ملة الإسلام

السورة 56 · 96 آية · Imam M. A. Baker

سورة الواقعة باللغة الأفريكانية

السورة بالعربية مع التفسير استمع إلى سورة الواقعة (1,362 قارئاً)
مكيةسورة الواقعة٩٦ آية

بِسۡمِ ٱللَّهِ ٱلرَّحۡمَٰنِ ٱلرَّحِيمِ

إِذَا وَقَعَتِ ٱلۡوَاقِعَةُ ١Wanneer die Gebeurtenis plaasvind لَيۡسَ لِوَقۡعَتِهَا كَاذِبَةٌ ٢sal dit nie ontken kan word nie خَافِضَةٌ رَّافِعَةٌ ٣Dit sal sommige verneder en andere verhef إِذَا رُجَّتِ ٱلۡأَرۡضُ رَجًّا ٤Wanneer die aarde met ’n hewige skok sal skud وَبُسَّتِ ٱلۡجِبَالُ بَسًّا ٥en die berge sal verbrokkel فَكَانَتۡ هَبَآءً مُّنۢبَثًّا ٦dan sal hulle soos verstrooide stof wees وَكُنتُمۡ أَزۡوَٰجًا ثَلَٰثَةً ٧en julle sal in drie groepe verdeel word فَأَصۡحَٰبُ ٱلۡمَيۡمَنَةِ مَآ أَصۡحَٰبُ ٱلۡمَيۡمَنَةِ ٨Die mense aan die regterkant ~ hoe gelukkig is die mense aan die regterkant وَأَصۡحَٰبُ ٱلۡمَشۡـَٔمَةِ مَآ أَصۡحَٰبُ ٱلۡمَشۡـَٔمَةِ ٩en die mense aan die linkerkant ~ hoe ongelukkig is die mense aan die linkerkant وَٱلسَّٰبِقُونَ ٱلسَّٰبِقُونَ ١٠en die vooruitstrewendes in die geloof sal die vooruitstrewendes bly أُوْلَٰٓئِكَ ٱلۡمُقَرَّبُونَ ١١hulle sal nader aan Allah getrek word فِي جَنَّٰتِ ٱلنَّعِيمِ ١٢In Tuine van verrukking ثُلَّةٌ مِّنَ ٱلۡأَوَّلِينَ ١٣’n Menigte van die eerstes وَقَلِيلٌ مِّنَ ٱلۡأٓخِرِينَ ١٤en maar min uit die later tye عَلَىٰ سُرُرٍ مَّوۡضُونَةٍ ١٥op deurvlegte sofa’s مُّتَّكِـِٔينَ عَلَيۡهَا مُتَقَٰبِلِينَ ١٦neergevly daarop, met die gesigte na mekaar gewend يَطُوفُ عَلَيۡهِمۡ وِلۡدَٰنٌ مُّخَلَّدُونَ ١٧Jong manne wat nie sal verouder nie, sal onder hulle rondgaan بِأَكۡوَابٍ وَأَبَارِيقَ وَكَأۡسٍ مِّن مَّعِينٍ ١٨met drinkbekers, lampetkanne, en glase met wyn لَّا يُصَدَّعُونَ عَنۡهَا وَلَا يُنزِفُونَ ١٩wat hulle nie hoofpyn sal gee of dronk sal laat word nie وَفَٰكِهَةٍ مِّمَّا يَتَخَيَّرُونَ ٢٠en vrugte, net wat hulle verkies وَلَحۡمِ طَيۡرٍ مِّمَّا يَشۡتَهُونَ ٢١en pluimveevleis waarna hulle verlang وَحُورٌ عِينٌ ٢٢en suiwer, rein metgeselle كَأَمۡثَٰلِ ٱللُّؤۡلُوِٕ ٱلۡمَكۡنُونِ ٢٣soos verborge pêrels جَزَآءَۢ بِمَا كَانُواْ يَعۡمَلُونَ ٢٤’n Beloning vir wat hulle gedoen het لَا يَسۡمَعُونَ فِيهَا لَغۡوًا وَلَا تَأۡثِيمًا ٢٥Hulle