Millat al-Islam

Chapter 80 · 42 verses · Imam M. A. Baker

Surah Abasa in Afrikaans

Arabic with tafsir Listen to Surah Abasa (1306 reciters)
Meccanسورة عبس42 verses

بِسۡمِ ٱللَّهِ ٱلرَّحۡمَٰنِ ٱلرَّحِيمِ

عَبَسَ وَتَوَلَّىٰٓ ١Hy1 het gefrons en weggedraai أَن جَآءَهُ ٱلۡأَعۡمَىٰ ٢omdat die blinde man na hom gekom het وَمَا يُدۡرِيكَ لَعَلَّهُۥ يَزَّكَّىٰٓ ٣En wat sal u laat besef dat hy dit gedoen het, sodat hy homself kan reinig أَوۡ يَذَّكَّرُ فَتَنفَعَهُ ٱلذِّكۡرَىٰٓ ٤of dat hy aandagtig kan word, sodat die Vermaning hom kan baat أَمَّا مَنِ ٱسۡتَغۡنَىٰ ٥Maar aan hom wat homself sonder sorge ag فَأَنتَ لَهُۥ تَصَدَّىٰ ٦aan hom skenk u u aandag وَمَا عَلَيۡكَ أَلَّا يَزَّكَّىٰ ٧U is sonder blaam as hy hom nie wil laat louter nie وَأَمَّا مَن جَآءَكَ يَسۡعَىٰ ٨Maar met hom wat hardstrewend na u kom وَهُوَ يَخۡشَىٰ ٩en Allah vrees فَأَنتَ عَنۡهُ تَلَهَّىٰ ١٠met hom is u onverskillig كـَلَّآ إِنَّهَا تَذۡكِرَةٌ ١١Nee, dit is waarlik ’n Vermaning فَمَن شَآءَ ذَكَرَهُۥ ١٢Laat hom dan wat wil, dit in ag neem فِي صُحُفٍ مُّكَرَّمَةٍ ١٣Dit is in eerbare geskrifte مَّرۡفُوعَةٍ مُّطَهَّرَةِۭ ١٤verhewe, gereinig بِأَيۡدِي سَفَرَةٍ ١٥in die hande van skrywers كِرَامِۭ بَرَرَةٍ ١٦edel, deugsaam قُتِلَ ٱلۡإِنسَٰنُ مَآ أَكۡفَرَهُۥ ١٧Wee die mens! Hoe ondankbaar is hy مِنۡ أَيِّ شَيۡءٍ خَلَقَهُۥ ١٨Van wat het Hy hom geskape مِن نُّطۡفَةٍ خَلَقَهُۥ فَقَدَّرَهُۥ ١٩Uit ’n nietige sperm. Hy skep hom en stel sy verhoudinge vas ثُمَّ ٱلسَّبِيلَ يَسَّرَهُۥ ٢٠dan maak Hy sy weg vir hom gelyk ثُمَّ أَمَاتَهُۥ فَأَقۡبَرَهُۥ ٢١en gee ook dat hy moet sterf, en wys vir hom ’n graf aan ثُمَّ إِذَا شَآءَ أَنشَرَهُۥ ٢٢Daarna, wanneer Hy wil, sal Hy hom weer opwek كـَلَّا لَمَّا يَقۡضِ مَآ أَمَرَهُۥ ٢٣Nee, maar hy doen nie wat Hy hom gebied nie فَلۡيَنظُرِ ٱلۡإِنسَٰنُ إِلَىٰ طَعَامِهِۦٓ ٢٤Laat die mens dan sy voedsel beskou أَنَّا صَبَبۡنَا ٱلۡمَآءَ صَبًّا ٢٥hoe Ons die water in oorvloed laat neerstort ثُمَّ شَقَقۡنَا ٱلۡأَرۡضَ شَقًّا ٢٦dan die aarde laat oopskeur فَأَنۢبَتۡنَا فِيهَا حَبًّا ٢٧en daarna die graan daaruit laat groei وَعِنَبًا وَقَضۡبًا ٢٨ook druiwe en groente وَزَيۡتُونًا وَنَخۡلًا ٢٩en die olyfboom en die dadelpalm وَحَدَآئِقَ غُلۡبًا ٣٠en digbeplante tuine وَفَٰكِهَةً وَأَبًّا ٣١en vrugte en weigras مَّتَٰعًا لَّكُمۡ وَلِأَنۡعَٰمِكُمۡ ٣٢’n voorsiening vir julle en julle vee فَإِذَا جَآءَتِ ٱلصَّآخَّةُ ٣٣Maar as die oorverdowende geskreeu kom يَوۡمَ يَفِرُّ ٱلۡمَرۡءُ مِنۡ أَخِيهِ ٣٤die Dag waarop ’n man van sy broer sal vlug وَأُمِّهِۦ وَأَبِيهِ ٣٥en van sy moeder en sy vader وَصَٰحِبَتِهِۦ وَبَنِيهِ ٣٦en van sy vrou en sy kinders لِكُلِّ ٱمۡرِيٍٕ مِّنۡهُمۡ يَوۡمَئِذٍ شَأۡنٌ يُغۡنِيهِ ٣٧op dié Dag sal elke man ’n aangeleentheid hê wat hom alleen sal besig hou وُجُوهٌ يَوۡمَئِذٍ مُّسۡفِرَةٌ ٣٨Op dié Dag sal sommige gesigte stralend wees ضَاحِكَةٌ مُّسۡتَبۡشِرَةٌ ٣٩laggend, vrolik وَوُجُوهٌ يَوۡمَئِذٍ عَلَيۡهَا غَبَرَةٌ ٤٠En op dié Dag sal daar op sommige gesigte stof lê تَرۡهَقُهَا قَتَرَةٌ ٤١duisternis sal hulle bedek أُوْلَٰٓئِكَ هُمُ ٱلۡكَفَرَةُ ٱلۡفَجَرَةُ ٤٢Hulle is die ongelowiges, die goddeloses. Wanneer Die Son Opgevou Sal Word

Translation: Imam M. A. Baker.