ملة الإسلام

السورة 68 · 52 آية · Imam M. A. Baker

سورة القلم باللغة الأفريكانية

السورة بالعربية مع التفسير استمع إلى سورة القلم (1,276 قارئاً)
مكيةسورة القلم٥٢ آية

بِسۡمِ ٱللَّهِ ٱلرَّحۡمَٰنِ ٱلرَّحِيمِ

نٓۚ وَٱلۡقَلَمِ وَمَا يَسۡطُرُونَ ١Noen.1 By die inkpot en die pen en dít wat hulle skryf مَآ أَنتَ بِنِعۡمَةِ رَبِّكَ بِمَجۡنُونٍ ٢By die genade van u Here, u is nie kransinnig nie وَإِنَّ لَكَ لَأَجۡرًا غَيۡرَ مَمۡنُونٍ ٣En sekerlik is daar vir u ’n beloning wat nie weggeneem sal word nie وَإِنَّكَ لَعَلَىٰ خُلُقٍ عَظِيمٍ ٤En u sedes is sekerlik op die hoogste peil فَسَتُبۡصِرُ وَيُبۡصِرُونَ ٥Daarom sal u sien, en hulle sal ook sien بِأَييِّكُمُ ٱلۡمَفۡتُونُ ٦wie van julle besete is إِنَّ رَبَّكَ هُوَ أَعۡلَمُ بِمَن ضَلَّ عَن سَبِيلِهِۦ وَهُوَ أَعۡلَمُ بِٱلۡمُهۡتَدِينَ ٧Sekerlik, u Here weet goed wie van Sy weg afdwaal, en Hy weet wie op die regte weg wandel فَلَا تُطِعِ ٱلۡمُكَذِّبِينَ ٨Gehoorsaam daarom nie die leuenaars nie وَدُّواْ لَوۡ تُدۡهِنُ فَيُدۡهِنُونَ ٩Hulle begeer dat u inskiklik moet wees, dan sal hulle ook inskiklik wees وَلَا تُطِعۡ كُلَّ حَلَّافٍ مَّهِينٍ ١٠En gee nie gehoor aan ’n eedsweerder هَمَّازٍ مَّشَّآءِۭ بِنَمِيمٍ ١١’n lasteraar wat beledigend ronddrentel مَّنَّاعٍ لِّلۡخَيۡرِ مُعۡتَدٍ أَثِيمٍ ١٢wat goeddoen verhinder, die perke oorskry en sondig is عُتُلِّۭ بَعۡدَ ذَٰلِكَ زَنِيمٍ ١٣wat arrogant en bowendien ’n berugte misdadiger is أَن كَانَ ذَا مَالٍ وَبَنِينَ ١٤net omdat hy rykdom en kinders besit nie إِذَا تُتۡلَىٰ عَلَيۡهِ ءَايَٰتُنَا قَالَ أَسَٰطِيرُ ٱلۡأَوَّلِينَ ١٥Wanneer Ons tekens aan hom voorgedra word, sê hy: Stories van die oervolke سَنَسِمُهُۥ عَلَى ٱلۡخُرۡطُومِ ١٦Ons sal hom op die neus brandmerk إِنَّا بَلَوۡنَٰهُمۡ كَمَا بَلَوۡنَآ أَصۡحَٰبَ ٱلۡجَنَّةِ إِذۡ أَقۡسَمُواْ لَيَصۡرِمُنَّهَا مُصۡبِحِينَ ١٧Voorwaar, Ons sal hulle op die proef stel soos Ons die eienaars van die tuin beproef het toe hulle gesweer het dat hulle die vrugte daarvan in die vroeë môre sou afpluk وَلَا يَسۡتَثۡنُونَ ١٨en nie ’n aandeel aan die armes sou afstaan nie فَطَافَ عَلَيۡهَا طَآئِفٌ مِّن رَّبِّكَ وَهُمۡ نَآئِمُونَ ١٩Maar ’n besoeking van u Heer het tot hulle gekom, terwyl hulle geslaap het فَأَصۡبَحَتۡ كَٱلصَّرِيمِ ٢٠Daarom het dit soos ’n swart, dorre land geword فَتَنَادَوۡاْ مُصۡبِحِينَ ٢١toe het hulle in die môre na mekaar geroep أَنِ ٱغۡدُواْ عَلَىٰ حَرۡثِكُمۡ إِن كُنتُمۡ صَٰرِمِينَ ٢٢en gesê: Gaan vroeg na julle landerye indien julle die vrugte wil pluk فَٱنطَلَقُواْ وَهُمۡ يَتَخَٰفَتُونَ ٢٣Daarom het hulle gegaan, terwyl hulle saggies met mekaar gefluister het أَن لَّا يَدۡخُلَنَّهَا ٱلۡيَوۡمَ عَلَيۡكُم مِّسۡكِينٌ ٢٤Laat geen arm persoon dit vandag saam met julle binnegaan nie وَغَدَوۡاْ عَلَىٰ حَرۡدٍ قَٰدِرِينَ ٢٥en in die môre het hulle gegaan terwyl hulle gedink het dat hulle mag het om te belet فَلَمَّا رَأَوۡهَا قَالُوٓاْ إِنَّا لَضَآلُّونَ ٢٦Maar toe hulle dit gesien het, het hulle gesê: Voorwaar, ons ver- keer in dwaling بَلۡ نَحۡنُ مَحۡرُومُونَ ٢٧Nee, ons is ontsê قَالَ أَوۡسَطُهُمۡ أَلَمۡ أَقُل لَّكُمۡ لَوۡلَا تُسَبِّحُونَ ٢٨Die beste onder hulle het gesê: Het ek nie vir julle gesê: Waarom loof julle Allah nie قَالُواْ سُبۡحَٰنَ رَبِّنَآ إِنَّا كُنَّا ظَٰلِمِينَ ٢٩Hulle het toe gesê: Glorie aan U, ons Heer! Gewis, ons was onregverdig فَأَقۡبَلَ بَعۡضُهُمۡ عَلَىٰ بَعۡضٍ يَتَلَٰوَمُونَ ٣٠Toe het sommige van hulle teen ander opgetree en mekaar be- skuldig قَالُواْ يَٰوَيۡلَنَآ إِنَّا كُنَّا طَٰغِينَ ٣١Hulle het gesê: Wee ons! ons was inderdaad oortreders عَسَىٰ رَبُّنَآ أَن يُبۡدِلَنَا خَيۡرًا مِّنۡهَآ إِنَّآ إِلَىٰ رَبِّنَا رَٰغِبُونَ ٣٢Dit mag wees dat Ons Heer ons iets beter as hierdie sal gee ~ ons bekeer ons sekerlik tot ons Heer كَذَٰلِكَ ٱلۡعَذَابُۖ وَلَعَذَابُ ٱلۡأٓخِرَةِ أَكۡبَرُۚ لَوۡ كَانُواْ يَعۡلَمُونَ ٣٣So is die straf dan. En die straf van die Hiernamaals is sekerlik groter; as hulle dit maar geweet het إِنَّ لِلۡمُتَّقِينَ عِندَ رَبِّهِمۡ جَنَّٰتِ ٱلنَّعِيمِ ٣٤Vir die godvresendes is daar sekerlik Verruklike Tuine by hulle Heer أَفَنَجۡعَلُ ٱلۡمُسۡلِمِينَ كَٱلۡمُجۡرِمِينَ ٣٥Sal Ons dan diegene wat hulle onderwerp, soos die misdadigers behandel مَا لَكُمۡ كَيۡفَ تَحۡكُمُونَ ٣٦Wat maker julle? Hoe oordeel julle أَمۡ لَكُمۡ كِتَٰبٌ فِيهِ تَدۡرُسُونَ ٣٧Of het julle ’n boek waarin julle lees إِنَّ لَكُمۡ فِيهِ لَمَا تَخَيَّرُونَ ٣٨dat julle inderdaad sal hê wat julle verkies أَمۡ لَكُمۡ أَيۡمَٰنٌ عَلَيۡنَا بَٰلِغَةٌ إِلَىٰ يَوۡمِ ٱلۡقِيَٰمَةِ إِنَّ لَكُمۡ لَمَا تَحۡكُمُونَ ٣٩Of het julle enige beëdigde ooreenkoms met Ons wat tot die Dag van Herrysenis sal voortduur, dat julle alles sal