ملة الإسلام

السورة 52 · 49 آية · Imam M. A. Baker

سورة الطور باللغة الأفريكانية

السورة بالعربية مع التفسير استمع إلى سورة الطور (1,228 قارئاً)
مكيةسورة الطور٤٩ آية

بِسۡمِ ٱللَّهِ ٱلرَّحۡمَٰنِ ٱلرَّحِيمِ

وَٱلطُّورِ ١By die Berg وَكِتَٰبٍ مَّسۡطُورٍ ٢En by die geskrewe Boek فِي رَقٍّ مَّنشُورٍ ٣op afgerolde perkamente وَٱلۡبَيۡتِ ٱلۡمَعۡمُورِ ٤En die veelbesoekte Huis وَٱلسَّقۡفِ ٱلۡمَرۡفُوعِ ٥en die verhewe gewelf وَٱلۡبَحۡرِ ٱلۡمَسۡجُورِ ٦en die boordvolle see إِنَّ عَذَابَ رَبِّكَ لَوَٰقِعٌ ٧Die straf van u Heer sal sekerlik voltrek word مَّا لَهُۥ مِن دَافِعٍ ٨daar is niemand om dit af te weer nie يَوۡمَ تَمُورُ ٱلسَّمَآءُ مَوۡرًا ٩op die Dag wanneer die hemel in beroering sal kom وَتَسِيرُ ٱلۡجِبَالُ سَيۡرًا ١٠en die berge al vlugtende sal verdwyn فَوَيۡلٌ يَوۡمَئِذٍ لِّلۡمُكَذِّبِينَ ١١wee dan op dié Dag die leuenaars ٱلَّذِينَ هُمۡ فِي خَوۡضٍ يَلۡعَبُونَ ١٢wat hulle in ydele gesprekke vermaak يَوۡمَ يُدَعُّونَ إِلَىٰ نَارِ جَهَنَّمَ دَعًّا ١٣die Dag waarop hulle na die Helvuur met geweld aangedryf sal word هَٰذِهِ ٱلنَّارُ ٱلَّتِي كُنتُم بِهَا تُكَذِّبُونَ ١٤daar sal gesê word: Dít is die Vuur wat julle verloën het أَفَسِحۡرٌ هَٰذَآ أَمۡ أَنتُمۡ لَا تُبۡصِرُونَ ١٥Is dít dan towerkuns, of sien julle nie ٱصۡلَوۡهَا فَٱصۡبِرُوٓاْ أَوۡ لَا تَصۡبِرُواْ سَوَآءٌ عَلَيۡكُمۡۖ إِنَّمَا تُجۡزَوۡنَ مَا كُنتُمۡ تَعۡمَلُونَ ١٦Brand daarin, en toon geduld of ongeduld; dit sal dieselfde wees vir julle. Julle word slegs gestraf vir wat julle gedoen het إِنَّ ٱلۡمُتَّقِينَ فِي جَنَّٰتٍ وَنَعِيمٍ ١٧Die godvresendes sal sekerlik in Tuine en geluksaligheid wees فَٰكِهِينَ بِمَآ ءَاتَىٰهُمۡ رَبُّهُمۡ وَوَقَىٰهُمۡ رَبُّهُمۡ عَذَابَ ٱلۡجَحِيمِ ١٨verheug oor dít wat hulle Heer aan hulle geskenk het; en hulle Heer het hulle van die Brandende Vuur gered كُلُواْ وَٱشۡرَبُواْ هَنِيٓـَٔۢا بِمَا كُنتُمۡ تَعۡمَلُونَ ١٩Eet en drink met genoeë ~ as verdienste vir julle dade مُتَّكِـِٔينَ عَلَىٰ سُرُرٍ مَّصۡفُوفَةٍۖ وَزَوَّجۡنَٰهُم بِحُورٍ عِينٍ ٢٠en vly jul neer op trone wat in rye gerangskik is. En Ons sal hulle met reine metgeselle laat trou وَٱلَّذِينَ ءَامَنُواْ وَٱتَّبَعَتۡهُمۡ ذُرِّيَّتُهُم بِإِيمَٰنٍ أَلۡحَقۡنَا بِهِمۡ ذُرِّيَّتَهُمۡ وَمَآ أَلَتۡنَٰهُم مِّنۡ عَمَلِهِم مِّن شَيۡءٍۚ كُلُّ ٱمۡرِيِٕۭ بِمَا كَسَبَ رَهِينٌ ٢١En die gelowiges en wie se nageslag hulle in die geloof volg ~ Ons sal hulle met hulle nageslag verenig, en Ons sal niks aan hulle werke afdoen nie. Elke man is ’n gelofte vir wat hy verdien وَأَمۡدَدۡنَٰهُم بِفَٰكِهَةٍ وَلَحۡمٍ مِّمَّا يَشۡتَهُونَ ٢٢En Ons sal hulle voorsien van vrugte en vleis volgens hulle verlange يَتَنَٰزَعُونَ فِيهَا كَأۡسًا لَّا لَغۡوٌ فِيهَا وَلَا تَأۡثِيمٌ ٢٣Daarin sal hulle ’n beker van hand tot hand aangee, waarin nóg ydelheid nóg sonde sal wees ۞ وَيَطُوفُ عَلَيۡهِمۡ غِلۡمَانٌ لَّهُمۡ كَأَنَّهُمۡ لُؤۡلُؤٌ مَّكۡنُونٌ ٢٤En rondom hulle sal seuns van hulle loop asof hulle verborge pêrels was وَأَقۡبَلَ بَعۡضُهُمۡ عَلَىٰ بَعۡضٍ يَتَسَآءَلُونَ ٢٥En hulle sal na mekaar toe aankom en uitvra قَالُوٓاْ إِنَّا كُنَّا قَبۡلُ فِيٓ أَهۡلِنَا مُشۡفِقِينَ ٢٦hulle sal sê: Voorwaar, ons het voorheen gevrees ter wille van ons families فَمَنَّ ٱللَّهُ عَلَيۡنَا وَوَقَىٰنَا عَذَابَ ٱلسَّمُومِ ٢٧en Allah was ons genadig, en Hy het ons van die straf van die Warm Wind gered إِنَّا كُنَّا مِن قَبۡلُ نَدۡعُوهُۖ إِنَّهُۥ هُوَ ٱلۡبَرُّ ٱلرَّحِيمُ ٢٨Waarlik, Ons het Hom voorheen aangeroep; gewis, Hy is die Goedgunstige, die Genadige فَذَكِّرۡ فَمَآ أَنتَ بِنِعۡمَتِ رَبِّكَ بِكَاهِنٍ وَلَا مَجۡنُونٍ ٢٩Vermaan dan, want deur die guns van u Heer is u nóg ’n waarsêer, nóg ’n kranksinnige أَمۡ يَقُولُونَ شَاعِرٌ نَّتَرَبَّصُ بِهِۦ رَيۡبَ ٱلۡمَنُونِ ٣٠Of hulle sê: ’n Digter! ons verwag vir hom die slegste ongelukke van die tyd قُلۡ تَرَبَّصُواْ فَإِنِّي مَعَكُم مِّنَ ٱلۡمُتَرَبِّصِينَ ٣١Sê: Wag! Ek wag net soos julle أَمۡ تَأۡمُرُهُمۡ أَحۡلَٰمُهُم بِهَٰذَآۚ أَمۡ هُمۡ قَوۡمٌ طَاغُونَ ٣٢Of bied hulle verstand hul dit aan? Of is hulle ’n opstandige volk أَمۡ يَقُولُونَ تَقَوَّلَهُۥۚ بَل لَّا يُؤۡمِنُونَ ٣٣Of sê hulle: Hy het dit versin. Nee, hulle het geen geloof nie فَلۡيَأۡتُواْ بِحَدِيثٍ مِّثۡلِهِۦٓ إِن كَانُواْ صَٰدِقِينَ ٣٤Laat hulle dan soortgelyke spreuke voortbring, indien hulle opreg is أَمۡ خُلِقُواْ مِنۡ غَيۡرِ شَيۡءٍ أَمۡ هُمُ ٱلۡخَٰلِقُونَ ٣٥Of is hulle deur níks geskape? Of is húlle die skeppers أَمۡ خَلَقُواْ ٱلسَّمَٰوَٰتِ وَٱلۡأَرۡضَۚ بَل لَّا يُوقِنُونَ ٣٦Of het húlle die hemele en die aarde geskape? Nee, hulle is van niks seker nie أَمۡ عِندَهُمۡ خَزَآئِنُ رَبِّكَ أَمۡ هُمُ ٱلۡمُصَۜيۡطِرُونَ ٣٧Of het hulle die skatte van u Heer by hulle? Of het hulle volkome gesag أَمۡ لَهُمۡ سُلَّمٌ يَسۡتَمِعُونَ فِيهِۖ فَلۡيَأۡتِ مُسۡتَمِعُهُم بِسُلۡطَٰنٍ مُّبِينٍ ٣٨Of het hulle ’n leer wat na die hemel reik, met behulp waarvan hulle kan inluister? Laat hulle luisteraar dan ’n duidelike gesag voortbring أَمۡ لَهُ ٱلۡبَنَٰتُ وَلَكُمُ ٱلۡبَنُونَ ٣٩Of het Hy dogters en julle seuns أَمۡ تَسۡـَٔلُهُمۡ أَجۡرًا فَهُم مِّن مَّغۡرَمٍ مُّثۡقَلُونَ ٤٠Of vorder u ’n loon van hulle, sodat hulle onder skuld gebuk gaan أَمۡ عِندَهُمُ ٱلۡغَيۡبُ فَهُمۡ يَكۡتُبُونَ ٤١Of besit hulle die onsigbare, sodat hulle dit kan neerskryf أَمۡ يُرِيدُونَ كَيۡدًاۖ فَٱلَّذِينَ كَفَرُواْ هُمُ ٱلۡمَكِيدُونَ ٤٢Of wil hulle ’n plan beraam? Maar die ongelowiges sal deur hulle eie plan verstrik word أَمۡ لَهُمۡ إِلَٰهٌ غَيۡرُ ٱللَّهِۚ سُبۡحَٰنَ ٱللَّهِ عَمَّا يُشۡرِكُونَ ٤٣Of het hulle ’n god buiten Allah? Allah is verhewe bo wat hulle met Hom vereenselwig وَإِن يَرَوۡاْ كِسۡفًا مِّنَ ٱلسَّمَآءِ سَاقِطًا يَقُولُواْ سَحَابٌ مَّرۡكُومٌ ٤٤En as hulle ’n stuk van die hemel sien val, sal hulle sê: Opgehoopte wolke فَذَرۡهُمۡ حَتَّىٰ يُلَٰقُواْ يَوۡمَهُمُ ٱلَّذِي فِيهِ يُصۡعَقُونَ ٤٥Laat staan hulle dan totdat hulle hul Dag ontmoet waarop hulle gestraf sal word يَوۡمَ لَا يُغۡنِي عَنۡهُمۡ كَيۡدُهُمۡ شَيۡـًٔا وَلَا هُمۡ يُنصَرُونَ ٤٦die Dag wanneer hulle samesweringe hulle nie sal baat nie, en hulle ook nie gehelp sal word nie وَإِنَّ لِلَّذِينَ ظَلَمُواْ عَذَابًا دُونَ ذَٰلِكَ وَلَٰكِنَّ أَكۡثَرَهُمۡ لَا يَعۡلَمُونَ ٤٧En voorwaar, vir die kwaaddoeners is daar straf bo straf; maar die meeste van hulle weet dit nie وَٱصۡبِرۡ لِحُكۡمِ رَبِّكَ فَإِنَّكَ بِأَعۡيُنِنَاۖ وَسَبِّحۡ بِحَمۡدِ رَبِّكَ حِينَ تَقُومُ ٤٨En wag geduldig op die oordeel van u Heer, want sekerlik sien Ons u; en verheerlik die lof van u Heer wanneer u ontwaak وَمِنَ ٱلَّيۡلِ فَسَبِّحۡهُ وَإِدۡبَٰرَ ٱلنُّجُومِ ٤٩en ook gedurende die aand, en as die sterre verdwyn

الترجمة: Imam M. A. Baker.