بِسۡمِ ٱللَّهِ ٱلرَّحۡمَٰنِ ٱلرَّحِيمِ
وَٱلنَّجۡمِ إِذَا هَوَىٰ ١By die ster wanneer dit sak مَا ضَلَّ صَاحِبُكُمۡ وَمَا غَوَىٰ ٢Julle metgesel dwaal nie, en hy wyk ook nie af nie وَمَا يَنطِقُ عَنِ ٱلۡهَوَىٰٓ ٣Hy spreek ook nie sy eie begeertes na nie إِنۡ هُوَ إِلَّا وَحۡيٌ يُوحَىٰ ٤Dit is niks anders nie as ’n geopenbaarde openbaring عَلَّمَهُۥ شَدِيدُ ٱلۡقُوَىٰ ٥Een, Sterk in Mag, het hom onderrig ذُو مِرَّةٍ فَٱسۡتَوَىٰ ٦die Heer van Krag. Daarom het hy dan ook volmaaktheid bereik وَهُوَ بِٱلۡأُفُقِ ٱلۡأَعۡلَىٰ ٧En hy is in die hoogste punt van die horison ثُمَّ دَنَا فَتَدَلَّىٰ ٨hy het nader en nader gereik فَكَانَ قَابَ قَوۡسَيۡنِ أَوۡ أَدۡنَىٰ ٩en hy was maar twee booglengtes verwyder, of selfs nog nader فَأَوۡحَىٰٓ إِلَىٰ عَبۡدِهِۦ مَآ أَوۡحَىٰ ١٠Daarom het Hy aan Sy dienaar bekend gemaak wat Hy geopen- baar het مَا كَذَبَ ٱلۡفُؤَادُ مَا رَأَىٰٓ ١١Die hart het nie vervals wat hy gesien het nie أَفَتُمَٰرُونَهُۥ عَلَىٰ مَا يَرَىٰ ١٢Wil julle dan met hom argumenteer oor wat hy gesien het وَلَقَدۡ رَءَاهُ نَزۡلَةً أُخۡرَىٰ ١٣Hy het hom sekerlik by ’n ander verskyning gesien عِندَ سِدۡرَةِ ٱلۡمُنتَهَىٰ ١٤by die verste lotusboom عِندَهَا جَنَّةُ ٱلۡمَأۡوَىٰٓ ١٥Daar naby is die Tuin van Verblyf إِذۡ يَغۡشَى ٱلسِّدۡرَةَ مَا يَغۡشَىٰ ١٦Toe dít wat bedek die lotusboom bedek het مَا زَاغَ ٱلۡبَصَرُ وَمَا طَغَىٰ ١٧het die oog nie weggedraai nie, en ook nie die perke oorskry nie لَقَدۡ رَأَىٰ مِنۡ ءَايَٰتِ رَبِّهِ ٱلۡكُبۡرَىٰٓ ١٨Sekerlik het hy die grootste tekens van sy Heer gesien أَفَرَءَيۡتُمُ ٱللَّٰتَ وَٱلۡعُزَّىٰ ١٩Het julle dan die afgodsbeelde ~ Laat en Oezza ~ in oorweging geneem وَمَنَوٰةَ ٱلثَّالِثَةَ ٱلۡأُخۡرَىٰٓ ٢٠en ’n ander, die derde ~ Manaat أَلَكُمُ ٱلذَّكَرُ وَلَهُ ٱلۡأُنثَىٰ ٢١Is die manlike wesens vir júlle, en die vroulikes vir Hom تِلۡكَ إِذًا قِسۡمَةٌ ضِيزَىٰٓ ٢٢Dit is inderdaad ’n onjuiste verdeling إِنۡ هِيَ إِلَّآ أَسۡمَآءٌ سَمَّيۡتُمُوهَآ أَنتُمۡ وَءَابَآؤُكُم مَّآ أَنزَلَ ٱللَّهُ بِهَا مِن سُلۡطَٰنٍۚ إِن يَتَّبِعُونَ إِلَّا ٱلظَّنَّ وَمَا تَهۡوَى ٱلۡأَنفُسُۖ وَلَقَدۡ جَآءَهُم مِّن رَّبِّهِمُ ٱلۡهُدَىٰٓ ٢٣Dit is niks anders nie as name wat julle opnoem, julle en julle vaders ~ Allah het julle geen gesag daartoe verleen nie. Hulle volg slegs gissings na, en wat hulle harte begeer. Maar die leiding van die Heer het sekerlik na hulle gekom أَمۡ لِلۡإِنسَٰنِ مَا تَمَنَّىٰ ٢٤Of sal die mens alles kry wat hy verlang فَلِلَّهِ ٱلۡأٓخِرَةُ وَٱلۡأُولَىٰ ٢٥Nee, aan Allah behoort die Hiernamaals en ook die huidige lewe ۞ وَكَم مِّن مَّلَكٍ فِي ٱلسَّمَٰوَٰتِ لَا تُغۡنِي شَفَٰعَتُهُمۡ شَيۡـًٔا إِلَّا مِنۢ بَعۡدِ أَن يَأۡذَنَ ٱللَّهُ لِمَن يَشَآءُ وَيَرۡضَىٰٓ ٢٦En hoeveel engele is daar nie in die hemele wie se voorspraak niks sal baat nie, behalwe nadat Allah verlof daartoe gegee het aan wie Hy wil, en wie Hy verkies إِنَّ ٱلَّذِينَ لَا يُؤۡمِنُونَ بِٱلۡأٓخِرَةِ لَيُسَمُّونَ ٱلۡمَلَٰٓئِكَةَ تَسۡمِيَةَ ٱلۡأُنثَىٰ ٢٧Voorwaar, hulle wat nie in die Hiernamaals glo nie, gee die engele vroulike name وَمَا لَهُم بِهِۦ مِنۡ عِلۡمٍۖ إِن يَتَّبِعُونَ إِلَّا ٱلظَّنَّۖ وَإِنَّ ٱلظَّنَّ لَا يُغۡنِي مِنَ ٱلۡحَقِّ شَيۡـًٔا ٢٨En hule het geen kennis daarvan nie. Hulle volg slegs gissings, en gissings sal sekerlik niks teen die Waarheid baat nie فَأَعۡرِضۡ عَن مَّن تَوَلَّىٰ عَن ذِكۡرِنَا وَلَمۡ يُرِدۡ إِلَّا ٱلۡحَيَوٰةَ ٱلدُّنۡيَا ٢٩Draai daarom weg van hom wat die rug vir Ons Vermanings keer en niks anders as die lewe van hierdie wêreld begeer nie ذَٰلِكَ مَبۡلَغُهُم مِّنَ ٱلۡعِلۡمِۚ إِنَّ رَبَّكَ هُوَ أَعۡلَمُ بِمَن ضَلَّ عَن سَبِيلِهِۦ وَهُوَ أَعۡلَمُ بِمَنِ ٱهۡتَدَىٰ ٣٠Dít is die doelwit van hul kennis. Voorwaar, u Heer weet goed wie van Sy pad afdwaal, en Hy weet wie reg gelei word وَلِلَّهِ مَا فِي ٱلسَّمَٰوَٰتِ وَمَا فِي ٱلۡأَرۡضِ لِيَجۡزِيَ ٱلَّذِينَ أَسَٰٓـُٔواْ بِمَا عَمِلُواْ وَيَجۡزِيَ ٱلَّذِينَ أَحۡسَنُواْ بِٱلۡحُسۡنَى ٣١En aan Allah behoort wat in die hemele en wat op die aarde is, sodat Hy die kwaaddoeners hul loon kan gee vir wat hul gedoen het, en die weldoeners vir hulle weldade kan beloon ٱلَّذِينَ يَجۡتَنِبُونَ كَبَٰٓئِرَ ٱلۡإِثۡمِ وَٱلۡفَوَٰحِشَ إِلَّا ٱللَّمَمَۚ إِنَّ رَبَّكَ وَٰسِعُ ٱلۡمَغۡفِرَةِۚ هُوَ أَعۡلَمُ بِكُمۡ إِذۡ أَنشَأَكُم مِّنَ ٱلۡأَرۡضِ وَإِذۡ أَنتُمۡ أَجِنَّةٌ فِي بُطُونِ أُمَّهَٰتِكُمۡۖ فَلَا تُزَكُّوٓاْ أَنفُسَكُمۡۖ هُوَ أَعۡلَمُ بِمَنِ ٱتَّقَىٰٓ ٣٢Hulle wat die groot sondes en die onwelvoeglikhede vermy, en onwillig aan die kleiner sondes aandadig is ~ vir hulle sal u Heer kwistig wees met Vergifnis. Hy weet goed wanneer Hy julle uit die aarde voortbring en wanneer julle embrios in die baarmoeders van julle moeders is; moet dus nie op julle reinheid roem nie. Hy weet goed wie hulself teen sonde bewaak أَفَرَءَيۡتَ ٱلَّذِي تَوَلَّىٰ ٣٣Sien u hom wat wegdraai وَأَعۡطَىٰ قَلِيلًا وَأَكۡدَىٰٓ ٣٤wat ’n bietjie gee, dan terughou أَعِندَهُۥ عِلۡمُ ٱلۡغَيۡبِ فَهُوَ يَرَىٰٓ ٣٥Besit hy kennis