بِسۡمِ ٱللَّهِ ٱلرَّحۡمَٰنِ ٱلرَّحِيمِ
وَٱلذَّٰرِيَٰتِ ذَرۡوًا ١By diegene wat wyd en syd verstrooi فَٱلۡحَٰمِلَٰتِ وِقۡرًا ٢En hulle wat die laste dra فَٱلۡجَٰرِيَٰتِ يُسۡرًا ٣En diegene wat maklik voortgaan فَٱلۡمُقَسِّمَٰتِ أَمۡرًا ٤En by die deelgenote aan die Saak إِنَّمَا تُوعَدُونَ لَصَادِقٌ ٥Wat julle belowe word, is sekerlik waar وَإِنَّ ٱلدِّينَ لَوَٰقِعٌ ٦en die Oordeel sal waarlik geskied وَٱلسَّمَآءِ ذَاتِ ٱلۡحُبُكِ ٧By die hemel vol van paaie إِنَّكُمۡ لَفِي قَوۡلٍ مُّخۡتَلِفٍ ٨waarlik, julle verskil van mening يُؤۡفَكُ عَنۡهُ مَنۡ أُفِكَ ٩Hy wat hom wou wegdraai, word daarmee van die ware geloof verlei قُتِلَ ٱلۡخَرَّٰصُونَ ١٠Vervloek is die leuenaars ٱلَّذِينَ هُمۡ فِي غَمۡرَةٍ سَاهُونَ ١١wat op die bodemlose diepte nie ag slaan nie يَسۡـَٔلُونَ أَيَّانَ يَوۡمُ ٱلدِّينِ ١٢Hulle vra: Wanneer sal die Dag van Oordeel wees يَوۡمَ هُمۡ عَلَى ٱلنَّارِ يُفۡتَنُونَ ١٣Dit sal die Dag wees wanneer hulle in die Vuur beproef sal word ذُوقُواْ فِتۡنَتَكُمۡ هَٰذَا ٱلَّذِي كُنتُم بِهِۦ تَسۡتَعۡجِلُونَ ١٤Daar sal gesê word: Smaak nou julle vervolging! Dít is wat julle wou verhaas إِنَّ ٱلۡمُتَّقِينَ فِي جَنَّٰتٍ وَعُيُونٍ ١٥Maar die godvresendes sal te midde van Tuine en fonteine wees ءَاخِذِينَ مَآ ءَاتَىٰهُمۡ رَبُّهُمۡۚ إِنَّهُمۡ كَانُواْ قَبۡلَ ذَٰلِكَ مُحۡسِنِينَ ١٦en daaruit neem wat hulle Heer aan hulle gee. Vóór dit was hulle sekerlik onder die weldoeners كَانُواْ قَلِيلًا مِّنَ ٱلَّيۡلِ مَا يَهۡجَعُونَ ١٧Gedurende die nag het hulle weinig geslaap وَبِٱلۡأَسۡحَارِ هُمۡ يَسۡتَغۡفِرُونَ ١٨En in die môre het hulle om Goddelike beskerming gesmeek وَفِيٓ أَمۡوَٰلِهِمۡ حَقٌّ لِّلسَّآئِلِ وَٱلۡمَحۡرُومِ ١٩En van hulle rykdom was daar ’n billike aandeel vir die bedelaar en vir diegene wat te skaam is om te bedel وَفِي ٱلۡأَرۡضِ ءَايَٰتٌ لِّلۡمُوقِنِينَ ٢٠En op die aarde is daar tekens vir diegene wat sekerheid van geloof het وَفِيٓ أَنفُسِكُمۡۚ أَفَلَا تُبۡصِرُونَ ٢١en ook in julleself. Kan julle dan nie sien nie وَفِي ٱلسَّمَآءِ رِزۡقُكُمۡ وَمَا تُوعَدُونَ ٢٢En in die hemele is julle onderhoud, en ook dít wat aan julle beloof is فَوَرَبِّ ٱلسَّمَآءِ وَٱلۡأَرۡضِ إِنَّهُۥ لَحَقٌّ مِّثۡلَ مَآ أَنَّكُمۡ تَنطِقُونَ ٢٣By die Heer van die hemele en die aarde dan! ~ dit is inderdaad die waarheid wat julle praat هَلۡ أَتَىٰكَ حَدِيثُ ضَيۡفِ إِبۡرَٰهِيمَ ٱلۡمُكۡرَمِينَ ٢٤Het julle die verhaal van Abraham se geëerde gaste gehoor إِذۡ دَخَلُواْ عَلَيۡهِ فَقَالُواْ سَلَٰمًاۖ قَالَ سَلَٰمٌ قَوۡمٌ مُّنكَرُونَ ٢٥Hoe hulle na hom gekom het, en gesê het: Vrede! Vrede! ~ toe