Millat al-Islam

Chapter 85 · 22 verses · Imam M. A. Baker

Surah Al-Burooj in Afrikaans

Arabic with tafsir Listen to Surah Al-Burooj (1318 reciters)
Meccanسورة البروج22 verses

بِسۡمِ ٱللَّهِ ٱلرَّحۡمَٰنِ ٱلرَّحِيمِ

وَٱلسَّمَآءِ ذَاتِ ٱلۡبُرُوجِ ١By die sterbesaaide hemel وَٱلۡيَوۡمِ ٱلۡمَوۡعُودِ ٢en die Beloofde Dag وَشَاهِدٍ وَمَشۡهُودٍ ٣By die getuie en dít waarteen hy getuig قُتِلَ أَصۡحَٰبُ ٱلۡأُخۡدُودِ ٤’n Rampspoed het oor die Mense van die Loopgraaf gekom ٱلنَّارِ ذَاتِ ٱلۡوَقُودِ ٥’n gestookte Vlammende Vuur إِذۡ هُمۡ عَلَيۡهَا قُعُودٌ ٦waarby hulle gesit het وَهُمۡ عَلَىٰ مَا يَفۡعَلُونَ بِٱلۡمُؤۡمِنِينَ شُهُودٌ ٧en hulle was getuie van wat hulle aan die gelowiges gedoen het وَمَا نَقَمُواْ مِنۡهُمۡ إِلَّآ أَن يُؤۡمِنُواْ بِٱللَّهِ ٱلۡعَزِيزِ ٱلۡحَمِيدِ ٨En hulle het die gelowiges om geen rede gestraf nie, behalwe dat hulle aan Allah, die Allermagtige, die Lofwaardige, geglo het ٱلَّذِي لَهُۥ مُلۡكُ ٱلسَّمَٰوَٰتِ وَٱلۡأَرۡضِۚ وَٱللَّهُ عَلَىٰ كُلِّ شَيۡءٍ شَهِيدٌ ٩aan wie die koninkryk van die hemele en die aarde behoort; en Allah is getuie oor alle dinge إِنَّ ٱلَّذِينَ فَتَنُواْ ٱلۡمُؤۡمِنِينَ وَٱلۡمُؤۡمِنَٰتِ ثُمَّ لَمۡ يَتُوبُواْ فَلَهُمۡ عَذَابُ جَهَنَّمَ وَلَهُمۡ عَذَابُ ٱلۡحَرِيقِ ١٠Voorwaar, hulle wat die gelowige mans en die gelowige vroue vervolg, en dan geen berou toon nie, vir hulle is die Hel as straf, en vir hulle is die straf van verbranding إِنَّ ٱلَّذِينَ ءَامَنُواْ وَعَمِلُواْ ٱلصَّٰلِحَٰتِ لَهُمۡ جَنَّٰتٌ تَجۡرِي مِن تَحۡتِهَا ٱلۡأَنۡهَٰرُۚ ذَٰلِكَ ٱلۡفَوۡزُ ٱلۡكَبِيرُ ١١Vir die gelowiges wat goeie dade doen, is daar Tuine waarin riviere vloei; dit is iets om na te streef إِنَّ بَطۡشَ رَبِّكَ لَشَدِيدٌ ١٢Waarlik, die greep van u Heer is hard إِنَّهُۥ هُوَ يُبۡدِئُ وَيُعِيدُ ١٣Waarlik, dit is Hy wat eers skep en daarna voortbring وَهُوَ ٱلۡغَفُورُ ٱلۡوَدُودُ ١٤en Hy is die Vergewensgesinde, die Liefderyke ذُو ٱلۡعَرۡشِ ٱلۡمَجِيدُ ١٥Heer van die Troon van Mag, die Roemryke فَعَّالٌ لِّمَا يُرِيدُ ١٦Uitvoerder van Sy wil هَلۡ أَتَىٰكَ حَدِيثُ ٱلۡجُنُودِ ١٧Het die verhaal van die leërskare u dan nie bereik nie فِرۡعَوۡنَ وَثَمُودَ ١٨van Farao en Thamoed بَلِ ٱلَّذِينَ كَفَرُواْ فِي تَكۡذِيبٍ ١٩Nee, maar die ongelowiges hou aan met verloëning وَٱللَّهُ مِن وَرَآئِهِم مُّحِيطُۢ ٢٠en Allah omring hulle van alle kante بَلۡ هُوَ قُرۡءَانٌ مَّجِيدٌ ٢١Nee, dit is ’n glorieryke Qur’ãn فِي لَوۡحٍ مَّحۡفُوظِۭ ٢٢in ’n beskermde gedenksteen

Translation: Imam M. A. Baker.