Millat al-Islam

Chapter 79 · 46 verses · Imam M. A. Baker

Surah An-Naziat in Afrikaans

Arabic with tafsir Listen to Surah An-Naziat (1339 reciters)

بِسۡمِ ٱللَّهِ ٱلرَّحۡمَٰنِ ٱلرَّحِيمِ

وَٱلنَّٰزِعَٰتِ غَرۡقًا ١By hulle wat met geweld uitruk وَٱلنَّٰشِطَٰتِ نَشۡطًا ٢En by diegene wat in vreugde voortgaan وَٱلسَّٰبِحَٰتِ سَبۡحًا ٣En by hulle wat vinnig hardloop فَٱلسَّٰبِقَٰتِ سَبۡقًا ٤En by diegene wat die voorsprong neem soos in ’n resies فَٱلۡمُدَبِّرَٰتِ أَمۡرًا ٥En by hulle wat aan die beheer staan يَوۡمَ تَرۡجُفُ ٱلرَّاجِفَةُ ٦Die Dag waarop die bewende aarde nog meer sal bewe تَتۡبَعُهَا ٱلرَّادِفَةُ ٧wat daarna volg, sal moet gebeur قُلُوبٌ يَوۡمَئِذٍ وَاجِفَةٌ ٨Op dié Dag sal die harte klop أَبۡصَٰرُهَا خَٰشِعَةٌ ٩en die oë sal neergeslaan wees يَقُولُونَ أَءِنَّا لَمَرۡدُودُونَ فِي ٱلۡحَافِرَةِ ١٠Hulle1 sê: Sal ons werklik weer word soos ons was أَءِذَا كُنَّا عِظَٰمًا نَّخِرَةً ١١selfs al het ons verrotte beendere geword قَالُواْ تِلۡكَ إِذًا كَرَّةٌ خَاسِرَةٌ ١٢Hulle sê: Hierdie terugkeer sal ’n verlies wees فَإِنَّمَا هِيَ زَجۡرَةٌ وَٰحِدَةٌ ١٣Dit is slegs ’n enkele kreet فَإِذَا هُم بِٱلسَّاهِرَةِ ١٤En kyk! hulle sal ontwaak هَلۡ أَتَىٰكَ حَدِيثُ مُوسَىٰٓ ١٥Het u nie die verhaal van Moses gehoor nie إِذۡ نَادَىٰهُ رَبُّهُۥ بِٱلۡوَادِ ٱلۡمُقَدَّسِ طُوًى ١٦hoe sy Heer hom in die heilige dal van Toewaa twee maal geroep het nie ٱذۡهَبۡ إِلَىٰ فِرۡعَوۡنَ إِنَّهُۥ طَغَىٰ ١٧Hoe Hy gesê het: Gaan na Farao, want hy is opstandig فَقُلۡ هَل لَّكَ إِلَىٰٓ أَن تَزَكَّىٰ ١٨En sê: Sal u uself nie louter nie وَأَهۡدِيَكَ إِلَىٰ رَبِّكَ فَتَخۡشَىٰ ١٩Ek sal u tot u Heer lei, sodat u Hom kan vrees فَأَرَىٰهُ ٱلۡأٓيَةَ ٱلۡكُبۡرَىٰ ٢٠Toe het Moses hom die groot teken gewys فَكَذَّبَ وَعَصَىٰ ٢١maar hy het dit verwerp, en was ongehoorsaam ثُمَّ أَدۡبَرَ يَسۡعَىٰ ٢٢toe het hy haastig teruggegaan فَحَشَرَ فَنَادَىٰ ٢٣sy volk versamel en uitgeroep فَقَالَ أَنَا۠ رَبُّكُمُ ٱلۡأَعۡلَىٰ ٢٤Toe het hy gesê: Ek is julle heer, die allerhoogste فَأَخَذَهُ ٱللَّهُ نَكَالَ ٱلۡأٓخِرَةِ وَٱلۡأُولَىٰٓ ٢٥Daarop het Allah hom