بِسۡمِ ٱللَّهِ ٱلرَّحۡمَٰنِ ٱلرَّحِيمِ
يُسَبِّحُ لِلَّهِ مَا فِي ٱلسَّمَٰوَٰتِ وَمَا فِي ٱلۡأَرۡضِۖ لَهُ ٱلۡمُلۡكُ وَلَهُ ٱلۡحَمۡدُۖ وَهُوَ عَلَىٰ كُلِّ شَيۡءٍ قَدِيرٌ ١Wat ook al in die hemele is, en wat ook al op die aarde is, verheerlik Allah. Aan Hom behoort die Koninkryk en Hom kom die Lof toe; en Hy het Mag oor alle dinge هُوَ ٱلَّذِي خَلَقَكُمۡ فَمِنكُمۡ كَافِرٌ وَمِنكُم مُّؤۡمِنٌۚ وَٱللَّهُ بِمَا تَعۡمَلُونَ بَصِيرٌ ٢Dit is Hy wat julle geskape het, maar sommige van julle is ongelowig, en sommige van julle is gelowig. En Allah sien wat julle doen خَلَقَ ٱلسَّمَٰوَٰتِ وَٱلۡأَرۡضَ بِٱلۡحَقِّ وَصَوَّرَكُمۡ فَأَحۡسَنَ صُوَرَكُمۡۖ وَإِلَيۡهِ ٱلۡمَصِيرُ ٣Hy het die hemele en die aarde in waarheid geskape, en Hy het julle gevorm en julle mooi van gestalte gemaak, en tot Hom is die terugkeer يَعۡلَمُ مَا فِي ٱلسَّمَٰوَٰتِ وَٱلۡأَرۡضِ وَيَعۡلَمُ مَا تُسِرُّونَ وَمَا تُعۡلِنُونَۚ وَٱللَّهُ عَلِيمُۢ بِذَاتِ ٱلصُّدُورِ ٤Hy weet wat in die hemele en op aarde is, en Hy weet wat julle verberg en wat julle onthul; en Allah weet alles wat in die harte omgaan أَلَمۡ يَأۡتِكُمۡ نَبَؤُاْ ٱلَّذِينَ كَفَرُواْ مِن قَبۡلُ فَذَاقُواْ وَبَالَ أَمۡرِهِمۡ وَلَهُمۡ عَذَابٌ أَلِيمٌ ٥Het julle nie die verhaal gehoor van diegene wat vantevore nie geglo het nie? Die slegte gevolge van hulle gedrag het hulle ondervind, en hulle is pynlik gekasty ذَٰلِكَ بِأَنَّهُۥ كَانَت تَّأۡتِيهِمۡ رُسُلُهُم بِٱلۡبَيِّنَٰتِ فَقَالُوٓاْ أَبَشَرٌ يَهۡدُونَنَا فَكَفَرُواْ وَتَوَلَّواْۖ وَّٱسۡتَغۡنَى ٱللَّهُۚ وَٱللَّهُ غَنِيٌّ حَمِيدٌ ٦Dit is omdat boodskappers met duidelike bewyse na hulle gekom het, maar hulle het gesê: Sal sterflinge ons lei? Daarom het hulle nie geglo nie en weggedraai; en Allah het geen behoeftes nie. En Allah is die Self-Genoegsame, die Lofwaardige زَعَمَ ٱلَّذِينَ كَفَرُوٓاْ أَن لَّن يُبۡعَثُواْۚ قُلۡ بَلَىٰ وَرَبِّي لَتُبۡعَثُنَّ ثُمَّ لَتُنَبَّؤُنَّ بِمَا عَمِلۡتُمۡۚ وَذَٰلِكَ عَلَى ٱللَّهِ يَسِيرٌ ٧Diegene wat nie glo nie, dink dat hulle nie opgewek sal word nie. Sê: Ja, by my Heer, julle sal sekerlik opstaan; dan sal julle sekerlik meegedeel word wat julle gedoen het. En vir Allah is dit maklik فَـَٔامِنُواْ بِٱللَّهِ وَرَسُولِهِۦ وَٱلنُّورِ ٱلَّذِيٓ أَنزَلۡنَاۚ وَٱللَّهُ بِمَا تَعۡمَلُونَ خَبِيرٌ ٨Glo dan in Allah en Sy Boodskapper en die Lig wat Ons geopenbaar het. En Allah is Bewus van wat julle doen يَوۡمَ يَجۡمَعُكُمۡ لِيَوۡمِ ٱلۡجَمۡعِۖ ذَٰلِكَ يَوۡمُ ٱلتَّغَابُنِۗ وَمَن يُؤۡمِنۢ بِٱللَّهِ وَيَعۡمَلۡ صَٰلِحًا يُكَفِّرۡ عَنۡهُ سَيِّـَٔاتِهِۦ وَيُدۡخِلۡهُ جَنَّٰتٍ تَجۡرِي مِن تَحۡتِهَا ٱلۡأَنۡهَٰرُ خَٰلِدِينَ فِيهَآ أَبَدًاۚ ذَٰلِكَ ٱلۡفَوۡزُ ٱلۡعَظِيمُ ٩Wanneer Hy julle vir die Dag van Versameling byeen sal