Millat al-Islam

Chapter 78 · 40 verses · Imam M. A. Baker

Surah An-Naba in Afrikaans

Arabic with tafsir Listen to Surah An-Naba (1413 reciters)
Meccanسورة النبأ40 verses

بِسۡمِ ٱللَّهِ ٱلرَّحۡمَٰنِ ٱلرَّحِيمِ

عَمَّ يَتَسَآءَلُونَ ١Wat vra hulle vir mekaar عَنِ ٱلنَّبَإِ ٱلۡعَظِيمِ ٢Van die verskriklike aankondiging ٱلَّذِي هُمۡ فِيهِ مُخۡتَلِفُونَ ٣waaromtrent hulle verskil كـَلَّا سَيَعۡلَمُونَ ٤Nee, hulle sal weldra weet ثُمَّ كـَلَّا سَيَعۡلَمُونَ ٥Nee, nogmaals, hulle sal weldra weet أَلَمۡ نَجۡعَلِ ٱلۡأَرۡضَ مِهَٰدًا ٦Het Ons nie die aarde wyd gemaak وَٱلۡجِبَالَ أَوۡتَادًا ٧en die berge soos penne daarop geplaas nie وَخَلَقۡنَٰكُمۡ أَزۡوَٰجًا ٨En Ons het julle in pare geskape وَجَعَلۡنَا نَوۡمَكُمۡ سُبَاتًا ٩en aan julle die slaap vir rus geskenk وَجَعَلۡنَا ٱلَّيۡلَ لِبَاسًا ١٠en Ons het die nag soos ’n mantel gemaak وَجَعَلۡنَا ٱلنَّهَارَ مَعَاشًا ١١en die dag om ’n lewensonderhoud in te soek وَبَنَيۡنَا فَوۡقَكُمۡ سَبۡعًا شِدَادًا ١٢Ons het sewe hemele bo-oor julle gestel وَجَعَلۡنَا سِرَاجًا وَهَّاجًا ١٣en ’n skitterende lamp daartussen-in geplaas وَأَنزَلۡنَا مِنَ ٱلۡمُعۡصِرَٰتِ مَآءً ثَجَّاجًا ١٤En Ons stuur stortreën in oorvloed uit die wolke neer لِّنُخۡرِجَ بِهِۦ حَبًّا وَنَبَاتًا ١٥waarmee Ons graan en plante laat uitspruit وَجَنَّٰتٍ أَلۡفَافًا ١٦en weelderige tuine إِنَّ يَوۡمَ ٱلۡفَصۡلِ كَانَ مِيقَٰتًا ١٧Voorwaar, die Dag van Afrekening is reeds bepaal يَوۡمَ يُنفَخُ فِي ٱلصُّورِ فَتَأۡتُونَ أَفۡوَاجًا ١٨die Dag waarop die basuin geblaas sal word, en julle as ’n skare bymekaar sal kom وَفُتِحَتِ ٱلسَّمَآءُ فَكَانَتۡ أَبۡوَٰبًا ١٩en die hemel geopen sal word soos deure وَسُيِّرَتِ ٱلۡجِبَالُ فَكَانَتۡ سَرَابًا ٢٠en die berge verwyder sal word, en net ’n skynsel daarvan sal oorbly إِنَّ جَهَنَّمَ كَانَتۡ مِرۡصَادًا ٢١Voorwaar, die Hel wag soos ’n hinderlaag لِّلطَّٰغِينَ مَـَٔابًا ٢٢dis ’n oord vir die opstandiges لَّٰبِثِينَ فِيهَآ أَحۡقَابًا ٢٣waarin hulle baie lank sal vertoef لَّا يَذُوقُونَ فِيهَا بَرۡدًا وَلَا شَرَابًا ٢٤Hulle sal daarin geen verkwikking hê nie, en geen drank sal oor hulle lippe gaan nie إِلَّا حَمِيمًا وَغَسَّاقًا ٢٥behalwe kokende water en die ekskresie van wondinflamasie nie جَزَآءً وِفَاقًا ٢٦’n Paslike vergelding إِنَّهُمۡ كَانُواْ لَا يَرۡجُونَ حِسَابًا ٢٧Waarlik, hulle het die Afrekening nie gevrees nie وَكَذَّبُواْ بِـَٔايَٰتِنَا كِذَّابًا ٢٨en het Ons tekens as leuens verwerp وَكُلَّ شَيۡءٍ أَحۡصَيۡنَٰهُ كِتَٰبًا ٢٩Maar Ons het alles geboekstaaf فَذُوقُواْ فَلَن نَّزِيدَكُمۡ إِلَّا عَذَابًا ٣٠Neem dit dan, want Ons sal niks daarby voeg nie as net straf إِنَّ لِلۡمُتَّقِينَ مَفَازًا ٣١Voorwaar, daar is ’n beloning vir die godvresendes حَدَآئِقَ وَأَعۡنَٰبًا ٣٢Beskutte tuine en wingerde وَكَوَاعِبَ أَتۡرَابًا ٣٣en jeugdige, geronde geselle, ewe oud وَكَأۡسًا دِهَاقًا ٣٤en ’n gevulde beker لَّا يَسۡمَعُونَ فِيهَا لَغۡوًا وَلَا كِذَّٰبًا ٣٥Daarin sal geen ydele gesprek of leuen gehoor word nie جَزَآءً مِّن رَّبِّكَ عَطَآءً حِسَابًا ٣٦’n beloning van u Heer, ’n toereikende gawe رَّبِّ ٱلسَّمَٰوَٰتِ وَٱلۡأَرۡضِ وَمَا بَيۡنَهُمَا ٱلرَّحۡمَٰنِۖ لَا يَمۡلِكُونَ مِنۡهُ خِطَابًا ٣٧die Heer van die hemele en die aarde en wat daartussen is, die Barmhartige ~ niemand is in staat om Hom aan te spreek nie يَوۡمَ يَقُومُ ٱلرُّوحُ وَٱلۡمَلَٰٓئِكَةُ صَفًّاۖ لَّا يَتَكَلَّمُونَ إِلَّا مَنۡ أَذِنَ لَهُ ٱلرَّحۡمَٰنُ وَقَالَ صَوَابًا ٣٨Die Dag waarop die gees van die mense, en die engele, in rye staan, sal niemand kan praat nie, behalwe diegene aan wie die Barmhartige dit sal gun, en wie se woorde geskik sal wees ذَٰلِكَ ٱلۡيَوۡمُ ٱلۡحَقُّۖ فَمَن شَآءَ ٱتَّخَذَ إِلَىٰ رَبِّهِۦ مَـَٔابًا ٣٩Daardie is die Ware Dag; laat hom, wat wil toevlug by sy Heer soek إِنَّآ أَنذَرۡنَٰكُمۡ عَذَابًا قَرِيبًا يَوۡمَ يَنظُرُ ٱلۡمَرۡءُ مَا قَدَّمَتۡ يَدَاهُ وَيَقُولُ ٱلۡكَافِرُ يَٰلَيۡتَنِي كُنتُ تُرَٰبَۢا ٤٠Voorwaar, Ons waarsku julle teen ’n straf wat op hande is ~ die Dag waarop die mens sal sien wat hy met sy hande voor- uitgestuur het, en die ongelowiges sal sê: O, was ek maar stof

Translation: Imam M. A. Baker.