gestraf met ’n vergelding in hierdie lewe, sowel as in die Hiernamaals إِنَّ فِي ذَٰلِكَ لَعِبۡرَةً لِّمَن يَخۡشَىٰٓ ٢٦Waarlik, hierin is ’n les vir hom wat vrees ءَأَنتُمۡ أَشَدُّ خَلۡقًا أَمِ ٱلسَّمَآءُۚ بَنَىٰهَا ٢٧Is julle moeiliker om te skep as die hemel? Hý het dit gemaak رَفَعَ سَمۡكَهَا فَسَوَّىٰهَا ٢٨En Hy het die hoogte daarvan verhef, en dit volmaak gemaak وَأَغۡطَشَ لَيۡلَهَا وَأَخۡرَجَ ضُحَىٰهَا ٢٩En Hy het die nag daarvan donker gemaak, en die lig daarvan laat skyn وَٱلۡأَرۡضَ بَعۡدَ ذَٰلِكَ دَحَىٰهَآ ٣٠En die aarde, Hy het dit daarna uitgewerp أَخۡرَجَ مِنۡهَا مَآءَهَا وَمَرۡعَىٰهَا ٣١Daarvan het Hy sy water en sy weigras voortgebring وَٱلۡجِبَالَ أَرۡسَىٰهَا ٣٢En die berge het Hy onwrikbaar gemaak مَتَٰعًا لَّكُمۡ وَلِأَنۡعَٰمِكُمۡ ٣٣’n voorsiening vir julle en julle vee فَإِذَا جَآءَتِ ٱلطَّآمَّةُ ٱلۡكُبۡرَىٰ ٣٤Maar as die Groot Rampspoed sal kom يَوۡمَ يَتَذَكَّرُ ٱلۡإِنسَٰنُ مَا سَعَىٰ ٣٥die Dag waarop die mens alles sal onthou waarvoor hy gestrewe het وَبُرِّزَتِ ٱلۡجَحِيمُ لِمَن يَرَىٰ ٣٦en die Hel sigbaar gemaak sal word vir hom wat sien فَأَمَّا مَن طَغَىٰ ٣٧dan, aangaande die opstandige وَءَاثَرَ ٱلۡحَيَوٰةَ ٱلدُّنۡيَا ٣٨wat die lewe van hierdie wêreld verkies فَإِنَّ ٱلۡجَحِيمَ هِيَ ٱلۡمَأۡوَىٰ ٣٩Die Brandende Vuur sal sy tuiste wees وَأَمَّا مَنۡ خَافَ مَقَامَ رَبِّهِۦ وَنَهَى ٱلنَّفۡسَ عَنِ ٱلۡهَوَىٰ ٤٠Maar aangaande hom wat vrees om voor sy Heer te staan, en sy lae neigings bedwing فَإِنَّ ٱلۡجَنَّةَ هِيَ ٱلۡمَأۡوَىٰ ٤١Die Paradys sal sekerlik sy verblyf wees يَسۡـَٔلُونَكَ عَنِ ٱلسَّاعَةِ أَيَّانَ مُرۡسَىٰهَا ٤٢Hulle vra u omtrent die Uur: Wanneer sal dit kom فِيمَ أَنتَ مِن ذِكۡرَىٰهَآ ٤٣Wat kan u daaromtrent verkondig إِلَىٰ رَبِّكَ مُنتَهَىٰهَآ ٤٤Die koms daarvan berus by u Heer إِنَّمَآ أَنتَ مُنذِرُ مَن يَخۡشَىٰهَا ٤٥U is slegs ’n waarskuwer vir hom wat dit vrees كَأَنَّهُمۡ يَوۡمَ يَرَوۡنَهَا لَمۡ يَلۡبَثُوٓاْ إِلَّا عَشِيَّةً أَوۡ ضُحَىٰهَا ٤٦Op die Dag wanneer hulle dit sal sien, sal dit wees asof hulle slegs ’n aand of ’n oggend vertoef het

Translation: Imam M. A. Baker.