roep, sal dit die tyd vir die Onthulling van Verliese wees. En wie ook al in Allah glo en goeddoen, sy foute sal Hy vir hom uitwis en Hy sal hom in Tuine toelaat waardeur riviere vloei, om ewig daarin te bly. Dít is die groot sukses وَٱلَّذِينَ كَفَرُواْ وَكَذَّبُواْ بِـَٔايَٰتِنَآ أُوْلَٰٓئِكَ أَصۡحَٰبُ ٱلنَّارِ خَٰلِدِينَ فِيهَاۖ وَبِئۡسَ ٱلۡمَصِيرُ ١٠Maar hulle wat nie glo nie en Ons tekens verwerp, hulle is die bewoners van die Vuur, waarin hulle sal bly; en dit is ’n bose bestemming مَآ أَصَابَ مِن مُّصِيبَةٍ إِلَّا بِإِذۡنِ ٱللَّهِۗ وَمَن يُؤۡمِنۢ بِٱللَّهِ يَهۡدِ قَلۡبَهُۥۚ وَٱللَّهُ بِكُلِّ شَيۡءٍ عَلِيمٌ ١١En daar gebeur geen rampspoed nie, behalwe met die toestem- ming van Allah. En wie ook al in Allah glo, Hy lei sy hart. En Allah het kennis van alle dinge وَأَطِيعُواْ ٱللَّهَ وَأَطِيعُواْ ٱلرَّسُولَۚ فَإِن تَوَلَّيۡتُمۡ فَإِنَّمَا عَلَىٰ رَسُولِنَا ٱلۡبَلَٰغُ ٱلۡمُبِينُ ١٢En gehoorsaam Allah, en gehoorsaam die Boodskapper; maar indien julle wegdraai, is die plig van Ons Boodskapper slegs om die boodskap duidelik af te lewer ٱللَّهُ لَآ إِلَٰهَ إِلَّا هُوَۚ وَعَلَى ٱللَّهِ فَلۡيَتَوَكَّلِ ٱلۡمُؤۡمِنُونَ ١٣Allah! Daar is geen God nie buiten Hom. En laat die gelowiges daarom hulle vertroue in Allah stel يَٰٓأَيُّهَا ٱلَّذِينَ ءَامَنُوٓاْ إِنَّ مِنۡ أَزۡوَٰجِكُمۡ وَأَوۡلَٰدِكُمۡ عَدُوًّا لَّكُمۡ فَٱحۡذَرُوهُمۡۚ وَإِن تَعۡفُواْ وَتَصۡفَحُواْ وَتَغۡفِرُواْ فَإِنَّ ٱللَّهَ غَفُورٌ رَّحِيمٌ ١٤O julle gelowiges! Daar is onder julle eggenotes en julle kinders sommige wat vyande van julle is; wees dus op julle hoede vir hulle. En indien julle deur die vingers sien en verdra en vergewe, dan is Allah waarlik Vergewensgesind, Genadig إِنَّمَآ أَمۡوَٰلُكُمۡ وَأَوۡلَٰدُكُمۡ فِتۡنَةٌۚ وَٱللَّهُ عِندَهُۥٓ أَجۡرٌ عَظِيمٌ ١٥Julle rykdom en julle kinders is slegs ’n beproewing; maar by Allah is daar ’n groot beloning فَٱتَّقُواْ ٱللَّهَ مَا ٱسۡتَطَعۡتُمۡ وَٱسۡمَعُواْ وَأَطِيعُواْ وَأَنفِقُواْ خَيۡرًا لِّأَنفُسِكُمۡۗ وَمَن يُوقَ شُحَّ نَفۡسِهِۦ فَأُوْلَٰٓئِكَ هُمُ ٱلۡمُفۡلِحُونَ ١٦Kom daarom julle plig teenoor Allah na en vrees Hom so goed as julle kan, en luister en gehoorsaam en bestee in offergawes; dit is beter vir julle siele. En wie ook al van die inhaligheid van sy siel verlos is, hy is een van hulle wat sal slaag إِن تُقۡرِضُواْ ٱللَّهَ قَرۡضًا حَسَنًا يُضَٰعِفۡهُ لَكُمۡ وَيَغۡفِرۡ لَكُمۡۚ وَٱللَّهُ شَكُورٌ حَلِيمٌ ١٧As julle ’n goeie lening met Allah sluit, sal Hy dit vir julle verdubbel en julle vergewe. En Allah is die Vermenigvuldiger van beloning, Verdraagsaam عَٰلِمُ ٱلۡغَيۡبِ وَٱلشَّهَٰدَةِ ٱلۡعَزِيزُ ٱلۡحَكِيمُ ١٨die Kenner van die Onsigbare en die Sigbare, die Allermagtige, die Allerwyse