بِسۡمِ ٱللَّهِ ٱلرَّحۡمَٰنِ ٱلرَّحِيمِ
هَلۡ أَتَىٰكَ حَدِيثُ ٱلۡغَٰشِيَةِ ١Het nuus van die Oorweldigende Gebeurtenis u bereik وُجُوهٌ يَوۡمَئِذٍ خَٰشِعَةٌ ٢Op dié Dag sal sommige gesigte neergeslaan wees عَامِلَةٌ نَّاصِبَةٌ ٣verslae, afgemat تَصۡلَىٰ نَارًا حَامِيَةً ٤verskroei deur ’n Brandende Vuur تُسۡقَىٰ مِنۡ عَيۡنٍ ءَانِيَةٍ ٥terwyl hulle sal drink uit ’n kokende fontein لَّيۡسَ لَهُمۡ طَعَامٌ إِلَّا مِن ضَرِيعٍ ٦Hulle sal geen voedsel kry nie, behalwe giftige dorings لَّا يُسۡمِنُ وَلَا يُغۡنِي مِن جُوعٍ ٧en dit sal nie voedsaam wees, en hulle teen die honger ook niks baat nie وُجُوهٌ يَوۡمَئِذٍ نَّاعِمَةٌ ٨Ander gesigte sal op dié Dag bly wees لِّسَعۡيِهَا رَاضِيَةٌ ٩weltevrede met hul strewe فِي جَنَّةٍ عَالِيَةٍ ١٠in ’n verhewe Tuin لَّا تَسۡمَعُ فِيهَا لَٰغِيَةً ١١waarin u geen ydele gesprek sal hoor nie فِيهَا عَيۡنٌ جَارِيَةٌ ١٢In hierdie Tuin is ’n borrelende fontein فِيهَا سُرُرٌ مَّرۡفُوعَةٌ ١٣en hoë rusbanke وَأَكۡوَابٌ مَّوۡضُوعَةٌ ١٤en drinkbekers وَنَمَارِقُ مَصۡفُوفَةٌ ١٥en gerangskikte kussings وَزَرَابِيُّ مَبۡثُوثَةٌ ١٦en oopgespreide tapyte أَفَلَا يَنظُرُونَ إِلَى ٱلۡإِبِلِ كَيۡفَ خُلِقَتۡ ١٧Kyk hulle nie na die wolke, hoe hulle gevorm word nie وَإِلَى ٱلسَّمَآءِ كَيۡفَ رُفِعَتۡ ١٨En na die hemel, hoe verhewe dit is nie وَإِلَى ٱلۡجِبَالِ كَيۡفَ نُصِبَتۡ ١٩En na die berge, hoe hulle gevestig is nie وَإِلَى ٱلۡأَرۡضِ كَيۡفَ سُطِحَتۡ ٢٠En na die aarde en sy uitgestrektheid nie فَذَكِّرۡ إِنَّمَآ أَنتَ مُذَكِّرٌ ٢١Vermaan dan, want u is slegs ’n waarskuwer لَّسۡتَ عَلَيۡهِم بِمُصَيۡطِرٍ ٢٢U is geen bewaarder oor hulle nie إِلَّا مَن تَوَلَّىٰ وَكَفَرَ ٢٣Maar wie ook al wegdraai en weier om te glo فَيُعَذِّبُهُ ٱللَّهُ ٱلۡعَذَابَ ٱلۡأَكۡبَرَ ٢٤Allah sal hulle met die strengste kastyding straf إِنَّ إِلَيۡنَآ إِيَابَهُمۡ ٢٥Voorwaar, hulle terugkeer is na Ons ثُمَّ إِنَّ عَلَيۡنَا حِسَابَهُم ٢٦dan kom dit Ons toe om hulle te vergeld