَٱلنَّهَارِۚ أَفَلَا تَعۡقِلُونَ ٨٠En dit is Hy wat die lewe skenk, en die dood veroorsaak; en die wisseling van die nag en die dag is Syne. Wíl julle dan nie verstaan nie بَلۡ قَالُواْ مِثۡلَ مَا قَالَ ٱلۡأَوَّلُونَ ٨١Nee, hulle sê dieselfde dinge wat die ou volkere gesê het قَالُوٓاْ أَءِذَا مِتۡنَا وَكُنَّا تُرَابًا وَعِظَٰمًا أَءِنَّا لَمَبۡعُوثُونَ ٨٢Hulle sê: Sal ons, wanneer ons dood is en tot stof en beendere vergaan het, dan weer opgewek word لَقَدۡ وُعِدۡنَا نَحۡنُ وَءَابَآؤُنَا هَٰذَا مِن قَبۡلُ إِنۡ هَٰذَآ إِلَّآ أَسَٰطِيرُ ٱلۡأَوَّلِينَ ٨٣Dit word inderdaad aan ons belowe, net soos voorheen aan ons voorvaders, maar dit is slegs fabels van die ou volke قُل لِّمَنِ ٱلۡأَرۡضُ وَمَن فِيهَآ إِن كُنتُمۡ تَعۡلَمُونَ ٨٤Sê: Aan wie behoort die aarde en alles wat daarop is? Sê as julle dit weet سَيَقُولُونَ لِلَّهِۚ قُلۡ أَفَلَا تَذَكَّرُونَ ٨٥Hulle sal sê: Aan Allah. Sê: Sal julle dan nie ag gee nie قُلۡ مَن رَّبُّ ٱلسَّمَٰوَٰتِ ٱلسَّبۡعِ وَرَبُّ ٱلۡعَرۡشِ ٱلۡعَظِيمِ ٨٦Sê: Wie is die Heer van die sewe hemele, en die Heer van die Groot, Almagtige Troon سَيَقُولُونَ لِلَّهِۚ قُلۡ أَفَلَا تَتَّقُونَ ٨٧Hulle sal sê: Allah. Sê: Sal julle dan nie teen die kwaad waak nie قُلۡ مَنۢ بِيَدِهِۦ مَلَكُوتُ كُلِّ شَيۡءٍ وَهُوَ يُجِيرُ وَلَا يُجَارُ عَلَيۡهِ إِن كُنتُمۡ تَعۡلَمُونَ ٨٨Sê: Wie is dit in Wie se hand die koninkryk van alle dinge is: Hy wat beskerm, en teen wie niemand beskerm word nie? Sê, as julle dit weet سَيَقُولُونَ لِلَّهِۚ قُلۡ فَأَنَّىٰ تُسۡحَرُونَ ٨٩Hulle sal antwoord: Dit behoort aan Allah. Sê: Waarom word julle dan mislei بَلۡ أَتَيۡنَٰهُم بِٱلۡحَقِّ وَإِنَّهُمۡ لَكَٰذِبُونَ ٩٠Nee, Ons het hulle die Waarheid gebring en hulle is sekerlik leuenaars مَا ٱتَّخَذَ ٱللَّهُ مِن وَلَدٍ وَمَا كَانَ مَعَهُۥ مِنۡ إِلَٰهٍۚ إِذًا لَّذَهَبَ كُلُّ إِلَٰهِۭ بِمَا خَلَقَ وَلَعَلَا بَعۡضُهُمۡ عَلَىٰ بَعۡضٍۚ سُبۡحَٰنَ ٱللَّهِ عَمَّا يَصِفُونَ ٩١Allah het vir Hom geen seun verwek nie, ook is daar geen ander god naas Hom nie, anders sou elke god probeer vernietig wat hy geskape het; en sommige van hulle sou andere sekerlik oorwin het. Verhewe is Allah bo alles wat hulle beweer عَٰلِمِ ٱلۡغَيۡبِ وَٱلشَّهَٰدَةِ فَتَعَٰلَىٰ عَمَّا يُشۡرِكُونَ ٩٢Die Kennisdraer van die Onsigbare en die Sigbare. Hy is verhewe bo dít waarmee hulle Hom vereenselwig