hoor geen ydele gesprek of sondige taal daarin nie إِلَّا قِيلًا سَلَٰمًا سَلَٰمًا ٢٦maar net dié woorde: Vrede! Vrede وَأَصۡحَٰبُ ٱلۡيَمِينِ مَآ أَصۡحَٰبُ ٱلۡيَمِينِ ٢٧En die mense aan die regterkant; hoe gelukkig is die mense aan die regterkant فِي سِدۡرٍ مَّخۡضُودٍ ٢٨Te midde van doringlose lotusbome وَطَلۡحٍ مَّنضُودٍ ٢٩en piesangbome vol trosse وَظِلٍّ مَّمۡدُودٍ ٣٠met vérrykende skadu’s وَمَآءٍ مَّسۡكُوبٍ ٣١en vloeiende water وَفَٰكِهَةٍ كَثِيرَةٍ ٣٢en volop vrugte لَّا مَقۡطُوعَةٍ وَلَا مَمۡنُوعَةٍ ٣٣nóg afgesny, nóg verbode وَفُرُشٍ مَّرۡفُوعَةٍ ٣٤en verhewe sofa’s إِنَّآ أَنشَأۡنَٰهُنَّ إِنشَآءً ٣٥Voorwaar, Ons het vir hulle ’n nuwe skepping geskape فَجَعَلۡنَٰهُنَّ أَبۡكَارًا ٣٦en tot maagde het Ons hulle gemaak عُرُبًا أَتۡرَابًا ٣٧beminlik, en van gelyke ouderdom لِّأَصۡحَٰبِ ٱلۡيَمِينِ ٣٨vir diegene aan die regterkant ثُلَّةٌ مِّنَ ٱلۡأَوَّلِينَ ٣٩’n Menigte van die eerstes وَثُلَّةٌ مِّنَ ٱلۡأٓخِرِينَ ٤٠en ’n menigte uit later tye وَأَصۡحَٰبُ ٱلشِّمَالِ مَآ أَصۡحَٰبُ ٱلشِّمَالِ ٤١En die mense aan die linkerkant; hoe ellendig is die mense aan die linkerkant فِي سَمُومٍ وَحَمِيمٍ ٤٢Te midde van ’n verskroeiende wind en kokende water وَظِلٍّ مِّن يَحۡمُومٍ ٤٣en in die skadu van swart rook لَّا بَارِدٍ وَلَا كَرِيمٍ ٤٤nóg koel, nóg verfrissend إِنَّهُمۡ كَانُواْ قَبۡلَ ذَٰلِكَ مُتۡرَفِينَ ٤٥Vóór dit het hulle inderdaad in weelde gelewe وَكَانُواْ يُصِرُّونَ عَلَى ٱلۡحِنثِ ٱلۡعَظِيمِ ٤٦en hulle het in die groot skending volhard وَكَانُواْ يَقُولُونَ أَئِذَا مِتۡنَا وَكُنَّا تُرَابًا وَعِظَٰمًا أَءِنَّا لَمَبۡعُوثُونَ ٤٧en hulle het dikwels gesê: Wanneer ons dood is, en stof en beendere geword het, sal ons dan opgewek word أَوَءَابَآؤُنَا ٱلۡأَوَّلُونَ ٤٨of ons voorvaders قُلۡ إِنَّ ٱلۡأَوَّلِينَ وَٱلۡأٓخِرِينَ ٤٩Sê: Ja, die vroeëre en die lateres لَمَجۡمُوعُونَ إِلَىٰ مِيقَٰتِ يَوۡمٍ مَّعۡلُومٍ ٥٠sal gewis bymekaar versamel word op ’n vasgestelde tyd van ’n bepaalde Dag ثُمَّ إِنَّكُمۡ أَيُّهَا ٱلضَّآلُّونَ ٱلۡمُكَذِّبُونَ ٥١Dan, o julle wat verdwaal was en verloën het لَأٓكِلُونَ مِن شَجَرٍ مِّن زَقُّومٍ ٥٢julle sal sekerlik van die boom van Zakkoem eet فَمَالِـُٔونَ مِنۡهَا