kry wat julle verlang سَلۡهُمۡ أَيُّهُم بِذَٰلِكَ زَعِيمٌ ٤٠Vra vir hulle wie van hulle daarvoor sal borgstaan أَمۡ لَهُمۡ شُرَكَآءُ فَلۡيَأۡتُواْ بِشُرَكَآئِهِمۡ إِن كَانُواْ صَٰدِقِينَ ٤١Of het hulle afgode? Laat hulle dan hul deelgenote na vore bring, indien hulle opreg is يَوۡمَ يُكۡشَفُ عَن سَاقٍ وَيُدۡعَوۡنَ إِلَى ٱلسُّجُودِ فَلَا يَسۡتَطِيعُونَ ٤٢Op die Dag wanneer daar ’n strawwe kwelling sal wees, en hulle opgeroep sal word om te prostreer, dan sal hulle dit nie kán doen nie خَٰشِعَةً أَبۡصَٰرُهُمۡ تَرۡهَقُهُمۡ ذِلَّةٌۖ وَقَدۡ كَانُواْ يُدۡعَوۡنَ إِلَى ٱلسُّجُودِ وَهُمۡ سَٰلِمُونَ ٤٣Hulle oë sal neergeslaan wees, en vernedering sal hulle oorval. En hulle is inderdaad opgeroep om te prostreer terwyl hulle nog veilig was فَذَرۡنِي وَمَن يُكَذِّبُ بِهَٰذَا ٱلۡحَدِيثِۖ سَنَسۡتَدۡرِجُهُم مِّنۡ حَيۡثُ لَا يَعۡلَمُونَ ٤٤Laat My dus alleen met diegene wat hierdie aankondiging ver- loën. Ons sal hulle trapsgewys inhaal van waar hulle dit nie verwag nie وَأُمۡلِي لَهُمۡۚ إِنَّ كَيۡدِي مَتِينٌ ٤٥En Ek verleen aan hulle uitstel; waarlik, My plan is bestendig أَمۡ تَسۡـَٔلُهُمۡ أَجۡرًا فَهُم مِّن مَّغۡرَمٍ مُّثۡقَلُونَ ٤٦Of vra u van hulle ’n beloning, sodat hulle onder skuld gebuk kan gaan أَمۡ عِندَهُمُ ٱلۡغَيۡبُ فَهُمۡ يَكۡتُبُونَ ٤٧Of het hulle kennis van die Onsigbare, sodat hulle dit kan opskryf فَٱصۡبِرۡ لِحُكۡمِ رَبِّكَ وَلَا تَكُن كَصَاحِبِ ٱلۡحُوتِ إِذۡ نَادَىٰ وَهُوَ مَكۡظُومٌ ٤٨Wag dan geduldig op die gebod van u Heer, en wees nie soos die Metgesel van die vis toe hy in ellende verkeer het nie لَّوۡلَآ أَن تَدَٰرَكَهُۥ نِعۡمَةٌ مِّن رَّبِّهِۦ لَنُبِذَ بِٱلۡعَرَآءِ وَهُوَ مَذۡمُومٌ ٤٩As ’n guns van sy Heer hom nie bereik het nie, sou hy sekerlik op ’n dorre kus neergewerp gewees het terwyl hy blaam gedra het فَٱجۡتَبَٰهُ رَبُّهُۥ فَجَعَلَهُۥ مِنَ ٱلصَّٰلِحِينَ ٥٠Maar sy Heer het hom uitverkies, en Hy het hom tot een van die opregtes gemaak وَإِن يَكَادُ ٱلَّذِينَ كَفَرُواْ لَيُزۡلِقُونَكَ بِأَبۡصَٰرِهِمۡ لَمَّا سَمِعُواْ ٱلذِّكۡرَ وَيَقُولُونَ إِنَّهُۥ لَمَجۡنُونٌ ٥١En die ongelowiges sou u byna met hulle oë wou tref wanneer hulle die Vemaning hoor, en hulle sê: Hy is sekerlik kranksinnig وَمَا هُوَ إِلَّا ذِكۡرٌ لِّلۡعَٰلَمِينَ ٥٢En dit is niks anders nie as ’n Vermaning vir die nasies

الترجمة: Imam M. A. Baker.