قُل رَّبِّ إِمَّا تُرِيَنِّي مَا يُوعَدُونَ ٩٣Sê: My Heer! As U my daardie dinge sou laat sien, waarmee hulle bedreig word رَبِّ فَلَا تَجۡعَلۡنِي فِي ٱلۡقَوۡمِ ٱلظَّٰلِمِينَ ٩٤my Heer, plaas my dan nie te midde van die onregverdige volk nie وَإِنَّا عَلَىٰٓ أَن نُّرِيَكَ مَا نَعِدُهُمۡ لَقَٰدِرُونَ ٩٥En voorwaar, Ons is gewis in staat om u te laat sien waarmee Ons hulle bedreig ٱدۡفَعۡ بِٱلَّتِي هِيَ أَحۡسَنُ ٱلسَّيِّئَةَۚ نَحۡنُ أَعۡلَمُ بِمَا يَصِفُونَ ٩٦Verdryf die kwaad met die goeie. Ons weet die beste wat hulle beweer وَقُل رَّبِّ أَعُوذُ بِكَ مِنۡ هَمَزَٰتِ ٱلشَّيَٰطِينِ ٩٧En sê: My Heer! Ek neem toevlug tot U teen die bose voorstelle van die duiwels وَأَعُوذُ بِكَ رَبِّ أَن يَحۡضُرُونِ ٩٨en ek neem toevlug tot U, my Heer, ingeval hulle my sou besoek حَتَّىٰٓ إِذَا جَآءَ أَحَدَهُمُ ٱلۡمَوۡتُ قَالَ رَبِّ ٱرۡجِعُونِ ٩٩Maar wanneer die dood tot een van hulle kom, sê hy smekend: My Heer! Stuur my terug لَعَلِّيٓ أَعۡمَلُ صَٰلِحًا فِيمَا تَرَكۡتُۚ كـَلَّآۚ إِنَّهَا كَلِمَةٌ هُوَ قَآئِلُهَاۖ وَمِن وَرَآئِهِم بَرۡزَخٌ إِلَىٰ يَوۡمِ يُبۡعَثُونَ ١٠٠sodat ek kan vergoed vir wat ek nagelaat het om te doen. Geensins! Dit is slegs ’n woord wat hy uiter. En voor hulle is ’n versperring tot die Dag wanneer hulle opgewek sal word فَإِذَا نُفِخَ فِي ٱلصُّورِ فَلَآ أَنسَابَ بَيۡنَهُمۡ يَوۡمَئِذٍ وَلَا يَتَسَآءَلُونَ ١٠١Wanneer die basuin dan geblaas word, sal daar op daardie Dag geen familiebande tussen hulle wees nie, ook sal die een na die ander nie uitvra nie فَمَن ثَقُلَتۡ مَوَٰزِينُهُۥ فَأُوْلَٰٓئِكَ هُمُ ٱلۡمُفۡلِحُونَ ١٠٢Diegene dan, wie se goeie dade swaar weeg, sal suksesvol wees وَمَنۡ خَفَّتۡ مَوَٰزِينُهُۥ فَأُوْلَٰٓئِكَ ٱلَّذِينَ خَسِرُوٓاْ أَنفُسَهُمۡ فِي جَهَنَّمَ خَٰلِدُونَ ١٠٣En diegene wie se goeie dade lig sal weeg, dit is húlle wat hulle siele verloor het; in die Hel sal hulle bly تَلۡفَحُ وُجُوهَهُمُ ٱلنَّارُ وَهُمۡ فِيهَا كَٰلِحُونَ ١٠٤Die Vuur sal hulle gesigte verskroei en hulle sal daarin swaar kwellings ondergaan أَلَمۡ تَكُنۡ ءَايَٰتِي تُتۡلَىٰ عَلَيۡكُمۡ فَكُنتُم بِهَا تُكَذِّبُونَ ١٠٥Daar sal gesê word: Is My tekens nie aan julle voorgedra, en het julle dit nie verwerp nie قَالُواْ رَبَّنَا غَلَبَتۡ عَلَيۡنَا شِقۡوَتُنَا وَكُنَّا قَوۡمًا ضَآلِّينَ ١٠٦Hulle sal antwoord: O, ons Heer! Ons teëspoed het ons oorweldig, en