ٱلۡبُطُونَ ٥٣en julle sal jul buik daarmee vul فَشَٰرِبُونَ عَلَيۡهِ مِنَ ٱلۡحَمِيمِ ٥٤en daarna kokende water drink فَشَٰرِبُونَ شُرۡبَ ٱلۡهِيمِ ٥٥en drink soos die dorstige kameel drink هَٰذَا نُزُلُهُمۡ يَوۡمَ ٱلدِّينِ ٥٦Dít sal hulle vermaaklikheid wees op die Dag van Vergelding نَحۡنُ خَلَقۡنَٰكُمۡ فَلَوۡلَا تُصَدِّقُونَ ٥٧Ons het julle geskape; waarom wil julle dan nie die Waarheid erken nie أَفَرَءَيۡتُم مَّا تُمۡنُونَ ٥٨Sien julle die afskeiding wat julle uitstort ءَأَنتُمۡ تَخۡلُقُونَهُۥٓ أَمۡ نَحۡنُ ٱلۡخَٰلِقُونَ ٥٩Is dit júlle wat dit skep, of is Ons die Skeppers نَحۡنُ قَدَّرۡنَا بَيۡنَكُمُ ٱلۡمَوۡتَ وَمَا نَحۡنُ بِمَسۡبُوقِينَ ٦٠Ons het die dood vir julle verorden ~ en Ons kan nie uitoorlê word nie عَلَىٰٓ أَن نُّبَدِّلَ أَمۡثَٰلَكُمۡ وَنُنشِئَكُمۡ فِي مَا لَا تَعۡلَمُونَ ٦١sodat Ons julle posisie kan verander en julle in ’n toestand omskep wat julle nie ken nie وَلَقَدۡ عَلِمۡتُمُ ٱلنَّشۡأَةَ ٱلۡأُولَىٰ فَلَوۡلَا تَذَكَّرُونَ ٦٢En sekerlik weet julle van die eerste skepping; waarom sal julle dan nie ag gee nie أَفَرَءَيۡتُم مَّا تَحۡرُثُونَ ٦٣Sien julle wat julle saai ءَأَنتُمۡ تَزۡرَعُونَهُۥٓ أَمۡ نَحۡنُ ٱلزَّٰرِعُونَ ٦٤Is dit júlle wat die groei daarvan veroorsaak, of is Ons die Oorsaak van die groei لَوۡ نَشَآءُ لَجَعَلۡنَٰهُ حُطَٰمًا فَظَلۡتُمۡ تَفَكَّهُونَ ٦٥As Ons wou, kon Ons kaf daarvan gemaak het; dan sou julle geweeklaag het إِنَّا لَمُغۡرَمُونَ ٦٦Sekerlik is ons met skuld belas بَلۡ نَحۡنُ مَحۡرُومُونَ ٦٧Nee, ons is van alles beroof أَفَرَءَيۡتُمُ ٱلۡمَآءَ ٱلَّذِي تَشۡرَبُونَ ٦٨Sien julle die water wat julle drink ءَأَنتُمۡ أَنزَلۡتُمُوهُ مِنَ ٱلۡمُزۡنِ أَمۡ نَحۡنُ ٱلۡمُنزِلُونَ ٦٩Bring júlle dit uit die wolke af, of is Ons die Brenger لَوۡ نَشَآءُ جَعَلۡنَٰهُ أُجَاجًا فَلَوۡلَا تَشۡكُرُونَ ٧٠As Ons wou, kon Ons dit brak gemaak het; waarom wil julle dan nie dank betuig nie أَفَرَءَيۡتُمُ ٱلنَّارَ ٱلَّتِي تُورُونَ ٧١Sien julle die vuur wat julle aansteek ءَأَنتُمۡ أَنشَأۡتُمۡ شَجَرَتَهَآ أَمۡ نَحۡنُ ٱلۡمُنشِـُٔونَ ٧٢Is dit júlle wat die bome daarvoor voortbring, of is Ons die Voortbrenger نَحۡنُ جَعَلۡنَٰهَا تَذۡكِرَةً وَمَتَٰعًا لِّلۡمُقۡوِينَ ٧٣Ons het dit tot ’n aanmaning en voordeel vir die reisigers van die woestyn gemaak فَسَبِّحۡ بِٱسۡمِ رَبِّكَ ٱلۡعَظِيمِ ٧٤Verheerlik dan die naam van u Heer, die Allergrootste ۞ فَلَآ أُقۡسِمُ بِمَوَٰقِعِ ٱلنُّجُومِ ٧٥Maar nee, Ek sweer by die openbaring van dele van die Qur’ãn وَإِنَّهُۥ لَقَسَمٌ لَّوۡ تَعۡلَمُونَ عَظِيمٌ ٧٦en dit is inderdaad ’n groot eed, indien julle dit weet إِنَّهُۥ لَقُرۡءَانٌ كَرِيمٌ ٧٧waarlik, dit is ’n eervolle Qur’ãn فِي كِتَٰبٍ مَّكۡنُونٍ ٧٨’n Boek wat beskerm word لَّا يَمَسُّهُۥٓ إِلَّا ٱلۡمُطَهَّرُونَ ٧٩wat niemand sal aanraak nie, behalwe die gesuiwerdes تَنزِيلٌ مِّن رَّبِّ ٱلۡعَٰلَمِينَ ٨٠’n Openbaring van die Heer van die wêrelde أَفَبِهَٰذَا ٱلۡحَدِيثِ أَنتُم مُّدۡهِنُونَ ٨١Is dit hierdie aankondiging wat julle verwerp وَتَجۡعَلُونَ رِزۡقَكُمۡ أَنَّكُمۡ تُكَذِّبُونَ ٨٢En kan julle nie lewe sonder om dit te verwerp nie فَلَوۡلَآ إِذَا بَلَغَتِ ٱلۡحُلۡقُومَ ٨٣Waarom dan, wanneer die siel van die sterwende in sy keel styg وَأَنتُمۡ حِينَئِذٍ تَنظُرُونَ ٨٤en julle dit op daardie oomblik aanskou وَنَحۡنُ أَقۡرَبُ إِلَيۡهِ مِنكُمۡ وَلَٰكِن لَّا تُبۡصِرُونَ ٨٥en Ons is nader daaraan as julle, maar julle merk dit nie فَلَوۡلَآ إِن كُنتُمۡ غَيۡرَ مَدِينِينَ ٨٦waarom, as julle enige mag het تَرۡجِعُونَهَآ إِن كُنتُمۡ صَٰدِقِينَ ٨٧beveel julle dit nie om terug te gaan nie فَأَمَّآ إِن كَانَ مِنَ ٱلۡمُقَرَّبِينَ ٨٨As hy een van diegene is wat ná aan Allah is فَرَوۡحٌ وَرَيۡحَانٌ وَجَنَّتُ نَعِيمٍ ٨٩dan is daar vir hom geluk en oorvloed en ’n Tuin van Ver- rukking وَأَمَّآ إِن كَانَ مِنۡ أَصۡحَٰبِ ٱلۡيَمِينِ ٩٠En as hy een van diegene aan die regterkant is فَسَلَٰمٌ لَّكَ مِنۡ أَصۡحَٰبِ ٱلۡيَمِينِ ٩١dan lui dit: Vrede vir u, van diegene aan die regterkant وَأَمَّآ إِن كَانَ مِنَ ٱلۡمُكَذِّبِينَ ٱلضَّآلِّينَ ٩٢En as hy een van die verwerpers, die dwalendes is فَنُزُلٌ مِّنۡ حَمِيمٍ ٩٣dan is daar vir hom ’n vermaaklikheid van kokende water وَتَصۡلِيَةُ جَحِيمٍ ٩٤en verbranding in die Hel إِنَّ هَٰذَا لَهُوَ حَقُّ ٱلۡيَقِينِ ٩٥Voorwaar, dit is die grondige waarheid فَسَبِّحۡ بِٱسۡمِ رَبِّكَ ٱلۡعَظِيمِ ٩٦Verheerlik dan die naam van u Heer, die Allergrootste

الترجمة: Imam M. A. Baker.