van die Onsigbare, sodat hy kan sien أَمۡ لَمۡ يُنَبَّأۡ بِمَا فِي صُحُفِ مُوسَىٰ ٣٦Is aan hom nie vertel wat in die geskrifte van Moses staan وَإِبۡرَٰهِيمَ ٱلَّذِي وَفَّىٰٓ ٣٧en van Abraham wat die gebooie vervul het nie أَلَّا تَزِرُ وَازِرَةٌ وِزۡرَ أُخۡرَىٰ ٣٨dat ’n lasdraer nie die las van ’n ander sal dra nie وَأَن لَّيۡسَ لِلۡإِنسَٰنِ إِلَّا مَا سَعَىٰ ٣٩en dat die mens niks kan verwerf nie behalwe dit waarna hy strewe وَأَنَّ سَعۡيَهُۥ سَوۡفَ يُرَىٰ ٤٠en dat sy strewe spoedig opgemerk sal word ثُمَّ يُجۡزَىٰهُ ٱلۡجَزَآءَ ٱلۡأَوۡفَىٰ ٤١Dan sal hy ten volle daarvoor beloon word وَأَنَّ إِلَىٰ رَبِّكَ ٱلۡمُنتَهَىٰ ٤٢en dat alles uiteindelik tot u Heer keer وَأَنَّهُۥ هُوَ أَضۡحَكَ وَأَبۡكَىٰ ٤٣En dat dit Hy is wat sommige laat lag en sommige laat huil وَأَنَّهُۥ هُوَ أَمَاتَ وَأَحۡيَا ٤٤en dat dit Hy is wat die dood veroorsaak en die lewe gee وَأَنَّهُۥ خَلَقَ ٱلزَّوۡجَيۡنِ ٱلذَّكَرَ وَٱلۡأُنثَىٰ ٤٥en dat Hy van alles pare skep, die manlike sowel as die vroulike مِن نُّطۡفَةٍ إِذَا تُمۡنَىٰ ٤٦uit ’n sperm wanneer dit geskik is وَأَنَّ عَلَيۡهِ ٱلنَّشۡأَةَ ٱلۡأُخۡرَىٰ ٤٧en dat hy die tweede opwekking verorden het وَأَنَّهُۥ هُوَ أَغۡنَىٰ وَأَقۡنَىٰ ٤٨en dat dit Hy is wat rykdom en voldoening gee وَأَنَّهُۥ هُوَ رَبُّ ٱلشِّعۡرَىٰ ٤٩en dat hy die Heer van Sirius is وَأَنَّهُۥٓ أَهۡلَكَ عَادًا ٱلۡأُولَىٰ ٥٠en dat Hy die eerste stam van Aad vernietig het وَثَمُودَاْ فَمَآ أَبۡقَىٰ ٥١en ook Thamoed nie gespaar het nie وَقَوۡمَ نُوحٍ مِّن قَبۡلُۖ إِنَّهُمۡ كَانُواْ هُمۡ أَظۡلَمَ وَأَطۡغَىٰ ٥٢en vóór hulle ook die volk van Noag. Waarlik, hulle was uiter- mate onregverdig en opstandig وَٱلۡمُؤۡتَفِكَةَ أَهۡوَىٰ ٥٣En die verwoeste stede het Hy met die grond gelyk gemaak فَغَشَّىٰهَا مَا غَشَّىٰ ٥٤sodat dít wat bedek, hulle heeltemal bedek het فَبِأَيِّ ءَالَآءِ رَبِّكَ تَتَمَارَىٰ ٥٥Oor watter gawe van u Heer wil u dan redekawel هَٰذَا نَذِيرٌ مِّنَ ٱلنُّذُرِ ٱلۡأُولَىٰٓ ٥٦Hierdie man is ’n waarskuwer, soos die waarskuwers van ouds أَزِفَتِ ٱلۡأٓزِفَةُ ٥٧Die naderende Gebeurtenis kom al nader لَيۡسَ لَهَا مِن دُونِ ٱللَّهِ كَاشِفَةٌ ٥٨Daar is niemand, buiten Allah, wat dit kan verwyder nie أَفَمِنۡ هَٰذَا ٱلۡحَدِيثِ تَعۡجَبُونَ ٥٩Verwonder julle jul oor hierdie aankondiging وَتَضۡحَكُونَ وَلَا تَبۡكُونَ ٦٠En lag julle en huil julle nie وَأَنتُمۡ سَٰمِدُونَ ٦١terwyl julle speel فَٱسۡجُدُواْۤ لِلَّهِۤ وَٱعۡبُدُواْ ۩ ٦٢Val dan neer in prostrasie voor Allah, en aanbid Hom