ons was ’n dwalende volk رَبَّنَآ أَخۡرِجۡنَا مِنۡهَا فَإِنۡ عُدۡنَا فَإِنَّا ظَٰلِمُونَ ١٠٧Ons Heer, neem ons daaruit; indien ons terugkeer na die kwaad, sal ons waarlik onregverdig wees قَالَ ٱخۡسَـُٔواْ فِيهَا وَلَا تُكَلِّمُونِ ١٠٨Hy sal sê: Gaan, verneder, daarin en spreek My nie aan nie إِنَّهُۥ كَانَ فَرِيقٌ مِّنۡ عِبَادِي يَقُولُونَ رَبَّنَآ ءَامَنَّا فَٱغۡفِرۡ لَنَا وَٱرۡحَمۡنَا وَأَنتَ خَيۡرُ ٱلرَّٰحِمِينَ ١٠٩Waarlik, daar was sommige van My dienaars wat gesê het: Ons Heer! Ons glo; vergewe ons daarom, en wees ons barmhartig, en U is die Beste van hulle wat Genade betoon فَٱتَّخَذۡتُمُوهُمۡ سِخۡرِيًّا حَتَّىٰٓ أَنسَوۡكُمۡ ذِكۡرِي وَكُنتُم مِّنۡهُمۡ تَضۡحَكُونَ ١١٠Maar julle het die spot met hulle gedryf, totdat hulle die oorsaak was dat julle My vergeet het, omdat julle hulle uitgelag het إِنِّي جَزَيۡتُهُمُ ٱلۡيَوۡمَ بِمَا صَبَرُوٓاْ أَنَّهُمۡ هُمُ ٱلۡفَآئِزُونَ ١١١Maar Ek het hulle vandag waarlik vir hulle geduld beloon. Voorwaar, hulle is die oorwinnaars قَٰلَ كَمۡ لَبِثۡتُمۡ فِي ٱلۡأَرۡضِ عَدَدَ سِنِينَ ١١٢Hy sal vra: Hoeveel jaar het julle op die aarde gebly قَالُواْ لَبِثۡنَا يَوۡمًا أَوۡ بَعۡضَ يَوۡمٍ فَسۡـَٔلِ ٱلۡعَآدِّينَ ١١٣Hulle sal antwoord: Ons het ’n dag gebly of ’n deel van ’n dag, maar vra diegene wat rekening hou قَٰلَ إِن لَّبِثۡتُمۡ إِلَّا قَلِيلًاۖ لَّوۡ أَنَّكُمۡ كُنتُمۡ تَعۡلَمُونَ ١١٤Hy sal sê: Julle het maar ’n klein rukkie vertoef ~ as julle dit maar geweet het أَفَحَسِبۡتُمۡ أَنَّمَا خَلَقۡنَٰكُمۡ عَبَثًا وَأَنَّكُمۡ إِلَيۡنَا لَا تُرۡجَعُونَ ١١٥Het julle dan gedink dat Ons julle tevergeefs geskape het, en dat julle nie na Ons teruggebring sal word nie فَتَعَٰلَى ٱللَّهُ ٱلۡمَلِكُ ٱلۡحَقُّۖ لَآ إِلَٰهَ إِلَّا هُوَ رَبُّ ٱلۡعَرۡشِ ٱلۡكَرِيمِ ١١٦Verhewe is Allah, die ware Koning! Geen god is daar buiten Hom nie, die Heer van die Voortreflike Troon وَمَن يَدۡعُ مَعَ ٱللَّهِ إِلَٰهًا ءَاخَرَ لَا بُرۡهَٰنَ لَهُۥ بِهِۦ فَإِنَّمَا حِسَابُهُۥ عِندَ رَبِّهِۦٓۚ إِنَّهُۥ لَا يُفۡلِحُ ٱلۡكَٰفِرُونَ ١١٧En wie dan naas Allah ’n ander god aanroep ~ hy het geen bewys daarvan nie ~ sy afrekening is slegs by sy Heer. Voorwaar, die ongelowiges sal nie slaag nie وَقُل رَّبِّ ٱغۡفِرۡ وَٱرۡحَمۡ وَأَنتَ خَيۡرُ ٱلرَّٰحِمِينَ ١١٨En sê: O my Heer! Vergewe en wees genadig, want U is die Beste van hulle wat Barmhartigheid betoon