ملة الإسلام

السورة 40 · 85 آية · Imam M. A. Baker

سورة غافر باللغة الأفريكانية

السورة بالعربية مع التفسير استمع إلى سورة غافر (1,259 قارئاً)
مكيةسورة غافر٨٥ آية

بِسۡمِ ٱللَّهِ ٱلرَّحۡمَٰنِ ٱلرَّحِيمِ

حمٓ ١Gaa Miem تَنزِيلُ ٱلۡكِتَٰبِ مِنَ ٱللَّهِ ٱلۡعَزِيزِ ٱلۡعَلِيمِ ٢Die openbaring van hierdie Boek kom van Allah, die Allermagtige, die Alleswetende غَافِرِ ٱلذَّنۢبِ وَقَابِلِ ٱلتَّوۡبِ شَدِيدِ ٱلۡعِقَابِ ذِي ٱلطَّوۡلِۖ لَآ إِلَٰهَ إِلَّا هُوَۖ إِلَيۡهِ ٱلۡمَصِيرُ ٣die Vergewer van sonde, die Aanvaarder van berou, die Streng Tugmeester, die Heer van Genade. Daar is geen god buiten Hom nie; tot Hom is die terugkeer مَا يُجَٰدِلُ فِيٓ ءَايَٰتِ ٱللَّهِ إِلَّا ٱلَّذِينَ كَفَرُواْ فَلَا يَغۡرُرۡكَ تَقَلُّبُهُمۡ فِي ٱلۡبِلَٰدِ ٤Niemand betwis die tekens van Allah nie, behalwe die ongelowiges. Laat hulle mag in die land u dus nie bedrieg nie كَذَّبَتۡ قَبۡلَهُمۡ قَوۡمُ نُوحٍ وَٱلۡأَحۡزَابُ مِنۢ بَعۡدِهِمۡۖ وَهَمَّتۡ كُلُّ أُمَّةِۭ بِرَسُولِهِمۡ لِيَأۡخُذُوهُۖ وَجَٰدَلُواْ بِٱلۡبَٰطِلِ لِيُدۡحِضُواْ بِهِ ٱلۡحَقَّ فَأَخَذۡتُهُمۡۖ فَكَيۡفَ كَانَ عِقَابِ ٥Vóór hulle het die volk van Noag, en ook nog ander ná hulle, die profete verloën, en elke nasie het teen sy boodskapper opgetree om hom te teister, en met valsheid geredekawel; maar Ek het hulle daarvoor vergeld, en hoe vreeslik was My vergelding nie وَكَذَٰلِكَ حَقَّتۡ كَلِمَتُ رَبِّكَ عَلَى ٱلَّذِينَ كَفَرُوٓاْ أَنَّهُمۡ أَصۡحَٰبُ ٱلنَّارِ ٦So is die woord van u Heer teen die ongelowiges bewaarheid, sodat hulle die bewoners van die Vuur kan wees ٱلَّذِينَ يَحۡمِلُونَ ٱلۡعَرۡشَ وَمَنۡ حَوۡلَهُۥ يُسَبِّحُونَ بِحَمۡدِ رَبِّهِمۡ وَيُؤۡمِنُونَ بِهِۦ وَيَسۡتَغۡفِرُونَ لِلَّذِينَ ءَامَنُواْۖ رَبَّنَا وَسِعۡتَ كُلَّ شَيۡءٍ رَّحۡمَةً وَعِلۡمًا فَٱغۡفِرۡ لِلَّذِينَ تَابُواْ وَٱتَّبَعُواْ سَبِيلَكَ وَقِهِمۡ عَذَابَ ٱلۡجَحِيمِ ٧Húlle wat die Troon van Mag dra ~ en diegene daar rondom ~ verheerlik die lof van hulle Heer en glo in Hom en smeek om beskerming vir die gelowiges: Ons Heer! U omvat alle dinge in U barmhartigheid en kennis; beskerm hulle daarom wat hul tot U bekeer en U weg bewandel, en bewaar hulle van die straf van die Hel رَبَّنَا وَأَدۡخِلۡهُمۡ جَنَّٰتِ عَدۡنٍ ٱلَّتِي وَعَدتَّهُمۡ وَمَن صَلَحَ مِنۡ ءَابَآئِهِمۡ وَأَزۡوَٰجِهِمۡ وَذُرِّيَّٰتِهِمۡۚ إِنَّكَ أَنتَ ٱلۡعَزِيزُ ٱلۡحَكِيمُ ٨Ons Heer! Laat hulle die Tuine van Ewigheid binnegaan wat u hulle belowe het, en so ook die deugsames onder hulle vaders en hulle eggenotes en hulle nageslagte. Waarlik, u is die Allermagtige, die Allerwyse وَقِهِمُ ٱلسَّيِّـَٔاتِۚ وَمَن تَقِ ٱلسَّيِّـَٔاتِ يَوۡمَئِذٍ فَقَدۡ رَحِمۡتَهُۥۚ وَذَٰلِكَ هُوَ ٱلۡفَوۡزُ ٱلۡعَظِيمُ ٩En bewaar hulle van die kwaad. En hom vir wie U op hierdie Dag van kwaad bewaar, aan hom het U waarlik genade betoon. En dit is die grootste sukses إِنَّ ٱلَّذِينَ كَفَرُواْ يُنَادَوۡنَ لَمَقۡتُ ٱللَّهِ أَكۡبَرُ مِن مَّقۡتِكُمۡ أَنفُسَكُمۡ إِذۡ تُدۡعَوۡنَ إِلَى ٱلۡإِيمَٰنِ فَتَكۡفُرُونَ ١٠Die ongelowiges sal toegespreek word: Die misnoeë van Allah toe julle tot die geloof geroep is ~ maar dit verwerp het ~ is veel groter as julle misnoeë nou teen julleself