Millat al-Islam

Chapter 75 · 40 verses · Imam M. A. Baker

Surah Al-Qiyama in Afrikaans

Arabic with tafsir Listen to Surah Al-Qiyama (1375 reciters)

بِسۡمِ ٱللَّهِ ٱلرَّحۡمَٰنِ ٱلرَّحِيمِ

لَآ أُقۡسِمُ بِيَوۡمِ ٱلۡقِيَٰمَةِ ١Ek sweer by die Dag van Herrysenis وَلَآ أُقۡسِمُ بِٱلنَّفۡسِ ٱللَّوَّامَةِ ٢Ek sweer by die siel wat homself beskuldig أَيَحۡسَبُ ٱلۡإِنسَٰنُ أَلَّن نَّجۡمَعَ عِظَامَهُۥ ٣Dink die mens dat Ons nie sy beendere bymekaar sal versamel nie بَلَىٰ قَٰدِرِينَ عَلَىٰٓ أَن نُّسَوِّيَ بَنَانَهُۥ ٤Ja, seker! Ons het die Mag om hom geheel en al te herstel بَلۡ يُرِيدُ ٱلۡإِنسَٰنُ لِيَفۡجُرَ أَمَامَهُۥ ٥Nee! Die mens begeer altyd om homself skade aan te doen يَسۡـَٔلُ أَيَّانَ يَوۡمُ ٱلۡقِيَٰمَةِ ٦Hy vra: Wanneer is die Dag van Herrysenis فَإِذَا بَرِقَ ٱلۡبَصَرُ ٧Maar as die oog verblind word وَخَسَفَ ٱلۡقَمَرُ ٨en die maan verduister sal wees وَجُمِعَ ٱلشَّمۡسُ وَٱلۡقَمَرُ ٩en die son en die maan bymekaargebring sal word يَقُولُ ٱلۡإِنسَٰنُ يَوۡمَئِذٍ أَيۡنَ ٱلۡمَفَرُّ ١٠op dié Dag sal die mens sê: Waarheen moet ons vlug كـَلَّا لَا وَزَرَ ١١Nee! Daar is geen skuiling nie إِلَىٰ رَبِّكَ يَوۡمَئِذٍ ٱلۡمُسۡتَقَرُّ ١٢Slegs by u Heer sal daar op daardie Dag ’n rusplek wees يُنَبَّؤُاْ ٱلۡإِنسَٰنُ يَوۡمَئِذِۭ بِمَا قَدَّمَ وَأَخَّرَ ١٣Die mens sal op dié Dag ingelig word oor wat hy vooruitgestuur of agtergelaat het بَلِ ٱلۡإِنسَٰنُ عَلَىٰ نَفۡسِهِۦ بَصِيرَةٌ ١٤Nee, die mens is getuie teen homself وَلَوۡ أَلۡقَىٰ مَعَاذِيرَهُۥ ١٥hoewel hy verontskuldiging sal aanbied لَا تُحَرِّكۡ بِهِۦ لِسَانَكَ لِتَعۡجَلَ بِهِۦٓ ١٦O Moegammad, beweeg nie u tong daartoe om haastige woorde te sê nie إِنَّ عَلَيۡنَا جَمۡعَهُۥ وَقُرۡءَانَهُۥ ١٧Voorwaar, die versameling en verkondiging daarvan rus op Ons فَإِذَا قَرَأۡنَٰهُ فَٱتَّبِعۡ قُرۡءَانَهُۥ ١٨Daarom, wanneer Ons dit voordra, volg dan die voordrag ثُمَّ إِنَّ عَلَيۡنَا بَيَانَهُۥ ١٩Daarna rus die verklaring daarvan op Ons كـَلَّا بَلۡ تُحِبُّونَ ٱلۡعَاجِلَةَ ٢٠Nee, maar julle het die teenswoordige lewe lief وَتَذَرُونَ ٱلۡأٓخِرَةَ ٢١en julle gee die Hiernamaals prys وُجُوهٌ يَوۡمَئِذٍ نَّاضِرَةٌ ٢٢Op dié Dag sal sommige gesigte helder wees إِلَىٰ رَبِّهَا نَاظِرَةٌ ٢٣en opsien na hulle Heer وَوُجُوهٌ يَوۡمَئِذِۭ بَاسِرَةٌ ٢٤En ander se gesigte sal op dié Dag somber wees تَظُنُّ أَن يُفۡعَلَ بِهَا فَاقِرَةٌ ٢٥wetende dat ’n vreeslike ramp spoedig oor hulle sal kom كـَلَّآ إِذَا بَلَغَتِ ٱلتَّرَاقِيَ ٢٦Nee! As die siel van die sterwende tot die keel sal opstyg وَقِيلَ مَنۡۜ رَاقٍ ٢٧en daar gesê word: Wie sal saam daarmee opstyg وَظَنَّ أَنَّهُ ٱلۡفِرَاقُ ٢٨en hy besef dat dit waarlik die skeiding is وَٱلۡتَفَّتِ ٱلسَّاقُ بِٱلسَّاقِ ٢٩en kwelling by kwelling gevoeg word إِلَىٰ رَبِّكَ يَوۡمَئِذٍ ٱلۡمَسَاقُ ٣٠tot u Heer is die versameling op daardie Dag فَلَا صَدَّقَ وَلَا صَلَّىٰ ٣١Want die mens het die Waarheid nie aangeneem nie, nóg het hy gebid وَلَٰكِن كَذَّبَ وَتَوَلَّىٰ ٣٢dog hy het die profeet verloën en homself afgewend ثُمَّ ذَهَبَ إِلَىٰٓ أَهۡلِهِۦ يَتَمَطَّىٰٓ ٣٣daarna het hy trots na sy volk teruggekeer أَوۡلَىٰ لَكَ فَأَوۡلَىٰ ٣٤Wee u! Wee dus oor u ثُمَّ أَوۡلَىٰ لَكَ فَأَوۡلَىٰٓ ٣٥Nogmaals, wee u, en nog eens wee أَيَحۡسَبُ ٱلۡإِنسَٰنُ أَن يُتۡرَكَ سُدًى ٣٦Dink die mens dat hy doelloos gelaat sal word أَلَمۡ يَكُ نُطۡفَةً مِّن مَّنِيٍّ يُمۡنَىٰ ٣٧Was hy nie ’n klein sperm, in water uitgestort nie ثُمَّ كَانَ عَلَقَةً فَخَلَقَ فَسَوَّىٰ ٣٨Daarna was hy ’n bloedstolsel, en daarna het Hy hom gevorm en vervolmaak فَجَعَلَ مِنۡهُ ٱلزَّوۡجَيۡنِ ٱلذَّكَرَ وَٱلۡأُنثَىٰٓ ٣٩Toe het Hy van die embrio twee soorte gemaak: die manlike en vroulike geslag أَلَيۡسَ ذَٰلِكَ بِقَٰدِرٍ عَلَىٰٓ أَن يُحۡـِۧيَ ٱلۡمَوۡتَىٰ ٤٠Is Hy dan nie by magte om die dooie te laat herlewe nie

Translation: Imam M. A. Baker.