Millat al-Islam

Chapter 84 · 25 verses · Imam M. A. Baker

Surah Al-Inshiqaq in Afrikaans

Arabic with tafsir Listen to Surah Al-Inshiqaq (1262 reciters)

بِسۡمِ ٱللَّهِ ٱلرَّحۡمَٰنِ ٱلرَّحِيمِ

إِذَا ٱلسَّمَآءُ ٱنشَقَّتۡ ١Wanneer die hemel uiteen sal spat وَأَذِنَتۡ لِرَبِّهَا وَحُقَّتۡ ٢en sy Heer gehoorsaam, soos dit hom betaam وَإِذَا ٱلۡأَرۡضُ مُدَّتۡ ٣en wanneer die aarde uitgestrek word وَأَلۡقَتۡ مَا فِيهَا وَتَخَلَّتۡ ٤en alles sal uitwerp wat in hom is, en leeg word وَأَذِنَتۡ لِرَبِّهَا وَحُقَّتۡ ٥en sy Heer gehoorsaam, soos dit hom betaam يَٰٓأَيُّهَا ٱلۡإِنسَٰنُ إِنَّكَ كَادِحٌ إِلَىٰ رَبِّكَ كَدۡحًا فَمُلَٰقِيهِ ٦O mens! U moet ywerig om u Heer se guns strewe, dan sal u Hom ontmoet فَأَمَّا مَنۡ أُوتِيَ كِتَٰبَهُۥ بِيَمِينِهِۦ ٧Wat hom betref, wat sy boek in sy regterhand ontvang فَسَوۡفَ يُحَاسَبُ حِسَابًا يَسِيرًا ٨hy sal ’n rekening ontvang wat maklik is om te vereffen وَيَنقَلِبُ إِلَىٰٓ أَهۡلِهِۦ مَسۡرُورًا ٩en hy sal tot sy volk in vreugde terugkeer وَأَمَّا مَنۡ أُوتِيَ كِتَٰبَهُۥ وَرَآءَ ظَهۡرِهِۦ ١٠Maar hy wat sy boek agter sy rug ontvang فَسَوۡفَ يَدۡعُواْ ثُبُورًا ١١hy sal die verdoemenis begeer وَيَصۡلَىٰ سَعِيرًا ١٢en die Brandende Vuur ingaan إِنَّهُۥ كَانَ فِيٓ أَهۡلِهِۦ مَسۡرُورًا ١٣Voorwaar, hy was vroeër vrolik onder sy volk إِنَّهُۥ ظَنَّ أَن لَّن يَحُورَ ١٤en het gereken dat hy nooit hoef terug te keer na Allah nie بَلَىٰٓۚ إِنَّ رَبَّهُۥ كَانَ بِهِۦ بَصِيرًا ١٥Ja! Waarlik! Sy Heer sien hom altyd فَلَآ أُقۡسِمُ بِٱلشَّفَقِ ١٦Ja! Ek roep die aandskemering as getuie وَٱلَّيۡلِ وَمَا وَسَقَ ١٧en die nag en wat dit omsluier وَٱلۡقَمَرِ إِذَا ٱتَّسَقَ ١٨en die maan as hy vol word لَتَرۡكَبُنَّ طَبَقًا عَن طَبَقٍ ١٩dat julle trap vir trap sal ontwikkel فَمَا لَهُمۡ لَا يُؤۡمِنُونَ ٢٠Maar wat makeer hulle dat hulle nie wil glo nie وَإِذَا قُرِئَ عَلَيۡهِمُ ٱلۡقُرۡءَانُ لَا يَسۡجُدُونَۤ ۩ ٢١En wanneer die Qur’ãn aan hulle voorgelees word, val hulle nie in prostrasie neer nie بَلِ ٱلَّذِينَ كَفَرُواْ يُكَذِّبُونَ ٢٢Inteendeel, die ongelowiges verloën dit وَٱللَّهُ أَعۡلَمُ بِمَا يُوعُونَ ٢٣Maar Allah weet wat hulle verberg فَبَشِّرۡهُم بِعَذَابٍ أَلِيمٍ ٢٤Kondig vir hulle dus ’n smartlike straf aan إِلَّا ٱلَّذِينَ ءَامَنُواْ وَعَمِلُواْ ٱلصَّٰلِحَٰتِ لَهُمۡ أَجۡرٌ غَيۡرُ مَمۡنُونِۭ ٢٥behalwe die gelowiges wat goeie werke doen ~ vir hulle is daar ’n oneindige beloning

Translation: Imam M. A. Baker.