قَالُواْ رَبَّنَآ أَمَتَّنَا ٱثۡنَتَيۡنِ وَأَحۡيَيۡتَنَا ٱثۡنَتَيۡنِ فَٱعۡتَرَفۡنَا بِذُنُوبِنَا فَهَلۡ إِلَىٰ خُرُوجٍ مِّن سَبِيلٍ ١١Hulle sal sê: Ons Heer! Twee maal het U ons laat sterf, en twee maal het U ons weer opgewek; ons bely nou ons sonde. Is daar dan nog ’n uitweg ذَٰلِكُم بِأَنَّهُۥٓ إِذَا دُعِيَ ٱللَّهُ وَحۡدَهُۥ كَفَرۡتُمۡ وَإِن يُشۡرَكۡ بِهِۦ تُؤۡمِنُواْۚ فَٱلۡحُكۡمُ لِلَّهِ ٱلۡعَلِيِّ ٱلۡكَبِيرِ ١٢Dít is omdat julle ~ toe Allah, die Een, na julle geroep het ~ geweier om te glo, maar julle het geglo in die deelgenote wat julle aan Hom toegskryf het. Die oordeel kom Allah toe, die Allerhoogste, die Allergrootste هُوَ ٱلَّذِي يُرِيكُمۡ ءَايَٰتِهِۦ وَيُنَزِّلُ لَكُم مِّنَ ٱلسَّمَآءِ رِزۡقًاۚ وَمَا يَتَذَكَّرُ إِلَّا مَن يُنِيبُ ١٣Dit is Hy wat julle Sy tekens toon en voorsiening van die hemel vir julle afstuur; en niemand besef dit nie, behalwe die bekeerdes فَٱدۡعُواْ ٱللَّهَ مُخۡلِصِينَ لَهُ ٱلدِّينَ وَلَوۡ كَرِهَ ٱلۡكَٰفِرُونَ ١٤Roep daarom Allah alleen aan, opreg in gehoorsaamheid teenoor Hom ~ hoewel die ongelowiges afkerig is رَفِيعُ ٱلدَّرَجَٰتِ ذُو ٱلۡعَرۡشِ يُلۡقِي ٱلرُّوحَ مِنۡ أَمۡرِهِۦ عَلَىٰ مَن يَشَآءُ مِنۡ عِبَادِهِۦ لِيُنذِرَ يَوۡمَ ٱلتَّلَاقِ ١٥Verheffer van Range, Heer van Mag! Hy laat die gees van inspirasie deur Sy gebod afdaal op dié van Sy dienaars wat Hy wil, sodat Hy die mense teen die Dag van Ontmoeting mag waarsku يَوۡمَ هُم بَٰرِزُونَۖ لَا يَخۡفَىٰ عَلَى ٱللَّهِ مِنۡهُمۡ شَيۡءٌۚ لِّمَنِ ٱلۡمُلۡكُ ٱلۡيَوۡمَۖ لِلَّهِ ٱلۡوَٰحِدِ ٱلۡقَهَّارِ ١٦die Dag waarop hulle sal voortkom, sal niks aangaande hulle vir Allah verborge wees nie. Aan wie behoort die koninkryk van hierdie Dag? Aan Allah, die Een, die Onderwerper van almal ٱلۡيَوۡمَ تُجۡزَىٰ كُلُّ نَفۡسِۭ بِمَا كَسَبَتۡۚ لَا ظُلۡمَ ٱلۡيَوۡمَۚ إِنَّ ٱللَّهَ سَرِيعُ ٱلۡحِسَابِ ١٧Hierdie Dag sal elke siel volgens verdienste beloon word. Geen onreg sal op dié Dag geskied nie. Voorwaar, Allah is snel in die Afrekening وَأَنذِرۡهُمۡ يَوۡمَ ٱلۡأٓزِفَةِ إِذِ ٱلۡقُلُوبُ لَدَى ٱلۡحَنَاجِرِ كَٰظِمِينَۚ مَا لِلظَّٰلِمِينَ مِنۡ حَمِيمٍ وَلَا شَفِيعٍ يُطَاعُ ١٨En waarsku hulle teen die naderende Dag, wanneer harte ~ innerlik verdrietig ~ in die keel sal klop. Die onregverdiges sal geen boesemvriend hê, nóg enige bemiddelaar wat gehoorsaam moet word nie يَعۡلَمُ خَآئِنَةَ ٱلۡأَعۡيُنِ وَمَا تُخۡفِي ٱلصُّدُورُ ١٩Hy ken die oneerlikheid van die oë en ook dít wat die boesems verberg وَٱللَّهُ يَقۡضِي بِٱلۡحَقِّۖ وَٱلَّذِينَ يَدۡعُونَ مِن دُونِهِۦ لَا يَقۡضُونَ بِشَيۡءٍۗ إِنَّ ٱللَّهَ هُوَ ٱلسَّمِيعُ ٱلۡبَصِيرُ ٢٠En Allah oordeel met waarheid. En diegene wat hulle buiten Hom aanroep, beoordeel niks nie! Voorwaar, Allah is die Alleshorende, die Allessiende ۞ أَوَلَمۡ يَسِيرُواْ فِي ٱلۡأَرۡضِ فَيَنظُرُواْ كَيۡفَ كَانَ عَٰقِبَةُ ٱلَّذِينَ كَانُواْ مِن قَبۡلِهِمۡۚ كَانُواْ هُمۡ أَشَدَّ مِنۡهُمۡ قُوَّةً وَءَاثَارًا فِي ٱلۡأَرۡضِ فَأَخَذَهُمُ ٱللَّهُ بِذُنُوبِهِمۡ وَمَا كَانَ لَهُم مِّنَ ٱللَّهِ مِن وَاقٍ ٢١Het hulle nie deur die land gereis en gesien wat die einde was van diegene wat vóór hulle gelewe het nie? Hulle was nog magtiger as