Millat al-Islam

Chapter 50 · 45 verses · Imam M. A. Baker

Surah Qaf in Afrikaans

Arabic with tafsir Listen to Surah Qaf (1391 reciters)
Meccanسورة ق45 verses

بِسۡمِ ٱللَّهِ ٱلرَّحۡمَٰنِ ٱلرَّحِيمِ

قٓۚ وَٱلۡقُرۡءَانِ ٱلۡمَجِيدِ ١Kôf.1 By die glorieryke Qur’ãn بَلۡ عَجِبُوٓاْ أَن جَآءَهُم مُّنذِرٌ مِّنۡهُمۡ فَقَالَ ٱلۡكَٰفِرُونَ هَٰذَا شَيۡءٌ عَجِيبٌ ٢Nee, hulle verwonder hulle dat ’n waarskuwer uit hulle midde na hulle gekom het. En die ongelowiges sê: Dit is ’n wonderlike ding أَءِذَا مِتۡنَا وَكُنَّا تُرَابًاۖ ذَٰلِكَ رَجۡعُۢ بَعِيدٌ ٣Wanneer ons sterf en stof word, sal ons dan weer verwek word? Dit is vergesog قَدۡ عَلِمۡنَا مَا تَنقُصُ ٱلۡأَرۡضُ مِنۡهُمۡۖ وَعِندَنَا كِتَٰبٌ حَفِيظُۢ ٤Ons weet inderdaad wat die aarde van hulle verteer, en by Ons is ’n Boek wat alles bewaar بَلۡ كَذَّبُواْ بِٱلۡحَقِّ لَمَّا جَآءَهُمۡ فَهُمۡ فِيٓ أَمۡرٍ مَّرِيجٍ ٥Nee, hulle verwerp die waarheid wanneer dit na hulle kom, daarom verkeer hulle in ’n toestand van verwarring أَفَلَمۡ يَنظُرُوٓاْ إِلَى ٱلسَّمَآءِ فَوۡقَهُمۡ كَيۡفَ بَنَيۡنَٰهَا وَزَيَّنَّٰهَا وَمَا لَهَا مِن فُرُوجٍ ٦Kyk hulle nie op na die lug bo hulle hoe Ons dit opgerig en versier het nie, en dat daar niks ontbreek nie وَٱلۡأَرۡضَ مَدَدۡنَٰهَا وَأَلۡقَيۡنَا فِيهَا رَوَٰسِيَ وَأَنۢبَتۡنَا فِيهَا مِن كُلِّ زَوۡجِۭ بَهِيجٍ ٧En die aarde het Ons uitgesprei en stewige berge daarop geves- tig, en Ons het daarop elke pragtige plantesoort laat groei تَبۡصِرَةً وَذِكۡرَىٰ لِكُلِّ عَبۡدٍ مُّنِيبٍ ٨om insig te gee, en ook as ’n vermaning vir elke dienaar wat hom tot Allah wend وَنَزَّلۡنَا مِنَ ٱلسَّمَآءِ مَآءً مُّبَٰرَكًا فَأَنۢبَتۡنَا بِهِۦ جَنَّٰتٍ وَحَبَّ ٱلۡحَصِيدِ ٩En Ons stuur water vol seëninge uit die wolke af, en Ons laat daarmee tuine groei en die graan wat geoes word وَٱلنَّخۡلَ بَاسِقَٰتٍ لَّهَا طَلۡعٌ نَّضِيدٌ ١٠en die hoë palmbome met blomskedes wat bo-op mekaar gepak lê رِّزۡقًا لِّلۡعِبَادِۖ وَأَحۡيَيۡنَا بِهِۦ بَلۡدَةً مَّيۡتًاۚ كَذَٰلِكَ ٱلۡخُرُوجُ ١١as voorsiening vir die dienaars, en Ons gee daarmee lewe aan ’n dooie land. Net so sal die Opstanding wees كَذَّبَتۡ قَبۡلَهُمۡ قَوۡمُ نُوحٍ وَأَصۡحَٰبُ ٱلرَّسِّ وَثَمُودُ ١٢Vóór hulle het die volk van Noag die Waarheid verloën, en so ook وَعَادٌ وَفِرۡعَوۡنُ وَإِخۡوَٰنُ لُوطٍ ١٣en Aad en Farao en die broers van Lot وَأَصۡحَٰبُ ٱلۡأَيۡكَةِ وَقَوۡمُ تُبَّعٍۚ كُلٌّ كَذَّبَ ٱلرُّسُلَ فَحَقَّ وَعِيدِ ١٤en die Bewoners van die Woud en die Bewoners van Toebba. Hulle almal het die boodskappers verloën, daarom is my dreigemente vervul أَفَعَيِينَا بِٱلۡخَلۡقِ ٱلۡأَوَّلِۚ بَلۡ هُمۡ فِي لَبۡسٍ مِّنۡ خَلۡقٍ جَدِيدٍ ١٥Was Ons dan uitgeput deur die eerste skepping? Tog verkeer hulle in twyfel omtrent ’n nuwe skepping وَلَقَدۡ خَلَقۡنَا ٱلۡإِنسَٰنَ وَنَعۡلَمُ مَا تُوَسۡوِسُ بِهِۦ نَفۡسُهُۥۖ وَنَحۡنُ أَقۡرَبُ إِلَيۡهِ مِنۡ حَبۡلِ ٱلۡوَرِيدِ ١٦En inderdaad het Ons die mens geskape, en Ons weet wat sy gedagtes vir hom influister; en Ons is nader aan hom as selfs sy nekslagaar إِذۡ يَتَلَقَّى ٱلۡمُتَلَقِّيَانِ عَنِ ٱلۡيَمِينِ وَعَنِ ٱلشِّمَالِ قَعِيدٌ ١٧Wanneer die twee Ontvangers, die een aan sy regterkant en die ander aan sy linkerkant, hom ontvang مَّا يَلۡفِظُ مِن قَوۡلٍ إِلَّا لَدَيۡهِ رَقِيبٌ عَتِيدٌ ١٨uiter hy geen woord nie, of ’n bewaker is by hom, wat altyd gereed is وَجَآءَتۡ سَكۡرَةُ ٱلۡمَوۡتِ بِٱلۡحَقِّۖ ذَٰلِكَ مَا كُنتَ مِنۡهُ تَحِيدُ ١٩En die beswyming van die dood kom waarlik; dít is wat u wou vermy وَنُفِخَ فِي ٱلصُّورِۚ ذَٰلِكَ يَوۡمُ ٱلۡوَعِيدِ ٢٠En daar sal op die basuin geblaas word. Daardie dag is die Dag van Bedreiging وَجَآءَتۡ كُلُّ نَفۡسٍ مَّعَهَا سَآئِقٌ وَشَهِيدٌ ٢١En elke siel sal saam met ’n aanjaer en ’n getuie kom لَّقَدۡ كُنتَ فِي غَفۡلَةٍ مِّنۡ هَٰذَا فَكَشَفۡنَا عَنكَ غِطَآءَكَ فَبَصَرُكَ ٱلۡيَوۡمَ حَدِيدٌ ٢٢Daar sal gesê word: U was inderdaad agteloos, maar nou het Ons die sluier van u verwyder, daarom sal die gesig van die oë Vandag skerp wees وَقَالَ قَرِينُهُۥ هَٰذَا مَا لَدَيَّ عَتِيدٌ ٢٣En sy metgesel sal sê: Dít is wat by my gereed is أَلۡقِيَا فِي جَهَنَّمَ كُلَّ كَفَّارٍ عَنِيدٍ ٢٤Daar sal gesê word: Werp in die Hel elke ondankbare, opstandige skepsel مَّنَّاعٍ لِّلۡخَيۡرِ مُعۡتَدٍ مُّرِيبٍ ٢٥Verhinderaar van die goeie, oorskryer van perke, twyfelaar ٱلَّذِي جَعَلَ مَعَ ٱللَّهِ إِلَٰهًا ءَاخَرَ فَأَلۡقِيَاهُ فِي ٱلۡعَذَابِ ٱلشَّدِيدِ ٢٦wat ’n ander god naas Allah opstel; laat hom dan ’n streng straf ondergaan ۞ قَالَ قَرِينُهُۥ رَبَّنَا مَآ أَطۡغَيۡتُهُۥ وَلَٰكِن كَانَ فِي ضَلَٰلِۭ بَعِيدٍ ٢٧Sy metgesel sal sê: Ons Heer! Ek het hom nie opstandig gemaak nie, maar hy het self ver in die dwaling ingegaan قَالَ لَا تَخۡتَصِمُواْ لَدَيَّ وَقَدۡ قَدَّمۡتُ إِلَيۡكُم بِٱلۡوَعِيدِ ٢٨Hy sal antwoord: Argumenteer nie in My teenwoordigheid nie; Ek het julle inderdaad vooraf die waarskuwing gegee مَا يُبَدَّلُ ٱلۡقَوۡلُ لَدَيَّ وَمَآ أَنَا۠ بِظَلَّٰمٍ لِّلۡعَبِيدِ ٢٩My vonnis kan nie verander word nie, en Ek is glad nie onregverdig teenoor die dienaars nie يَوۡمَ نَقُولُ لِجَهَنَّمَ هَلِ ٱمۡتَلَأۡتِ وَتَقُولُ هَلۡ مِن مَّزِيدٍ ٣٠Op die Dag wanneer Ons aan die Hel sal sê: Is u stampvol? En hy sal antwoord: Is daar nog meer وَأُزۡلِفَتِ ٱلۡجَنَّةُ لِلۡمُتَّقِينَ غَيۡرَ بَعِيدٍ ٣١En die Hemel sal naby gebring word aan diegene wat teen die kwaad gewaak het, en dit sal nie afgeleë wees nie هَٰذَا مَا تُوعَدُونَ لِكُلِّ أَوَّابٍ حَفِيظٍ ٣٢Dít is wat aan julle belowe is, vir elkeen wat hom bekeer het en op die perke ag geslaan het مَّنۡ خَشِيَ ٱلرَّحۡمَٰنَ بِٱلۡغَيۡبِ وَجَآءَ بِقَلۡبٍ مُّنِيبٍ ٣٣wat die Barmhartige in die geheim vrees en met ’n berouvolle hart te voorskyn kom ٱدۡخُلُوهَا بِسَلَٰمٍۖ ذَٰلِكَ يَوۡمُ ٱلۡخُلُودِ ٣٤Gaan dit in vrede binne. Dit is die Dag van Ewigheid لَهُم مَّا يَشَآءُونَ فِيهَا وَلَدَيۡنَا مَزِيدٌ ٣٥Vir hulle is alles daarin wat hulle begeer, en by Ons is nog meer وَكَمۡ أَهۡلَكۡنَا قَبۡلَهُم مِّن قَرۡنٍ هُمۡ أَشَدُّ مِنۡهُم بَطۡشًا فَنَقَّبُواْ فِي ٱلۡبِلَٰدِ هَلۡ مِن مَّحِيصٍ ٣٦En hoeveel geslagte vóór hulle, wat magtiger was as hulle, het Ons nie vernietig nie! En hulle het deur die lande getrek! Is daar ’n toevlugsoord إِنَّ فِي ذَٰلِكَ لَذِكۡرَىٰ لِمَن كَانَ لَهُۥ قَلۡبٌ أَوۡ أَلۡقَى ٱلسَّمۡعَ وَهُوَ شَهِيدٌ ٣٧Sekerlik is daar ’n vermaning hierin vir hom wat ’n hart het, of wat luister en oplettend is وَلَقَدۡ خَلَقۡنَا ٱلسَّمَٰوَٰتِ وَٱلۡأَرۡضَ وَمَا بَيۡنَهُمَا فِي سِتَّةِ أَيَّامٍ وَمَا مَسَّنَا مِن لُّغُوبٍ ٣٨En inderdaad het Ons die hemele en die aarde en wat daartussen is, in ses tydperke geskape, en geen vermoeidheid het Ons geraak nie فَٱصۡبِرۡ عَلَىٰ مَا يَقُولُونَ وَسَبِّحۡ بِحَمۡدِ رَبِّكَ قَبۡلَ طُلُوعِ ٱلشَّمۡسِ وَقَبۡلَ ٱلۡغُرُوبِ ٣٩Verdra dan wat hulle sê; verheerlik u Heer met die lof wat Hom toekom, vóór die opkoms van die son en vóór dit ondergaan. En verheerlik Hom snags en nà die gebedsprostrasie وَمِنَ ٱلَّيۡلِ فَسَبِّحۡهُ وَأَدۡبَٰرَ ٱلسُّجُودِ ٤٠En luister op die Dag wanneer ’n uitroeper van ’n naby plek sal uitroep وَٱسۡتَمِعۡ يَوۡمَ يُنَادِ ٱلۡمُنَادِ مِن مَّكَانٍ قَرِيبٍ ٤١die Dag wanneer hulle die uitroep in waarheid sal hoor يَوۡمَ يَسۡمَعُونَ ٱلصَّيۡحَةَ بِٱلۡحَقِّۚ ذَٰلِكَ يَوۡمُ ٱلۡخُرُوجِ ٤٢Dit is die Dag van Verskyning إِنَّا نَحۡنُ نُحۡيِۦ وَنُمِيتُ وَإِلَيۡنَا ٱلۡمَصِيرُ ٤٣Waarlik, Ons gee lewe en veroorsaak die dood, en tot Ons is die terugkeer يَوۡمَ تَشَقَّقُ ٱلۡأَرۡضُ عَنۡهُمۡ سِرَاعًاۚ ذَٰلِكَ حَشۡرٌ عَلَيۡنَا يَسِيرٌ ٤٤Die Dag wanneer die aarde vinnig onder hulle uiteen sal spat. Dit is maklik vir Ons om almal so te versamel نَّحۡنُ أَعۡلَمُ بِمَا يَقُولُونَۖ وَمَآ أَنتَ عَلَيۡهِم بِجَبَّارٍۖ فَذَكِّرۡ بِٱلۡقُرۡءَانِ مَن يَخَافُ وَعِيدِ ٤٥Ons weet goed wat hulle sê, en u is nie iemand wat hulle moet dwing nie. Vermaan dus met die Qur’ãn hom wat my dreige- mente vrees

Translation: Imam M. A. Baker.