het hy geantwoord: Vreemdelinge فَرَاغَ إِلَىٰٓ أَهۡلِهِۦ فَجَآءَ بِعِجۡلٍ سَمِينٍ ٢٦Hy het weggedraai na sy gesin, en toe ’n vet kalf gebring فَقَرَّبَهُۥٓ إِلَيۡهِمۡ قَالَ أَلَا تَأۡكُلُونَ ٢٧Dit het hy voor hulle neergesit, en gesê: Wil julle nie eet nie فَأَوۡجَسَ مِنۡهُمۡ خِيفَةًۖ قَالُواْ لَا تَخَفۡۖ وَبَشَّرُوهُ بِغُلَٰمٍ عَلِيمٍ ٢٨Daarop het hy hulle begin vrees. Hulle het gesê: Moenie vrees nie. En hulle het hom die blye tyding van ’n wyse seun gebring فَأَقۡبَلَتِ ٱمۡرَأَتُهُۥ فِي صَرَّةٍ فَصَكَّتۡ وَجۡهَهَا وَقَالَتۡ عَجُوزٌ عَقِيمٌ ٢٩Toe het sy vrou gekom en, in verbystering, het sy haar gesig geslaan en gesê: ’n Onvrugbare, bejaarde vrou قَالُواْ كَذَٰلِكِ قَالَ رَبُّكِۖ إِنَّهُۥ هُوَ ٱلۡحَكِيمُ ٱلۡعَلِيمُ ٣٠Hulle het gesê: U Heer sê so. Voorwaar, Hy is die Allerwyse, die Alleswetende
۞ قَالَ فَمَا خَطۡبُكُمۡ أَيُّهَا ٱلۡمُرۡسَلُونَ ٣١Abraham het gesê: Wat is julle opdrag, o boodskappers قَالُوٓاْ إِنَّآ أُرۡسِلۡنَآ إِلَىٰ قَوۡمٍ مُّجۡرِمِينَ ٣٢Hulle het geantwoord: Ons is na ’n misdadige volk gestuur لِنُرۡسِلَ عَلَيۡهِمۡ حِجَارَةً مِّن طِينٍ ٣٣sodat ons kleiklonte op hulle kan neerwerp مُّسَوَّمَةً عِندَ رَبِّكَ لِلۡمُسۡرِفِينَ ٣٤wat deur u Heer vir die oortreders bestem is فَأَخۡرَجۡنَا مَن كَانَ فِيهَا مِنَ ٱلۡمُؤۡمِنِينَ ٣٥Die gelowiges wat daar was, het Ons toe laat weggaan فَمَا وَجَدۡنَا فِيهَا غَيۡرَ بَيۡتٍ مِّنَ ٱلۡمُسۡلِمِينَ ٣٦En Ons het maar ’n enkele huis van Moesliems daar gevind وَتَرَكۡنَا فِيهَآ ءَايَةً لِّلَّذِينَ يَخَافُونَ ٱلۡعَذَابَ ٱلۡأَلِيمَ ٣٧En Ons het ’n teken daarin gelaat vir diegene wat die pynlike straf vrees وَفِي مُوسَىٰٓ إِذۡ أَرۡسَلۡنَٰهُ إِلَىٰ فِرۡعَوۡنَ بِسُلۡطَٰنٍ مُّبِينٍ ٣٨En in Moses, toe Ons hom na Farao met ’n duidelike gesag gestuur het فَتَوَلَّىٰ بِرُكۡنِهِۦ وَقَالَ سَٰحِرٌ أَوۡ مَجۡنُونٌ ٣٩Maar hy was afkerig vanweë sy mag, en het gesê: ’n Towenaar, of ’n kranksinnige فَأَخَذۡنَٰهُ وَجُنُودَهُۥ فَنَبَذۡنَٰهُمۡ فِي ٱلۡيَمِّ وَهُوَ مُلِيمٌ ٤٠Daarom het Ons hom en sy skare gegryp en hulle in die see gewerp, omdat hy skuldig was وَفِي عَادٍ إِذۡ أَرۡسَلۡنَا عَلَيۡهِمُ ٱلرِّيحَ ٱلۡعَقِيمَ ٤١En in Aad, toe Ons ’n vernielende orkaan teen hulle uitgestuur het مَا تَذَرُ مِن شَيۡءٍ أَتَتۡ عَلَيۡهِ إِلَّا جَعَلَتۡهُ كَٱلرَّمِيمِ ٤٢Dit het niks gespaar waarmee dit in aanraking gekom het nie, en dit het van alles as gemaak وَفِي ثَمُودَ إِذۡ قِيلَ لَهُمۡ تَمَتَّعُواْ حَتَّىٰ حِينٍ ٤٣En in Thamoed, toe aan hulle gesê is: Vermaak julle vir tyd en wyl فَعَتَوۡاْ عَنۡ أَمۡرِ رَبِّهِمۡ فَأَخَذَتۡهُمُ ٱلصَّٰعِقَةُ وَهُمۡ يَنظُرُونَ ٤٤Maar hulle het die gebod van hulle Heer oortree, daarom het die donderstraal straf hulle agterhaal, terwyl hulle dit aanskou het فَمَا ٱسۡتَطَٰعُواْ مِن قِيَامٍ وَمَا كَانُواْ مُنتَصِرِينَ ٤٥daarom was hulle nie in staat om op te staan nie, nóg kon hulle hul verdedig وَقَوۡمَ نُوحٍ مِّن قَبۡلُۖ إِنَّهُمۡ كَانُواْ قَوۡمًا فَٰسِقِينَ ٤٦en die volk van Noag: Voorwaar, hulle was ’n onheilstigtende volk وَٱلسَّمَآءَ بَنَيۡنَٰهَا بِأَيۡيْدٍ وَإِنَّا لَمُوسِعُونَ ٤٧En die hemel, dié het Ons deur Ons mag opgestel, en Ons is waarlik die Makers van die uitgestrektheid وَٱلۡأَرۡضَ فَرَشۡنَٰهَا فَنِعۡمَ ٱلۡمَٰهِدُونَ ٤٨En die aarde, dié het Ons uitgesprei. Hoe uitmuntend het Ons dit gemaak وَمِن كُلِّ شَيۡءٍ خَلَقۡنَا زَوۡجَيۡنِ لَعَلَّكُمۡ تَذَكَّرُونَ ٤٩En van elke ding het Ons pare geskape, sodat julle kan onthou فَفِرُّوٓاْ إِلَى ٱللَّهِۖ إِنِّي لَكُم مِّنۡهُ نَذِيرٌ مُّبِينٌ ٥٠Haas julle dan na Allah. Waarlik, ek is vir julle ’n duidelike waarskuwer van Hom وَلَا تَجۡعَلُواْ مَعَ ٱللَّهِ إِلَٰهًا ءَاخَرَۖ إِنِّي لَكُم مِّنۡهُ نَذِيرٌ مُّبِينٌ ٥١En moenie ’n ander god naas Allah opstel nie. Waarlik, ek is vir julle ’n duidelike waarskuwer van Hom كَذَٰلِكَ مَآ أَتَى ٱلَّذِينَ مِن قَبۡلِهِم مِّن رَّسُولٍ إِلَّا قَالُواْ سَاحِرٌ أَوۡ مَجۡنُونٌ ٥٢En nooit het daar ’n boodskapper tot diegene vóór hulle gekom nie, of hulle het gesê: ’n Towenaar, of ’n kranksinnige أَتَوَاصَوۡاْ بِهِۦۚ بَلۡ هُمۡ قَوۡمٌ طَاغُونَ ٥٣Het hulle mekaar hiertoe aangespoor? Nee, hulle was verslae oortreders فَتَوَلَّ عَنۡهُمۡ فَمَآ أَنتَ بِمَلُومٍ ٥٤Draai daarom weg van hulle af, want u is sonder blaam وَذَكِّرۡ فَإِنَّ ٱلذِّكۡرَىٰ تَنفَعُ ٱلۡمُؤۡمِنِينَ ٥٥En vemaan, want die vermaning sal die gelowiges bevoordeel وَمَا خَلَقۡتُ ٱلۡجِنَّ وَٱلۡإِنسَ إِلَّا لِيَعۡبُدُونِ ٥٦En Ek het die djien en die mense om geen ander rede geskape nie, as dat hulle My moet aanbid مَآ أُرِيدُ مِنۡهُم مِّن رِّزۡقٍ وَمَآ أُرِيدُ أَن يُطۡعِمُونِ ٥٧Ek verlang van hulle geen onderhoud nie, nóg wens Ek dat hulle My moet voed إِنَّ ٱللَّهَ هُوَ ٱلرَّزَّاقُ ذُو ٱلۡقُوَّةِ ٱلۡمَتِينُ ٥٨Voorwaar, Allah is die Allergrootste Voorsiener, die Heer van Mag, die Sterke فَإِنَّ لِلَّذِينَ ظَلَمُواْ ذَنُوبًا مِّثۡلَ ذَنُوبِ أَصۡحَٰبِهِمۡ فَلَا يَسۡتَعۡجِلُونِ ٥٩Die lot van die kwaaddoeners is sekerlik soos die lot van hulle metgeselle; daarom moet hulle My nie vra om dit te verhaas nie فَوَيۡلٌ لِّلَّذِينَ كَفَرُواْ مِن يَوۡمِهِمُ ٱلَّذِي يُوعَدُونَ ٦٠Wee die ongelowiges vanweë die Dag waarmee hulle bedreig word