hierdie in krag en het stewiger skanse gehad, maar Allah het hulle vasgevat vanweë hulle sonde. En hulle het niemand gehad om hulle teen Allah te beskerm nie ذَٰلِكَ بِأَنَّهُمۡ كَانَت تَّأۡتِيهِمۡ رُسُلُهُم بِٱلۡبَيِّنَٰتِ فَكَفَرُواْ فَأَخَذَهُمُ ٱللَّهُۚ إِنَّهُۥ قَوِيٌّ شَدِيدُ ٱلۡعِقَابِ ٢٢Dit is omdat boodskappers met duidelike bewyse na hulle gekom het, maar hulle het nie geglo nie, daarom het Allah hulle vernietig. Voorwaar, Hy is Magtig, Streng in die straf وَلَقَدۡ أَرۡسَلۡنَا مُوسَىٰ بِـَٔايَٰتِنَا وَسُلۡطَٰنٍ مُّبِينٍ ٢٣En sekerlik het Ons Moses met Ons tekens en met duidelike gesag gestuur إِلَىٰ فِرۡعَوۡنَ وَهَٰمَٰنَ وَقَٰرُونَ فَقَالُواْ سَٰحِرٌ كَذَّابٌ ٢٤na Farao en Hamaan en Korag, maar hulle het gesê: Hy is ’n towerkunstenaar en ’n groot leuenaar فَلَمَّا جَآءَهُم بِٱلۡحَقِّ مِنۡ عِندِنَا قَالُواْ ٱقۡتُلُوٓاْ أَبۡنَآءَ ٱلَّذِينَ ءَامَنُواْ مَعَهُۥ وَٱسۡتَحۡيُواْ نِسَآءَهُمۡۚ وَمَا كَيۡدُ ٱلۡكَٰفِرِينَ إِلَّا فِي ضَلَٰلٍ ٢٥En toe hy Ons waarheid aan hulle verkondig het, het hulle gesê: Maak dood die seuns van diegene wat saam met hom glo, maar spaar hul vroue. Maar die planne van die ongelowiges sal ongetwyfeld misluk وَقَالَ فِرۡعَوۡنُ ذَرُونِيٓ أَقۡتُلۡ مُوسَىٰ وَلۡيَدۡعُ رَبَّهُۥٓۖ إِنِّيٓ أَخَافُ أَن يُبَدِّلَ دِينَكُمۡ أَوۡ أَن يُظۡهِرَ فِي ٱلۡأَرۡضِ ٱلۡفَسَادَ ٢٦En Farao het gesê: Laat dit aan my oor om Moses dood te maak, en laat hom sy Heer aanroep. Gewis, ek vrees dat hy julle godsdiens sal verander, of dat hy onheil in die land sal veroorsaak وَقَالَ مُوسَىٰٓ إِنِّي عُذۡتُ بِرَبِّي وَرَبِّكُم مِّن كُلِّ مُتَكَبِّرٍ لَّا يُؤۡمِنُ بِيَوۡمِ ٱلۡحِسَابِ ٢٧En Moses het gesê: Waarlik, ek soek toevlug by my Heer, en julle Heer, teen elkeen wat nie aan die Dag van Afrekening glo nie وَقَالَ رَجُلٌ مُّؤۡمِنٌ مِّنۡ ءَالِ فِرۡعَوۡنَ يَكۡتُمُ إِيمَٰنَهُۥٓ أَتَقۡتُلُونَ رَجُلًا أَن يَقُولَ رَبِّيَ ٱللَّهُ وَقَدۡ جَآءَكُم بِٱلۡبَيِّنَٰتِ مِن رَّبِّكُمۡۖ وَإِن يَكُ كَٰذِبًا فَعَلَيۡهِ كَذِبُهُۥۖ وَإِن يَكُ صَادِقًا يُصِبۡكُم بَعۡضُ ٱلَّذِي يَعِدُكُمۡۖ إِنَّ ٱللَّهَ لَا يَهۡدِي مَنۡ هُوَ مُسۡرِفٌ كَذَّابٌ ٢٨En ’n gelowige man onder Farao se volk, wat sy geloof in die geheim beoefen het, het gesê: Wil julle ’n man doodmaak omdat hy sê: My Heer is Allah, en terwyl hy inderdaad duidelike bewyse van julle Heer gebring het? En as hy ’n leuenaar is, dan rus sy leuen op hom; maar as hy opreg is, sal daar iets oor julle kom waaromtrent julle tot dusver slegs bedreig is. Voorwaar, Allah lei nie hom wat oortree en leuens versprei nie يَٰقَوۡمِ لَكُمُ ٱلۡمُلۡكُ ٱلۡيَوۡمَ ظَٰهِرِينَ فِي ٱلۡأَرۡضِ فَمَن يَنصُرُنَا مِنۢ بَأۡسِ ٱللَّهِ إِن جَآءَنَاۚ قَالَ فِرۡعَوۡنُ مَآ أُرِيكُمۡ إِلَّا مَآ أَرَىٰ وَمَآ أَهۡدِيكُمۡ إِلَّا سَبِيلَ ٱلرَّشَادِ ٢٩O my volk! Aan julle behoort die koninkryk van hierdie wêreld, terwyl julle die meesters in die land is, maar wie sal ons teen die straf van Allah help wanneer dít oor ons kom? Farao het gesê: Ek toon julle net wat ek sien, en ek lei julle slegs na die regte weg وَقَالَ ٱلَّذِيٓ ءَامَنَ يَٰقَوۡمِ إِنِّيٓ أَخَافُ عَلَيۡكُم مِّثۡلَ يَوۡمِ ٱلۡأَحۡزَابِ ٣٠Maar die gelowige