بِسۡمِ ٱللَّهِ ٱلرَّحۡمَٰنِ ٱلرَّحِيمِ
وَٱلشَّمۡسِ وَضُحَىٰهَا ١By die son en sy glansrykheid وَٱلۡقَمَرِ إِذَا تَلَىٰهَا ٢by die maan as hy hom volg وَٱلنَّهَارِ إِذَا جَلَّىٰهَا ٣by die dag, as dit onthul وَٱلَّيۡلِ إِذَا يَغۡشَىٰهَا ٤by die nag, as dit bedek وَٱلسَّمَآءِ وَمَا بَنَىٰهَا ٥by die hemel en die skepping daarvan وَٱلۡأَرۡضِ وَمَا طَحَىٰهَا ٦by die aarde en sy ruimte وَنَفۡسٍ وَمَا سَوَّىٰهَا ٧En by die siel en sy volmaaktheid فَأَلۡهَمَهَا فُجُورَهَا وَتَقۡوَىٰهَا ٨So openbaar Hy die goeie sowel as die bose weg قَدۡ أَفۡلَحَ مَن زَكَّىٰهَا ٩Suksesvol sal hy wees wat dit rein hou وَقَدۡ خَابَ مَن دَسَّىٰهَا ١٠maar klaaglik die lot van hom wat die siel verlei en besoedel كَذَّبَتۡ ثَمُودُ بِطَغۡوَىٰهَآ ١١Die stam van Thamoed het die waarheid in hulle boosaardig- heid verwerp إِذِ ٱنۢبَعَثَ أَشۡقَىٰهَا ١٢toe die gemeenste onder hulle in opstand gekom het فَقَالَ لَهُمۡ رَسُولُ ٱللَّهِ نَاقَةَ ٱللَّهِ وَسُقۡيَٰهَا ١٣Tog het die boodskapper van Allah vir hulle gesê: Dít is die kamelin van Allah; laat haar drink فَكَذَّبُوهُ فَعَقَرُوهَا فَدَمۡدَمَ عَلَيۡهِمۡ رَبُّهُم بِذَنۢبِهِمۡ فَسَوَّىٰهَا ١٤Maar hulle het hom verloën en haar geslag. Daarom het hulle Heer hulle vanweë hul sonde verdelg, en alles met die grond gelyk gemaak وَلَا يَخَافُ عُقۡبَٰهَا ١٥En Hy vrees nie die gevolge hiervan nie