بِسۡمِ ٱللَّهِ ٱلرَّحۡمَٰنِ ٱلرَّحِيمِ
هَلۡ أَتَىٰ عَلَى ٱلۡإِنسَٰنِ حِينٌ مِّنَ ٱلدَّهۡرِ لَمۡ يَكُن شَيۡـًٔا مَّذۡكُورًا ١Voorwaar, daar was ’n tydperk gewees toe die mens geen vermeldenswaardige voorwerp was nie إِنَّا خَلَقۡنَا ٱلۡإِنسَٰنَ مِن نُّطۡفَةٍ أَمۡشَاجٍ نَّبۡتَلِيهِ فَجَعَلۡنَٰهُ سَمِيعَۢا بَصِيرًا ٢Ons het die mens sekerlik uit water, gemeng met die vroulike eiersel, geskape om hom op die proef te stel; en Ons het vir hom ore en oë gemaak إِنَّا هَدَيۡنَٰهُ ٱلسَّبِيلَ إِمَّا شَاكِرًا وَإِمَّا كَفُورًا ٣Ons het hom waarlik die weg getoon; hy mag dankbaar of ondankbaar wees إِنَّآ أَعۡتَدۡنَا لِلۡكَٰفِرِينَ سَلَٰسِلَاْ وَأَغۡلَٰلًا وَسَعِيرًا ٤Voorwaar, Ons het vir die ongelowiges kettings en yster- halsbande en ’n Brandende Vuur voorberei إِنَّ ٱلۡأَبۡرَارَ يَشۡرَبُونَ مِن كَأۡسٍ كَانَ مِزَاجُهَا كَافُورًا ٥Maar die deugsame drink uit ’n beker ’n drank gemeng met water vanuit ’n fontein uit die Hemel, genoem Kaafoer عَيۡنًا يَشۡرَبُ بِهَا عِبَادُ ٱللَّهِ يُفَجِّرُونَهَا تَفۡجِيرًا ٦’n bron waarvan die dienaars van Allah drink en wat oorvloedig uitvloei يُوفُونَ بِٱلنَّذۡرِ وَيَخَافُونَ يَوۡمًا كَانَ شَرُّهُۥ مُسۡتَطِيرًا ٧Hulle vervul die gelofte, en vrees ’n Dag waarvan die gruwel verreikend is وَيُطۡعِمُونَ ٱلطَّعَامَ عَلَىٰ حُبِّهِۦ مِسۡكِينًا وَيَتِيمًا وَأَسِيرًا ٨En hulle gee voedsel, uit liefde vir Hom, aan die armes, die weeskinders en die oorlogsgevangenes إِنَّمَا نُطۡعِمُكُمۡ لِوَجۡهِ ٱللَّهِ لَا نُرِيدُ مِنكُمۡ جَزَآءً وَلَا شُكُورًا ٩En hulle sê: Ons voed julle slegs ter wille van Allah. Ons verlang nóg beloning nóg dank van julle إِنَّا نَخَافُ مِن رَّبِّنَا يَوۡمًا عَبُوسًا قَمۡطَرِيرًا ١٠Gewis, ons vrees van ons Heer ’n moeilike en ellendige Dag فَوَقَىٰهُمُ ٱللَّهُ شَرَّ ذَٰلِكَ ٱلۡيَوۡمِ وَلَقَّىٰهُمۡ نَضۡرَةً وَسُرُورًا ١١Daarom sal Allah die kwaad op daardie Dag van hulle afweer en sal gee dat prag en geluk hulle tegemoetkom وَجَزَىٰهُم بِمَا صَبَرُواْ جَنَّةً وَحَرِيرًا ١٢en vir hulle standvastigheid sal Hy hulle beloon met ’n Tuin en klere van sy مُّتَّكِـِٔينَ فِيهَا عَلَى ٱلۡأَرَآئِكِۖ لَا يَرَوۡنَ فِيهَا شَمۡسًا وَلَا زَمۡهَرِيرًا ١٣op verhewe sofa’s sal hulle hul daarin neervly, en hulle sal nie die skroeiende hitte van die son, of bitter koue voel nie وَدَانِيَةً عَلَيۡهِمۡ ظِلَٰلُهَا وَذُلِّلَتۡ قُطُوفُهَا تَذۡلِيلًا ١٤en die skaduwees van bome sal dig oor hulle wees, en trosse vrugte sal maklik bereikbaar gemaak word وَيُطَافُ عَلَيۡهِم بِـَٔانِيَةٍ مِّن فِضَّةٍ وَأَكۡوَابٍ كَانَتۡ قَوَارِيرَا۠ ١٥En onder hulle sal rondgestuur word kruike van silwer en bekers van glas قَوَارِيرَاْ مِن فِضَّةٍ قَدَّرُوهَا تَقۡدِيرًا ١٦kristalhelder, uit