het gesê: O my volk! Ek vrees dat dieselfde met julle sal gebeur as wat met die bondgenote gebeur het مِثۡلَ دَأۡبِ قَوۡمِ نُوحٍ وَعَادٍ وَثَمُودَ وَٱلَّذِينَ مِنۢ بَعۡدِهِمۡۚ وَمَا ٱللَّهُ يُرِيدُ ظُلۡمًا لِّلۡعِبَادِ ٣١soos dan ook die geval was met die volk van Noag, en Aad en Thamoed en diegene vóór hulle. En Allah begeer geen onreg vir Sy dienaars nie وَيَٰقَوۡمِ إِنِّيٓ أَخَافُ عَلَيۡكُمۡ يَوۡمَ ٱلتَّنَادِ ٣٢En, o my volk! Ek vrees om julle ontwil die Dag van Uitroeping يَوۡمَ تُوَلُّونَ مُدۡبِرِينَ مَا لَكُم مِّنَ ٱللَّهِ مِنۡ عَاصِمٍۗ وَمَن يُضۡلِلِ ٱللَّهُ فَمَا لَهُۥ مِنۡ هَادٍ ٣٣die Dag wanneer julle sal terugval. Dan sal julle niemand hê om julle te red nie. En hy vir wie Allah laat dwaal het, sal geen leier hê nie وَلَقَدۡ جَآءَكُمۡ يُوسُفُ مِن قَبۡلُ بِٱلۡبَيِّنَٰتِ فَمَا زِلۡتُمۡ فِي شَكٍّ مِّمَّا جَآءَكُم بِهِۦۖ حَتَّىٰٓ إِذَا هَلَكَ قُلۡتُمۡ لَن يَبۡعَثَ ٱللَّهُ مِنۢ بَعۡدِهِۦ رَسُولًاۚ كَذَٰلِكَ يُضِلُّ ٱللَّهُ مَنۡ هُوَ مُسۡرِفٌ مُّرۡتَابٌ ٣٤Voorheen het Josef ook met duidelike bewyse na julle gekom, maar julle twyfel altyd aan wat hy vir julle gebring het. Maar toe hy gesterf het, het julle gesê: Allah sal ná hom geen boodskapper weer stuur nie. Want so laat Allah almal wat twyfel en buitensporig handel, in dwaling bly ٱلَّذِينَ يُجَٰدِلُونَ فِيٓ ءَايَٰتِ ٱللَّهِ بِغَيۡرِ سُلۡطَٰنٍ أَتَىٰهُمۡۖ كَبُرَ مَقۡتًا عِندَ ٱللَّهِ وَعِندَ ٱلَّذِينَ ءَامَنُواْۚ كَذَٰلِكَ يَطۡبَعُ ٱللَّهُ عَلَىٰ كُلِّ قَلۡبِ مُتَكَبِّرٍ جَبَّارٍ ٣٥diegene wat verskil oor Allah se tekens sonder dat hulle enige gesag daaromtrent ontvang het. Dit word grootliks deur Allah en deur die gelowiges gehaat. Maar so verseël Allah elke arrogante en trotse hart وَقَالَ فِرۡعَوۡنُ يَٰهَٰمَٰنُ ٱبۡنِ لِي صَرۡحًا لَّعَلِّيٓ أَبۡلُغُ ٱلۡأَسۡبَٰبَ ٣٦En Farao het gesê: O Hamaan! Bou vir my ’n toring sodat ek die toegangsweë kan bereik أَسۡبَٰبَ ٱلسَّمَٰوَٰتِ فَأَطَّلِعَ إِلَىٰٓ إِلَٰهِ مُوسَىٰ وَإِنِّي لَأَظُنُّهُۥ كَٰذِبًاۚ وَكَذَٰلِكَ زُيِّنَ لِفِرۡعَوۡنَ سُوٓءُ عَمَلِهِۦ وَصُدَّ عَنِ ٱلسَّبِيلِۚ وَمَا كَيۡدُ فِرۡعَوۡنَ إِلَّا فِي تَبَابٍ ٣٧die toegangsweë na die hemele, sodat ek die God van Moses kan bereik, ofskoon ek seker weet dat hy ’n leuenaar is. So is Farao se bose daad toe vir hom skoonskynend gemaak, en hy is van die regte weg afgelei. Maar die komplot van Farao het slegs in mislukking geëindig وَقَالَ ٱلَّذِيٓ ءَامَنَ يَٰقَوۡمِ ٱتَّبِعُونِ أَهۡدِكُمۡ سَبِيلَ ٱلرَّشَادِ ٣٨Die gelowige het gesê: O my volk! Volg my; ek sal julle op die regte weg lei يَٰقَوۡمِ إِنَّمَا هَٰذِهِ ٱلۡحَيَوٰةُ ٱلدُّنۡيَا مَتَٰعٌ وَإِنَّ ٱلۡأٓخِرَةَ هِيَ دَارُ ٱلۡقَرَارِ ٣٩O my volk! Die lewe van hierdie wêreld is slegs ’n verbygaande genot, en die Hiernamaals is die blywende Tuiste مَنۡ عَمِلَ سَيِّئَةً فَلَا يُجۡزَىٰٓ إِلَّا مِثۡلَهَاۖ وَمَنۡ عَمِلَ صَٰلِحًا مِّن ذَكَرٍ أَوۡ أُنثَىٰ وَهُوَ مُؤۡمِنٌ فَأُوْلَٰٓئِكَ يَدۡخُلُونَ ٱلۡجَنَّةَ يُرۡزَقُونَ فِيهَا بِغَيۡرِ حِسَابٍ ٤٠Wie kwaad doen, word slegs met die gelyke daarvan vergeld; en wie goeddoen ~ hetsy man of vrou ~ en ’n gelowige is, hulle sal die Paradys binnegaan om voorsiening sonder maat daarin te ontvang ۞ وَيَٰقَوۡمِ مَا لِيٓ أَدۡعُوكُمۡ إِلَى ٱلنَّجَوٰةِ وَتَدۡعُونَنِيٓ إِلَى ٱلنَّارِ ٤١En, o my volk! Hoe is dit dan dat ek julle tot redding roep en julle my na die Vuur nooi تَدۡعُونَنِي لِأَكۡفُرَ بِٱللَّهِ وَأُشۡرِكَ بِهِۦ مَا لَيۡسَ لِي بِهِۦ عِلۡمٌ وَأَنَا۠ أَدۡعُوكُمۡ إِلَى ٱلۡعَزِيزِ ٱلۡغَفَّٰرِ ٤٢Julle nooi my uit om nie in Allah te glo nie, en dinge met Hom te vereenselwig waarvan ek geen kennis het nie, en ek roep julle tot die Almagtige, die Vergewensgesinde لَا جَرَمَ أَنَّمَا تَدۡعُونَنِيٓ إِلَيۡهِ لَيۡسَ لَهُۥ دَعۡوَةٌ فِي ٱلدُّنۡيَا وَلَا فِي ٱلۡأٓخِرَةِ وَأَنَّ مَرَدَّنَآ إِلَى ٱللَّهِ وَأَنَّ ٱلۡمُسۡرِفِينَ هُمۡ أَصۡحَٰبُ ٱلنَّارِ ٤٣Ongetwyfeld kan dít waarna julle my nooi, nie in hierdie wêreld of in die Hiernamaals daarop aanspraak maak om aanbid te word nie, want ons terugkeer is waarlik tot Allah; en die oortreders sal die bewoners van die Vuur wees فَسَتَذۡكُرُونَ مَآ أَقُولُ لَكُمۡۚ وَأُفَوِّضُ أَمۡرِيٓ إِلَى ٱللَّهِۚ إِنَّ ٱللَّهَ بَصِيرُۢ بِٱلۡعِبَادِ ٤٤Julle sal dus onthou wat ek julle sê. En ek vertrou my saak aan Allah toe. Voorwaar, Allah is die Siener van Sy dienaars فَوَقَىٰهُ ٱللَّهُ سَيِّـَٔاتِ مَا مَكَرُواْۖ وَحَاقَ بِـَٔالِ فِرۡعَوۡنَ سُوٓءُ ٱلۡعَذَابِ ٤٥So het Allah hom toe beskerm teen die kwaad wat hulle teen hom beraam het, en ’n swaar straf het oor die volk van Farao gekom ٱلنَّارُ يُعۡرَضُونَ عَلَيۡهَا غُدُوًّا وَعَشِيًّاۚ وَيَوۡمَ تَقُومُ ٱلسَّاعَةُ أَدۡخِلُوٓاْ ءَالَ فِرۡعَوۡنَ أَشَدَّ ٱلۡعَذَابِ ٤٦die Vuur. Hulle sal elke oggend en aand daaraan blootgestel word. En die Dag wanneer die Uur sal aanbreek, sal daar gesê word: Laat die volk van Farao die strengste straf ondergaan وَإِذۡ يَتَحَآجُّونَ فِي ٱلنَّارِ فَيَقُولُ ٱلضُّعَفَٰٓؤُاْ لِلَّذِينَ ٱسۡتَكۡبَرُوٓاْ إِنَّا كُنَّا لَكُمۡ تَبَعًا فَهَلۡ أَنتُم مُّغۡنُونَ عَنَّا نَصِيبًا مِّنَ ٱلنَّارِ ٤٧En wanneer hulle in die Vuur met mekaar sal twis, sal die swakke aan die trotse sê: Waarlik, ons was julle volgelinge; sal julle dan nie nou maar ’n gedeelte van die Vuur van ons afkeer nie قَالَ ٱلَّذِينَ ٱسۡتَكۡبَرُوٓاْ إِنَّا كُلٌّ فِيهَآ إِنَّ ٱللَّهَ قَدۡ حَكَمَ بَيۡنَ ٱلۡعِبَادِ ٤٨Diegene wat trots was, sal sê: Nou is ons almal saam hierin: Allah het nou oor Sy dienaars geoordeel وَقَالَ ٱلَّذِينَ فِي ٱلنَّارِ لِخَزَنَةِ جَهَنَّمَ ٱدۡعُواْ رَبَّكُمۡ يُخَفِّفۡ عَنَّا يَوۡمًا مِّنَ ٱلۡعَذَابِ ٤٩En diegene in die Vuur sal aan die bewaarders van die Hel sê: Smeek julle Heer om ons straf net ’n dag lank vir ons ligter te maak قَالُوٓاْ أَوَلَمۡ تَكُ تَأۡتِيكُمۡ رُسُلُكُم بِٱلۡبَيِّنَٰتِۖ قَالُواْ بَلَىٰۚ قَالُواْ فَٱدۡعُواْۗ وَمَا دُعَٰٓؤُاْ ٱلۡكَٰفِرِينَ إِلَّا فِي ضَلَٰلٍ ٥٠Hulle sal antwoord: Het julle boodskappers nie met duidelike bewyse na julle gekom nie? Hulle sal sê: Ja, seker. Die bewaarders sal dan sê: Bid dan. En die gebed van die ongelowiges sal maar net tevergeefs wees إِنَّا لَنَنصُرُ رُسُلَنَا وَٱلَّذِينَ ءَامَنُواْ فِي ٱلۡحَيَوٰةِ ٱلدُّنۡيَا وَيَوۡمَ يَقُومُ ٱلۡأَشۡهَٰدُ ٥١Voorwaar, Ons help Ons boodskappers en die gelowiges in hierdie lewe, en so sal Ons ook doen op die Dag