silwer gemaak, en die maat daarvan word vir hulle afgemeet volgens hulle verdienste وَيُسۡقَوۡنَ فِيهَا كَأۡسًا كَانَ مِزَاجُهَا زَنجَبِيلًا ١٧En daarin sal aan hulle gegee word ’n drank gemeng met gemmer عَيۡنًا فِيهَا تُسَمَّىٰ سَلۡسَبِيلًا ١٨van ’n bron genoem: Salsabiel ۞ وَيَطُوفُ عَلَيۡهِمۡ وِلۡدَٰنٌ مُّخَلَّدُونَ إِذَا رَأَيۡتَهُمۡ حَسِبۡتَهُمۡ لُؤۡلُؤًا مَّنثُورًا ١٩En jong seuns wat nie verouder nie, sal onder hulle rondgaan om hulle te bedien; wanneer u hulle sien, sal u dink dat hulle ver- strooide pêrels is وَإِذَا رَأَيۡتَ ثَمَّ رَأَيۡتَ نَعِيمًا وَمُلۡكًا كَبِيرًا ٢٠En wanneer u daarna kyk, sal u seëninge en ’n groot koninkryk aanskou عَٰلِيَهُمۡ ثِيَابُ سُندُسٍ خُضۡرٌ وَإِسۡتَبۡرَقٌۖ وَحُلُّوٓاْ أَسَاوِرَ مِن فِضَّةٍ وَسَقَىٰهُمۡ رَبُّهُمۡ شَرَابًا طَهُورًا ٢١Hulle sal klere van fyn groen sy en swaar brokaat dra, en hulle sal versier word met silwer armbande, en hulle Heer sal hulle ’n suiwer drank laat drink إِنَّ هَٰذَا كَانَ لَكُمۡ جَزَآءً وَكَانَ سَعۡيُكُم مَّشۡكُورًا ٢٢En aan hulle sal gesê word: Voorwaar, dít is ’n beloning vir julle, en julle strewe word beloon إِنَّا نَحۡنُ نَزَّلۡنَا عَلَيۡكَ ٱلۡقُرۡءَانَ تَنزِيلًا ٢٣Voorwaar, Ons het die Qur’ãn aan u by gedeeltes geopenbaar فَٱصۡبِرۡ لِحُكۡمِ رَبِّكَ وَلَا تُطِعۡ مِنۡهُمۡ ءَاثِمًا أَوۡ كَفُورًا ٢٤Wag dan geduldig op die gebod van u Heer, en gehoorsaam geen sondaar of ondankbare skepsel onder hulle nie وَٱذۡكُرِ ٱسۡمَ رَبِّكَ بُكۡرَةً وَأَصِيلًا ٢٥En dink aan die Naam van u Heer soggens en saans وَمِنَ ٱلَّيۡلِ فَٱسۡجُدۡ لَهُۥ وَسَبِّحۡهُ لَيۡلًا طَوِيلًا ٢٦en aanbid Hom gedurende ’n deel van die nag, en verheerlik Hom gedurende ’n groot deel van die nag إِنَّ هَٰٓؤُلَآءِ يُحِبُّونَ ٱلۡعَاجِلَةَ وَيَذَرُونَ وَرَآءَهُمۡ يَوۡمًا ثَقِيلًا ٢٧Waarlik, hierdie ongelowiges hou van die verbygaande lewe, en is agteloos omtrent ’n griewende Dag wat vóór hulle is نَّحۡنُ خَلَقۡنَٰهُمۡ وَشَدَدۡنَآ أَسۡرَهُمۡۖ وَإِذَا شِئۡنَا بَدَّلۡنَآ أَمۡثَٰلَهُمۡ تَبۡدِيلًا ٢٨Ons het hulle geskape en hulle liggame stewig gemaak, en as Ons wil, kan Ons hulle deur gelyksoortige skepsels vervang إِنَّ هَٰذِهِۦ تَذۡكِرَةٌۖ فَمَن شَآءَ ٱتَّخَذَ إِلَىٰ رَبِّهِۦ سَبِيلًا ٢٩Voorwaar, dit is ’n vermaning; wie dan wil, laat hom ’n weg tot sy Heer baan وَمَا تَشَآءُونَ إِلَّآ أَن يَشَآءَ ٱللَّهُۚ إِنَّ ٱللَّهَ كَانَ عَلِيمًا حَكِيمًا ٣٠En julle sal niks anders wil nie, behalwe wat Allah wil! Voor- waar, Allah is Alleswetend, Allerwys يُدۡخِلُ مَن يَشَآءُ فِي رَحۡمَتِهِۦۚ وَٱلظَّٰلِمِينَ أَعَدَّ لَهُمۡ عَذَابًا أَلِيمَۢا ٣١Hy laat tot Sy barmhartigheid ingaan wie Hy wil; en vir die kwaaddoeners het Hy ’n smartlike straf voorberei