wanneer die getuies ingeroep sal word يَوۡمَ لَا يَنفَعُ ٱلظَّٰلِمِينَ مَعۡذِرَتُهُمۡۖ وَلَهُمُ ٱللَّعۡنَةُ وَلَهُمۡ سُوٓءُ ٱلدَّارِ ٥٢Die Dag waarop verskonings die onregverdiges niks sal baat nie, en wanneer die vloek van ’n bose rusplek oor hulle sal kom وَلَقَدۡ ءَاتَيۡنَا مُوسَى ٱلۡهُدَىٰ وَأَوۡرَثۡنَا بَنِيٓ إِسۡرَٰٓءِيلَ ٱلۡكِتَٰبَ ٥٣En Ons het inderdaad leiding aan Moses gegee, en Ons het die Kinders van Israel die Boek laat erwe هُدًى وَذِكۡرَىٰ لِأُوْلِي ٱلۡأَلۡبَٰبِ ٥٤as ’n leiding en vermaning vir mense wat verstaan فَٱصۡبِرۡ إِنَّ وَعۡدَ ٱللَّهِ حَقٌّ وَٱسۡتَغۡفِرۡ لِذَنۢبِكَ وَسَبِّحۡ بِحَمۡدِ رَبِّكَ بِٱلۡعَشِيِّ وَٱلۡإِبۡكَٰرِ ٥٥Wees daarom geduldig; voorwaar, die beloftes van Allah is waar; en vra om beskerming vir u sonde, en verheerlik die lof van u Heer saans en soggens إِنَّ ٱلَّذِينَ يُجَٰدِلُونَ فِيٓ ءَايَٰتِ ٱللَّهِ بِغَيۡرِ سُلۡطَٰنٍ أَتَىٰهُمۡ إِن فِي صُدُورِهِمۡ إِلَّا كِبۡرٌ مَّا هُم بِبَٰلِغِيهِۚ فَٱسۡتَعِذۡ بِٱللَّهِۖ إِنَّهُۥ هُوَ ٱلسَّمِيعُ ٱلۡبَصِيرُ ٥٦Hulle wat oor die tekens van Allah argumenteer sonder dat enige gesag tot hulle gekom het, het niks anders in hul boesems nie as slegs ’n verlange om verheerlik te word, wat hulle tog nooit te beurt sal val nie Soek dus toevlug by Allah. Waarlik, Hy is die Alleshorende, die Allesiende لَخَلۡقُ ٱلسَّمَٰوَٰتِ وَٱلۡأَرۡضِ أَكۡبَرُ مِنۡ خَلۡقِ ٱلنَّاسِ وَلَٰكِنَّ أَكۡثَرَ ٱلنَّاسِ لَا يَعۡلَمُونَ ٥٧Voorwaar, die skepping van die hemele en die aarde is groter as die skepping van die mense; maar die meeste mense weet dit nie وَمَا يَسۡتَوِي ٱلۡأَعۡمَىٰ وَٱلۡبَصِيرُ وَٱلَّذِينَ ءَامَنُواْ وَعَمِلُواْ ٱلصَّٰلِحَٰتِ وَلَا ٱلۡمُسِيٓءُۚ قَلِيلًا مَّا تَتَذَكَّرُونَ ٥٨En die blinde en die siende is nie eenders nie, ook nie die weldoeners en die kwaaddoeners nie. Hoe min gee julle om إِنَّ ٱلسَّاعَةَ لَأٓتِيَةٌ لَّا رَيۡبَ فِيهَا وَلَٰكِنَّ أَكۡثَرَ ٱلنَّاسِ لَا يُؤۡمِنُونَ ٥٩Die Uur sal sekerlik kom ~ daaraan is geen twyfel nie ~ maar die meeste mense glo dit nie وَقَالَ رَبُّكُمُ ٱدۡعُونِيٓ أَسۡتَجِبۡ لَكُمۡۚ إِنَّ ٱلَّذِينَ يَسۡتَكۡبِرُونَ عَنۡ عِبَادَتِي سَيَدۡخُلُونَ جَهَنَّمَ دَاخِرِينَ ٦٠En julle Heer sê: Aanbid My; Ek sal julle gebede beantwoord. Hulle wat te arrogant is om My te aanbid, sal sekerlik die Hel vernederd binnegaan ٱللَّهُ ٱلَّذِي جَعَلَ لَكُمُ ٱلَّيۡلَ لِتَسۡكُنُواْ فِيهِ وَٱلنَّهَارَ مُبۡصِرًاۚ إِنَّ ٱللَّهَ لَذُو فَضۡلٍ عَلَى ٱلنَّاسِ وَلَٰكِنَّ أَكۡثَرَ ٱلنَّاسِ لَا يَشۡكُرُونَ ٦١Dit is Allah wat vir julle die nag gemaak het sodat julle daarin rus kan vind, en die dag om in te sien. Voorwaar, Allah is Vol Genade teenoor die mensdom; maar die meeste mense betuig nie dank nie ذَٰلِكُمُ ٱللَّهُ رَبُّكُمۡ خَٰلِقُ كُلِّ شَيۡءٍ لَّآ إِلَٰهَ إِلَّا هُوَۖ فَأَنَّىٰ تُؤۡفَكُونَ ٦٢Dít is Allah, julle Heer, die Skepper van alle dinge. Daar is geen god nie buiten Hom. Waarom draai julle dan weg كَذَٰلِكَ يُؤۡفَكُ ٱلَّذِينَ كَانُواْ بِـَٔايَٰتِ ٱللَّهِ يَجۡحَدُونَ ٦٣So dwaal hulle wat die tekens van Allah ontken ٱللَّهُ ٱلَّذِي جَعَلَ لَكُمُ ٱلۡأَرۡضَ قَرَارًا وَٱلسَّمَآءَ بِنَآءً وَصَوَّرَكُمۡ فَأَحۡسَنَ صُوَرَكُمۡ وَرَزَقَكُم مِّنَ ٱلطَّيِّبَٰتِۚ ذَٰلِكُمُ ٱللَّهُ رَبُّكُمۡۖ فَتَبَارَكَ ٱللَّهُ رَبُّ ٱلۡعَٰلَمِينَ ٦٤Dit is Allah wat die aarde vir julle as ’n rusplek gemaak het en die hemel as ’n gewelf, en Hy het julle gevorm en julle mooi van fatsoen gemaak, en Hy het julle van goeie dinge voorsien. Dít is Allah, julle Heer. Geseënd is Allah, die Heer van die Wêrelde هُوَ ٱلۡحَيُّ لَآ إِلَٰهَ إِلَّا هُوَ فَٱدۡعُوهُ مُخۡلِصِينَ لَهُ ٱلدِّينَۗ ٱلۡحَمۡدُ لِلَّهِ رَبِّ ٱلۡعَٰلَمِينَ ٦٥Hy is die Lewende, daar is geen god nie buiten Hom; roep Hom dus aan, opreg in gehoorsaamheid teenoor Hom. Alle lof behoort aan Allah, die Heer van die Wêrelde ۞ قُلۡ إِنِّي نُهِيتُ أَنۡ أَعۡبُدَ ٱلَّذِينَ تَدۡعُونَ مِن دُونِ ٱللَّهِ لَمَّا جَآءَنِيَ ٱلۡبَيِّنَٰتُ مِن رَّبِّي وَأُمِرۡتُ أَنۡ أُسۡلِمَ لِرَبِّ ٱلۡعَٰلَمِينَ ٦٦Sê: Dit is my nie geoorloof om diegene te aanbid wat julle buiten Allah aanroep nie, noudat duidelike bewyse van julle Heer reeds tot my gekom het; en ek is beveel om my aan die Heer van die Wêrelde te onderwerp هُوَ ٱلَّذِي خَلَقَكُم مِّن تُرَابٍ ثُمَّ مِن نُّطۡفَةٍ ثُمَّ مِنۡ عَلَقَةٍ ثُمَّ يُخۡرِجُكُمۡ طِفۡلًا ثُمَّ لِتَبۡلُغُوٓاْ أَشُدَّكُمۡ ثُمَّ لِتَكُونُواْ شُيُوخًاۚ وَمِنكُم مَّن يُتَوَفَّىٰ مِن قَبۡلُۖ وَلِتَبۡلُغُوٓاْ أَجَلًا مُّسَمًّى وَلَعَلَّكُمۡ تَعۡقِلُونَ ٦٧Dit is Hy wat julle uit stof geskape het, toe uit ’n sperm, daarna uit ’n bloedstolsel, waarna Hy julle as kinders voortbring; dan bereik julle volwassenheid en word oud; en sommige van julle sterf vroeg en ander bereik ’n vasgestelde tyd; sodat julle kan verstaan هُوَ ٱلَّذِي يُحۡيِۦ وَيُمِيتُۖ فَإِذَا قَضَىٰٓ أَمۡرًا فَإِنَّمَا يَقُولُ لَهُۥ كُن فَيَكُونُ ٦٨Dit is Hy wat lewe gee en ook die dood. En wanneer Hy iets besluit, sê Hy slegs: Wees, en dit word أَلَمۡ تَرَ إِلَى ٱلَّذِينَ يُجَٰدِلُونَ فِيٓ ءَايَٰتِ ٱللَّهِ أَنَّىٰ يُصۡرَفُونَ ٦٩Het u nie húlle gesien wat oor die tekens van Allah argumenteer nie? Hoe het hulle nie afgedwaal nie ٱلَّذِينَ كَذَّبُواْ بِٱلۡكِتَٰبِ وَبِمَآ أَرۡسَلۡنَا بِهِۦ رُسُلَنَاۖ فَسَوۡفَ يَعۡلَمُونَ ٧٠Hulle wat die Boek verwerp en dit waarmee Ons Ons boodskap- pers gestuur het. Maar hulle sal weldra te wete kom إِذِ ٱلۡأَغۡلَٰلُ فِيٓ أَعۡنَٰقِهِمۡ وَٱلسَّلَٰسِلُ يُسۡحَبُونَ ٧١Wanneer boeie om hulle nekke sal wees en ook kettings. Hulle sal gesleep word فِي ٱلۡحَمِيمِ ثُمَّ فِي ٱلنَّارِ يُسۡجَرُونَ ٧٢in kokende water; daarna sal hulle in die Vuur brand ثُمَّ قِيلَ لَهُمۡ أَيۡنَ مَا كُنتُمۡ تُشۡرِكُونَ ٧٣Dan sal aan hulle gevra word: Waar is julle afgode مِن دُونِ ٱللَّهِۖ قَالُواْ ضَلُّواْ عَنَّا بَل لَّمۡ نَكُن نَّدۡعُواْ مِن قَبۡلُ شَيۡـًٔاۚ كَذَٰلِكَ يُضِلُّ ٱللَّهُ ٱلۡكَٰفِرِينَ ٧٤wat julle naas Allah aanbid het? Hulle sal sê: Hulle het ons in die steek gelaat; nee, ons was voorheen nie daaraan gewoond om te aanbid nie. Want so skep Allah verwarring vir die ongelowiges ذَٰلِكُم بِمَا كُنتُمۡ تَفۡرَحُونَ فِي ٱلۡأَرۡضِ بِغَيۡرِ ٱلۡحَقِّ وَبِمَا كُنتُمۡ تَمۡرَحُونَ ٧٥Dit is omdat julle ten onregte op die aarde gejubel het, en omdat julle onbeskaamd was ٱدۡخُلُوٓاْ أَبۡوَٰبَ جَهَنَّمَ خَٰلِدِينَ فِيهَاۖ فَبِئۡسَ مَثۡوَى ٱلۡمُتَكَبِّرِينَ ٧٦Gaan die hekke van die Hel binne om daarin te bly; boos dan is die tuiste van die arrogantes فَٱصۡبِرۡ إِنَّ وَعۡدَ ٱللَّهِ حَقٌّۚ فَإِمَّا نُرِيَنَّكَ بَعۡضَ ٱلَّذِي نَعِدُهُمۡ أَوۡ نَتَوَفَّيَنَّكَ فَإِلَيۡنَا يُرۡجَعُونَ ٧٧Wees derhalwe geduldig, want die belofte van Allah is sekerlik waar. Maar of Ons u die straf waarmee Ons hulle bedreig gedeeltelik laat sien, of u laat sterwe, hulle sal sekerlik tot Ons terugkeer وَلَقَدۡ أَرۡسَلۡنَا رُسُلًا مِّن قَبۡلِكَ مِنۡهُم مَّن قَصَصۡنَا عَلَيۡكَ وَمِنۡهُم مَّن لَّمۡ نَقۡصُصۡ عَلَيۡكَۗ وَمَا كَانَ لِرَسُولٍ أَن يَأۡتِيَ بِـَٔايَةٍ إِلَّا بِإِذۡنِ ٱللَّهِۚ فَإِذَا جَآءَ أَمۡرُ ٱللَّهِ قُضِيَ بِٱلۡحَقِّ وَخَسِرَ هُنَالِكَ ٱلۡمُبۡطِلُونَ ٧٨En inderdaad het Ons boodskappers vóór u gestuur ~ sommige van hulle het Ons aan u genoem, en ander nie. Ook was dit nie moontlik vir ’n boodskapper om ’n teken te bring sonder die toestemming van Allah nie. En wanneer die gebod van Allah kom, word die oordeel met waarheid uitgspreek, en diegene wat dit as ’n leuen beskou het, sal verlore wees ٱللَّهُ ٱلَّذِي جَعَلَ لَكُمُ ٱلۡأَنۡعَٰمَ لِتَرۡكَبُواْ مِنۡهَا وَمِنۡهَا تَأۡكُلُونَ ٧٩Dit is Allah wat die vee vir julle gemaak het, sodat julle op sommige van hulle kan ry en sommige van hulle kan eet وَلَكُمۡ فِيهَا مَنَٰفِعُ وَلِتَبۡلُغُواْ عَلَيۡهَا حَاجَةً فِي صُدُورِكُمۡ وَعَلَيۡهَا وَعَلَى ٱلۡفُلۡكِ تُحۡمَلُونَ ٨٠En hulle hou vir julle sekere voordele in, sodat julle deur middel van hulle elke behoefte van die hart kan versadig. En op hulle, en op skepe, word julle vervoer وَيُرِيكُمۡ ءَايَٰتِهِۦ فَأَيَّ ءَايَٰتِ ٱللَّهِ تُنكِرُونَ ٨١En Hy toon julle Sy tekens; watter van Sy tekens sal julle dan verwerp أَفَلَمۡ يَسِيرُواْ فِي ٱلۡأَرۡضِ فَيَنظُرُواْ كَيۡفَ كَانَ عَٰقِبَةُ ٱلَّذِينَ مِن قَبۡلِهِمۡۚ كَانُوٓاْ أَكۡثَرَ مِنۡهُمۡ وَأَشَدَّ قُوَّةً وَءَاثَارًا فِي ٱلۡأَرۡضِ فَمَآ أَغۡنَىٰ عَنۡهُم مَّا كَانُواْ يَكۡسِبُونَ ٨٢Reis hulle dan nie deur die land en sien hulle nie wat die einde van diegene vóór hulle was nie? Hulle was groter in getal en magtiger in krag en veiliger verskans in die land, maar wat hulle verdien het, het hulle nie gebaat nie فَلَمَّا جَآءَتۡهُمۡ رُسُلُهُم بِٱلۡبَيِّنَٰتِ فَرِحُواْ بِمَا عِندَهُم مِّنَ ٱلۡعِلۡمِ وَحَاقَ بِهِم مَّا كَانُواْ بِهِۦ يَسۡتَهۡزِءُونَ ٨٣En toe hulle boodskappers met duidelike bewyse tot hulle gekom het, het hulle hul verheug in die kennis wat hulle besit het; en die straf waaroor hulle gespot het, het hulle verstrik فَلَمَّا رَأَوۡاْ بَأۡسَنَا قَالُوٓاْ ءَامَنَّا بِٱللَّهِ وَحۡدَهُۥ وَكَفَرۡنَا بِمَا كُنَّا بِهِۦ مُشۡرِكِينَ ٨٤Maar toe hulle Ons straf sien, het hulle gesê: Ons glo slegs in Allah, en ons verloën wat ons vantevore met Hom vereenselwig het فَلَمۡ يَكُ يَنفَعُهُمۡ إِيمَٰنُهُمۡ لَمَّا رَأَوۡاْ بَأۡسَنَاۖ سُنَّتَ ٱللَّهِ ٱلَّتِي قَدۡ خَلَتۡ فِي عِبَادِهِۦۖ وَخَسِرَ هُنَالِكَ ٱلۡكَٰفِرُونَ ٨٥Maar toe hulle Ons straf sien, kon hulle geloof hul nie meer baat nie. Want sodanig is die Wet van Allah, en dit neem altyd sy loop teenoor Sy dienaars; en die ongelowiges raak verlore

الترجمة: Imam M. A. Baker.